30 Januarie 2019

Grondonteiening


10 Jaar gelede is daar oor ons geprofeteer dat God mense gaan stuur wat ons huise en eiendomme gaan kom vat en dit wat vir ons heilig is as ‘n volk, ontheilig sal word as gevolg van ons sonde.  Daar word ook geprofeteer dat brande groot skade aan eiendomme en vestings sal veroorsaak, dan rig God ‘n waarskuwing: ”Moenie jouself verhef nie”. God is instaat om ons stede en dorpe tot op die grond te verwoes. Hy sê dat Hy ons rykdom en skatte aan buitelanders sal gee omdat ons, ons rug op Hom gedraai het.  (En stil, stil het Sjina ingekruip en myne, banke en selfs Eskom (met ‘n kamstige lening) oorgevat)
Ons het byna alles verloor, ons Boerevolk het omtrent niks oor van wat ons opgebou en voor gewerk het nie. Al wat ons nog het is dit wat op ons naam is, ons huise, besighede, taal, geloof en kultuur.  En dit is wat die ANC en ander politieke partye nog wil wegneem, dit is waarvoor hulle baklei en sal moor.
Gaan God toelaat dat hierdie volk wat Hy na die Suidpunt van Afrika gestuur het alles tot die been toe verloor, gaan God nie ons pleidooie en smeekgebede hoor nie, gaan Hy ons genadig wees in ‘n land waar ons gesien word as ‘n vyand? Ons mense het begin terug draai, ons hèt God aangeroep in ons donkerste tyd, ons het God weer eerste in ons lewe begin stel.
God kom bemoedig ons deur talle profesieë en boodskappe, Hy wil hê ons moet weet dat Hy ons liefhet, Sy genade sal ons uitlig uit hierdie donkerte, Hy self is aan die woord as Hy die volgende spreek:
"Staan vas mense, bly getrou aan jul geloof en beur mekaar op, maak mekaar bly en deel die goeie dinge onder julle". Baie mense word in die land vermoor, die grond word deurdrenk met bloed. Suid-Afrika is boos, ons stede is plekke van haat en boosheid. Maar vir julle wat volhard in hierdie beproewing en getrou bly beloof God beskerming, moenie vrees vir dit wat gaan kom nie. "Ek sal julle nie verlaat nie" beloof Hy, "Ek sal julle uitlei uit hierdie donkerte en uit hierdie ondraaglike swaar tye, dit beloof Ek julle".
Die volgende word geprofeteer deur Dr Jonathan David oor grondonteiening:

Die land twispunt sal in die geesteswêreld gewen word, as God hierdie twis afgehandel het sal dit vir altyd iets van die verlede wees, die politieke arena wat hierdie wil gebruik vir politieke gewin sal nie ons land saboteer nie want ons grond behoort aan God. Die ware Eienaar gaan ons land kom terug eis. Politieke speletjies sal nie werk om hierdie grond te eis nie, God gaan dit teëstaan. Die wat landonteiening gebruik as ‘n politike belofte om kiesers te wen, sal hul eie ondergang bewerkstellig. Die grondonteiening sal tot ‘n einde kom, die wat dit gebruik sal nooit ooit weer hierdie saak kan gebruik in die toekoms vir politieke gewin nie. Geen politikus sal ooit weer as God hiermee gehandel het dit kan gebruik as ‘n politieke stryd nie. God sal dit vir ons afsluit, Hy sal dit afhandel. (Vertaal van ‘n video - ITIP 2018 South Africa Prophecy)

                       

Hy noem ook dat sanksies ons in die gesig sal staar as die ANC hierdie wil deurvoer ...... hulle gaan in ‘n mate bereik wat hulle beplan, daar gaan grond in die gedrang kom en met ander profesieë wat vir ons gebring is kan ons sien daar gaan ‘n stryd WEES MAAR GOD GAAN HIERDIE SAAK VIR ONS BAKLEI EN DIE OORWINNAARS GAAN NIE HIERDIE POLITIEKE SPELERS WEES NIE, AS JY NA HIERDIE PROFESIE LUISTER IS DIT DUIDELIK DAT HULLE HUL EIE VAL BEWERKSTELLIG EN HULLE GAAN NIE BEREIK WAT HULLE BEPLAN MET DIE GROOTSKAALSE ONTEIENING WAT HUL BEOOG NIE, DIE DOOD, DIE HAAT, VERNIETIGING EN DIE ONDERGANG VAN DIE AFRIKANER WAT HULLE VOOR POOG GAAN HULLE EIE ONDERGANG BETEKEN. HULLE GAAN NIE HIERDIE PLANNE WAT UIT DIE HEL GEBORE IS KAN DEURVOER TOT DIE EINDE TOE NIE. Ek wil net sê volg profesieë en jy sal sien dat daar wel ‘n stryd voorlê en dat ons ‘n slagveld gaan betree maar ons tree meer as oowinnaars uit met God.
Hier volg ‘n profesie van Francois de Wet Nov 16 2018
“The ANC is going to be sued from every front, from banks, from international investors, from local groups like Afriforum, AgriSA, there is going to be massive lawsuites against the ANC.  Tha ANC is going to be found guilty of theft if they are going ahead with landgrab. They will not going to be prepared for this, this is going to cause havoc in our economy”

En ook deur Prophets Round Table einde 2018
The expropriation of land issue will become a major conflict point in the rural areas. This will be one of the reasons why this issue is going to be put on ice and a new strategy will have to be found to deal with this issue. There will be no land expropriation without compensation”.

OPSOMMING
  1. Ons Boerevolk het opgemors, ons betaal ‘n duur prys daarvoor.
  2. Ons draai terug na God toe, ons roep Hom weer aan.
  3. God getuig Sy liefde en genade oor ons.
  4. Die ANC maak baie geraas met grondonteiening, hulle voer ‘n desperate poging om die Blankes te vernietig, hulle gaan begin met die proses, grond, eiendom en besighede sal in die slag kom maar dit gaan in hul gesigte ontplof, dit gaan hule eie ondergang beteken. Die teenkanting wat hul gaan kry sal veroorsaak dat hierdie grondonteiening nooit sal realiseer soos wat hul voor gehoop en baklei het nie. 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking