08 September 2018

Die toekoms van RSA deur profesieë

God sê immers dat Hy niks sal doen voordat Hy dit nie deur Sy profete openbaar nie. Amos 3:7

Ons kry nie net voorspoed en seën nie maar ook waarskuwende of veroordelende profesieë wat oor ons uitgespreek word. 
Ek kan 4 lyne trek wat vir ons die toekoms baie duidelik uiteensit. Ek gaan net eerste 3 bespreek.

1.            Oordeel op huidige regering of volk

2.            ‘n Politieke swaai

3.            ‘n Nuwe Suid-Afrika

4.            Voorspoed en herstel vir die kerk

Die tydvakke van die eerste 3 lyne loop nie vir my parallel met mekaar nie maar dit wat oor die kerk geprofeteer word loop deur al die tye/lyne.

As ons ingaan op die EERSTE TYDLYN wat ek kan beskryf as die huidige of nabye toekoms oor die regering of volk kon ek die volgende optel:

·        ‘N HARDE OF WREDE LEIER wat voorspel is al so ver terug as 2009 – Nou hier kan ons een van 2 afleidings maak, OF, Jacob Zuma/Cyril Ramaphosa hulle kan gesien word as die wrede leier omrede hul stilswye oor die moorde, verkragtings en misdaad in die land duidelik is, hulle het nooit ‘n poging aangewend om enige stappe in plek te kry om die wreedheid teen die mensdom aan te spreek of teë te staan nie, hulle stilswye in hierdie geweldsmisdade maak dat die bloed van hul hande drup, OF, dat daar nog ‘n wrede leier gaan kom, een wat Suid-Afrika nog nooit beleef het nie, EFF en Julius Malema kom in my gedagte op.

·         DOOD VAN LEIERS – hierdie kom by ‘n paar profesieë voor.  Dit is nie iets soos ‘n leier wat van ouderdom of self siekte sterf nie maar dood wat gepaard gaan met oneervolle afsterwes, wapens en geweld word rondom hulle gesien. Daar word ook spesifiek in twee profesieë, wat ek van weet, genoem dat ‘n President sterf.

·         OORLOG WAT UITBREEK – Heelwat profesieë wat hieroor handel waarvan een ook van Siener van Rensburg is, ek weet, daar is baie bespiegelings en verkeerde interpretasies rondom Siener se profesieë maar self hier kom burgeroorlog uit.  Talle ander profeteer dit ook.

·         GOD GAAN SY HAND SWAAR DRUK TEEN HIERDIE WREDE REGERING:

o   Die wat die land lei om hulself te verryk sal nie in hul doel slaag nie. 

o   Spotliedere en grappe sal teen hierdie mense opgaan wat hulle hul koppe in skaamte gaan laat sak. 

o   Hulle gaan kaalgestroop word van alle eer en rykdom. 

o   Hulle sloof hulself vir niks af en jaag na wind.

o   En die geweld wat hulle beplan om ander te na te kom sal teen hulleself draai. 

o   God staan op teen hierdie regering.

o   Hulle bewerkstellig hul eie ondergang.

o   Hulle gaan die land se ekonomiese val veroorsaak.

o   Daar gaan teëstand van die buiteland kom teen hierdie regering.

Die TWEEDE TYDLYN waar politieke swaai en hoop gebring word, maar dit wil ook voorkom asof hierdie net tydelik gaan wees of dat dit ‘n tipe van valse hoop bring.

·         Ons volk hergroepeer met nuwe leiers wat hoop bring, maar helaas die Afrikaner trek nogsteeds aan die kortste end.

·         Politieke swaai wat vir ieder en elk in die land verligting gaan bring maar ook weereens nie alle groepe trek voordeel nie, nogsteeds net een groep wat voordeel uit alles wil kry.

·         Talle profesieë wat baie duidelik ‘n nuwe regering voorspel.

·         Daar word ook genoem dat hierdie nuwe regering Christelike voorwaardes gaan uitleef en gaan nastreef.

·         Die DA kom in twee profesieë voor wat ek van weet.

·         Daar is in ‘n onduidelike uitbeelding (droom wat gekry is) iets wat vir my dui dat hier heel moontlik ook weer oorlog kan uitbreek en dat hierdie oorlog baie feller gaan wees as die vorige een, maar hierdie een gaan al die onkruid en gemors kom skoonmaak, ‘n pad na ons totale nuwe begin.

Die DERDE TYDLYN ‘n nuwe Suid-Afrika, hier kom ongelooflik baie profesieë na vore, dit is asof God ons aandag wil vestig op hierdie toekoms wat vir ons rooskleurig lyk met soveel vrede en vreugde wat ons uit ons nate gaan laat bars, iets wat ons land nog nooit geken het nie.

·         ‘n Nuwe Staatspresident – een wat nog nie aan ons bekend is nie:

o   ‘n Jong man

o   ‘n Godvresende man

o   Hy gaan die hele land regsomkeer verander en almal gaan hom aanhang

o   Hy gaan God en Christenskap afdwing

·         Suid-Afrika gaan een van die min veiligste lande in die wêreld word.

·         Ons gaan ‘n groot rol speel vir Sy eindtydplan in die wêreld.

·         Vrede, vreugde, geluk en saligheid met tevredenheid in alles wat ons doen en aanpak.

·         Baie, baie maar baie profesieë wat God klem lê dat ons NIE Suid-Afrika moet verlaat nie, die wat nou uit die land vlug gaan hierdie seën en die goedheid van God se genade op ons land mis.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking