Hemel en Hel

Kies reg, Kies Jesus

Ek steek my hande in kristal helder water in, die rand van die fontein waarop ek sit is van spierwit marmer gemaak. Ek drink en proe die soet smaak van suiwer skoon water.  Oral loop diere rond, nie een is bang vir die mense nie, hulle laat toe dat ek hulle streel en optel.  Dis hemel hierdie…. dis die plek waarheen elkeen eendag gaan wees wat vir Jesus kies. Dis die nuwe Jerusalem… die nuwe aarde.  Ek druk my tone tussen die sagte dik gras in, wat ‘n lekker gevoel… my mond sukkel om toe te bly as ek staar na die prag van die tuine om my, alles is skoon, helder, kleurvol, rein, suiwer en almal dra wit. Ek druk ‘n groot druiwekorrel in my mond en my oë soek Jesus want ek wil hê dat Hy moet kom proe.  Oegh, dis nou lekker.  “Hier, antwoord Hy,  eet jy omdat dit lekker is, nie omdat jy honger is nie, hier kan jy water drink omdat dit vars en skoon en soet is, nie omdat jy dors is nie.”

As jy lus kry om met ‘n leeu in die gras rond te speel dan doen jy dit, as jy op ‘n kameelperd wil ry, niks gaan jou keer nie.  As jy sjimpansees wil bone voer dan lê die hele dag oop vir jou om dit te kan doen. As jy net luilekker wil rondlê kry jy vir jou ‘n lekker hoekie en rus, nie omdat jy moeg is nie maar omdat dit lekker is”.
‘n Groep mense kom oor die gras verby gehardloop en ontmoet ander wat nader kom, ek kan dadelik sien dat hulle mekaar ken, ‘n pa en dogter, die herontmoeting is met soveel vreugde en liefde, hulle is almal so bly om mekaar te sien.
Ek sien mense wat skilder, mense wat sing, wat dans, mense wat instrumente speel….. niemand sal ooit hier vervelig wees nie, die talente wat jy op aarde gekry het gaan jy hier ook gebruik.  Jy gaan dit doen omdat dit vir jou lekker is. En as jy lus is om na engele kore te luister dan gaan soek jy hulle, as jy lus is om te kyk hoe mense skilder dan doen jy dit.  Vryheid, vrede, liefde en bo alles God se teenwoordig. Almal bring ere aan God, almal voel Sy teenwoordig, beweeg in dit, en aanbid Hom, prys Hom en eer Hom.  Alles gaan om Hom, vir Hom en oor Hom. Die Here is ons Herder en niks sal ontbreek nie.  Hy laat ons rus in hierdie groen weivelde, na water wat verfrissend is sal Hy ons lei.  Ons word soos eregaste behandel. Sy goedheid en trou vergesel elkeen van ons.  Dis die huis van onse Here…. Dis Hemel…. Dis Jesus…. Dis God….Dis wat Hy bied…. Dis wat Hy gee en dis waarvoor jy gekies het.  Halleluja!
_____________________________________________________________________________

Hierdie plek is waar mense heen gaan voor die oordeelsdag
Ons sak weer in die hel af. Ons staan voor die groot gat wat laas voor ons ingeval het, mense is besig om nou uit die gat te klim. Jesus wil die een persoon 'n hand gee maar hy stamp Sy hand weg in haat teenoor God. Jesus kyk na my en sê: " Hy is een wat teen my gekies het". Ek wil 'n vrou help wat sukkelend uitklim maar ek kry dieselfde houding van haar, ek kry hulle vreeslik jammer. Sy loop kwaad weg in die rigting van die murasie, ek volg haar en gaan sit langs haar op 'n gebreekte muur. Ek voel die haat en verwyt in haar aan, sy wil niks met my te doen hê as ek haar probeer troos nie. Sy sak net haar kop in haar hande en begin verbitterlik te huil. As ons terug kom het ek soveel vrae vir Jesus.

1) Ek verstaan dat mense in die hel beland wat teen U gekies het mense wat weet dat U bestaan maar hulle kies om U nie te dien nie, maar wat van die mense wat nooit 'n kans gehad het om U te ontmoet nie, mense wat nooit van U gehoor het nie, verdien hulle die hel?
2)Die beeld wat sommige mense van U het, is dat U 'n God van liefde is, nou hoekom so 'n wrede plek maak vir mense wat U nie lief het nie?
3) Mense wat onkundig is, goeie liefdevolle mense, hulle glo absoluut dat Allah of Buddha die enigste gode is, hoe plaas mense sulke mense in die hel?

Jesus slaan die Bybel voor my toe en sê: "Jy sal al jou antwoorde hierin kry"

Hier is wat ek gekry het - 
Jer 29:13 Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hart daarna vra.
Deut 4:29 As julle die Here julle God daar aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
Ps 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor die wat na U roep om hulp
Spr 8:17 Ek het die lief wat my liefhet, die wat my soek, vind my.
Mat 7:7-8 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Rom 10:12-13 "Niemand nie!" Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seen almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Joh 3:36 Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom. 

Satan word gebind na oordeelsdag

Reg rondom hierdie krater is nog ‘n krater. Sy vlamme staan hoog uit en in die middel van hierdie krater staan ‘n rots waarop Satan hom tuismaak. Satan se rol in die hel… hy het geweldige mag maar terselfde tyd is hy magteloos, sy mag is gebind en dit maak hom woedend. Die vrees wat hy uitstraal is oorweldigend. Sy mag lê in sy vrees wat hy afdwing op elke mens. Hy beweeg tussen die mense rond oor rotse en skree sy woede en haat oor hulle uit, elke mens wil flou word van vrees as Satan tot uitbarstings kom, maar heelaas, hy kan niemand enige iets aandoen nie, hy het sy mag verloor om mense te manipuleer en te beheer, al mag wat hy het is om vrees in te boesem, verder is hy magteloos.

Hierdie deel van die hel is ook geweldig warm, die mense wat hier is, het gekies vir Satan, dis duiwelaanbidders, okkultiese mense en mense wat God geken het maar wat teen Hom gekies het, dis mense wat ten volle bewus was van God se bestaan maar hulle het besluit om Hom nie te dien nie, hulle het uitdagend teen God vir ander gelowe gekies met die wete wat hul uiteinde sou gewees het. Hulle het die evolusieteorie aangehang ten spyte daarvan dat hulle ten volle bewus was van God se bestaan. Die persoon wat ek hier gesien het was so dors dat hy sy sweet gelek het om net ‘n bietjie vog op sy tong te kon kry. Die hitte in hierdie deel van die hel is onuithoubaar.


Die hel is opgedeel in verskillende vlakke

Die krater waarin ek nou staan se vlamme is nie so intens soos die vorige een sin nie alhoewel dit nog geweldig warm is. Die grond is nogsteeds kliphard en die binnekant van die hel bestaan net uit vlamme, harde grond, klippe en rotse. Die vlamme brand nie ‘n mens se liggaam nie maar dit veroorsaak intense ongemak en hitte. Die mense word gevange gehou in dele van die hel, ‘n area van ± 3mx3m. In hierdie 3 dele wat ek nou beskryf het kan geen mens of demoon vrylik rond beweeg nie, elke persoon kry ‘n deel waarin hy vasgevang is. In hierdie deel van die hel is mense wat die verkeerde keuses in hul lewe gemaak het, hier is mense wat haat bo liefde, bitterheid bo vergewing gekies het, moord, roof, verkragting was hulle kos op aarde, hulle het wraak bo om die ander wang te draai of leuens bo die waarheid gekies. Hierdie mense het gekies vir mag, geld, status, wêreldse wysheid bo Goddelike wysheid. ‘n Lekker lewe is al waarin hull belanggestel het, wou nie tyd maak vir God nie, wou nie God leer ken het nie, die lewe het net oor hulle self gegaan, vleeslike behoeftes. Die mense hier het geen emosies nie, net vrees vir Satan, straktheid, verwyte en haat vul elke oomblik van hul ewige lewe. Die gevoelens wat hulle teenoor God op aarde gekoester het, is nogsteeds deel van hul lewe, hulle haat God en is woedend teenoor Hom. Die “bure” wat jy hier gaan kry gaan by jou wees vir ewig. Die mense SMAG na liefde, hulle smag na geliefdes, maar hulle sal nooit, ooit enige van hulle geliefdes weer sien nie. 

Die wat op aarde ‘n geweldadige en haatdraende persoonlikheid gehad het gaan dit nogsteeds afdwing op ander in die hel. Ek sien twee mense wat in ‘n vuisgeveg betrokke raak, die een is fisies sterker as die ander en hy slaan en skop hom met geweld, fisiese pyn is nogsteeds deel van hulle lewe. Die saggeaarde persoon baklei terug met sy mond. Die woorde wat hy uiter is vieslik, haatlik en Godlasterlik. Satan het hierdie aanskou en geniet dit as mense in gevegde betrokke raak, hy lag uit sy bors uit, is vir hom die enigste plesier as mense mekaar probeer vernietig. Soos wat hulle teenoor God gevoel het op aarde so is hulle nogsteeds teenoor Hom, die hel verander nie hul siening teenoor Hom nie. ‘n Vrou het inmekaar gesit en my hart het inmekaar gekrimp toe ek haar verlange aanvoel na haar geliefdes, van alles is dit die ding wat my die meeste getref het, hulle verlange na liefde en geliefdes. Maar soete emosies is nie by hulle te bespeur nie, haat, vrees, ongemak, intense hitte, vervloekings, vuiltaal, bakleiery ens is al wat hulle lewe mening gee.

Geloof is jou enigste waarborg om nie in hel te land nie

Ons loop na ‘n deel van die hel waar ek kan sien dinge is ‘n bietjie anders hier. Jesus gaan staan stil voor my en as ek by Hom aansluit snak ek na my asem, ek hou my hand voor my mond en kan nie glo hoeveel mense ek hier sien nie. Vir kilometers en kilometers aaneen, sover as wat my oë kan sien is daar net mense.
Die mense wat hier is, is God baie bewoë oor, met soveel hartseer loop Hy deur hierdie mense, ek voel so jammer vir Hom. Dis hulle wat nooit die evangelie gehoor het nie, dis die mense waaroor ek nog altyd gewonder het. Nou weet ek, dis waar, jy kan nie in die hemel kom as jy nie self vir God gekies het nie, alleenlik jou geloof in Jesus waarborg jou ‘n plek in die hemel. 


Alhoewel hulle dit makliker in die hel het as die ander, bly die plek ondraaglik, die rotse en klippe is plek, plek bedek met mos, die grond is sagter, klammerig en die vlamme is minder, die temperatuur is soos ‘n baie warm somersdag, ± 45 °C. Die mense beweeg meer vrylik hier rond maar trane is baie. Die ding wat my opval met hierdie mense se gemoed is spyt en negatiwiteit, die gedagtes wat hulle koester gaan alles oor die dinge wat hulle in die lewe seer gemaak het, hulle is tot in ewigheid vasgevang in hulle gedagtes van bitterheid, onvergewensgesindheid, hartseer, moedeloosheid, negatiwiteit. Oor en oor herhaal hulle net die pyn en ellendes wat hulle op aarde getref het. Selfbejammering is hulle grootste vyand. Hierdie groep mense vertroos mekaar maar dit help nie, die hartseer sal nooit weg gaan in hul lewens nie, hulle is vasgevang in hierdie groef van negatiwiteit, verlange en die ergste is, die baie trane


 SATAN TRIOMFEER VANDAG NOG OOR DIE MENSE IN DIE HEL
Die hel: klippe, takke, donkerte, vuur
25/07/2912 – 04/08/2012
My bewaarengel vat my na die donker grys plek en ek is bly as ek sien Jesus wag vir ons daar.  Die Heilige Gees kan ek voel is ook teenwoordig.  Oppad hierheen het ek vir my bewaarengel gesê dat ek bang is om in daai krater af te gaan maar is dankbaar dat Heilige Gees Homself openbaar het, dit het vir my rustigheid gebring. 
Ons almal stap na die krater met die gloed wat bo uit skyn, ek bly tog maar skrikkerig  as ons die rant van die krater nader maar ek is verbaas om geen vlamme of vuur te sien nie, ons begin afstap daarin, dis baie steil met los klippe, bome is droog maar tog nog groenerig, baie droë takke op die grond wat ruig is.  Jesus loop voor en help my oor alles.  Uit die hoek van my linker oog sien ek ‘n demoon wegskram, hy lyk net soos wat baie mense hulle al voorgestel of geskilder het. Maer, krom, bokbene en baie bang vir God se teenwoordigheid.
Ons loop nogsteeds teen die steil helling in die krater af.  Klippe en takke rol die steiltes af as ons deur takke klouter en kruip, bosse is ruig.  Ons kom te staan voor ‘n swart masse water, dis vreemde water, dis dik en taaierig.  Ek wonder hoe ons oor hierdie gaan kom want ek wil regtig nie hierdeur loop nie. Ons begin loop en regs lê die donker poel en links is bosse waarin ek demone sien, hulle word meer en meer soos ons aanloop. Dan stop Jesus in Sy spore, die water lê nou voor ons ook is asof die bosse voor ons te ruig is om verder te loop.
Ons staan na die water en kyk terwyl Jesus afbuig en Sy vinger daarin druk.  As Hy opkom vryf Hy dit tussen sy middelvinger en duim en dan besef ek dis nie water nie maar bloed want dit het rooi geword tussen Sy vingers, swart bloed water.
Die swart bloedwater trek voor ons weg en ons stap verder die paadjie op.  Jesus gaan staan stil en ‘n groot krater is voor ons met ‘n rooi gloed vlamme wat daaruit kom.  Ons staan nou in voor die krater en ‘n hand kom uit en gryp Jesus aan die voet.  Jesus buk af en vat die persoon se hand en vir die oomblik wat Hy haar aanraak helder haar gesig op, sy glimlag en beleef vir ‘n paar sekondes vrede, dan trek ‘n demoon haar weer in die vuur in. 
‘n Man sit op ‘n rots, niemand het klere aan nie, en hy skree, gil en vloek vreeslik, hou op vir ‘n rukkie en doen dit weer. Twee ander mans begin in ‘n vuisgeveg betrokke raak, hulle probeer mekaar “doodslaan” en ‘n vrou skop ‘n demoon van haar af weg met mening.  Ek het nog nooit soveel haat, woede, verwyte en venyn  gesien nie. 
Terwyl die vlamme om die mense brand, beweeg hulle tussen die vlamme deur maar dit brand nie hul liggame uit of dit brand nie soos vuur nie. Die vlamme is al wat lig gee in hierdie donker hool. 
As ons wegstap het ek 2 vrae aan Jesus:
  •         Wat beteken die bloedwater?
  •         In die Bybel lees ons dat daar verskillende grade van hel (Mat 10:15, Mat 11:24, Luk 10:14, Mat   23:14) is so waar is die ander mense wat nie so erg gestraf gaan word nie? Hy het my kom antwoord hier met ‘n latere visoen (hierbo genoem) wat hierdie mense wys.
Ons stap weer oor die grond na die krater toe.  Ons stap op die rant van die tweede krater en kyk oor die krater van vuur.  Die bosse wat ons deur gesukkel het is regrondom maar daars duisende demone daarin en die mense wat gelukkig is om uit die krater te kom word net weer met mening deur die demone in die bosse terug gestamp.
Die vuurkrater strek sover as wat my oog kan sien en die bloedwater lê voor ons.  Ek sien Satan en van sy travante (± 20 demone) kom oor die water aangestap, hul gaan staan voor die vuurkrater en geniet die pyniging, haat en chaos in die vuur.  Satan draai om en het ‘n groot silwer beker in sy hand, hy skep skep dit vol met die swart bloedwater, draai terug en hou dit omhoog.  ‘n Oorwinningsbeker wat hy lig en dan maak die Heilige Gees dit vir my duidelik watse water dit hierdie is. 
***        Dis mense wat selfmoord gepleeg het, mense wat vermoor is, onskuldige mense se bloed wat vergiet is, mense wat deur oorloë gesterf het wat deur demoniese magte gelei is.  Dis hulle bloed wat in die water is. Satan was die aanvoerder van hierdie mense se bloed wat gevloei het, hy triomfeer oor hierdie lewens wat verlore gegaan het, hy voel oorwinnaar oor hierdie mense wat geval het voor sy slimstreke. 



     DEMONE SAL VASGEKLUISTER WORD

Ek loop saam met Jesus na die 3de krater toe.  Jesus tel my daarin af en 'n geweldige vrees trek my keel toe, is daardie vrees wat mens beleef in 'n nagmerrie of wat jy kry as kind as jy in 'n donker gang moet afloop.

Ons loop dieper en dieper die krater in, my voet gly want die grond is 'n glibberige slym en die mure lyk of dit van dik lawa is, dis baie warm hier binne met kruipende insekte wat tussen die slym rond beweeg.

Demone is hier vasgeketting.... hulle sit rond op klippe maar is almal in hulle ware vorms, vreesaanjaend, hulle wil in hierdie vorm wees, hulle kies hierdie vorm omdat dit hulle van God afsonder. Hulle sit asof vasgekluister net met die haat in hulself. 

Die een wat die naaste aan ons sit lyk vir my baie soos die karakter in "The Beauty and the Beast"  maar hy het bokbene.  Hy is ontsettend kwaad en het 'n geweldige woede teenoor God en as hy Jesus sien skree hy met 'n brullende stem op Hom, ek kan sien dat hy God met 'n passie haat.

Satan beweeg vrylik rond tussen hierdie krater en die 2 kraters wat hierdie een omring, dis die enigste deel in hel waartoe hy toegang het, maar soos ek met vorige skrywe genoem het, het hy eintlik geen mag oor niemand meer nie, hy boesem net vrees in. 

______________________________________________________________________________
JOU VRESE SAL ALTYD TEENWOORDIG WEES IN DIE HEL 
Vir 'n paar sekondes het ek die hel beleef.
Ek staan langs Jesus en Hy gee 'n tree vorentoe maar daar's niks onder ons nie, ons val in 'n diepte af en met die hoogtevrees waaraan ek ly was die besef dat daar niks onder my voete is nie oorweldigend. Ek begin Jesus smekend aankyk met daardie gevoel wat 'n mens beleef as jy 'n Roller Coaster aan vat, eers gedink aag dis nie so erg nie maar later begin bid dat dit moet stop en toe begin gil nie omdat dit lekker is nie maar omdat ek bang is.... Dit was presies dieselfde vrees wat my hier beetgepak het, Ek het die gevoel gekry ek is besig  om na my dood te val. En toe begin ek bid, Jesus asseblief hierdie vreesgevoel raak te veel, asseblief Jesus hier wil ek nie wees, ek beleef hierdie hoogtevrees gevoel konstant, daar's niks wat dit beter maak nie, daar's niks wat dit stop nie, die vrees bly en bly net teenwoordig.
Wat ek besef hierdeur is, as jy bang is vir spinnekoppe, donkerte, hoogte, klein spasies, wat ookal, jy gaan dit permanent elke oomblik voel en beleef in hierdie plek.

As ons genadiglik weer terug is op moeder aarde sê Hy: "Dit is hoe die mense voel wat in die hel beland, daar sal altyd vrees wees, die hele tyd tot in ewigheid sal vrees hulle beetpak." 

En dan is 'n Wolk voor ons wat 'n vorm van trappe aanneem, ek begin sonder om te dink of te vra die trappe klim, soos wat ek op beweeg staan engele langs die pad, op 'n stadium is ons hoog bo alles en ek kyk af maar geen vrees is in my teenwoordig nie, geen hoogtevrees nie en geen benoudheid nie, Jesus loop reg agter my, Hy klim saam op. As ons bo kom sien ek die hemel, alles is lig, skoon, helder en hemels, wat 'n mooi en gelukkige plek om te wees.


1 opmerking: