Openbarings ander lande

EGIPTE (03/11/2013)
Die land word vasgevang deur magshonger goddeloses, hierdie mense is vermetel en verhef hulleself teenoor die ware God. Hulle optredes teenoor ander landsburgers is onaanvaarbaar en hierdie magsbeheptheid sal nog hulle eie einde beteken. Die regverdige Godvresende mense sal oorleef mits hulle voortgaan om getrou aan God te bly. Die wat die ware God verwerp stuur af op ondergang en Sy kinders sal leef! Die goddelose is reeds so goed soos dood. Hulle uitbuiting van ander het net een doel en dit is om vir hulleslef sekuritiet te verwerf, selfverheffing, hierdie magsmisbruik en afgodediens word ten sterkste deur God veroordeel. Hierdie optredes van hulle gaan boemerang en die rolle gaan omgekeer word dat die wat eens magtig was totaal vernietig gaan word. Wie op die Ware Lewendige God vertrou sal nooit teleurgesteld word nie.
______________________________________________________________________________




VISIOEN VIR AFRIKA (27/02/2014)

Ek en Jesus sit op 'n gladde ronde rots wat hoog staan bo kant boomtoppe uit. Dis unieke bome, Akasias die soort wat lyk soos sambreëlbome. Wyd gestrek lê die bome so ver as my oog kan sien. Op die rots tel Jesus 'n klip op en sit dit in my hand. Na 'n ruk staan ons op en beweeg tot op die grond, ons stap nou onder hierdie lower groen bome deur tot ons by 'n stapel klippe kom, soortgelyk aan die een in my hand. Jesus vat die klip uit my hand uit en plaas dit op die hoop.Die engel wat by ons staan neem 'n houtkruis en druk dit in die middel van die stapel klippe in en dan hang hy 'n bordjie bo om die kruis met Jesus se naam opgeskryf. Ons beweeg aan en loop teen 'n bult op, so ver as my oog kan sien is hierdie beeld van Akasia bome voor ons. Dan tel Jesus my op en beweeg met my die lug in boomtop hoogte tot 'n dorp voor ons lê. 'n Hartseer gesig as die eerste gebou voor ons 'n moskee is. Dit toring hoog bo alles uit met goue koepels en blink dakke. Een massiewe gebou vir so klein dorpie. Dan draai Jesus na my en vra ek moet Jesaja 11 gaan lees.

Die Uitleg van hierdie visoen:
Akasia bome is uniek tot Afrika en daarom is hierdie visioen vir almal in Afrika bedoel. God reik uit na elke mens in Afrika, elkeen wat onder die Afrika son loop is deel van God se evangelie.
Die kruis van Christus is uit 'n boom gekap, 'n Houtbalk wat 'n kruis geword het. 'n Altaar gebou met klip en die kruis "Jesus" wat geoffer is vir almal, selfs die in Afrika, wit en swart.
Die Moskee is afvalligheid van die mense, wat 'n groot bekommernis vir Christene geword het. Terselfdertyd is daar 'n benoudheid oor die moslemgeloof wat nou so aangehang word, 'n vrees wat my keel laat toetrek omdat ek hierdie verbind met onderdrukking, dood en vervolging van Christene.
 

Jesaja 11 (die loot uit die stomp) handel oor die oordeel wat oor die mensdom kom oor afvalligheid maar dat dit ook nie die einde is van die verhouding met God en die mens nie. Moet niks vrees nie die stomp van Jesus sal bly staan in Afrika. Moenie bang wees vir verdrukking, vervolging nie want die hout van Hoop sal ons lewendig hou. Die bome is nie dood nie, God sal 'n wonderwerk laat plaasvind. Uit die kruis sal takkies uitspruit wat goeie vrugte sal dra in Afrika in. As vrede kom sal daar nie plek wees vir verskeurdheid tussen ons mense nie. God sal ons volk een kom maak. Een in geloof en liefde vir almal in die land. Ons sal weer in vrede saam leef hier op die punt van Afrika.

_______________________________________________________________________________


 WERELD KRISIS (22/03/2011)

Ek en Jesus staan op ‘n stel spierwit trappe tussen groot pilare, as ek die water in die verte voor my sien met ‘n gedenknaald aan die agterkant van die water weet ek presies waar ek is. In Amerika, Washington DC by die Abraham Lincoln Gedenkteken.  Ons stap die trappe af en gaan oor ‘n pad, Jesus staan stil en draai na my toe sodat ek vir Hom moet kyk terwyl Hy my hande vas hou. Agter Jesus se rug sien ek ‘n Amerikaanse vegvliegtuig aankom, ek wil op hierdie oomblik nie hier wees waar ek nou is nie, ek het ‘n geweldige vrees vir die geluid van hierdie vliegtuie, ek wil weghardloop en op ‘n plek myself gaan staal teen hierdie geluid wat my binne sekondes gaan kom oordonder maar Jesus trek my nader en druk my teen sy bors vas as die eerste vliegtuig oor ons koppe gaan wil ek huil van vrees.  Die vliegtuie kom een na die ander oor ons gevlieg, hulle is omtrent net boomtop hoogte en die geluid wat hulle maak is skrikwekkend, vreesaanjaend en onheilspellend. Hulle kom van uit die noorde aangevlieg en as hulle oor is, draai Jesus my om en ons kyk hoe hulle in die suide klein word maar ek sien ook hoe hulle dan omdraai en weer aan ons weste kant verby kom terug noorde toe.  Soos ons aanstap na die water toe sê ek vir Jesus: “Ek kan verstaan dat hierdie oorlog is maar wat het hierdie met ons in Suid-Afrika te doen”?  Jesus wys my om op ‘n bankie by die water te sit, Hy hou ‘n klippie in Sy hand en gooi dit in die water in, dit maak ‘n rimpel effek en kring net wyer en wyer uit.  Ons stap tot by die Gedenknaald en Jesus lees die inskrywing op die naald ek weet nie presies waarvoor hierdie naald opgesit is en hoe die inskrywing lees nie maar dit laat my net besef dat hierdie beslis te doen het met oorlog en mense wat gaan sterf.  Ek vra Hom: “Is hierdie die begin van die 3de wêreld oorlog Jesus”? Hy antwoord my nie maar vra ek moet Op 4:5 gaan lees. “Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom.  Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.
Ons almal weet dat ons die begin van die einde begin ingaan, hierdie oorlog wat oppad is gaan die hele wêreld lam lê, ekonomies gaan ons swaar trek, staal julle hierteen

GEDEELTELIK HET HIERDIE OPENBARING NOU IN VERVULLING GEKOM
"In less than three years US fighter jets have returned to Iraqi skies, as Obama’s administration has authorized “manned and unmanned” surveillance flights there to keep an eye on the ISIS jihadist group that threatens to overrun the whole of Iraq."
In this image released by the US Navy, sailors direct an F/A-18C Hornet on the flight deck of the aircraft carrier USS George H.W. Bush during flight operations in the Arabian Gulf on June 17, 2014. (AFP Photo / Maggie Keith) http://rt.com/news/166964-f-18-patrol-iraq-skies/

Sunday, 17 August 2014 11:39..... https://www.middleeastmonitor.com/news/americas/13525-us-bombs-isis-in-northern-iraq-in-a-bid-to-retake-mosul-dam ........ American fighter jets launched nine airstrikes on Saturday against ISIS fighters near Erbil in northern Iraq in a joint operation with Iraqi and Kurdish forces aimed at retaking the critical Mosul Dam from the militant group, U.S. Central Command said.
______________________________________________________________________________
JERUSALEM, JERUSALEM - DIE BEGIN VAN DIE EINDE HET AANGEBREEK
Voor ek die visoen met julle deel wil ek net duidelik maak dat ek nog nooit in Jerusalem was nie, ek weet glad nie hoe lyk die omliggende dele of hoe die plekke daar inmekaar pas nie.  Ek het geen kennis van die mensgemaakte strukture of landelike omgewing nie. Dit wat God vir my gebring het, het ek na die tyd gaan opsoek en het verstom gestaan oor hoe die plekke ooreenkom met dit wat ek gesien het in visioen.

ONTVANG OOR TYDPERK VAN 23/03/201 – 26/04/2014

Ek het vir ‘n baie lang ruk net my rooi mantel met spesiale geleenthede gedra maar vanaand het ek om een of ander rede weer my wit mantel oor my skouers.  Jesus vat my na ‘n fontein toe en ons staan en gesels daar tot ‘n enorme groot Krag engel by ons aansluit.  Jesus is in ‘n baie goeie luim vanaand, kry so die gevoel iets wonderliks wag op ons. 

Ek het al gehoor dat sommige mense vir Jesus as ‘n baie groot God gesien het en op hierdie oomblik kan ek skaars my oë glo toe ek sien waar Hy ewe skielik staan. Hy troon hoog bo-kant my uit, Hy is so groot soos die Krag engel en hier waar ek staan kyk ek teen Sy enkel vas.  Hulle twee staan en gesels vir ‘n hele ruk met mekaar en dan buig Jesus af en tel my op dat ek op Sy voorarm sit wat teen Sy bors gedruk is. 

Ons drie beweeg oor die Aarde tot ons by ‘n plek kom wat baie koppies het, die koppies - of miskien is dit bergreekse wat van hier bo af klein vertoon - is aanmekaar.  So ver as ek kan sien strek hierdie bruin knobbels die verte in, dit lyk droog en klipperig.  Ons gaan staan stil en kyk in ‘n Noordelike rigting.  Ek wonder waar ek is, ek ken glad nie die plek nie maar instinktief weet ek dat Jesus hierdie plek baie goed ken. ( Met latere ondersoek het ek gesien dat ons in Judea was) 
Judea Woestyn
Judea Berge
Judea Wes van Jerusalem

Ver, ver Noord-oos van ons sak ‘n tweede Krag (Kosmos) engel neer met nog een wat hom volg Noord-wes van ons.  Die laaste een staan met ‘n boek in sy hand en as hy die boek oopmaak bring die engel wat in die Ooste staan ‘n beuel te voorskyn.  Hy sit die beuel teen sy lippe en blaas ‘n klank daaruit wat rillings deur my wese stoot.  Die klank weergalm deur die ruimte en ek wil bars van trots, dis klanke wat mens bly maak dat jy deel van God se Koninkryk is.

Jesus lig Sy hand en wys ek moet Noord kyk.  ‘n Stofwolk raak sigbaar en hoe nader hulle kom, hoe meer duideliker word die prentjie voor my.  Dis strydwaens wat deur engele bestuur word en in een van die voorste waens staan my bewaarengel.  Jesus stap vorentoe as hulle tot stilstand gekom het, en tel my in die wa waar my engel staan. Die perde trippel rond, hulle is gereed vir die stryd, hulle spiere blink en hulle krag wil hulle vanself vorentoe beur maar die engele hou hulle intoom.  Alhoewel daar geen tome of stange aan die perde is nie word hulle beheer deur die engele.

Die perde kry dan van iewers die bevel om vorentoe te beweeg en met krag wat soos ‘n koeël uit ‘n wapen gevuur word spring hulle weg en begin in ‘n Oostelike rigting hardloop.  Die perde se spoed en krag is verstommend as hulle beweeg soos een massa almal op dieselfde missie. Ek staan styf langs my bewaarengel met die wind wat sterk teen my druk, my hare waai  reguit agtertoe en as ek terug kyk sien ek die stofstreep wat ons agter ons los.  Bokant elke wa is nog ‘n engel wat in die lug beweeg wat my laat wonder of dit nie hulle is wat die perde beheer nie? Ek weet nie.

Ek staan in een van die voorste waens maar kom agter dat ons begin spoed verminder sodat daar van die ander waens by ons verby kom, almal begin dan stadiger beweeg tot ons op ‘n drafstap is.  Die middelste wa begin voor ons uit beweeg en as hy so ± 30 meter voor ons is, lig hy sy regter hand met ‘n swaard wat ‘n teken vir almal is om te stop.  As die stof gaan lê kan ek sien dat daar iets op die horison is, dis bitter ver van ons af maar ek kan sien dat iets die lyne van die horison breek.

‘n Krag engel kom staan dan by die voorste wa en tree dan alleen vorentoe en kyk uit vir iets. Ek weet nog steeds nie regtig waar ons is nie, ek ken nie die area nie, dis nie vir my bekend nie maar die hele tyd maal die woord Jerusalem in my gedagtes. 

Die Krag engel kom terug en kniel op sy een been en gesels met die leier engel.  As hulle vir ‘n ruk woorde gewissel het vlieg die Krag engel weg.  Die leier engel klim van sy wa af en kom na ons toe aangestap en as hy begin praat, rammel sy stem soos donderweer, dit weergalm oor die linie en almal luister aandagtig na elke woord wat hy sê, wens so ek kon verstaan wat hy praat.  Hy klim weer op sy wa en almal begin hom volg na die plek op die horison.

As ons nader kom wys die leier engel met sy swaard na die plek toe.  Dis ‘n stad wat voor ons lê, ‘n groot hoë muur is voor ons opgerig met ‘n gebou wat aan die agterkant uitkom wat ‘n ronde goue koepel het.  Jerusalem, Jerusalem spoel die woorde deur my gedagtes.  (Ek was nog nooit bewus van hierdie koepel gebou in Jerusalem nie en sit verbaas om hierdie einste gebou op foto’s te sien).

Dome of the Rock
Stadig begin ons al langs ‘n muur afbeweeg.   Dit voel vir my asof ons in ‘n Noordelike rigting teen die muur beweeg.  Ver voor ons tussen berge trek bondels rook die lug in.  Ons is oppad soontoe na die donker grys wolke en as ons tot stilstand kom ‘n ent  daarvan af sien ek dis vuur wat die rook wolke veroorsaak. 

Die leier engel haal sy wa van die perd af en beweeg alleen met die perd na die vuur toe.  Hy klim af en staan eers rond, klap sy perd op die boud dat hy terug draai na ons toe waar ‘n ander engel weer die perd ophak by die wa. 

Die leier engel staan nou voor die vuur, ek kyk stip na hom om alles in te neem, na ‘n hele lang ruk tree hy binne die vuur in. Ek kan sy rugkant sien wat na ons toe wys maar met wie hy gesels weet ek nie en wat hy daar doen is ook nie vir my duidelik nie.  Hy kom uitgestap met sy swaard nogsteeds in sy hand maar met die verskil dat die swaard nou ‘n brandende vlam is.

Hierdie leier engel moet ‘n Gerub, Seraf of Troon engel wees want instink sê dat hy met God die Vader gesels het en dit is hierdie groep engele wat in die onmiddellike teenwoordigheid van God kan staan.

Hy kom na ons toe aangestap, klim op sy wa en as ons almal hom volg sien ek hoe sy kleredrag verander na die blou gevegsdrag wat die Magte engele dra.  Ons beweeg al om die stad.  ‘n Hoë muur is reg rondom hierdie stad gebou. (Weereens was ek nie bewus van ‘n muur om Jerusalem nie, ek het geweet dat daar ‘n muur is waarteen mense bid maar nooit geweet dat ‘n muur om die ou deel van Jerusalem gebou is nie). So ry ons om die stad tot ons weer by die punt uitgekom het waar ons begin het.

Muur om ou Jerusalem

Die leier engel klim hier van sy wa af en stap na ‘n middelpunt so ± 50 meter van ons af en ander engele uit die groep sluit by hom aan, hulle hou hul swaarde uit na hom toe en as die swaarde raak spoel die vuur oor na elkeen se swaard.  Hulle kom terug gestap met die brandende wapens in hul hande,ek tel vyf en soos hulle aan kom verander hulle klere ook na die blou gevegsdrag.  Hulle neem weer hul plek in bokant die lug maar net oor die voorste waens.

Groot swaar houtdeure maak regs van ons oop wat lei na die stad. Die leier engel ry eerste in met die heel linkerkantste engel met sy groep wat volg, so volg elke oorhoofse engel met sy gelid tot ons almal  die stad in beweeg het. Ek maak deel uit van die heel laaste groep, drie waens langs mekaar. Die stad is oud,die klippe waarmee die geboue mee gebou is, is vaal bruin van kleur, maar tog so mooi, selfs die strate is van klip gemaak.  So ry ons tot ons by 'n nuwe deel van Jerusalem kom, ek sien geen lewe nêrens nie, geen mense, geen diere, niks wat kan spreek dat daar lewe is nie. Die deel waarin ons nou beweeg het, het teerpaaie, 'n breë dubbel teerpad met straatligte, selfs huisligte brand maar nogsteeds geen teken van lewe nie.

As ons groep om 'n draai kom staan die voorste linie stil, wat voor ons lê voel vir my nie goed nie, ek slaan hoendervleis uit met 'n vrees wat my benoud maak. Die deel waarin ons staan is verlig maar voor  die deel van die leier engel, is dit pik donker, ek voel tasbaar die onheil aan wat broei.

Die leier engel klim van sy wa af en stap vorentoe, met sy swaard in die lug praat hy na die donkerte voor hom. Die verligte deel waarin ons staan is baie groter as die donker deel voor ons, dis een groot enorme verligte Jerusalem, maar die donkerkant spreek van boosheid. Ek kyk stip na die donker en sien dan hoe fakkels binne dit aangesteek word, maar ten spyte daarvan bly daai deel nogsteeds donker. Die fakkelvlamme word meer en meer, dis in groepe wat dit brand.

Ons waens kom in beweging en vorm 'n lang verdedigingslyn voor die donkerte. My bewaarengel laat my gaan sit in die wa maar my nuuskierigheid kry die oorhand oor my vrees. Ek kom op my knieë en kyk oor die rand van die wa.

'n Krag demoon maak sy verskyning op die rand van die donkerte, hy is baie groot met die engel wat omtrent net tot sy knieë kom. Die demoon is uitdagend en vol van homself. Hy sak af en hurk op sy een been, gooi sy kop agter toe en lag uit sy keel uit. Die demoon kan een veeg met sy hand maak en ons almal sal verpletterd wees, maar hy doen dit nie, hoekom val hulle nie aan nie, wonder ek.

Die demoon draai om en stap weer die donkerte in. Dan staan grote Jesus weer langs my met die Krag engel by Hom, Hy tel my op met twee vingers en laat my op Sy hand sit.

Ek wag angstig elke nag om terug te gaan, ek wil die geveg sien, ek wil sien wat verder gaan gebeur, ek wil my vermoedens bevestig, maar dit gebeur nie. Vir nou is dit al wat ek toegelaat word om te sien.

  •  Gaan deursoek die Bybel vir antwoorde, die Heilige Gees sal jou uitbring na dit wat jy oor vrae het, sê God……. Ek vind die antwoord in Sagaria 14. (Die plek waar die finale geveg sal plaasvind)
  • 1-3: Die dag van die Here kom. Wat in jou buitgemaak is, Jerusalem, sal binne in jou verdeel word.  Ek sal al die nasies bymekaarmaak vir ‘n oorlog teen Jerusalem.  Die stad sal ingeneem word, die huise sal geplunder word en die vrouens verkrag word.  Die een helfte van die stad se inwoners sal in ballingskap gaan, maar die ander helfte sal nie uit die stad verwyder word nie.   Daarna sal die Here teen daardie nasies gaan oorlog maak net soos op die dag toe Hy destyds die oorlog gevoer het.   (HIERDIE VEROWERING OOR JERUSALEM KONDIG DIE BEGIN VAN DIE EINDE AAN.  DIE NASIES SOU JERUSALEM VERNIETIG MAAR DIE HERE SAL HULLE VERNIETIG).
  • 4-5: Daardie dag sal Sy voete op die Olyfberg staan, oos van Jerusalem.  Die Olyfberg sal middeldeur skeur en daar sal ‘n groot kloof van oos na wes ontstaan.  Een helfte van die berg sal na die noorde toe padgee en die ander helfte suide toe.  Julle sal deur die kloof in My berg vlug, want die kloof sal strek tot by Asal.  Julle sal vlug soos julle vir die aardbewing gevlug het in die tyd van koning Ussia van Juda.  Dan sal die Here my God kom, en al die hemelwesens sal by jou wees.  (MAAK JULLE GEREED AS ONS GROTE GOD MET SY VOETE OP DIE OLYFBERG GAAN KOM  STAAN,  SLEGS DIE GELOWIGES SAL DIE OORDEEL ONTVLUG).
  • 6-11: Daardie dag sal daar nie lig wees of koue of ryp nie.  ….. daardie dag sal daar ‘n vars stroom water uit Jerusalem vloei.  Die Here sal Koning wees….. Jerusalem sal ‘n veilige woonplek wees….  Jerusalem sal gelig word daar waar hy nou is, hy sal hoog lê,  (WANNEER EINDTYD NABY IS SAL ALLES ANDERS WORD. NIKS SAL MEER WEES SOOS WAT DIT WAS NIE. GOD SE OORWINNING OOR SY VYANDE IS DIE VOORSPEL TOT DIE GROOT  VERANDERINGE WAT GAAN KOM.  NAG EN WINTER SAL VERDWYN, DAAR SAL WATER WEES IN ‘N LAND WAT GEKEN WORD VIR SY DROOGTE. GEEN AFGODSAANBIDDERS, JERUSALEM SAL  GEëER WORD AS DIE STAD VAN GOD EN DIE FOKUSPUNT WORD VAN DIE HELE WêRELD VIR AANBIDDING. )
  • 12-15: Die Here gaan al die volke wat teen Jerusalem oorlog maak, met ‘n groot ramp tref…..     daardie dag sal die Here die mense paniekbevange laat raak ….. Selfs Juda sal teen Jerusalem veg…. Dieselfde ramp wat die mense tref, sal ook die perde tref, die muile, die kamele, die donkies, al die diere wat in die kampe van die vyande is. (TEENOOR DIE SEëNINGE WAT JERUSALEM SE DEEL WORD, STAAN DIE OORDEEL WAT GOD SE VYANDE GAAN TREF.  GOD IS LIEFDE EN HY VERGEWE DIE MENS SE SONDE, MAAR HY IS OOK REGVERDIG EN STRAF DIE SONDE VAN DIE WAT HULLE NIE TOT HOM BEKEER NIE.)
  • 16-19: Al die mense wat oor is uit die volke wat teen Jerusalem opgetrek het, sal jaar na jaar kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid en om die huttefees te vier.  Geen volk op aarde wat nie na Jerusalem toe kom om die Koning, die Here die Almagtige, te aanbid nie, sal reën kry nie.  En as die Egiptenaars nie kom nie, sal die Here hulle met dieselfde ramp tref as die ander nasies wat nie kom nie…..Dit sal die straf wees…..( GOD GEE DIE WêRELD KANS OM TOT BEKERING TE KOM EN HULLE SAL NA JERUSALEM STROOM OM HOM TE AANBID.  ‘N PELGRIMSTOG NA JERUSALEM ALMAL SAL DEEL DAARAAN KAN Hê NIE NET DIE JODE NIE. DIE VOLKE WAT NIE WIL KOM NIE SAL ONDER DIE OORDEEL VAL.)
  •  20-21: ….Elke pot in Jerusalm en Judad sal aan die Here die Almagte gewy wees.  Daardie dag sal daar in die huis van die Here die Almagtige geen handelaar meer wees nie. (IN JERUSALEM SAL ALLES AAN DIE HERE GEWYS WEES EN SAL DIE HELE LEWE EINTLIK ‘N EREDIENS WEES.) 

Hoekom Jerusalem: Want verskillende gebeure vind plaas in        Jerusalem wat die eindtye aandui.  Ons hoop moet op God, wat in beheer is van die wêreld en die geskiedenis, wees. Hierdie plek is so besonders vir God dat wanneer die oordeel gefel is, ons almal saam in die nuwe Jerusalem sal leef.  Op 3:12 en Op 21:

03/09/2014 ...
Prayer Alert and Update: Pro-Islamic State Gathering ‪#‎ISIS‬ on Temple Mount. Please share! The Islamic State that has taken over much of Syria and Iraq has their eyes on Jerusalem. They are infiltrating the Palestine area, and are attempting to unite them. They demonstrated at the Temple site Wednesday.


Our Jerusalem Prayer Team world headquarters is 600 meters from the Temple site in Jerusalem. That is why YOU are so very important as a Jerusalem Prayer Team member. You have come into the kingdom for such a time as this. Please bind this spirit right now in the mighty name of Jesus and ask everyone you know to do the same.
-Dr. Mike Evans

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking