Wys tans plasings met die etiket Die een is vir jou. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Die een is vir jou. Wys alle plasings

14 Mei 2014

Die een is vir jou

Bly leef in die waarheid
Ja, jy wat sê jy is ‘n christen, wat trots is op die feit dat Jesus aan jou kant is.  En ek praat met jou, jy wat nie wil glo aan die ware lewendige God nie, wat eerder ‘n Boeddhistiese klip wil aanbid as ‘n lewendige persoon, wat eerder vir ‘n moordenaar soos Mohammed wil volg as vir die Een wat ewige lewe kom gee, wat eerder agter dooie voorvaders wil aanloop as agter die Een wat vir jou die ekstatiese Heilige Gees kan kom gee, ek praat met die wat nie Jesus wil erken as hulle Koning nie.

En wat is fout met jou, jy wat sê jy is ‘n christen maar dan dwaal jou oë op die internet na walglike sekspraatjies en webwerwe heen, jy verlustig jou in pornografiese tydskrifte en jy mis nie ‘n program wat hierdie dade aanbied met die sappigheid waarna jy uitsien nie.  Jy sê jy is ‘n kind van God, aag spaar my die sedelikheid. Het jy nog niks geleer nie, wat het jou ouers jou vertel van die Bybel, wat is dit wat die onderwysers jou probeer leer het van God , as jy opgelet het sou jy dalk al begin verstaan het hoe hierdie dinge werk.  As jy vandag op jou ouderdom nog nie besef het dat God sonde tugtig nie sal jy dit nooit besef nie.

Ja ek praat met jou, jou slapgat, trek op daai broek van jou en maak jou rits toe, jou vrou en kind wag vir jou by die huis.  En mevrou moenie dink jy is so onskuldig nie jy is gans en al te hoogmoedig, een van DIE grootste euwels wat God haat is jou hoogmoed, jy wat dink jy het niemand nodig nie, jy wat dink jy is te goed om ander mense te help, jou rykdom is niks werd in die Hemel nie, jou geld kan jy maar rondgooi soos jy wil maar wie het jou daardie rykdom gegee, gee jy Hom die eer daarvoor of dink jy, jy het dit alles self bekom.  Ek het nuus vir jou, neus-in-die-lig-diva, God gaan jou kom beproef met armoede totdat jy kan leer om jou geld te kan hanteer.

En van jou wil ek nie eers praat nie, jy wat nie ‘n sin kan voltooi sonder dat daar nie ‘n leuen in versteek is nie, jy is om die minste te sê walglik, oneerlik, wie se respek verdien jy. Jy lieg en sê nee dit kan nie want ek het iets anders aan!... Want iets het voorgeval!... die wekker het nie afgegaan nie!... ek is siek vandag as ek beter is sal ek môre weer kom werk!...en jy regverdig hierdie leuens met die feit dat dit net wit is? hoekom soek jy na onwaarhede,  jy is ‘n euwel voor God, as jy oor die klein goedjies in die lewe so lieg hoe kan mense jou glo om oor die dinge wat saak maak die waarheid te praat. Jy noem dit wat: “’n Witleuentjie” Jy lieg my vriend en God hoor jou. Kom maar eendag in die Hemel en dan sê jy vir God jy het nie van beter geweet nie dan sal ons sien wat is die oordeel op jou leuens wat jy verbloem met kleur.  Dis as gevolg van ons verkeerde denke wat ons in hierdie gemors sit en ons dra die gevolge daarvan.

Kom ek gee dit vir jou vanaf God af.....
1. “Ek sal julle nutteloos maak”... Mmmm, jy dink dit is glad nie so ‘n hewige tugtiging van God af nie nè, nutteloos – al jou harde werk sal niks beteken nie, al jou geleerdheid sal vir jou nêrens bring nie, jy sal vir die samelewing niks kan bied nie, alles wat ons probeer aanpak kom tot niks, die deure sal bly en bly toegaan vir ons.
2. “Dronkenskap sal deel van julle samelewing word”... Statistieke spreek boekdele.
3. “Ek sal julle verpletter”... en hoe is ons nie al verpletter nie, as ons maar eerder gebly het om net U volk te kon gewees het, as ons maar eerder net ons roem en eer na U toe gebring het, as ons maar eerder dankbaar was oor ons rykdom voor U, maar ons het gekies om nie te luister nie.
4. “Ek sal julle mense verstooi oor die wêreld”... Mense roem vandag daarop dat hulle kinders in die buiteland sit, asof dit goed is dat hulle kinders in die vreemde sit, families word uitmekaar geskeur, verlange word ondraaglik, oumas en oupas word ontneem van die voorreg van hul kleinkinders.  Ons volk word verstrooi nie omdat dit ‘n voorreg is om oorsee te kan gaan nie maar omdat God ons tugtig.
5. “Jou trotse besittings sal weggeneem word”... Jy staan trots terug en kyk oor die land en sien jou skapies wat meer word en hoe gesond hulle is, die volgende dag het mense vanuit die noorde gekom en van dit kom steel en weer en weer en weer. Jou kar wat jy met trots bewonder wanneer jy hom was, is môre oggend in ‘n skrootwerf besig om opgekap te word.
6. “Mense sal oor jou aangestel word wat jy geleer het, jou ondergeskiktes sal oor jou regeer”... Hoe pynlik is hierdie nie vir ons om aan te kou nie, dis voorwaar ‘n bitter pil om te sluk.  Los jou skeinheilige christen praatjies Jesus het jou beter geleer as dit, word wakker!! Jou ewige lewe hang af van jou geloof, jou veroordeling hang af van wat jy nou doen en jou pyn en lyding hang af van God se genade. Maak erns met jou gebed en moenie God se aangesig net kom soek wanneer jy in nood is of wanneer jy iets nodig het nie.