Wys tans plasings met die etiket Kersfeesviering. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Kersfeesviering. Wys alle plasings

01 Desember 2015

MOET CHRISTENE KERSFEES VIER



http://kirkcameron.com/happy-holidays-or-merry-christmas/
Baie gelowiges vandag glo dat Kersfees ‘n heidense of okkultiese fees is wat deur alle Christene verwerp moet word.  Baie glo dat Kersfees ‘n okkultiese dag is onder die dekmantel van ‘n Christusfees.  Waar die Christene wat aan die ander kant staan glo dat dit ‘n dag van feesviering is waar hulle Christus bedank vir Sy koms in die wêreld en hulle verwerp alles wat verbonde is aan Kersvader, Kersboom en of die uitruil van geskenke.
Is daar Bybelse steun wat gegee kan word aan Kersfees of steun wat wys dat dit verkeerd is? Dit is so, daar is sekere elemente van Kersfeestradisies wat afkomstig is van die okkulte en moet om geen omstandighede gevier word nie, maar met nadere ondersoek rakende hierdie twispunt lei die gevolgtrekking tot ‘n ander konklusie.

MAG ONS JESUS SE VERJAARSDAG VIER?
Die mees basiese argument wat teen Kersfees ingebring word, is dat dit nie ‘n fees is wat in die Bybel gevind word nie en hulle gaan ook so ver as om enige verjaarsdagviering te verwerp.  ‘n Paar antwoorde oor hierdie argument is:

  •          Die Bybel sê nêrens dat die praktyk rondom viering van verjaarsdae verkeerd is nie.

  •          So, omrede die Bybel nie verjaarsdae verbied nie en dit staan nie teen enige Bybelse beginsels nie,  dan is daar geen rede om verjaarsdae te verwerp nie en vir dieselfde rede is daar geen Bybelse rede hoekom Jesus se verjaarsdag verwerp moet word nie.

  •          Engele het hulle veheug in die geboorte van Jesus en het God vereer.


MAG ONS JESUS SE VERJAARSDAG OP DIE 25 DESEMBER VIER?
‘n Rede wat aangevoer word teen Kersfees is dat die 25 Desember nie Jesus se geboortedag was nie en dat dit inderwaarheid ‘n dag van ‘n okkultiese fees was van die Romeinse ryk in die vierde eeu.  Dit is waar, die 25ste is nie die dag van Jesus se geboorte nie maar maak hierdie feit Kersfees ongeldig? Nee, want dit is nie noodsaaklik om iemand se verjaarsdag te vier op die spesifieke dag wat hy/sy gebore is nie, dit is algemene praktyk vandag dat mense wat in die week verjaar hulle geboorte vier op naweke. Dit is die doel van die dag wat belangrik is, nie die spesifieket datum nie.
Maar wat dan van die feit dat die 25ste ‘n dag van okkultiese feeste was? Maak dit Kersfees ‘n okkultiese fees? Nee, omrede:
  •          Dit bewys dat Kersfees ingestel was as ‘n mededinger teen die bose.
  •        Eerder as om die geboorte te vier van Mithra, ‘n valse god, vier ons eerder die blydskap en geregtigheid van die geboorte van Jesus, die ware God ons verlosser.
  •          Christene het hierdie dag kom terug eis en dit gedraai in ‘n fees tot ere van Hom. Elke dag behoort aan Hom so ook die 25ste Desember. en ek stem ook saam die redes hoekom die wêreld kersfees vier is boos maar die rede hoekom Christene Kersfees vier is uitsluitlik omdat ons Jesus se koms Aarde toe wil herdenk,