Wys tans plasings met die etiket Die tyd het aangebreek SA. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Die tyd het aangebreek SA. Wys alle plasings
23 April 2014
Die tyd het aangebreek SA
As ek weer my oë op Jesus rig trek Hy ‘n stuk papier nader en skryf iets daarop, Hy draai die papier om sodat ek kan lees wat daarop staan, Jesaja 6…. Dan staan ons in die tuin en soos ons die trappe afstap kom ek agter dat ons by die Uniegeboue was.
Terug in my kamer lees ek Jesaja 6 en die volgende staan uit: “Die volk sal hoor en niks verstaan nie en kyk en nie sien nie. My vraag aan Jesus: " Tot wanneer sal die volk blind en doof wees? Hy antwoord: "Totdat die land in ‘n puinhoop omskep is en die land verlate word, die land sal verwoes word maar dan sal ons land word soos ‘n boom wat afgekap is waarvan die stomp sal uitloop en heilige saad wat weer groei"….
"Ons land het al so baie seer Jesus, ons mense het al so baie deurgegaan wanneer sal die einde van ons ellendes dan aanbreek en wat bedoel die Heilige Gees met DIE TYD HET AANGEBREEK" ?... Jesus antwoord nie maar kniel langs die bed en wys dat ek by Hom moet aansluit in gebed, dan trek Hy weer ‘n pen en papier nader en skryf Matteus 11:22, as ek dit lees is ek bekommerd - Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle. (Elke regering sal voor God buig)
Ons land se sondes is groot vriende, God kom rig 'n pleidooi om vir ons herstel te kan bring. Ons gaan nog swaar trek vorentoe, ons ellendes is nog nie verby nie en van hierdie visioen lei ek af dat die tyd aangebreek het van ons ergste beproewing nog maak julle gereed hiervoor, God kom waarsku ons voordat hierdie ons tref. MAAR ook dat die stomp sal uitloop en die Heilige saad weer sal groei.
Teken in op:
Plasings (Atom)
