| A) Vroulike engel |
| B) Vroulike engel verkeerd uitgebeeld |
Kry ‘n mens vroulike engele?
Die vraag of daar vroue engele is word nie in die Skrif vir ons uiteengesit nie en gelowiges verskil oor hierdie standpunt net soos wat hulle verskil oor die doop of wegraping, jy sal mense kry wat die volgende siening glo:
…“Nog ʼn ding omtrent engele is dat hulle nie reproduseer nie aangesien hulle almal manlik is. Daar bestaan nie so iets soos ʼn vroulike engel nie en dus kan hulle nie in die huwelik tree en vermeerder nie en hulle staaf hul siening met Markus 12:25 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie. Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel….
Dis tog duidelik dat die vraag wat die Sadduseërs gevra het gehandel het oor aan wie sal ‘n vrou behoort in die opstanding as sy meer as een man gehad het. Dis tog duidelik dat hierdie vers nie gebruik kan word om te bewys dat daar nie vroue engele is nie maar alleenlik handel oor die lewe na die dood vir ons mense. Die bedoeling van Jesus met die woorde: “MAAR IS SOOS ENGELE VAN GOD” is net om te sê dat die natuurwette wat hier op Aarde geld nie in die hemel ook gaan geld nie.
Baie mense verwys ook na Job 38:7 waar na engele verwys word as “Seuns van God” duidelik net ‘n manlike aanslag.
MAAR, wat van Sag 5: 9 Ek het opgekyk en twee vroue met vlerke wat in die wind sweef, na ons toe sien aankom. Hulle het vlerke soos ‘n ooievaar gehad en het die mandjie opgetel en daarmee die lug in gevlieg.
Ek weet dat engele meestal manlik gesien word maar kan getuig net soos miljoene mense voor my dat daar wel ook vroulike engele is. Een ding wat ek duidelik moet uitlig is dat engele nie geslagtelik is nie, hulle het nie geslagsdele of borste soos die vroulike geslag op aarde het nie want hulle het geen nut daarvoor in die hemel nie. Hulle kom voor soos in foto (a), waar foto (b) hulle inteenstelling uitbeeld met borste.