Profesieë oor RSA

Land se sondes: Hoogmoed, Verleiding, Skaamteloos sondig, Geldmag, Ongeloof, Afgode
HOEKOM GAAN DIT MET RSA SOOS WAT DIT GAAN
1.    Hoogmoedigheid.  Julle het hoogmoedig geword, julself verryk.  God weet dat die gelowiges gespot en verag word deur hooghartiges en hoogmoediges. Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Hou op kompiteer met hoogmoedigheid teen ander. Die nasie van ons ken net een wet, een trots en dit is hulle eie. Die wreedste mense bring Ek om mense se huise vir hulleself te vat. Hierdeur beёindig Ek die trotsheid van die sterkes. Hulle heiligdomme sal ontheilig word oor hul hoogmoed.
2.    Verleiding: Die land word geteister deur verleiding, misleiding, sonde, droefheid en morele duisternis. Almal het al van Jesus gehoor hoekom laat julle, julle onder kry deur Satan se verleidings en versoekings. Hoekom laat julle, julle verlei deur Satan, hy kom met baie slinkse planne en voorstelle na julle toe, hoekom staan julle nie sterk teen sy versoekings nie? Hoe kan julle so dwaas wees? Distansieer julleself van alle slegte gedrag. Van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie en van jaloesie en alle kwaadpratery.
3.    Skaamteloos sondig: Julle sondig openlik sonder om te blik of te bloos. Die sonde van die land is enorm groot. Hoekom praat julle sonde goed? Julle kwaadpraters word verag deur ander mense en die dwase wat alewig aan die knoei is, is julle nie bewus dat dit sonde is nie? Hy het gesê dat julle, julle koppe kaal moet skeer soos julle rou oor julle sondes, dat julle klere van sak moet dra om te wys julle het berou. Die sonde sal sodanig toeneem dat baie se liefde teenoor God sal afkoel. Ons is ‘n sondige klomp, met skuld belaai. Ons is kinders van kwaaddoeners, totaal en al korrup. God sê dat Hy gedink het dat ons Hom nou na alles sal eer en sal respekteer! Na al die tugtigings en beproewings wat ons al deur is sal ons nou Sy voorskrifte met erns begin beskou sodat dit nie vir Hom nodig hoef te wees om ons stede weer te tref nie! Maar die teendeel is eintlik waar, hoe swaar Hy ons ookal tref gaan ons net met ywer voort om verkeerde praktyke te beoefen. Die Here se verder: “Die mense van Suid-Afrika het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle ooreenkoms (geloftedag) het hulle nie nagekom nie. Moenie van die waarheid afdwaal nie en bring die terug wat afdraai hiervan af.
4.    Geldmag: Julle rykdom is al wat vir julle saak maak. En die mense wat net vir geld en rykdom leef, mag God julle gebede verhoor op die dag van nood en mag God julle beskerm. Satan probeer mense verlei deur rykdom, skatte, weelde en mag.  Ek is julle Vader en julle Meester, maar waar is die eer en respek wat My toekom? Aan mans en vrouens julle is dwaas as julle net aardse rykdom versamel, en nie ‘n ryk verhouding met God het nie. Mense is onbetroubaar, jong mense draai weg van God want rykdom is aanloklik.  Julle weet dat julle skuldig is. Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdom vir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees.  Dwaasheid wat net aardse rykdom versamel, en nie ‘n ryk verhouding met God het nie.  Almal wil soos konings leef. Ellende wag vir hom wat homself ten koste van ander verryk. Begeertes na alles wat jy sien is bloot ‘n gejaag na wind.  ‘n Mens se goedheid is prysenswaardig moenie ryk word deur ‘n bedrieëry nie. Die mensdom wil altyd net beter, groter, sterker, hoër, vinniger in plaas daarvan dat hulle, hulle moet ophou met die opgestane Jesus. Die wat net geld najaag jy sê: “Ek is ryk, ek het skatryk geword en het aan niks behoefte nie.” Jy besef nie dat jy ellendig en bejammerenswaardig is nie, eintlik is jy armlastig, blind en nakend.
5.    Ongeloof: Hoekom is daar mense wees wat in ongeloof staan en nie glo hoe God siekes genees nie. Mense is ongelowig en verlaat God se wette en loop agter ander gode. Waar is julle geloof. Dit is tyd dat julle moet begin besef dat die beproewings ter wille van Jesus is. Vir die wat nie glo nie ewige vernietiging is julle uiteinde, liggaamlike behoeftes is julle god en skandelike dinge is julle trots. Al waaraan julle dink, is die lewe hier op aarde. As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel.
6.    Afgode: Waarom het die land te gronde gegaan? Omdat die land God se wette verlaat het en agter ander gode aangegaan het. Die nasie het God, die Almagtig verruil vir ander gode, gode wat nie kan help nie. Moenie afvallig word en ander gode dien nie, maar vra eerder God na sy wil. Julle sal verniet om hulp roep na julle gode en verniet offers bring aan hulle, die gode sal julle nie kan red nie.  Ongelowiges moenie luister na julle profete, besweerders, droomuitlêers, towenaars en goёlaars nie, hulle lei julle na die verkeerde gode toe.  God gee vir ons genoeg kanse om tot bekering te kom. Daar is mense wat glo dat ander gode ook reёn kan gee, Wat het gebeur met die gode? Het hulle julle kom bevry van julle ellendes? Gelowiges staan mekaar by en stuur iets om julle medegelowiges te help uit hulle nood. Angskrete sal weergalm as aanvallers skielik op julle toesak terwyl julle in julle huise is! Julle sal dinge sien wat vir julle onverstaanbaar is maar as die hele volk regtig ernstig is om na die Here terug te keer, moet julle ontslae raak van die vreemde gode en die beelde.  As julle besluit om net die Here te dien, sal Hy julle red van die onderdrukking. Daar is siek mense tussen ons maar hulle wend hulle na towenaars, voorspellers, strerrekykers en besweerders, maar hulle kan niks vir julle doen nie. God hou dit teen ons dat daar mense tussen ons woon wat afgode dien, daar is te veel mense tussen ons wat agter ander godsdienste aangaan en God is verstom oor wat julle doen. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hom wat julle deur Christus se goedheid na Hom toe geroep het! Julle het julle ore uitgeleen vir ‘n ander “Goeie Nuus.”  Niemand het die kennis en die begrip om te sê: “Die helfte van die hout het ek verbrand. Op die kole het ek brood gebak, ek het vleis gebraai en geëet. Hoe kan die res daarvan ‘n god wees? Moet ek dan voor ‘n stuk hout neerbuig en dit aanbid?  Daar is baie mense onder ons wat bose geeste in hulle het. God is bekommerd oor julle. God is verstom oor wat ons gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op My draai? Op die Een wat julle deur goedheid geroep het!  Julle het julle ore uitgeleen vir ‘n ander .
7.    Geweld: Die goddelose skurke is voorbarig en vol van hulself, hulle vervolg hulpelose mense maar hulle sal gevang word deur die sluwe planne wat hulleself uitdink. Skurke lê op loer in wegkruipplekke, agter bosse en vang hulpelose mense en verpletter hulle. Dwase dink net aan geweld. Hulle praat net daaroor, en hoe om moeilikheid te maak. Eerlike opregte mense word vir geld verkoop en armes vir ‘n paar sandale. Die geweld van goddeloses sleur hulle mee. Hulle weier mos om te doen wat reg is.
8.    Verset: Die mense sweer teen God saam.  Verset teen God. Ons het van die Here af weggedraai.  Ons ouers het nie ag geslaan op U dade nie en het in verset gekom teen U, hulle het begin wegbeweeg van U af.   Die wêreld haat Jesus omdat Hy nie bang is om hulle aan te kla nie, Hy verklaar openlik dat hulle dade sleg is. Hy het deel van ons geword maar omdat ons Hom nie aanneem nie sal Hy ‘n ramp bring oor hulle waaraan hulle nie sal kan ontkom nie, die ongelowiges sal dan na God om hulp roep, maar Hy sal nie na hulle luister nie. Jesus vra dat ons na Hom toe moet kom, daar is so baie wie ‘n afkeur in Hom het, onderwerp jou in nederigheid voor Hom en Hy sal julle verhoog. Moenie God beproef nie, Hy weet wat Hy doen.  Daar is mense wat sê dat dit moeilik is om God te dien en dan trek julle ook nog julle neuse vir Hom op, Hy vra: “Is my erfenis dan so afstootlik soos ‘n bont roofvoёl wat ander roofvoёls aanval?
9.    Gereg: God sien die partydigheid in die regsuitsprake en dit tel teen hulle, hulle sondig openlik sonder om te blik of te bloos, ellende wag vir hierdie regslui en hulle gaan verdien wat na hulle kant toe kom. Ellende wag vir die wat hulle huise met onreg bou, wat die reg minag, wat mense sonder betaling laat werk.  Regverdiges spits julle toe op regte van die armes want die goddelose mense het geen begrip daarvoor nie.  Moenie die hulpeloses in hofsake tekort doen nie. Die Here sê: “Die mense van Suid- Afrika het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die reg verdraai. In die plek waar reg moet wees, is daar onreg. In die plek waar daar geregtigheid moes wees, is daar boosheid. God se volk word op die dorvloer vertrap en uitgewan. Daar waar ons woon, is die troon van Satan.
10.    Valse Christene: Daar’s mense onder ons wat voorgee dat hulle christene is en dit nie is nie, hulle word deur Satan mislei. Almal het afgedwaal selfs die christene hou hulle op met verkeerde dinge. Seuns en dogters, dit is nie vir God aanneemlik wat julle doen nie. Daar is christene onder julle wat dinge vertel wat nie strook met die waarheid nie, hoe kan jy wat ‘n christen is, ander dwing om hierdie valse verkondigings te glo en dan te leef in Christus? Daarom sê ek met God se gesag. Moenie langer soos nie-Christene lewe nie. Baie vals profete en messiasse wat tekens en wonders doen en christene mislei. Gelowiges moenie dink jy is beter as ander omdat jy die dinge van die Gees verstaan nie! Moenie so selfvoldaan wees nie! God het klaar besluit. Niemand sal oorgesien word nie.  Christene, julle bring onrein goed na Sy altaar en bied dit as offers aan en verwag dat Hy tevrede moet wees met dit wat julle bring.
11.    Valse Leerstellings: Kerke moet die waarheid aan die mense verkondig. God het sy wysheid deur die kerk bekend laat word, raak betrokke by ‘n siuwer en ware kerk. Geesdrif sonder kennis help niks nie. Daar is soveel onder ons wat mag kry van die prins van die bose en wat ook bose geeste uitdryf  wees versigtig vir hierdie dwaalleer en pasop vir die wat ywerig werk saam met christene wat nie goeie bedoelings het nie hulle wil net gesien word. Daar is baie vals profete en messiasse wat tekens en wonders doen en selfs christene so mislei. God se profete tree roekeloos en troueloos op, leraars is nie toegewyd aan die voorskrifte van God nie, hulle ontheilig sy Woord en doen die wet van die Here geweld aan. Van die profete is verwaande leuenaars wat net hulle eie voordeel soek en sommige predikante en pastore verontreinig die kerk en oortree God se voorskifte . Vir baie mense gaan dit net oor die uiterlike dinge, soos om gedoop te word, ouers wat hulle kinders doop maar nie verder God se voorskifte navolg nie of mense laat hulle grootdoop want hulle wil die regte indruk maak, mense trou in die kerk sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie en het dan nooit weer ‘n verhouding met Hom nie, maar die Here sorg vir die wat reg doen en Hy luister na hulle gebede. Daar rus ‘n vloek op die bedrieёrs wat beloof om te gee vir God, (goedere, geskenke, tiendes) en dan is dit stukkend of waardeloos.
12.    Minag: Jesus word deur julle afkeur.  Wat het geword van die mense wat die boodskap van God uitgedra het?  Daar word met groot hartseer gesê daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is. Mense is bang om openlik oor Hom te praat uit vrees vir ander mense. Julle optrede vind Ek nie gepas in My teenwoordigheid nie. Onthou dat Jesus baie groter erkenning verdien as enige iemand op aarde.  Ons het Suid-Afrika se Heilige Een geminag en ons self van sy hulp afgesny. 
13.    Ongehoorsaamheid. God het gepraat, maar wie luister, Hy het geroep, maar wie antwoord Hom. Sondae word keer op keer verkondig dat Jesus die Seun van God is, begin dit glo, begin leef daarvolgens, beywer jou daarvoor dat jy saam met Hom in daardie rus kan ingaan. En moenie die ongelowiges se voorbeeld volg van ongehoorsaamheid en saam met hulle omkom nie.  Vervloek is elkeen wat ongehoorsaam is aan die bepalings van God se verbond. Ongehoorsaamheid vernietig die sondaar en die land. Gehoorsaam God as Hy praat en opdragte gee. Volg eerder die pad van God se gebooie, sodat Hy ons begrip kan verbreed.
14.    Vertroue: Dit is so maklik om op die uiterlike dinge te vertrou, waar’s julle vertroue hoekom slaan julle op vlug? Het Ek nie julle voorouers gered en opgetel omdata almal op Hom vertrou het nie? Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos.
15.    Moord: Die land is vol moord die stede verdraai die reg. Julle dink Ek sien nie die dinge raak nie. Vervloek is die wie hulle broers se bloed op hulle hande het, julle word deur God verban van die grond waarop hierdie bloed geval het. Julle wat mense aanval en onskuldige mense doodmaak.  Hoekom is daar mense onder ons wat onskuldige mense ontvoer en uitlewer aan hulle genade of doodmaak?
16.    Wetties: Ons is besig om weer terug te val in wettiese gebruike. God is bly oor die mense wat die hele tyd aan Hom dink maar dan is daar mense wat ander wil dwing om wette (sakramente) te gebruik, vir hulle gaan dit net om uiterlike dinge om die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg sal word nie. Die Here spreek julle aan. Dis bekend dat gelowiges onder mekaar ligsinnig optree en mekaar spot oor sienswyses, julle tree hovaardig en aanmatigend op.  Julle optrede ken geen perke nie. (Die gebooie wat op die Christelike lewe vandag betrekking het, is op ‘n hoër vlak as die OT wette, omdat dit die eerbiediging van die beginsels van goddelike liefde vereis, eerder as die wettiese navolging van sekere gedragspatrone. Ongelukkig is daar Christene wat nie hierdie oorgang na die nuwe bedeling wil maak nie en wat terugval  om die wette te onderhou en verstaan hulle nie dat ons nie onder die wet is nie, maar onder God se genade, en dat “Christus die einde is van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 6:14; 10:4)Die oningeligte Christene wil terug beweeg na die OT wette, omdat dit volgens hulle die samevatting van God se opdragte is. Hulle gaan selfs verder en eerbiedig ook seremoniële wette soos die OT sabbat en Joodse feeste, ten spyte daarvan dat hierdie feeste almal in Christus vervul is en dus in die huidige bedeling uitgedien geraak het (Kol. 2:16-17; Gal. 4:9-11) Alle verwysings na die gebooie van God in die Nuwe Testament vloei slegs uit een basiese gebod voort, en dit is om mekaar lief te hê  - 1 Tim. 1:5-11).
17.    Mag: Die nasie jaag net mag na, maar dit sal nag word vir hierdie maghebbers. Satan verlei die mense met magsbehebheid maar as ons vir God luister sal ons met rus gelaat word. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Niemand kom tot besinning en dink ‘n bietjie nie.
18.    Kwaaddoeners: Die wat daarop uit is om kwaad te doen, julle wat rebellie tussen mense veroosaak, julle sal nie oor die hoof gesien word nie. Daar is te veel moeilikheidmakers wat na kwaadwillige woorde luister en te veel leuenaars wat aandag gee aan bedrieglike idees. Die kwaad wat ons aan ander doen sal na ons self gedraai word. Daar is mense wat net aan geweld dink. Hulle praat net daaroor, en hoe om moeilikheid te maak.
19.    Oordeel:  Hoekom sien julle net die slegte in ander mense raak, begin eerder om die slegte dinge in jouself te soek.  Om voorspoed in die stad te beleef moet ons dit opreg prys en seën, daar is te veel goddeloses wat die stad verdoem deur hulle woorde. Moenie bly wees oor jou vyande se struikel en val nie moenie jou hieroor verheug nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei.   Die wie God se kinders verkleineer en beledig is verwaand en hulle sal kry wat hulle toekom. Sê die magtige Here. Ek is ontsteld oor die goddeloses wat My gebooie verwerp want die wat heilig wil lewe en dikwels vas, sê julle is van die duiwel besete. Julle maak ‘n bespotting van leiers en lag regeerders uit, al die vestings minag julle, alles minag julle.
Geweld, Verset teen God, Ongeregtigheid, Valse Christene, Valse Leerstellings, Minagting van God,


20.    Seksueel: Stede en dorpe julle pleeg seksuele sondes en loop agter liggaamlike begeertes aan julle word gewaarsku. Daar is hoere op ons strate en op die stede se pleine, by elke hoek staan hulle en loer rond. Die mooi en sedelose vrou, is die oorsaak van ons ellendes, sy wat guns wen met haar betowering, wat ons volk verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns.  Ons volg hulle onsedelike bedrywe na. Maar wees gewaarsku teen die geheimsinnige vrou: “Die groot hoer van babilon, die moeder van die ontugtiges en haar losbandighede op die aarde. Wyse kinders maak hulle ouers gelukkig maar die een wat hom ophou met prostitute is ‘n dwaas wat sy geld mors, jy bring ‘n skande op jou ouers. Die onsedelike vrou het pers en bloedrooi klere aan en is getooi met goud, kosbare stene en pêrels. In haar hand het sy ‘n goue beker gevul met vieslikhede en die onrein dinge van haar ontugtigheid.
21.    Plesier: God is kwaad oor wat die mense in stede aanvang. Dink bietjie aan die woorde wat die Here gesê het: Maar daar is teveel mense wat net agter plesier alleen aanloop, dronk partytjies,  julle sal arm word en die wie al hulle geld net uitgee op wyn en lekker kos, sal nooit ryk word nie. Julle wil net te doen hê met kos en drank en dinge wat net die uiterlike raak.

_____________________________________________________________________________

WAARSKUWINGS
Indien ons nie bekeer nie, is hierdie dinge ons voorland

1.    God gaan elke stut en steunpilaar, dit is die wat sorg vir brood en water verwyder.  Droogte sal die hele land teister geen reën sal val nie. Kos gaan min word. (profesie wat in vervulling gekom het).
2.    Ellende wag vir die wat hulle verryk ten koste van ander.  God gaan ons paaie versper en afkamp en ons planne sal nie tot uitvoering gebring kan word nie. Wat staan ons te doen wanneer die honger ons land tref? As ons, ons nie bekeer nie sal God ons maak tot iets slegs, buitelanders sal bang wees om hierheen te kom, ons mense sal verstrooi word oor die aarde en ons mense sal gebruik word as voorbeelde van vernedering, bespotting vervloeking en verkleinering. (profesie wat in vervulling gekom het).
3.    Aan die vrouens wat in leier en hoё posisies aangestel is , julle is veronderstel om wortel te skiet en goeie vrugte te dra, julle ken Jesus maar Hy is nie in julle harte nie. Julle gaan saam met die staatspresident baie bang word. (Julle gaan bang wees dat julle poste in gedrang is met nuwe verwikkelinge)
4.    God sal ‘n einde bring aan hierdie onsedelikheid. Aan die mense wat hierdie leefwyse volg, God gaan julle emosioneel laat swaar kry. Voor die dood van Nelson Mandela sal God eers Sy dienaars merk en hulle sal onder hewige druk gaan. Satan is los in ons land, maar die tyd is gereed.
5.    Aan die wat hulle skuldig maak aan wandade, hulle sal die vrug van hul eie dade pluk. God kla hulle en hul nakomeling aan.
6.    Oorlog is op hande.  Mense sal onskuldig  in tronke beland.
7.    As ons nie gehoor gee nie sal ons land verseker word soos ‘n veld vol dorings en soos verlate soutpanne. Die buitelanders sal buit maak op ons land, hulle sal instroom en ons land hulle sin maak
8.    Die wat nie deel wil hê aan God nie sal vra hoe kan God mense behandel asof hulle visse is, asof hulle kruipende insekte sonder leiers is, julle sal kla oor die ellendes wat julle gaan tref, treur en huil, julle vrolikheid sal in rou verander en julle blydskap in droefheid. Pessiekte gaan ons land tref en baie mense sal sterf daarvan. Gelowiges sal baie moet verduur ter wille van hul geloof maar moet nie ophou om die evangelie te verkondig nie.
9.    Ons land gaan ook geteister word deur stortreёns en kragtige winde wat groot skades sal aanrig. Wie sal dit kan verstaan? Wie sal dit kan oorvertel? Hoekom gebeur al hierdie dinge in ons land, ons land sal ‘n plek word waar niemand heen wil kom nie. Ons voorouers het geloof gehad maar vir ons wag daar swaar tye van rowers wat ons land vernietig van die een kant tot die anderkant, nie mens of dier word met rus gelaat nie, daar is by alles wapens betrokke. Na Mandela se dood - Ons oeste sal niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei maar in hierdie tyd van hongersnood, bedrieery en droogte sê God. Skuld sal ‘n groot kopseer word, moenie skuld maak nie. (profesie wat in vervulling gekom het)
10.    Ek het julle voorvaders voortdurend vermaan en gesê LUISTER NA MY! Julle wat in wegkruipplekke lê, agter bosse skuil en hulpelose mense in julle nette vastrek. As julle maar net weet wat Jesus vir julle alles kan doen, Hy kan julle siekes gesond maak en bose geeste uit jullle dryf, maar onheil gaan julle tref, julle sal julle huise afbreek en die stene gebruik om mure rondom julle te versterk.
11.    Julle omskep elke geleentheid in ‘n fees maar julle sal kos in ander lande gaan soek sê die Here die Almagtige. Weinig min goed sal nog oorbly in ons stede. Gelowiges hou julle kant skoon sodat niemand iets teen julle kan inbring nie.
12.    God gaan die mense wat deur Satan gebruik word om die ellendes op die land te bring nie oorsien nie. Ons gaan bewe van vrees as die onheil ons eers gaan tref. Wat maak julle? Die Here het ons nodig!
13.    Terwyl God se boodskappers sy Woord verkondig, slaap die ongelowiges lekker en bly hulle voorspoedig in hulle paleise maar eintlik moet julle huil want die dag van afrekening is naby, die wat God se voorskrifte nie nakom nie julle sal die gevolge dra van julle sonde.
14.    God is in staat om ons stede te verwoes hoekom verlang ons nie meer na Sy bepalings nie? Buitelanders is besig om ons rykdom en skatte te vat, ons eiendomme val in hulle hande omdat ons ander gode vereer en aanbid. (Besig om in vervulling te gaan - Sjinese)
15.    Die hele land sal deur God se engele beskerm word, maar hulle bring ook pes en dood mee. Staan eerder op en volg Jesus! God gaan niemand verskoon of spaar nie as ons die keuse maak om God te verlaat is Hy in staat om ons almal uit te roei, om ons te verpletter, selfs vaders en kinders sal teen mekaar te staan kom.
16.    Waarom het die land te gronde gegaan? Waarom is dit verwoes? Die mense sloof hulle af net om kos op die tafel te kry maar die honger word nie stil nie. As julle maar net wil weet met watse passie God ons liefhet. Die volk sal vernietig word, ons sal slagoffers word van hongersnood en oorlog. Party mense sal geweldadig sterf en ander sal soos gevangenisse voel in vreemde lande, ons sal vertrap word deur heidennasies totdat ook die tyd daarvoor verby is.
17.    Soldate sal vreesbevange wees en baie mense sal doodgemaak word.
18.    Die plante langs ons riviere sal opdroog en wegwaai. Ons oeste sal wegdroog, alles sal verdwyn. Die einde van alles is naby. Mense sal vreesbevange word baie bang hulle knieë sal teen mekaar klap want skelms lê hinderlae om mense in die geheim te vermoor, hulle bly altyd op die uitkyk na onskuldige slagoffers.(Profesie wat in vervulling gekom het).
19.    Julle sal as in plaas van kos eet, julle trane sal meng met wat julle drink. Onthou voor God kan abosluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor die Een aan Wie ons verantwoording moet doen.
20.    Wees verstandig en tref voorsorg vir die onheil wat oppad is moenie oopoё soos ‘n onverstandige mens daarin vasloop nie en ‘n duur prys betaal nie. Daar kom opstand en die wie verantwoordelik is vir die opstand is baie verwaand.(Profesie wat in vervulling gekom het) Christene wees gewaarsku moet nie skynheilig wees nie moenie bang wees om vir Jesus op te staan en jou sê te sê nie, as jy saam met ongelowiges is moenie bang wees om Jesus se Naam uit te leef nie.
21.    Die hele land is besig om te huil en te vergaan. Ons berge verwelk. Die vlaktes sal soos ‘n wildernis word en ons bome sal kaal staan, as ons nie luister na Jesus wat gestuur is na die afgedwaalde skape nie. (profesie wat in vervulling gekom het).
22.    Hierdie dinge wat God beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer dit sal waar word. Ons landerye en plase word vernietig, dit word kaalgestroop en weggegooi. Ons sal bewe van vrees en die benoudheid sal om ons wees. Die Here hou sy hand oor die see. Hy skud die koninkryke van die aarde. Hy beveel watter vestingstede moet vernietig word.
23.    Die nasies se rykdom sal tot as verbrand. Julle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs.
24.    Daar sal ‘n groot stryd in ons land wees. Net by God kan ek rustig wag want van Hom kom al my hoop. Wanneer Ek Suid-Afrika oorgee aan ‘n harde, wrede leier, ‘n streng man. Hulle sal vreesloos uit hinderlae op die onskuldiges skiet. Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle sal dink dat niemand dit ooit raaksien nie? Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word.
25.    Groot is die Here in Sion, hoog verhewe bokant al die volke. Ek sal die mure afbrand. Ek sal julle vestings vernietig. Hy wat vir altyd deur sy grote mag regeer. Sy oё is gerig op die nasies. Laat geen bekeerde homself verhef nie. (Profesie wat in vervulling gekom het - hele RSA is aan die brand).
26.    Die dag wanneer God ingryp sal die mense so swak soos vroue wees. Hulle sal wegkruip van vrees wanneer die Here die Almagtige sy vuis teen hulle optel. Dit gaan nie nou dadelik gebeur nie maar stadig maar seker sal die tyd aanbreek wanneer hierdie dinge waar sal word.
27.    God sê: “Ek verseker julle, julle land sal dit op die oordeelsdag nie maklik hê nie.” God voel so omdat ons Hom na aan die hart lê, want Hy wil he ons moet bekeer.
28.    My volk, julle word op die dorsvloer vertrap en uitgewan. Min van julle mense sal oorbly, soos die olywe wat in die boom agterbly na die oes. Die wingerde en vyebome sal vernietig word. Die bome sal kaalgestroop en weggegooi word.”sê die Here. Die toorn van God is soos blitsende pyle en ‘n blinkende spies. Iemand wat verstandig is sien wanneer die onheil kom en vermy dit.
29.    Die wat God se waarskuwings verontagsaam is soos gras wat gou sal verlep. Soos plante wat vinnig sal verdroog.
30.    Daar sal vrees onder die dapperste mense heers en mense sal doodgemaak word. Daar sal mense wees wat Jesus sal uitlewer aan bespotting.
_____________________________________________________________________________

POLITIEKE OPENBARINGS OOR RSA

Politieke leiers
1.    ‘n Man wat in die tronk was sal tot staatspresident verkies word. (Reeds in vervulling gekom) God laat toe dat hy ryk word, dat hy geeer word en baie sal besit, maar hy sal dit nie vir lank geniet nie.  Hy verryk homself. (Reeds in vervulling gekomLeiers sal in die tronk opgesluit word en hulle sal hulle straf uitdien vir dit waaraan hulle skuldig bevind word.
2.    Leiers en ‘n staatspresident sal van hul trone gelig word, hulle gaan vrees ervaar. Sonder leiding en die regte raadgewers kom ‘n volk tot ‘n val. 
Nelson Mandela: Was hy ‘n gelowige? want God was met hom. Hy kom verryk homself, hy het vir homself ‘n baie hoë nes gebou. In sy termyn is ons land verontreinig met onsedelike wette en as gevolg hiervan tref die onheil ons almal, ons huise bewe van angs. Dié groot, magtige mens sal gelyk gemaak word maar ten spyte van sy dood sal mense hom nogsteeds eer.
3.    Die staatleiers spits hulle toe op toekomsvoorspellers en die ongelowiges vra windmakerig “Waar is julle God”.  Daar sal ‘n staatspresident kom wat ‘n bekeerde man sal wees wat deur God beheer sal word, ‘n gelowige, ‘n geseёnde, en alles is waardeloos vir hom in Jesus.
4.    Na Mandela se dood sal onheil die land tref mense sal in hulle huise sit en sal vreesbevange wees. Van die een kant van die land tot die anderkant is vrees.
5.    ‘n Staatspresident gaan woedend word vir raadgewers, leiers en alles wat nalatenskap is van 'n vorige bedeling hulle gaan nutteloos wees vir hom, hy gaan hulle tot niet maak of van ontslae raak. Hierdie is 'n oproep tot hernuwing, draai terug na God toe voor dit te laat is.
6.    Ons sal oorgegee word onder die mag van ‘n harde regeerder, ‘n streng man, maar dit is die wil van God.
7.    ‘n Leier wat die land van ons verwoes het en wat bloed op sy hande het sal oneervol te sterwe kom, niemand sal sy naam in gedagtenis hou nie want hy sal as ‘n skurk bestempel word. Na aanleiding van hierdie gebeure sal daar baie vrees onder mense wees, ‘n gevoel van magteloosheid sal heers. Julle was so gelukkig in die posisies wat julle was. Wat het nou daarvan geword?
8.    Die wêreld sal verheug wees oor die einde van twee mense (dood van leiers) wat soveel teistering veroorsaak het.
9.    God sal oorlog, hongersnood en pes onder ons loslaat totdat ons almal uitgeroei  is   ‘n Staatspresident sal sterf en dan is die tyd gereed dat ‘n nuwe president oorwinning sal behaal. God gaan vergelding eis van die regering vir die onregte aan die mensdom veroorsaak en dan sal herlewing en bekering na God hierdie land draai na Hom.
10.    Die tyd is gereed, daar sal leiers wees wat op vlug sal slaan, maar hulle sal gevang word en hulle sal hul straf verdien.
11.    Jacob Zuma gaan baie vyande kry, hy gaan in onguns val maar die waarheid oor hom sal uitkom. Jacob Zuma het homself vir die wind afgesloof. Hy het geen respek vir sedelikheid nie hy gee ook glad nie om of die vrou wat hy wil hê aan iemand anders behoort nie.(Reeds in vervulling gekom) Die leiers in die land vra nie na God om hulp nie. Maar mense sal nogsteeds hulle nie bekeer van hulle toordery, onsedelikhede of stelery nie. -
'n Staatspresident wat sterf -Die geluid van rouklag sal ver gehoor word. Verwoesting sal ons tref, baie sal die land verlaat en ons huise sal in puinhope verander klink vir my na onlus of oorlog).  Die leier sou God se kerk en mense fanaties vervolg het en verwoesting gesaai het. God sal sy planne verwesenlik, maar die uiteinde is dat regeringsamptenar ‘n vergadering sal reël maar hulle sal baie verward wees, hulle sal mekaar doodskree, daar sal histerie heers, 'n deurmekaar spul en van hulle sal nie eers weet waaroor die vergadering gaan nie (verwarring in die parlement).
12.    Daar sal wel ‘n tyd kom wanneer die gereg diewe sal inhaal, hulle sal kry wat hulle verdien vir hulle verdrukking en uitbuiting dit geld nie net vir ministers nie maar ook vir hoë amptenare, en leiers.
13.    Ons regering se adviseurs is dwaas hulle raad vir die president is dom en verkeerd. Hulle spog oor hulle eie slimheid.
14.    ‘n Staatspresident sal sterf. Daarna sal ons land in vrede leef, en sal daar vir ons volk goeie transformasie plaasvind
15.    Die staatspresident moet misdade verafsku. Sy regering sal hulle berus op regverdigheid.
16.    Die Staatspresident wat God se gesag gaan kom afdwing sal die land se mense regverdig oordeel en armes met geregtigheid hanteer. Hy sal die verdruktes met geregtigheid oordeel, behoeftiges red en verdrukkers verpletter. Regverdiges sal floreer tydens sy bewind en sal voorspoed in oorvloed ontvang tot aan die einde van sy tyd. Die armes sal hy verlos en lewens sal vir hom kosbaar wees. Mag hy lank leef!
22.    Aan alle mense en self aan die Staatspresident hoor wat God vir julle wil sê: “Klim van julle trone af. Trek julle rouklere aan en gaan sit op ‘n ashoop. Moenie glo wat mense vir julle sê nie. Moet hulle nie glo nie. Ek sal inderdaad self vir julle wys hoeveel julle vir My moet ly, kyk, Ek kom gou! Gelukkig is elkeen wat die profetiese woorde in hierdie boek gehoorsaam.”

_____________________________________________________________________________

EKONOMIESE WAARSKUWINGS

1.    Die ekonomie gaan baie verswak en baie mense gaan in skuld gedompel word, skuldeisers gaan ons kaalstroop. So sê God aan almal, self vir die Suid-Afrikaners wat in die buiteland sit geld hierdie woorde.
2.    Suid-Afrikaners wat verstrooid is oor die wêreld julle moet nie Jesus vergeet nie moenie van hom af wegdraai nie moenie ander godsdienste aanhang en al die afskuwelike dade wat hulle pleeg navolg nie. Al het julle weggetrek en selfs in die land waarin jy vandag woon sal die tyd vinnig nader kom dat almal in die skuld gaan wees, skuldeisers vir wie ons sidder sal skielik voor ons staan en ons kaalstroop.
3.    Skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op ons toesak terwyl ons hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat ons besit. So wees gewaarsku moenie skuld maak nie. (Herhaal)
4.    Vir mense met blink opgevryfde voertuie dit sal ellendig vir julle wees om te woon en te bly in tente. Dit sal ons voorland wanneer skuldeisers skielik in woede reageer. Hulle sal op ons toesak terwyl ons bewend en hulpeloos is, hulle gaan geen genade toon om hul geld terug te kry nie. Hulle sal alles buit wat ons besit ons sal geteister word.
______________________________________________________________________________

BEMOEDIGING EN SIMPATIE VAN GOD

As God gaan kom ingryp

‘n Vreesaanjaende ervaring wag op ons, maar vir gelowiges is daar niks om oor te vrees nie. Baie mense sal gelowig word as gevolg van hierdie beproewings.  Maar God sal ons genadig wees – hy stuur sy engele na hierdie volk wat van Hom afvallig geword het sodat ons weer kan terugkeer na Hom toe. Ons land sal weer groot en sterk word. Almal oor die wêreld sal notisie van ons neem, ons sal weer goeie geestelike vrugte dra en ons land sal weer goeie oeste oplewer.
2.    Jesus vra dat ons sal opstaan en sal wag in stilte, dit is nie meer lank nie, die tyd is gereed. As ons, ons toewy aan God sal selfs die armste persoon iets hê om te eet en die behoeftiges sal veilige woonplekke hê. Hy sal weer ons offers aanneemlik vind soos in die ou dae, soos jare gelede. Wees selfbeheers en nugter, moenie ophou bid nie, die einde van ons ellendes is naby.
3.    Die volk wat nou in donkerte leef, Luister: “Daar sal weer ‘n lig oor ons skyn.”
4.    Mense sal weer vir mekaar geskenke gee van goud en waardevolle juwele. Vir die mense wat ons land binne kom en ons mense die skrik op die lyf kom jaag vir julle en aan al die leiers in die provinsies, die verteenwoordigers van die regering, die in diens van die land, is die boodskap: “Julle tyd is min, weet dat ons stede se ingange deur God se engele bewaak word, hulle staan in afwagting en die Here sorg vir die wat reg doen. En Hy luister na hulle gebede. Maar die Here is teen die wat kwaad doen en Sy woord sal kragtig groei en sterk word.”
5.    Wanneer God ingryp sal alles ten goede verander, daar sal weer baie gelowiges wees en daar sal weer  vreugde en vrede heers  en  ‘n oorvloed van kos wees.
6.    Daar is baie gelowiges onder ons en God gaan aan julle reg laat geskied. Die land sal te hore kom van die vrede en geregtigheid wat gaan plaasvind. Moenie dink God sien nie die ongeregtighede raak nie.  God sien elkeen van ons se ellendes raak. God sien ons verdrukking en armoede, maar Hy sien ook die raak wat ryk is in Gees.
7.    God kom ons land skoonmaak. Die wat volhard en wat aan God behoort sal die land weer in besit neem. God hoor hoe sy kinders verkleineer en met minagting behandel word en hoe hulle grondgebied bedreig  word. Wanneer mense die ellendes sien gebeur sal baie hulle hul aan God verbind, ons sal weer God se volk wees en Hy sal by ons woon. Alle groepe sal weer offers aan God bring.
8.    Die einde van ons ellendes is naby wees selfbeheers en nugter en bid oor alles. Hierdie is nie nuwe dinge van God af nie maar ou nuus wat ons al lankal weet. Die duisternis is aan die verby gaan en die ware lig skyn alreeds maar moet niemand haat nie want anders bly jy in die duisternis.
9.    God sal ons seёn met goeie reёns, moenie ophou om offers vir God aan te bied nie.
10.    Tog sal God weer sy trou laat blyk en sal ons selfs in die nagte sing en bid tot ere van Hom. Ons sal hom loof oor dit alles wat Hy gemaak het. “Die tyd is nou gereed, luister na My.” God kom ons land red, sy hand is so vol mag. Die slegte mense stel vir hulleself strikke met dit wat hulle kwyt raak maar die opregtes sal die nood ontkom.
11.    Daar is geloofsgenesers onder ons wat baie siekes kan genees en duiwels uit kan dryf. Vertrou op die Here en laat alles Sy wil wees. Luister eerder na wyse mense as na dwase se gepraat wat tot vernietiging lei. Bewaar hierdie dinge in julle harte en dink dikwels daaroor.
12.    Elkeen wat gewillig is om te luister, moet hoor wat die Gees aan die land sê. Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jou liewer prys. Sowaar, vra van My net wat julle wil. Elke stam, volk, taalgroep en nasie moenie bang wees om julle gawes te ontgin nie.
13.    Die Here stuur vyande teen ons maar al sou ‘n magtige leer teen ons optrek, moet nie bang wees nie. Al sou hulle ons aanval, selfs dan, bly hoopvol. God stap oor die aarde in verontwaardiging, Hy vertrap die nasies in woede. ” Maar weet dat die tyd van die Here se goedheid gekom het. Geregtigheid bewaar die onberispelikes.
14.    Leer julle jongmense om die regte pad te kies, en wanneer hulle eendag oud is, sal hulle nie daarvan afwyk nie. Juis op grond van hierdie geloof wat ons voorvaders aan die dag gelê het, word daar so positief oor hulle getuig.
15.    God verander sy engele in stormwinde, sy dienaars in vuurvlamme. Ons skuite sal leeg lê en ons sal oorgegee word aan mense wat verskriklik wreed is, mense wat net doen wat hulle wil en niemand sal hulle kan keer nie. Dit sal oor en oor en oor met ons gebeur maar ons sal nie sien nie, ons sal blind wees. Maar hierdie wreedheid sal nie sonder straf bly nie. En die leuenaars sal hulle straf nie vryspring nie. Slegte mense se woorde is ‘n strik vir hulself .
16    Die Here die almagtige God sê: “Julle sal weer eendag kontrakte kan sluit en voorspoedig wees. Ons sal weer huise, grond en plase kan koop. Ons is nou in ‘n tyd waar verwagtings nie realiseer nie en dit lei tot mismoedigheid maar neem die gelowiges wat ons vooruitgegaan het as ‘n voorbeeld vir hulle geduld en swaarkry. Onthou die Here sorg vir die wat reg doen, en Hy luister na hulle gebede en Hy is teen die kwaaddoeners. God wil inkom deur ons poorte. Ons roemryke Koning.
17.    Die magtige Here sê: Nasies hê groot ontsag vir My! Ek gee voorspoed. Maar wanneer teёspoed kom, onthou, Ek gee die een sowel as die ander sodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie. Ons boom van voorspoed sal so groei en grootword dat almal oor die hele wêreld dit sal sien. Die mense wat die Here dien, die Here sal na julle luister en hoor wat julle sê. Die mense wat die Here met ontsag dien en met agting leef vir sy Naam sê die magtige Here voor: “die dag as Ek ingryp, sal julle my kosbare besittings wees. Ek sal sagkens met julle werk soos ‘n pa met sy kind.
18.    Elke item of bloedbevlekte kledingstuk wat gebruik is om misdaad te doen, sal deur vuur verteer word, God sal weer vrede bring. Afrikaans sprekendes sowel as ander groepe in ons land sal die geloof aanneem en hulle sal getuig watse groot dinge God vir hulle gedoen het. Die wat sarkasties is oor ons God en wonder hoe Hy ‘n verskil kan maak, hulle wonder hoe God ons sal bevry, ons gaan kom red moet hulle nie oordeel nie want ons moet net onthou dat ons almal daar was, dat ons almal slawe was van wettiese gebruike en reëls, moet hulle nie oordeel, ons moet almal eers in die Gees groei.
19.    Mag God ons genadig wees, as God ons lot kom verander sal almal juig en bly wees. God sal ‘n verbond met ons sluit en ons sal weer vrugbaar en voorspoedig wees. Ons dra ons eie bitterheid en ons vreugdes deel niemand anders met ons nie. God het ‘n muur om ons gebou, waaruit dit voel of ons nie kan uitkom nie, Hy het swaar kettings om ons gehang, maar as God seewater kan laat saamkom soos ‘n dam en waters op een plek kan laat opgaar dink net wat Hy alles vir ons kan doen as ons Sy bevele gehoorsaam, na Hom luister, en Hom vereer.
20.    Weet waar jy skuiling kan vind, weet waar jy jou beskerming moet vra, ons sal weer oorwinningsliedere oor God sing.
21.    Al die mense in die land sal die verlossing sien wat van God afkom. Deur ons geloof sal God Sy beloftes aan ons kom vervul. U gedagte is alreeds gevestig en U woord gaan tot uitvoering kom God hoor hoe Sy kinders verkleineer en met minagting behandel word en dat mense se grondgebied opgeёis word.  Die Here sê: “Die verbond wat Hy sluit kan nie verbreek word nie”.  U wil U volk en staatsleier kom red, op die ou einde word die goddelose verpletter en U stroop hulle kaal.
22.    Op die ou einde sal die oorwinning behaal word en niemand sal julle kwaad kan aandoen as julle, julle beywer vir die goeie nie, maar wees versigtig om nie te oordeel nie.
23.    God gee sy kinders die mag tot oorwinning sonder dat iets hulle enige leed sal aandoen.
24.    Die Allerheiligste sal engele stuur om Sy kinders te beskerm.
25.    Die kusstreke sal weer die woonplek word van God se kinders, hulle sal voorspoedig word en sal weer rustig kan slaap want God sal Hom ontferm oor Sy kinders. God sal aan kinderloses kinders skenk, prys die Here.
26.    Hy sien die gelowiges se offers en hoor ons gebede.
27.    Net soos wat aardse vaders hulle kinders straf vir die dinge wat hulle verkeerd gedoen het, net so kom help God die reg wat Hy liefhet omdat ons ongehoorsaam aan Hom is.
28.    Die volk sal nie meer onreg doen nie, mense sal weer begin om net die waarheid te praat, uit ons monde sal daar geen valsheid meer kom nie. Ons sal weer rus en vrede beleef.
29.    PRETORIA (ons hoofstad) -Hierdie stad se fondamente is op God gebou. Die mense van Pretoria kom nie in opstand, hits nie mense aan of raak oproerig oor die behoud van hulle stad nie, inteendeel, hulle het ingesien om eerder die taak toe te vertrou aan God en die behoud tot uitvoering van Christus oor te laat tot op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het om alles te verenig onder Hom. Bly al julle aandag aan gebed en die bediening gee en al werk julle soos slawe, doen julle werk met lus, soos dat jy dit vir die Here sou doen en nie vir mense nie. Selfs die engele in die hemel aanbid Jesus. Die stad gee milderik vir armes, wat hulle doen, is reg en blywend, die stad verdien sy hoë aansien. God sien tans dat die mense platgeslaan is en die arbeiders in die stad bekommerd is. Wysheid is nie so ingewikkeld soos wat ‘n mens dink nie en dit vra ook nie baie om iets blywends tot stand te bring nie en al die sondes wat ons doen: “Jesus sê bring dit na My toe dat Ek dit vir julle vergewe.” Die gelowiges staan sterk teen duisende aanvalle maar God sal Pretoria se heerskappy bestendig hou want Hy het dit beloof aan ons voorouers. Dit verseker Jesus vir ons: “Hy is die ingang van hierdie stad.” Vanweë ons geloof het God hieroor bevestiging kom gee en neem God die stad se offers aan.
30.    God sal uitgaan om Sy kinders te red. Hy verpleter die aanvoerder van die goddeloses en Hy stroop hulle kaal van kop tot tone.
31.    Hierdie sal gou gebeur. Ons sal God die hele dag deur prys en sy Naam sal altyddeur geloof word. Die mense in die land sal nie meer onreg en leuens verkondig nie, geen valsheid sal meer uit hulle monde kom nie. Rus en vrede sal vir ons almal beskore wees. Duisende mense kry swaar maar julle moet net geduldig wees ons uitkoms is naby dit sal nie langer bly as wat dit nodig is nie.
32.    God weet dat daar leiers was wat slinkse planne beraam het en ons voorouers baie pyn en lyding besorg het deurdat hulle hul babatjies aan hulle eie lot moes oorgelaathet om te sterf (selfs in ABO en ander vryheidsoorloë).
33.    God sal ‘n vlag oprig tussen ons en sal ons weer bymekaar bring, die Suid- Afrikaners wat verstrooi is oor die wêreld sal terugkom maar dit gebeur tesame met opsweep van skares en arrestasies, arbeiders sal siek wees van bekommernis (onluste,opsweping) hulle sal platgeslaan wees.
34.    Doen eers goed beplanning en oorwinning kom wanneer baie raadgewers koppe bymekaar sit. Julle almal deel saam in God se onverdiende goedheid. Want Hy het gepraat, en dit was daar; Hy het beveel en dit was so.
35.    So sal God, ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van onverdiende goedheid, die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien. Omdat Christus Jesus dit verdien het sal my God uit sy ontsaglike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.
36.    Maar my kinders sal vir altyd bly voortbestaan. Vir geslag na geslag sal julle daar wees. Die oortredings van my volk wat ek nog nie vergewe het nie, sal Ek vergewe. Ek die Here, sal Suid-Afrika my blyplek maak. Daarom, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie omgewaai of weggewaai word deur die wind vir elke ding wat hulle kwyt raak nie.
37.    En mans, behandel julle vrouens met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk vir julle gee. As jy haar met hierdie nodige respek behandel sal jou gebede nie blokkeer word nie.
38.    Te midde van God se woede oor die dinge wat ons aanvang  gee Hy ook tog altyd vir ons bemoediging. Op die einde sal ons stad se lig oor die nasies skyn en hooggeplaasdes sal hulle skatte hierheen wil bring.
39.    Openbaring rondom Eugene Terre’blanche - Selfs korrupte mense kom tot bekering en word gedoop, maar wat moet ons doen in hierdie tye van beproewing? Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word, en onthou: Julle geloof is vir My baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus weer aan die wêreld geopenbaar sal word. God sê: “Eugene Terre’Blanche het geleef vir My en Ek sal julle seёn met nog sulke kinders in sy plek.” Die hele land het groot geskrik en almal wat hiervan gehoor het, het ook geskrik. Dit sal skemer word vir die slegte mense wat sonder enige respek optree voor die Here.
40.    Maar as ons glo, sal ons offers aanneemlik vir God wees. God sal ons offers aanvaar en daarmee aan ons bevestig dat ons regverdige mense is. Word wakker en herstel wat nog oor is, die land wat op die drumpel van die dood is.
41.    ‘n Man van hoё afkoms (Prins William) sal koningskap bekom en ‘n goeie vrou kry, hy sal geluk vind. Hy geniet die goedheid van die Here. Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker sal die tyd aanbreek. Daardie dag wanneer hierdie dinge waar word sal daar ‘n altaar vir die Here in die hart van ons land wees, en ‘n monument vir die Here by ons grense.
42.    Vrede sal weer tussen ons wees, mense sal in vrede met mekaar oor die weg kom. Tot hiertoe het die Here ons gehelp, Hy was nog altyd by ons.
43.    Die wat rein en suiwer is, wat bedrog vermy en geen vals ede aflê nie, hulle is alreeds deur God gemerk en sal die Heilige Gees ontvang. God het Sy boog uitgehaal en Sy pyle gespan om Sy volk weer in besit te neem en almal sal weer voor Hom kom kniel.

______________________________________________________________________________

VISIOEN DROOGTE 14/10/2010
Openbaring wat in vervulling gekom het
Jesus wys my 'n pragtige oop landvlakte met goudgeel gras en doringbome wat op party plekke baie bebos is. 'n Tipiese bosveld gebied. Aan die linkerkant staan die mooiste klip plaashuis en mense gaan aan met hulle normale boerdery dagtake, 'n rustige atmosfeer heers.  Die windpomp gaan sy normale gang en kraak sag soos wat die wind deur sy lemme waai. 'n Wind kom vanaf die Suide en die eens rustige gras word woes rondgeruk en die perde op stal begin onrustig rond trippel en blaas. Dan sien ek dit op die horison, ver, ver kom dit aan, 'n skaduwee pikswart, stadig kom dit inbeweeg maar die hele land word betrek.  Alles word swart die gras bome, alles vrek. Dit is donker donderwolke wat die skaduwee veroorsaak. Die wolke is swaar en onheilspellend hang dit soos wat dit 'n skadu gooi oor die eens mooi vlaktes. Maar dit reën nie dit bring vernietiging en ellende. Die boer vryf die swart poeier wat op die land lê tussen sy vingers en skud sy kop onverstaanbaar as hy kyk na die karkasse van sy diere wat weerloos lê op 'n swart fluweel land.
Dan blaas God die wolke en vinniger as wat dit gekom het verdwyn dit weer in die verte.
Ek vra Jesus wanneer sal hierdie droogte ons volskaal tref en Hy antwoord: Die Vader alleen beskik oor die tyd hiervoor.

Hierdie openbaring het tot vervulling gekom:
http://www.beeld.com/nuus/2013-12-02-droogte-ergste-sedert-33
_______________________________________________________________________________ 
VISIOEN DROOGTE 03/13/2013

Julle sien hierdie dinge gebeur
Ek bring vandag vir julle 'n visoen oor 'n droogte wat ons tans beleef en wat nog kan voortduur.
Hierdie het ek gisteraand ontvang:...Jesus loop met my in die donker nag op droë grond. Die grond is poeier sag maar kraak onder ons voete plek, plek is die krake diep ingesink. Alhoewel dit baie donker is kan ek voel dat ons afdraende stap tot by water.  Ons staan vir 'n hele ruk net met ons voete by hierdie watervlak en dan sien ek hoe die son opkom. 'n Pragtige gesig, diep oranje rooi kleur van die son breek deur die horison.  Voëls kom na die water toe aan en as ek om my kyk sien ek ook ander diere wat water kom suip. Maar soos die son se strale helderder word is die prentjie nie so mooi nie. Die dam waarby ons staan se water is baie min, 'n groot gedeelte om die dam se grond is bedek met droë gekraakte grond. Dooie diere lê langs die water. 'n Gesig wat moedeloosheid, hartseer en ellende wys....

Wat is die rede vir die droogte, vra ek Hom? Hy antwoord, ...  Julle sien hierdie dinge gebeur maar nogsteeds bly julle ongehoorsaam. God het gepraat, maar wie luister, Hy het geroep, maar wie antwoord Hom. Ons oeste gaan niks oplewer nie. Satan sal probeer om baie mense te verlei maar in hierdie tyd van swaarkry en ellend sê God: “Die tyd is nou gereed, luister na My.” God kom ons land red, Sy hand is so vol mag. Na al hierdie sal julle weet dat Ek die Here is.

Bemoedig ook my kinders deur vir hulle te sê: "Vir die wat My kinders is, julle het die Gees van My Seun en roep voortdurend na My, julle Vader om hulp".
________________________________________________________________________________
TSUNAMI SUID-AFRIKA
Jesus het vanoggend hierdie openbaring aan my gebring: Ek sien skepies dobber op die see, die golwe is onstuimig aan die ooste van Suid-Afrika.  Donderwolke kom oor die see aan, dit bring stormwinde saam, branders is woes en golwe slaan hoog teen rotse vas.  Mense hardloop om van die piers af weg te kom die wat verkope doen langs die pad pak haastig op en hardloop.  Die skepe in die hawe lê nou op droë grond want die see het terug getrek maar 'n kwaai wind is terselfde tyd teenwoordig.  Mense hardloop en dan kom die golwe aangerol dit verdring alles voor hulle, bote slaan om, die see loop deur paaie en geboue.

Jesus is bedroef en vra dat ons moet bid dat mense se harte moet verander teenoor Hom. Die stad waarin alles gebeur is rondom Durban.  Ek vra Hom hoekom dit gebeur.  Hy loop nou met my deur die strate van Durban en wys my al die gode wat aanbid word.  Moslems, Hindoe's en voorvadergeeste te veel mense het afvallig geword.

Oor die vraag wanneer dit sal gebeur het Hy die volgende geantwoord: 1. Hy wys my die son wat warm op mense brand, hulle is bruin gebrand en die son kom fel neer.  (somer). 2. Dit is nou donker en as ek opkyk sien ek die maan  'n vol koelronde maan skyn (volmaan). 3. Dit wil vir my voorkom asof ek in 'n tipe van 'n Botaniese tuine afstap ek volg die paadjie en lees die rigting aanwysers na groot tente wat opgeslaan is, as ek daar instap is dit blomme en blomme en blomme. (Blommeskou? mense sal aangaan met hul alledaagse take, niemand sal sit verwag nie).

Soortegelyke visioene wat ontvang is:
http://www.news24.com/MyNews24/A-prophecy-for-South-Africa-20131127
Jaap Marais leier van HNP het ook 'n profesie gegee jare gelede van die Kaap wat onder water gaan kom, maar ongelukkig kry ek niks wat verwys na hierdie nie.
______________________________________________________________________________

TSUNAMI DURBAN 25/10/10
Durbaniete se geloof sal hulle red
Jesus vra my of ek enige vrae aan Hom wil rig en die eerste vraag wat by my opkom is oor die Tsunami wat ek gesien het aan die ooskus van Suid-Afrika (Durban), die rede hoekom ek die vraag aan Hom stel is omdat daar ander mense ook drome en openbarings gekry word oor Tsunami’s en meteoriete wat hierdie deel  tref.

Hy wys my dat ek my oë moet oopmaak en moet  neerskryf wat ek sien…
Ek sien ruiters op perde, baie ver van my af, soos wat ek nader kom word die tropiese strandtoneel al hoe duideliker, almal is in wit geklee met Jesus aan die voorpunt Hy het Sy goue kroon op, dan neem Hy die leiding en almal begin in volle vaart in ‘n Suidelike rigting beweeg, met die spoed en krag waarmee die perde hardloop word ons teen die wind vasgedruk.  Ons kom tot stilstand en Jesus draai na die engele wat op die perde voor Hom sit,waar ek nou voor Hom op die sand sit hou ek Hom dop om te kyk wat Sy bevel gaan wees. Jesus steek Sy linkerhand in die lug na die Vader toe uit en plaas Sy regterhand op Sy hart en vanwaar ek sit kan ek sien dat Hy huil, is dit hartseer trane? Is dit trane van blydskap? Ek weet nie… Hy draai terug, trane loop oor Sy wange terwyl Hy van Sy perd afklim.  Hy laat sand tussen Sy vingers deursyfer… die engele wag geduldig op Sy bevel, Hy is nie haastig nie… tel skulpies op en loop deur die water wat rustig teen die sand breek. Almal wag geduldig .  Hy klim weer op Sy perd en wys my om na die horison oor die see te kyk. ‘n Engel help my om regop te kom en wys ook met sy hand na die horison terwyl  hy my vashou, dan sien ek weer die geweldige groot golwe nader kom, ek druk net my oë toe en die golwe spoel meters hoog bo ons koppe oor.  Jesus tel my op Sy perd en ons begin weer vinnig vorentoe beweeg met dieselfde krag en spoed hardloop ons onder die seewater uit tot ons kom waar ‘n hawestad voor ons lê. Ek erken onmiddellik die plek as Durban alles is nog kalm en rustig hier. Jesus klim van Sy perd af. Ek kyk om en sien hoe Hy met ‘n engel gesels met Sy hand op die engel se skouer,  ek staan en kyk in die rigting van Durban. Die engelruiters kom nou verby, een kyk om en kyk my stip in die oë, doelgerig en onstuitbaar dwing hy respek en eer op my af. Hulle ry Durban in en ek sien hoe hulle mense optel van die grond af, hoe hulle stof en grond van mense se klere afskud, babas vashou en ou mense help om oor die weg te kom…. En dan…. Dan begin die mense sing met betraande oë en hande in die lig sing hulle tot eer van God, hulle loof en prys net die Here met blydskap en vreugde wat vurig uit hul straal.

Die Tsunami kom, 'n vloed van skade, maar God sal die mense van Durban kom help om hulle heil en redding te bewerkstellig en hulle geloof sal hulle red.
_______________________________________________________________________________
RSA SE SONDE IS GROOT 09/11/2010

God het gisteraand die sonde in ons land beklemtoon.  Ek wil julle terugvat na die jare toe ek groot geword het: Elke kind wat saam met my op skool was het Jesus geken almal het aan 'n kerk behoort, ek het nie geweet wat 'n homoseksuele mens is nie, moord was nooit van gehoor nie, ons huis het nie diewering gehad nie, kon in die aande met vriende gaan stap, ek was 17 jaar oud toe ek die eerste keer gehoor het van pornografie  ... waar het hierdie lewenstyl heen verdwyn.

God vat my na die Voortrekkermonument, heel bo sit ek om oor die stad uit te kyk en dan staan ek voor 'n muur wat opgerig is vir die jong manne wat gesterf het vir ons land en by 'n boom van herinneringe vir 32 Bataljon. Op hierdie plek waar ek nou is word 'n uitbeelding gegee van die waardes van ons boerevolk, dit waarvoor ons voorvaders baklei en gesterf het. Het ons durf ons verlaat? het ons so deel geword met sonde dat dit nie meer vir ons saak maak nie? Eens het ons baklei om hierdie ongewenste elemente en kommuniste uit te hou, ek besef dat ons staande gebly het totdat kommunisme tot 'n val gekom het en dat ons hierdie ongewenste euwels met 'n stemmery ons land laat inkom het, maar moet ons dit aanvaar? Moet ons leef met die sonde?  Moet ons stilbly en die een wat tugtig veroordeel? ...

Nou sit ek op Tafelberg, onder loop mense op 'n strand kaal rond, geen skaamte nie, ek word by 'n klub ingeneem in Kaapstad, jong, jong kinders sit bedwelmd, ander is dronk en dan 'n gesig wat my naar laat voel, twee wat openlik seks met mekaar het, daar heers 'n gevoel van traak-my-nie-agtigheid, van wie gee om, van liefdeloosheid. Ek sien Moskee's wat blink staan, dit word aanvaar dat dit reg is dat mense ander gode mag dien, swart vrouens staan op hulle knieë en gooi dolosse, niemand rep 'n woord nie.

En dan is ek op 'n hoë gebou in Johanneburg, onder staan paleis van huise gebou, die blinkste grootste karre staan voor die huise, mense dra duur juwele. Niemand is tevrede om net meer middelklas te wil wees nie almal wil soos konings leef, jaag net geld, mag en rykdom na. Hulle soek nie die eer, rykdom en mag wat van God kom nie maar die soort wat hulle vir hulself kan bou.

('n Laaste ding: saambly is nie God se wil nie, HY koester die huwelik).
_____________________________________________________________________________
DIE TYD HET AANGEBREEK, SA

Die volk sal hoor en niks verstaan nie en kyk en nie sien nie.
Jesus is baie haastig, gewoonlik vertoef Hy eers vir ‘n oomblik en gesels oor iets, maar nie vanaand nie. Ons is in ‘n gebou, marmervloere, marmertrappe… ek wonder waar ons is?  Jesus stoot 2 swaar houtdeure oop en ‘n formele duur gemeubileerde kantoor word ontbloot met die SA landsvlag agter die stoel wat hang aan ‘n houtpaal. Jesus staan agter die lessenaar en wys na foto’s teen die muur.  Ek stap nader, Thabo Mbeki, Nelson Mandela, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma, ek kan hiervan aflei dat dit die kantoor van die Staatspresident is. As ek omdraai staan Jesus nog langs die stoel maar Hy is angstig, haastig en tik met sy vinger op ‘n polshorlosie, Hy doen dit 2 maal en dan gaan sit Hy op die stoel. Ek loop om op een van die stoele voor die tafel te gaan sit en ek haal my oë vir ‘n oomblik van Jesus af om alles ingeneem te kan kry. Hoekom is Jesus haastig? Die Heilige Gees antwoord my: "DIE TYD HET AANGEBREEK ! !"

As ek weer my oë op Jesus rig trek Hy ‘n stuk papier nader en skryf iets daarop, Hy draai die papier om sodat ek kan lees wat daarop staan, Jesaja 6….   Dan staan ons in die tuin en soos ons die trappe afstap kom ek agter dat ons by die Uniegeboue was.
Terug in my kamer lees ek Jesaja 6 en die volgende staan uit: “Die volk sal hoor en niks verstaan nie en kyk en nie sien nie. My vraag aan Jesus: " Tot wanneer sal die volk blind en doof wees? Hy antwoord: "Totdat die land in ‘n puinhoop omskep is en die land verlate word, die land sal verwoes word maar dan sal ons land word soos ‘n boom wat afgekap is waarvan die stomp sal uitloop en heilige saad wat weer groei"….
"Ons land het al so baie seer Jesus, ons mense het al so baie deurgegaan wanneer sal die einde van ons ellendes dan aanbreek en wat bedoel die Heilige Gees met DIE TYD HET AANGEBREEK" ?...  Jesus antwoord nie maar kniel langs die bed en wys dat ek by Hom moet aansluit in gebed, dan trek Hy weer ‘n pen en papier nader en skryf Matteus 11:22, as ek dit lees is ek bekommerd - Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle.

Ons land se sondes is groot vriende, God kom rig 'n pleidooi om vir ons herstel te kan bring. Ons gaan nog swaar trek vorentoe, ons ellendes is nog nie verby nie en van hierdie visioen lei ek af dat die tyd aangebreek het van ons ergste beproewing nog maak julle gereed hiervoor, God kom waarsku ons voordat hierdie ons tref. MAAR ook dat die stomp sal uitloop en die Heilige saad weer sal groei.
____________________________________________________________________________
WEES LIEF VIR JOU NAASTE
Moet niemand haat nie
Die HG staan langs my en tel my kop op: Ek sien ‘n boer op ‘n trekker, hy is besig om sy landerye om te ploeg.  Dit begin reën en hy hardloop na sy bakkie toe en ry stadig na sy huis met ‘n hond wat langs hom op die sitplek sit.  As hy by sy huis stop en aangestap kom na die voordeur toe kom hy agter iets is nie pluis nie, sy sifdeur is oopgebreek, dis asof alle bloed in sy liggaam uit hom getap word, met gebalde vuiste besluit hy eerder om om te stap, tree vir tree stap hy nader aan die verskikking wat hom inwag, hy kom te staan voor die kamervenster en sien hoe 3 swartmans besig is om sy vrou te verkrag, waar sy op die vloer lê kyk sy met betraande oë pleitend is sy gesig vas. Die boer lig die haelgeweer op van sy sy en skiet die boosdoeners dood, hy klim deur die gebreekte venster en tel sy vrou in sy arms op, sy seuntjie sit in die hoek van die vertrek en wieg heen en weer.  Hierdie toneel van afgryse wat voor my oë afgespeel het laat trane oor my wange rol.  My hart wil breek en ek gaan staan agter die boer om hom te bemoedig, ek plaas my hand op sy skouer en probeer hom verduidelik dat God nie hierdie daad ongestraf sal laat nie maar met haat en bitterheid klap hy my hand hard van hom af weg.

Ek draai om en wil skree van hartseer pyn en moedeloosheid maar sien dan vir Jesus voor my op die stoep staan ek hardloop na Hom toe en druk my kop teen sy bors vas, aag Jesus hoekom al die pyn en seer? Hoe lank nog al hierdie vernietiging? Hoe beweeg ons weg van hierdie haat wat ons so vir mekaar het?  Jesus hou my net vas en na ‘n rukkie laat Hy my op die muurtjie sit, Hy oorhandig ‘n glasperdjie aan my, en soos wat ek na die perdjie kyk word dit soos water en smelt dit weg tussen my vingers, (dit simboliseer ons Afrikaner trots wat verdwyn en wegsmelt). 

Al woorde wat Hy spreek is bemoedig jou mense, daars baie bitterheid, seer en kwaad, laat die mense My liefde ervaar...

Ek verstaan hoekom ons boerevolk swartmense haat, ek verstaan dat hulle nie deur almal gesien word as ons naaste nie, ek verstaan hoekom daar mense is wat hulle kinders leer, haat die swartmense want 'n mens voel dat hulle nie ons liefde verdien nie. Maar ongelukkig is dit nie die pad wat God wil hê ons moet loop nie. Daar is baie swartmense wat God in hulle lewe het, daar's so baie van hulle wat deur die selfde pyn as ons gaan, wat ook aan God se hand vaskleef.  Daar is baie van hulle wat goed, eerlik en liefdevolle mense is, wat nader aan God leef as enige iemand op Aarde.  Haat kom van twee kante af en ons blankes word net soveel gehaat deur swartmense omdat hulle in hul harte glo dat ons geen genade, goedheid of resprk verdien nie en waar los hierdie haat ons nasie, ons speel so reg in Satan se kraal, haat mekaar en hy seëvier. Vergifnis is baie meer bevrydend as bitterheid. Hoe kry mense wat deur hierdie traumas gegaan het dit reg om die haatlike boosdoeners te vergewe?  Hoe is dit moontlik dat hulle sterk staan in hierdie beproewings? Hoe bly hulle vashou aan God?... Want Sy liefde deur hierdie tye is kosbaar en die herstel met Hom bring 'n skoon nuwe lewe.  Ons weet dat Sy geregtigheid sal oorwin op die einde, ons weet dat as Hy ingryp bring Hy vrede en herstel, as Hy intree sal ons land juig en bly wees, Hy gee die boosdoener, moordenaar, hoer ensovoorts oor en oor kanse tot die dag wat hulle nie meer te vinde sal wees in ons land nie. Ons weet dat Hy ieder en elkeen gemaak het met die doel dat ons mekaar moet liefhê en dan sal Hy ons kan seën.  Julle wat glo is Sy kinders en niemand sal ons uit Sy hand ruk nie . God spreek ons almal vry omdat ons glo. Jesus het vir elkeen van ons gesterf sodat almal van ons Sy koninkryk kan deel. Al gebeur wat, niks sal jou skei van God se liefde nie, al is jy in erge beproewing en lyding God is teenwoordig en Hy sal nie die wrede boosdoeners oorsien nie. Maar laat die oordeel aan God oor.

Wanneer God ons land kom skoonmaak van hierdie boosdoeners en hierdie haatlike dade sal ons land weer word soos ‘n sterk boom wat oral op die aarde sigbaar sal wees, met genoeg kos, oorvloedige vrugte en skoon water omdat God ons lief het en omdat Hy ons genadig is. Maar moet niemand haat nie want God is liefde, as jy haat beweeg jy nie in die lig nie.
______________________________________________________________________________
DIE OU LANDSVLAG WORD GEHYS
Fort Klapperkop met die ou landsvlag
Ek word Fort Klapperkop toe geneem. Jesus stap vooruit en 'n engel gaan staan teen groot deure en wys my om by hom te kom staan. As ek langs hom is wys hy dat ek stil moet wees. Jesus staan en wag vir iemand om by ons aan te sluit. Na ‘n rukkie kom 4 mans op perde aangery, ek snak na my asem en druk my hand fisies teen my mond vas om my verbasing te kenne te gee oor die eerste persoon wat duidelik word. Op ‘n pikswart fors perd sit Eugene Terre’blanche, hy kom ingery, klim van sy perd af en stap eenkant toe. Die tweede persoon kan ek nie identifiseer nie maar die HG wys my dat die persoon gesterf het met ‘n koeël in ‘n motor – Koos de la Rey. Die derde persoon word met die woorde Paardeberg, of Paardekraal gewys en dat hy gevang is – Piet Cronje. Die vierde persoon het op ‘n besonderse mooi perd gery, ‘n wit een met bruin kolle op, hy is heelwat jonger as die ander drie en die woorde skiet my in my boerehart is saam met hom uitgebeeld – Jopie Fourie. Die 4 mans staan rondom ‘n paal en hys dan die ou landsvlag op, hulle tree terug en sallueer. Eugene kom na Jesus toe aangestap en buig voor Hom in eerbied en respek, die ander volg hom.

As hulle op hul perde wegry kom Jesus na my toe en oorhandig ‘n papier aan my op die eenkant staan Mark 2;24… Waarom doen hulle iets wat nie op die sabbatdag gedoen mag word nie.... (In hierdie visioen eer hulle die apartheidsera landsvlag)
...  Volgens die regering van die dag mag niemand die ou vlag eer nie.  Met die goeie bedoeling om onenigheid te verwyder en om eengesindheid te verseker, dat almal sal deel aan 'n nuwe Suid-Afrika. Jesus sien hoe hierdie 4 boere die ou landsvlag hys en salueer. Jesus sal nie teen die regering van die dag gaan nie maar Hy gaan teen die uitleef van hulle standpunte, teen die uitvoering van hulle pligte en teen die afdwing van hul gesag.  Die regering van die dag verstaan nie die beginsel van die ou vlag nie, hulle is so gesteld op die nakoming van hulle wette dat hulle nie tussen reg en verkeerd kan onderskei nie, hulle bevorder nie eengesindheid nie maar verwydering en verwerping en God laat hier toe dat die ou vlag gehys word omdat Hy erkenning wil kom gee aan dit wat die ou vlag voor gestaan het, die fokus was, met die ou bedeling, op God en nie op die najaag van politieke mag en status nie.

En op die anderkant staan. Fil 1: 5 omdat julle van die begin van die eerste dag saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie... God erken die werk wat die mense gedoen het onder die ou landsvlag, naamlik om die evangelie te versprei. Die vername leiers was gelowige mense wat almal se harte aan God behoort het, die werk wat hulle onder die mense verrig het het oor God gegaan en nie oor politieke gewin nie.
_____________________________________________________________________________
DIS SONDE SE SKULD
Dis sonde se skuld: Kyk jy na pornografie, steel jy, het jy buite egtelike verhoudings, leef jy onsedelik, weet jy waar jou kind is, gee jy om of jou kind God ken, aanvaar jy ander gelowe, haat jy mense, praat jy sonde goed... Niemand is rein en goed nie, almal doen sonde maar die vraag is het jy berou oor jou sonde, vra jy vergifnis.

Dit wil voorkom of ons land verval het in 'n onsedelike nes, ons nasie het weggedraai van God af en daarom sê God: "Ons oeste sal alles opdroog, alles sal verdwyn."
Die wat gewillig is om te luister moet hoor wat die Gees wil sê : " Leer God beter ken deur meer tyd  met Hom te spandeer in studies en gebed. Die ongelukkigheid waarin ons nou leef is die gevolge van die keuses en besluite wat ons vroeër gemaak het maar jy kan die verskil kom maak, leef volgens Sy wil vandag en jy kan ons toekoms verbeter. Hierdie ongelukkigheid waarmee ons saamleef wil God kom verander. Hy wil dinge vir ons kom doen. Hy wil deure vir ons kom oopmaak.

Waar's ons vertroue op Hom? God beloof dat Hy ons vernederings gaan kom omswaai in lof.  Deur die slegte behandeling wat ons nou kry, deur die verwerpings moet ons net vasklou aan die wete dat God die enigste een is wat hierdie vir ons sal kan kom omswaai.  God wil ons land kom seën, vertrou Hom net, Hy is in beheer, alles gebeur met 'n doel. Jou en my lewe is in GOD se hand.
_______________________________________________________________________________
ALLES SAL VERANDER VIR SA - HOU NET MOED


Ek staan op ‘n landery net die Heilige Gees is by my. Die grond is so pas omgeploeg, dis sagte, rooi vrugbare grond. Of ek nou links, regs, voor of agter my kyk, alles is dieselfde – net die omgeploegde stuk grond.  Ek stap vorentoe, weet nie regtig waarheen nie maar ek laat die Heilige Gees my lei, niks verander nie. Dan staan ek op die einde van die landery.  As ek opkyk speel die selfde toneel hom af aan die linkerkant en regterkant maar voor my is ‘n draad. Ek klim deur die draad na die volgende boer se landerye toe en dieselfde beeld lê weer voor my.  Ek begin weer aanstap, ek stap en stap en stap tot ek weer tot die einde van die landery kom maar hierdie keer draai ek regs af en gaan sit onder ‘n boom.
‘n Boer kom op ‘n trekker aangery tot voor my en ploeg weer dieselfde landery om. Die boer is uitdrukkingloos, lusteloos en emosieloos, hy ploeg omdat dit roetine by hom is.  Dan wys die Heilige Gees my om op die horison te kyk, ek sien vir Jesus op ‘n donkie aangery kom.  Hy is net die teenoorgestelde van die boer, Hy borrel van blydskap, Hy’s gelukkig, Hy’s vriendelik en glimlag breed, Hy’s in ‘n speelse bui, dis asof Hy die ou donkie wil aanjaag om vinniger te loop, waai met Sy arm en fluit ‘n deuntjie en as Hy voor my te staan kom haal Hy ‘n sak wat oor die donkie se rug hang af en gooi dit oor Sy skouer, die sak het twee vakkies een voor Sy bors en een agter op sy rug met saad in.
Jesus druk sy hand in die voorste vakkie van die sak in en begin oor die landery loop en soos wat Hy loop begin Hy saai. Ek loop agter Hom en sit my voet in elke spoor van Hom neer, dit laat my weer klein voel, soos wat ons as kinders gemaak het wanneer jy jou voet in jou pa se spore gesit het.  As ons op die einde van die landery kom draai Jesus my om ek weet dat die saad iets gaan oplewer en ek wonder wat dit gaan wees.  Geduldig wag ek om te sien wat... is dit dalk onkruid, vrugte of wat?  Die mooiste grootste en hoogste sonneblomme kom voor my op ek verstom my aan die groot en helder kleur van die pragtige blomme.
Hoekom sonneblomme vra ek Hom en Hy antwoord: “ Hulle sal gesond word.”

DIE UITLEG: Dit wat nou geestelik in ons land aan die gebeur is word deur die grond uitgebeeld. Ons land is vrugbaar vir die Gees en ons word gereed gemaak dat die goeie uit ons te voorskyn sal kom. Onder ons werk mense wat die Geestelike arbeid verrig, ons doen dit getrou, lojaal en omdat ons weet dat dit is wat God van ons verwag. Maar ons is terselfde tyd, ek wil amper sê moedeloos en uitgebrand, sal ons moeë arbeid enigiets goeds bring?  Weet verseker Jesus in al Sy nederigheid en in dit wat Hy vir ons op aarde kom doen het sal die een wees wat vir ons die vreugde en blydskap weer sal terug bring in ons land.  Dit wat Hy gaan kom saai gaan vir ons genesing bring.  Ons land sal soos die sonneblom uitstaan bo ander lande, ons sal ons gesigte draai na die God wat die son en heelal gemaak het, ons sal helder skyn en sal die vrug van die Gees uitleef, ons sal die saad wat in ons harte geplant is uitleef soos wat dit groei sodat ons God kan eer. Soos wat die sonneblom se saad eintlik ‘n vrug is so sal ons wees vir die mense in ons land en in die wêreld.
_______________________________________________________________________________
DIE NAG VAN DIE LANG MESSE
Moet ons vrees
Daar is vandag baie wat gesê word oor die “nag van die lang messe” en dit boesem vrees en angs by baie mense in, so by so dat daar mense is wat die land wil verlaat die oomblik as Nelson Mandela tot sterwe kom en ander wat geheime plekke inrig waarheen hulle kan vlug.  Ek wil graag aan julle openbaar wat God aan my gegee het rakende die nag. Die vraag wat ek aan God gevra het was: "Is daar regtig so nag en moet ons bekommerd wees".

Hy antwoord: Na Mandela se dood sal onheil die land tref mense sal in hulle huise sit en sal vreesbevange wees. Van die een kant van die land tot die anderkant is vrees. Ellende wag dan vir die wat hulself verryk het ten koste van ander wat net hulle eie belange in ag geneem het. Dinge kan baie maklik handomkeer verander maar ons vrolikheid sal gedurende hierdie tyd verdwyn dra dit oor aan ander en deel die kennis dat as ons nie God se wil uitleef nie sal een en dieselfde lot almal tref maar Hy sal dan Sy engele stuur en ons land se sonde sal HY in een enkele dag kom wegneem (wanneer hierdie dag kom is net aan God bekend). Hy gee ook Spr 3:5-6 Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.

Hier onder volg die profesieë en sienings van 2 ander persone wat verbonde is aan die webblad www.crossconnections.net
SELENE BASSON
Hier sien ek in my gees, mense met lang messe wat aanval. Ek bly dink aan Siener van Rensburg se profesie oor die Nag van die lang messe. En net Saterdag, 17 Julie, toe praat my man se jonger broertjie juis met my oor dit en dat hy en sy meisie al 2 keer gewaarsku is deur wild vreemde mense, dat hulle hul paspoorte moet regkry. – Hierdie wat my swaertjie my vertel het, het my vrees in my hart gegee, maar dit wat God my gewys het het my nie vrees gegee nie. Die 2de aand toe ek by Powerhouse Ministries was en die hoof pastoor/profeet my gesalf en besigheid geseën het, het hy gepraat van die nag met die lang messe en dat ons nie daaroor bekommerd moet wees nie want God kom nie om vrees in ons te sit nie en wat ook al gebeur, Hy sal ons beskerm. Toe gee God hierdie skrif vir my: Jeremia 15:20
…I will make you a wall to this people, a fortified wall of bronze; they will fight against you but will not overcome you, for I am with you to rescue and save you. I will save you from the hands of the wicked and redeem you from the grasp of
the cruel.
Ek glo die Here se hierdeur vir my dat daar wel moeilike tye gaan kom, maar Hy sal ons beskerm en wysheid gee in daardie tye. -
Antwoord op my vraag aan Hettie oor die Nag van die lang messe:
HETTIE KRAUSE
Nou weet ek ek mag met jou deel wat Hy vroeër al vir my begin wys het en nog vanoggend vir my by gesê het:
Jer 1:14 From the north disaster will be poured out on all who live in the land. (Dit wat Hy sterk in my gees wys is veral die Moslems wat hier toegelaat word uit die moslemlande. Die Christene - ware Christene - is enigste 'kompetisie'/weerstand vir die moslemgeloof.) Die nag kan fisiese aanvalle wees of geestelike aanvalle. Ons moet
net gehoorsaam wees aan wat die Here vir ons vra om te doen. Ek glo Hy is besig om Sy hemelse leërmag reg te kry om ons te beskerm.
Johanna Brandt
Die gebeure wat Die Here vir Johanna Brandt gewys het in een nag het haar oornag laat grys word.  Die feit dat Die Here hierdie gebeure vir haar in EEN nag gewys het beteken nie noodwendig dat dit in EEN nag gaan gebeur nie.  Dit is baie moontlik dat n groot gedeelte van wat sy gesien het reeds kon plaasgevind het met al die misdaad en plaas moorde van die laaste tien jaar.  Dit is weereens n interpretasie fout om haar visioene te vat en dit sommer net te interpreteer as n “nag van lang messe”.
Haar visioene kan as bevestiging gebruik word vir die visioene wat deur haar tydsgenoot Siener van Rensburg ontvang is maar nie as bevestiging van “n nag van lang messe” of “nag van veskrikking” soos dit ook genoem word nie.  “Ek kan my nie sterk genoeg teen hierdie storie uitspreek nie, want ek is glad nie oortuig daarvan dat Johanna Brandt so n visioen gesien het nie.” – FH Pretorius
Ander Profete
Daar is heelwat visioene en profesie wat die rondte doen van meer onlangse woord wat van Die Here af ontvang is, wat baie duidelik en uitdruklik waarsku van 'n oorlog wat op pad is.  Sommige van dit het deur myself gekom as instrument en boodskapper van Die Here.
Hoe reageer ons hierop?
Die Here waarsku dat daar n oorlog kom en soos met alle woord van Hom af het hierdie dinge nie nodig om te gebeur as die volk na God toe draai nie.  Profesie word ook uit liefde aan ons gegee as n lig in die duisternis sodat as die oorlog nie vermy kan word nie, die kinders van Die Here kan weet wat kom en nie onkant gevang word en dalk begin dink dat Die Here hulle verlaat het nie. 
_____________________________________________________________________________
GENIET JOU LEWE

Is dit nie ‘n worsteling van elke mens nie? Jou lewe is lank en hard, soos die van ‘n huurling.  Jy wens die dag wil klaarkry, soos ‘n slaaf wat wag om betaal te word Job 7:1-2
Mense kla te maklik oor hul omstandighede en sien nie dit waarin God vir hulle voorsien raak nie.

Jesus vat my na ‘n pragtige hoë gebou iewers in die buiteland, dit lyk vir my soos ‘n gebou in Dubai.  Ons is binne in die gebou omtrent so op die 20ste verdieping en kyk af na die grondvloer.  Alles is skoon, blink en duursaam, plante is hier en daar sigbaar teen die binnekante van die onderste vlakke en die mooiste gesig van hier bo is die waterpoele met visse en spuitfonteine, alles is indrukwekkend mooi.  Agter ons is ‘n kantoor met glas- houtdeure ons stap daardeur in ‘n besonderse kantoor, geld is defnitief nie 'n tekort hier nie.  Ons stap ‘n wit gang af tot ons by nog ‘n kantoor instap, agter die lessenaar sit ‘n man baie hard aan die werk, hy antwoord sy selfoon werk op die rekenaar, die landlyn lui, hy krap deur papiere maar wat my opval is die naamplaatjie voor sy lessenaar, ‘n boerenaam Johan Engelbrecht. Terwyl hy nog op sy selfoon is gryp hy sy baadjie en hardloop uit by ‘n hyser in.  Nou staan ons op die grondvloer ek moet met moeite my mond toehou as ek so na al die prag en skoonheid van die gebou kyk.  Dieselfde man kom uitgeloop by die hyser en klim buite in ‘n plat duur luukse swart motor in.
Dan is ons op ‘n Vrystaatplaas.  ‘n Boer werk op ‘n landery tussen groente terwyl sy vrou en kinders rustig besig is elkeen met sy eie ding.  Die boer werk ook baie hard onder die warm son maar hy is rustiger en sy lewe is nie so gejaag nie. Hy geniet alles wat hy doen, geniet sy werk, geniet sy gesin, geniet die natuur en bo alles geniet hy sy lewe.

Uitleg: Doen alles met plesier en vrede, dit maak nie saak wat jou werk of omstandighede is nie, God wil hê dat jy alles moet geniet wat jy doen of jy nou werk tussen luukshede en rykdom en of jy werk tussen aardse natuurskoon en varslug, die lewe behoort aan jou, gratis en verniet. Jy moet dit wat God vir jou hand gee om te doen met vreugde doen, jy moet dit doen omdat jy dit vir Hom doen. Hou op kla en sien die vreugde, die glimlagte en die plesier van die lewe en mense raak.  Sit die betekenis terug in die woorde... geniet jou dag
________________________________________________________________________________
KAROO ONTGINNING
Ek staan saam met Jesus in die Karoo, dit is aand en alles is doodstil en rustig. Jesus wys my om op die horison te kyk - ek sien ‘n springbok rustig rondloop.  Jesus lig my hand op en hou my arm gestrek uit en wys dat ek deur my wysvinger en middelvinger moet kyk.  As ek deur die vingers kyk sien ek ‘n pragtige groen boom, daar skyn ‘n lig uit tussen sy blare maar dit is ‘n sagte glans wat die lig gee die strale van die lig skyn tot op die grond, die helder boom wat in daglig gehul is, is net sigbaar deur my vingers.  Ons stap tot by die boom wat nou ‘n massiewe groot boom is wat strek tot tussen die wolke, ek en Jesus lyk soos miere teen hom.  Ons gaan sit onder die boom en kyk die rigting in waaruit ons gekom het en daar waar ons eers gestaan het, wei nou skapies rustig.

Jesus lig weer my arm en wys dat ek weer deur my vingers moet kyk, ek sien nou die mooiste blouste hemellug, die wolke is spierwit en dit is ‘n pragtige mooi helder sonnige dag met hierdie wit wolke teeen die blou hemel.  Alles bly donker maar die beelde wat ek deur my vingers sien is helder daglig tonele.  Ons staan op en stap in ‘n Suidelike rigting tot by ‘n ou plaashuis wat so ± in 1930’s gebou is, die huis staan leeg alles is stowwerig as ons die huis binnestap is dit ook al wat gesien  word net stof, dik stof wat alles bedek, ek kan skaars deur die vensters kyk so vol stof is dit, ons stap weer uit en staan op die stoep.  Ek sien in die aandlig die boom aan my regterkant maar daar’s  niks lig wat nou uit hom skyn nie, hierdie massiewe groot boom lê nou ontwortel en daar is droë takke wat op die grond orals rond lê.  Die boom is dood.  En waar ek die pragtige blou hemel gesien het is daar nou net besoedeling, rookwolke wat alles vul, regtig nie ‘n mooi gesig om te sien nie.

Uitleg: Shell wat olie wil ontgin in die Karoo is nie God se wil nie, hierdie proses gaan die Karoo kom doodmaak, mense besef dit nie maar die Karoo is ‘n bron van lewe, dit is soos ‘n boom wat meer waarde het as wat enige mens aan kan dink, die Karoo is vir ons land ‘n bron van “lewe en lig”.  As ons gaan toelaat dat Shell voortgaan met hierdie ontginning gaan ons land en sy mense dit op die ou einde duur te staan kom, die Karoo gaan ‘n stadige dood sterf as gevolg hiervan.  Ek vra dat ons almal hierdie in ons gebede sal opdra aan God en sal vra dat Hy hierdie sal verhoed in ons land en dat ons betrokke sal raak om Shell te beveg hierin.
Dit gaan vir die mense wat voordeel gaan trek hieruit net oor die geld, die natuur, mense en land maak nie vir hulle saak nie, alleenlik hulle eie verryking en voordeel wat baat vind.
______________________________________________________________________________
MYNSTAKINGS / RUSTENBURG / LONMIN

Vandat ons al hierdie dinge oor julle gehoor het, bid ons aanmekaar vir julle.  Ons vra dat God vir julle al die kennis sal gee wat julle nodig het om reg te leef.  Mag die Heilige Gees julle duidelik wys hoe julle moet leef.  Dan behoort julle mos nie te twyfel oor wat presies God van julle wil hê nie.  En as julle weet wat om te doen en dit doen, sal die Here trots wees op julle en tevrede voel oor hoe julle leef.  Mag alles wat julle doen vir julle goeie vrugte dra en julle meer van God se plan vir julle lewe laat verstaan.  God is die Een wat oor Goddelike mag beskik.  Mag Sy krag julle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie.  Nee, staan vas en hou moed!  Kol 1:9-11
15 Dae se vasting het God die volgende gegee om met julle te deel. Hy het die sonde, die beproewing, die bemoediging en herstel vir die toekoms gebring. 
  • Dag 1: Jer 13:11 Soos 'n gordel stewig vas is om die lyf van 'n man, so het Ek al die mense van Israel en Juda aan My vasgemaak, se die Here. Hulle MOES my volk wees, hulle MOES lewe tot my roem en eer en 'n sieraad vir My wees, maar hulle het nie geluister nie. ...... SONDE
  • Dag 2: Hab 1:8 Hulle perde is vinniger as luiperds, vuriger as honger wolwe. Hulle ruiters kom aan op 'n galop, hulle kom van ver af, hulle vlieg soos arende wat op hulle prooi neerskiet. ... SONDE (Hierdie mense wat die moeilikheid veroorsaak het steur hulle net aan hulle eie verowering. Niemand sal kan staande bly teen hulle nie, julle klagtes sal nie die probleem oplos nie maar net vererger. Hierdie dwase mense verafgod hulleself, hulle ken My nie.) God het hierdie toegelaat om te gebeur.
  • Dag 3: Gal 3:10 Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die vloek, want daar staan geskrywe: "Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie." .... SONDE (Hierdeur wil God vir ons sê dat mense glo dat hulle hul getrouheid bring deur aan wette te kleef en nie deur aan die Here se maatstaf nie. As jou gesteldheid voor God dus moet afhang van hoe goed jy wette onderhou, is jy tot die ewige dood gedoem. Net Christus kan jou loskoop van die vloek van die wet en jou geloof is vir jou 'n bewys dat Hy dit gedoen het.)... God se hand druk swaar op ons land omdat daar 'n skrikwekkende, skokkende toename mense terug beweeg na die ou wettiese gebruike en Jesus heeltemal uit hul evangelie haal.
  • Dag 4: Hoekom raak julle nie stil voor My nie, hoekom leer julle nie My Woord ken nie, hoekom lees en bestudeer julle nie die Bybel nie. In Mat 4:4 kan ons sien dat Jesus die Bybel ken en dat Hy dit gebruik om Satan van Hom af weg te stuur. As dit vir Jesus nodig was om die Woord te ken hoeveel te meer is dit nie nodig vir julle nie. Kom word stil voor My en gesels met My, laat ons vriendskap en liefde vir mekaar so groei, kom leer My ken uit die Woord uit! ..... SONDE.
  • Dag 5: Hos 2:11 Ek gaan haar wingerde en haar vyebome verwoes, die dinge waarvan sy sê: "Dit is my beloning wat my minnaars my gee vir my dienste." Ek gaan dit 'n boskasie maak en die wilde diere sal dit opvreet. .... SONDE (Rampe en ellendes moet gesien word as middele waardeur God met ons werk. Daardeur wil Hy ons tot besinning bring, wil Hy hê dat ons ons lewens opnuut in oënskou neem. Solank dit goed gaan met die mens is hy geneig om God te "vergeet", sy dinge te doen soos hy wil sonder om te dink oor God se betrokkenheid daarin. Dis wanneer die mense se gewone sekuriteite onder hom begin wegkalwe dat hulle vatbaar word vir die boodskap van die Here. Die tonnel van moedeloosheid word dan die poort tot nuwe lewe.
  • Dag 6: Hab 3:11 Toe U vlieënde pyle blits en U blink spies flikker, het die son en die maan gaan stilstaan op hulle plek. .....OPBOUING (God tree aktief toe tot die stryd, met sy wapens gereed vir die oorlog. God tree toe tot die chaos wat dreig om ons land te oorweldig. God self sal teen dit optree, dit sal nie stand hou nie) - Dankie Vader maar mag U toetrede spoedig geskied.
  • Dag 7: Gal 4:7 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. en omdat jy Sy kind is, het God jou ook Sy erfgenaam gemaak. ....OPBOUING (Ons as mense is nie in staat om wette te kan onderhou nie want ons oortree en as ons leef om in God se goeie boekies te kom net deur moets en moenies faal ons gruwelik. Ons is nie slawe wat godsdienstige reëls moet volg om vryspraak te kry nie. Christus is die enigste een wat die wet vervolmaak het, Hy kom gee hierdie vryheid aan ons. Jy behoort aan God, Jy is Sy erfgenaam, moet dat niemand jou beroof van dit nie)
  • Dag 8: Ps 78:6 Sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan hulle kinders kan vertel .....OPBOUING (Wanneer God herstel vir elkeen van Sy kinders gaan kom bring moet die mense dit aan hulle kinders vertel, geslag na geslag sodat elke geslag in staat gestel kan word om aan God gehoorsaam te wees en op Hom te hoop. Moenie dat ons kinders dieselfde foute as ons en ons voorgeslagte maak nie.)
  • Dag 9: Jes 19:7 Die waterplante langs die Nyl by die Nylmond. Alles wat langs die Nyl gesaai is, sal verdroog, dit sal wegwaai en verdwyn. OPBOUING (Die mense wat die ellende veroorsaak het sal tevergeefs planne maak, hulle sit nou en slinkse planne uitdink maar God is in beheer en sal sorg dat hulle bose planne sal opdroog en dit wat hulle wil saai SAL  wegwaai en verdwyn)
  • Dag 10: Job 21:4 My klag is nie teen mense nie. Waarom mag ek dan nie ongeduldig word nie? .... OPBOUING (God verstaan dat beproewings moeilik is, Hy verstaan dat ons kla oor ons lot, Hy verstaan ons ongeduld. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense maar God kyk na ons harte. Al is jou ellende net so erg soos Job sin moet jy altyd onthou dat jou reaksie daarop duidelik aantoon wat jou gesindheid teenoor God is. Moenie kwaad word nie want God bly in beheer en hou aan om op Hom te vertrou hoe swaar jou omstandighede ook al mag wees.)
  • Dag 11: Hab 2:6 Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom sing en met minagting na hom verwys. Hulle sal sê: Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur? ..... (Die mense wat hierdie ellende gebring het is vermetel, hulle wil hulself verhef, hulle optredes is onaanvaarbaar, hulle is magshonger en dit sal hulle einde beteken. Van dit wat in Rustenburg aangaan is die vraag aan watter kant skaar jy jou? Is jy deel van die sondige mensdom wat hulle teen God en Sy heerskappy verhef? Dan stuur jy af op ondergang! OF is jy God se kind wat onwrikbaar op Hom vertrou as alle sekuriteit rondom jou intuimel? Dan sal jy leef!!!
  • Dag 12: Mal 2:10 Ons het tog almal een Vader, ons is tog deur een God geskep! Waarom is die een dan ontrou aan die ander en ontwy hulle die verbond van God met ons voorvaders? SONDE .... (Gebroke verhoudings met God en met ander. Wees getrou aan mekaar. Dis belangrik om 'n verhouding met God te hê vir gesonde verhouding met jou geliefdes en medemens.)
  • Dag 13: Lev 13:5 Op die sewende dag moet die priester die persoon weer ondersoek. As daar na die priester se mening geen verandering ingetree het nie en die ontsteking het nie versprei in die vel nie, moet hy die persoon nog 'n week afsonder. HERSTEL ..... (Laat ons Hoë Priester Jesus jou ondersoek, hoe gaan Hy jou vind? Sal daar verandering wees in jou na jou ellende, gaan daar verbetering intree en gaan Hy jou kans gee om volkome te herstel. Het jy afsondering nodig om te besin? Het jy tyd nodig om te besef waaroor al hierdie dinge met jou gebeur?. Laat God toe om jou te kom ondersoek en gesond te maak. Liggaam, siel en Gees.)
  • Dag 14: Job 17:10 Al kom julle almal elke keer weer terug, kry ek nie een onder julle wat verstandig is nie. OPBOUING .... (Ken jy regtig jou vriende, waar is hulle in jou swaarkry. Is jou vriende wys en vol Goddelike insig. Wyse vriende sal weet dat wysheid van God af kom en hulle sal nie van Hom afdwaal nie. Hulle sal jou versterk, help en optel in jou ellende, kies vriende verstandig.)
  • Dag 15: Gal 1:19 Van die ander apostels het ek niemand ontmoet nie behalwe Jakobus die broer van die Here. OPBOUING .... (Paulus het nie een van Jesus se dissipels geken nie behalwe Jakobus wat hy ontmoet het, maw Paulus het niks geleer by mense of dissipels van Jesus nie dit wat hy geleer en verkondig het, het alles suiwer van God gekom. Die Heilig Gees was Paulus se leermeester. Wie leer jou die dinge van die Gees, wie bring vir jou wysheid, kennis en insig. Hoe gaan jy staande bly in hierdie ellende met dit wat God jou geleer het. Of gaan jy in hierdie tyd van swaarkry kyk na wat ander se siening is. Moenie jou hoop vestig op geleerdes, predikers of ander gelowiges nie maar vestig dit suiwer op wat God JOU GELEER HET EN WAT GOD VAN JOU VERWAG, so sal jy die toekoms kan ingaan met hoop, blydskap en goeie verwagtinge!!!)
Wat ‘n ramp of ellende is kan omgeskep word in hoop en goeie verwagtinge vir die toekoms as mense net hulle hande hou in Jesus Christus sin. Voor elke mens lê daar nou ‘n nuwe pad om te stap, voor elkeen staan ‘n deur wat wag om oop gemaak te word, nuwe beginne, nuwe verwagtinge en nuwe vooruitsigte, hoe opgewonde is dit om te weet dat as ons vertroue in die Lewende God gestel is het ons niks het om te vrees nie. Die vraag is gaan jy toelaat dat God jou herstel en optel of gaan jy bly lê en toelaat dat die doel wat Satan beplan het jou lewe vir ewig verwoes?
______________________________________________________________
OORSTROMINGS 4/11/11
Ek en Jesus stap in donkerte (wat onsekere, moeilike tye voorspel) deur vlak water en dan begin die water opstoot. Ons is later heeltemal ver onder die water, Jesus trek my nader en hou my vas as die strome sterker oor ons beweeg. Meubelstukke, karwrakke en dooie diere swiep by ons verby. Hierdie oorstromings is veral in Pretoria area baie erg.

God kom waarsku ons altyd voordat sulke goed gebeur sodat ons, ons geestelik hierop kan voorberei en nou al kan begin bid vir Sy beskerming MAAR julle sien die bemoedigings wat Hy vir ons elke week kom gee. Hy beloof dat dinge vir ons gaan kom verander en so beloof Hy ook hier dat Hy alles weer vir ons nuut sal kom maak. Staan sterk in hierdie beproewing/tugtiging, moenie ophou bid vir beskerming en genade nie en Hy sal ons hierdeur ook kom help.

________________________________________________________________________________

WAARSKUWING - NATUURRAMPE 27/9/'11
As gevolg van swaar ekonomiese laste wat kom word ons telkemale gewaarsku om versigtig te wees om skuld aan te gaan. Maar die visoen wat hier ontvang is bring ook vir ons ‘n prentjie van die natuur wat swaar gaan lei tot nadeel van ons mense: Ek en Jesus stap in vlak water in pik giet donkerte. Ons kom te stilstand voor ‘n houtmuur, wat ek glad nie kan sien maar net van bewus is, dit is nogsteeds baie donker. Die water begin geleidelik opstoot en ek begin ook baie benoud raak as die water by my skouers begin kom is ek al verby benoud maar amper paniekbevange, maar ek klou aan Jesus se arm en Sy rustigheid bring vir my kalmte. Die water stoot ver bo-kant ons koppe uit en ons staan nogsteeds voor die muur alhoewel ons onder die water is.  Jesus stoot die muur wat onsigbaar voor ons staan om en die water stroom weg.  Dan begin ons op die houtmuur loop wat al hoe styler en styler en styler word en dit is nogsteeds pik giet donker, ek kruip later hande viervoet op die houtmuur en dit gaan maar sukkel, sukkel om bo te bly. En dan is die muur weer regop voor my, Jesus klim die muur met gemak uit maar ek moet trap en vashou vir my lewe om by Hom te kan bly.  Hy wag vir my aan die bo-punt van die muur en steek Sy hand uit om my die laaste stukkie mee op te help. As ek bo kom en regop staan skyn die son en ‘n helder landskap lê voor ons.  Ons begin op sagte seesand loop wat eintlik baie lekker onder my voete voel, ons klim op ‘n tweede trappie van rooigrond, vir ‘n hele rukkie stap ons op hierdie trap van rooigrond.  Die derde trap is droë gebarste grond, die grond kraak onder my voete, die vierdie trap is met klippe besaai en ek sukkel om gemaklik oor die weg te kom.  Die laaste trap is groen, groen gras, sag onder ons voete en ‘n seën om op te kan loop na al die vorige trappe. Aag en dan as ons, ons voete weer neersit loop ons op droë langerige gras, maar darem skyn die son nog, die gras word skielik baie kort en maak my voete baie seer.  Dan is ons weer terug op droë grond maar hierdie keer is dit baie erg en baie baie droog, die grond maak groot barste en skille, dooie visse en diere lê bestrooi oor die aarde.

Die uitleg:
Donkerte – onseker bang tye
Vlak water – normale reënval
Water wat opstoot – oorstromings
Muur wat plat gedruk word – die muur wat onsigbaar is, is ‘n teken van ‘n geestelike skans, die muur staan voor ons volk en keer vir deurbrake, dit sal baie swaar en moeilik met ons gaan. Hierdie is swaar beproewing en is ook die oorsaak van die oorstromings, maar gelukkig vir ons kom druk God hierdie muur om.
Houtmuur – is ‘n mensgemaakte struktuur wat vir ons baie swaar tye gaan bring, industrieële, geestelike en finansieële swaarkry
Regop houtmuur – baie moeilike swaar tye, waarin ons moet voort beur , hou net moed
Die son skyn – God is ons genadig en bring vir ons lig in hierdie moeilike beproewings
Seesand – lekker tyd, vrede, voorspoed
Rooi grond – vrugbaarheid, volop kos, vrede, voorspoed
Droë grond – erge droogte
Klippe – swaarkry, ellende
Groen gras – voorspoed, welvaart, vrede
Lang droë gras – afplatting in ekonomie alhoewel dit nogsteeds goed sal gaan
Kort stekerige gras – droogte kring uit met kwaai beproewings
Droë gebarste grond – erger as vorige droogte
Dooie diere, visse – gaan 'n groot deel van die land lam lê

1 opmerking:

  1. Salomi,
    Ek' 'n versoek. Het Vader of die Seun vir jou geys omtrent 'n vernietigende Tornado wat Gauteng/Sandton verwoesting saai. (message my op facebook)

    AntwoordVee uit