Heerskappye beklemtoon die konsep om te heers, hulle heers oor spesifieke gebiede en is aangestel om opdragte tot die fynste detail uit te voer. Waar die eerste sfeer se engele om God en Sy Troon gegaan het is hierdie engele aangestel om beheer oor die werêld en sy mense uit te oefen. Hulle deel van die hiërargie van hemelwesens is om ondergeskikte engele se pligte te reguleer, ons kan hulle amper sien as tipe “supervisers”. Daar word ook genoem in ander geskrifte dat Aardsengel Zadkiel die leier van hierdie orde is.
- Hulle ontvang opdragte van die Trone en rapporteer ook terug aan hulle.
- Hulle is die engele wat soos voorsitters optree oor nasies en mense. Persoonlik sien ek hulle as die heersende groep wat beheer oor die wêreld uitoefen. Hul taak is om te sorg dat God se Heerskappy op Aarde bestuur word, om te verseker dat God se Koninkryk effektief gelei word.
- Hulle word geken aan hul leiereienskapvermoëns oor ander engele en oor genade wat hulle teenoor mense betoon. Hulle laat die mens God se genade en liefde beleef.
- Word gekenmerk aan hul Goddelike wysheid, word ook genoem geeste van wysheid.
- Word ook gesien met swaarde of septers.
- Hulle beheer die boeke van Goed en Kwaad en word ook gesien as die bewaarders van die Geskiedenis. Hulle skryf alles, van elke mens op.
- Hulle dra die gewete van die mensdom (the good, the bad and the ugly) en is ook die engele van geboorte en van sterftes. Skryf die naam van elkeen in ‘n boek op.
