15 Mei 2018

Bid die gebed van Hiskia vir Suid-Afrika

Ons Vader stuur vir Sy kinders in Suid-Afrika die volgende boodskap, dit maak nie saak van watter groep ons is nie, hierdie boodskap is vir al Sy kinders:
 
Ek sal My wreek oor die vergieting van die bloed wat op hierdie aarde vloei.
 
Julle wat gesondig het en wat verkeerd gedoen het sal nie My toorn ontsien nie, Ek sien raak wat gedoen word aan hulpelose en Ek hoor elke verwaande woord wat uitgespreek word teen My.
 
Nou, hier, vandag……… word julle vertel dat dit nie sal help om op My te vertrou nie, julle word uitgelag as julle sê dat Ek Suid-Afrika sal heel kom maak. Daar word vernietiging en verwoesting gestook. Ek hoor hoe daar beloftes gemaak word van hoe melk en heuning wat aan ander behoort verdeel sal word, beloftes van hoe koring en wyn deur grondvergrype en onteiening verdeel sal word.
 
Suid-Afrika kom op jul knieë en smeek My om genade. Ek hoor julle gebede en Ek sien die wreedheid wat in die land aangaan, Ek sien die onderdrukking en onregverdigheid wat heers.
Ek sal My ontferm oor Suid-Afrika, Ek sal julle genadig wees. Ek sal nie My kinders laat vernietig nie, Ek sal julle nie verwerp nie. Ek sien die bittere ellende raak van elkeen van julle, julle trane vee Ek af. Ek weet julle voel weerloos en dat niemand in enige ander land julle help nie.
 
Nou, hier, vandag is waar julle staan Suid-Afrika ……….. dis ‘n tyd van rou, dis ‘n tyd van moeilikheid en ‘n tyd van vernedering, julle ervaar ‘n tyd van pyn waarvoor julle nie meer krag het om aan te gaan nie. Julle het hoop verloor.
 
Daarom moet julle bid soos wat Hiskia gebid het, bid vir die van julle wat nog oor is, bid vir My kinders wat nogsteeds getrou die Woord en liefde van My verkondig en versprei ongeag hoe sleg dit gaan.
……. Maar Ek sê vir julle: “Moenie bang wees nie. Kom plaas julle vrese voor My troon, kom bid Hiskia se gebed voor My:
  • “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak. Hoor tog, Here, luister, kyk tog, Here, let tog op! “Hoor tog wat die (plaas hier die leier/groep se naam in wat jy voel vrees in jou hart bring) gesê het; hy het U, die lewende God, in sy boodskap beledig! Dit is waar, Here, (hulle) vernietig en verwoes….. Here, ons God, red ons tog uit die mag van die (bose). Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat U, Here, alleen God is.”
Bid die gebed van Hiskia sodat julle, julle weer kan verbly oor die rustigheid van die land. Julle sal in vrede saam kan werk, julle sal herstel kan bring aan dit wat stukkend en afgebreek is, julle sal opbou wat vernietig is. Mulderik sal daar aan al julle behoeftes voorsien word.
 
Bid dat Ek vir julle iemand kan stuur wat Suid-Afrika kan optel, wat julle sal bevry uit die mag van ongeregtigheid, Ek wil Suid-Afrika so seën dat julle almal veilig en rustig in jul huise kan woon sonder om te vrees wat die nag of die dag van môre gaan inhou.
 
Hier is van die vrees wat gesaai word, wat ons voor God se voete moet kom lê:
  • We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.
  • We are not anti-white, we are for all, but particular black people. White minority you have been warned.
  • White man, you must die and shoot to kill the Boere.
  • All white people who are angry, who have insulted us and mobilised some of your people in the media, all of you can go to hell! We don’t care about White feelings.
  • Malema has warned farmers that any farms mortgaged after December 2017 will not be paid for by the government; and warned banks to change their policies on bonds.
  • Then when we are in power, we take everything from them.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking