29 Oktober 2017

Waarheen Suid-Afrika?

Met die 2 minute stiltetyd wat gevra is om vir Suid-Afrika te bid was my vraag aan God: " Wat moet ons doen, waarheen nou vir ons mense" en Hy antwood my met die volgende:

1.   Suid-Afrika was ‘n groot en sterk land, ekonomies was ons een van die beste lande in Afrika, ons was voorspoedig en welvaart was in almal en alles te sien.  Maar hoekom het julle gestop om My die eer te gee, hoekom het julle begin roem op jul eie prestasies, julle het My begin uitskyf en My ontneem van die eer wat My toekom.  Daarom is julle boom afgekap, daarom is julle gelyk gemaak met die grond, julle het alles verloor.  Maar nou, nou na al die jare sien Ek julle trane, Ek hoor jul smeekgebede en Suid-Afrika het terug gekom na My toe, julle slaan weer jul oë op na die Hemel en jul lofliedere bereik My ore.
2.   Ek gee deur profete alles aan julle te kenne dat julle voorbereid kan wees en mekaar kan bemoedig.  Die lot van die Aarde is verkondig vir die eindtyd en Suid-Afrika val ook onder hierdie oordeel.  Bybelse profete voorspel die swaarkry en ellende wat julle gaan tref en Suid-Afrikaners moet hulleself onder My vleuel bring sodat as hierdie dinge gebeur dat julle nie sal vrees nie.  Hierdie oordeel van smarte en leiding sal niemand op Aarde kan vryspring nie.

3.   Deur die eeue bly My beloftes staan, Ek beloof dat die wat regdoen sal bly lewe tot in ewigheid in en die wat nie regdoen nie sal hulle verdiende loon kry. 

·         Ek sê: “Die mense wat vandag hooghartig is en net rykdom najaag sal nie in hul doel slaag nie. 

·         Die leiers wat die volk probeer gevange hou, sal die einste volk wees wat spotliedjies sal sing oor hulle.

·         Ellende wag vir die wat hulle wou verryk met dit wat hul nie toekom nie.

·         Die tyd kom vinnig nader dat jy as skuldenaar voor die volk gaan staan en dat die vir wie jy sidder voor jou sal staan en jou gaan kaalstroop omrede julle baie bloed laat vergiet het en geweld gepleeg het.

·         Ellende wag vir die wat gebou het met moord en met onreg aangelê het, julle het jul tevergeefs afgesloof. 

·         Die geweld wat julle teen ander beplan het sal teen julleself draai en julleself tref.

4.   Julle wat veronderstel was om na stede en dorpe om te sien maar instede stadbewonders verdruk het en nie julle vertroue in My gestel het nie en mense uitgebuit het, asook die regters in julle wat soos wolwe onskuldiges oordeel en sodoende die reg benadeel.  Ek, die ewige God, het nasies uitgeroei en julle vrees My nie!  Ek sal My gramskap uitstort op julle, Ek gaan uithaal die wat hierdie dade vol hoogmoed gepleeg het. 

·         Hierdeur sal Ek die land weer nederig maak, Ek sal Suid-Afrika weer maak dat almal op My sal vertrou.
5.   Ek is tot alles in staat en Ek sal alles uitvoer wat Ek besluit het.  Julle mense praat oor goed wat julle nie begryp nie.  Julle verstaan nie My wonderdade nie. 

·         Ek  SAL julle omstandighede verander en julle twee maal meer gee as wat julle gehad of verloor het. 

·         Ek beloof dat Ek julle land weer voorspoedig SAL kom maak soos wat julle dit geken en gehad het toe Suid-Afrika My gedien het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking