27 Julie 2017

Wat God se kinders deur die jare gesaai het, gaan nou geoes word



Die visie wat die media, kuns en vermaak, owerheid, of akademie verkondig of uitoefen word aanvaar en sodoende word ‘n volk gemanupileer om net een stel reëls of eensydige feite en insinuasies as aanvaarbaar te sien, hierdie instansies het die mag om ‘n volk te draai in enige rigting omdat hulle standpunte geglo en aangehang word.  Dit vat een professor, een kunstenaar of een politikus om sy opinie te lig (bv kill the boer, kill the famer of F**k white people) herhaal dit so gereëld moontlik en die meerderheid begin dit glo of die reg staan vierkantig agter hulle.  Laat my dink aan die engelse spreekwoord wat sê: “ You can’t fight a man that’s buying ink in a barrel” (jy kan nie teen die media baklei nie). Wanneer hierdie ideologieë, wêreldse sienings of vooroordeling ten gunste van ‘n sekere saak of groep meer en meer liberaal of polities “korrek” uitgedra word begin die reg van die konserwatiewe persoon uitgedoof word en word hulle siening gesien as absurd of onaanvaarbaar, alleenlik die denke van die konserwatiewe word gestraf en veroordeel.   Dit is dan wat jy begin 'n samelewing kry wat die mense wat teen aborsie, homoseksuele of buite egtelike verhoudings of vir Christen skole of vir die uitleef van jou eie kultuur staan, verag word. Dis wanneer jy 'n samelewing kry wat stelselmatig God en die kerk uit alles wil haal en sien sonde as 'n reg wat teregwysing weier wat dan ‘n aarde kweek vir valse leerstellings, want dan begin mense alleenlik preek  wat die samelewing wil hoor.  Dit bring haat en liefdeloosheid teenoor ware gelowiges en ander regsgesindes wat staan vir Christelike waardes.  

Maar hoe min mense gee om vir hoe die politieke of liberale winde waai, selfsugtigheid, hoogmoed, spotters, ongehoorsaamheid, verraaiers, selfgesentreerdheid ens neem toe want die wet van liefde het geen impak meer op mense nie. En wie is dan in beheer oor 'n nasie ... Satan, die grootste leuenaar wat mense se gedagtes beheer en manupileer en natuurlik doen hy dit deur geld en politiek. 


  • Wie is die mense wat borge gee – die met geld,

  • Wie is die mense wat sportsmanne, kunstenaars of leerlinge borg - die organisasies met geld,

  • Wie kaap 'n staat - die een wat genoeg geld het om regeringsamptenare om te kan koop.

  • Wie is die persoon wat sy geld onttrek as die organisasie, individu of besigheid teen sy liberale siening staan - die borg.

So waar bring dit ons uit op die einde, in ‘n bose kringloop van mense met geld wat op die einde van die dag die media, ekonomie, kuns , owerheid ensovoorts manupileer en beheer.  Die eenvoudige een op straat het niks meer te sê nie want alles word deur die “Elite” en Media met geld beheer.
Nou wat staan God te doen om 'n land, 'n groep, 'n besigheid of 'n individu tot inkeer te bring? Wat staan God te doen om 'n land wat gekaap word deur liberale, onchristelike “Elite” of goddelose leiers tot orde te roep?
OU TESTAMENT

Hierdie “Elite” is in staat om ‘n regering om te koop en dan gaan dit vir amptenare nie meer oor dienslewering en vir Volk en Vaderland nie, vir hulle gaan dit nou net oor selfverryking en om hul eie doel voor oë te bereik en dit is dan hoe die gewone mens op straat beroof word van skoon water, goeie medies sorg en ‘n sorgvrye bestaan.

DIE AANKLAG
  •  Leiers en amptenare van Stede en dorpe maak hul skuldig aan verdrukking
  • Ongehoorsaamheid aan God
  • Staan God se  teregwysing teë
  • Handel troueloos
  • Dien nie God nie
  • Munisipale- regeringsamptenare buit stadslede uit, hulle is soos brullende leeus
  • Regters benadeel die reg
  • Profete is roekeloos, troueloos en ongeloofwaardig, hulle sien gesigte wat nie bestaan nie, hulle tree eerder as phychics op
  • Leraars is onheilig en staan teen God se wet
  • Mense doen afskuwelike dade
  • Moord
  • Afgode word ingebring en ander gelowe word vereer (en gelowiges aanvaar dit gelate)
  • Ouers word met minagting behandel
  • Vreemdelinge word verdruk
  • Weeskinders en weduwees word mishandel
  • God se biddae word ontheilig en geminag, dit word onteer
  • Mense pleeg afstootlike dade
  • Buite egtelike verhoudings
  • Bedrog en korrupsie
  • Verdien geld op oneerlike maniere
  • Amptenare vat geld vir hulleself
  • Amptenare en leiers gee nie om as mense sterf nie
  • Leiers doen niks vir landsburgers wat verdruk en beroof word nie
  • Armes word uit gebuit
  • Onsedelikheid, owerspel en rondslapery
Al hierdie dinge wat genoem is hier bo kom uit Sefanja 3, Esegiël 22/23 en Jesaja 45 maar dit kon net sowel uit ‘n koerant gekom het hier in Suid-Afrika soos ons dit vandag sien en ervaar.

Hoe het God teenoor hierdie mense opgetree, hoe het Hy hulle tot orde geroep:

GOD SE STRAF
  • Hulle huise, plekke van bewaring is vernietig
  • Strate en paaie het verlate geword
  • Stede, dorpe is verwoes
  • God het die hoogmoediges uitgehaal
  • Landsburgers is gespot en uitgelag deur die res van die wêreld
  • Stede of dorpe se name is gebruik as spotwoorde
  • God het die mense versprei oor die hele wêreld en geliefdes is uitmekaar gejaag na ander lande toe
  • God het radikaal ingegryp met pynlike gebeure en erge beproewings
  • Langdurige droogtes
  • God se vernietigende vuur het groot skade veroorsaak
  • In Esegiëel 23 het God die mense na wie hulle gesmag het en toe later 'n teësin voor verwek het, was juis die mense wat teen hulle gedraai het en dit was hierdie mense wat met hulle gehandel het soos hulle goed gedink het, die mense wat hulle gehaat het, die in wie hulle 'n weërsin in gehad het, was die wie se haat teenoor hulle op die einde ongeld is

DIE LEIERS VAN DIE DAG WORD INGESTEM, DIE ELITE WORD VERAFGOD EN GELD WORD ALMAL SE GOD

GOD SE GENADE
En dan vernuwing: Mense se lippe sal rein word, mense sal vir God offergawes bring, net die nederiges en die wat vertrou op God sal oorbly, geen onreg, leuens en valsheid sal uit mense se monde kom nie. net rus en vrede met geen skrik en vrees nie, geen rampe, kreupeles sal gehelp word, verstrooides  bymekaarmaak vernedering in eer verander oor die volke van die aarde, ons lot sal verander word. 
As God 'n land se sonde wegneem gebeur die volgende: Sag 3:10 Daardie dag, se die Here die Almagtige, sal die mense weer rustig oor en weer na mekaar roep onder die wingerdstokke en die vyebome.
NUWE TESTAMENT

Is daar enige van hierdie handeling wat ons kan vind in die NuweTestament waar God ook ingegryp het. Ons lees in Handeling 11 dat daar ‘n droogte en hongersnood was in die tyd van Keiser Claudius. Daar word nie uitgebrei oor die lewe van hierdie keiser in die Bybel nie maar daar is wel baie te skryf oor hom in geskiedenisboeke.  So word vertel dat hy ‘n wrede en gevoelose mens was wat probleme met die Jode gehad het en om oproer te verhoed het hy al die Jode uit Rome verban. Dit wil voorkom asof hierdie oproer veroorsaak is as gevolg van ‘n tekort aan kos.  Hier volg ‘n paar dinge wat in die tydvak van hom en Herodus Agrippa gebeur het:

DIE AANKLAG
  • Christene en ander landsburgers is genadeloos vervolg
  • Christene en ander landsburgers, self van hulle eie senaat is vermoor
  • Herodus het homself vereer tot God
  • Godsdiens is gebruik alleenlik tot politieke voordeel
  • En natuurlik het die meeste  Jode die evangelie verwerp (soos wat so baie organisasies vandag verkies, verwerp die evangelie en wees eerder polities korrek)
In ‘n ander verhaal wat in Lukas 19:41-44 vertel word, kom Jesus nader gery aan die stad Jerusalem, Sy hart moes bitter seer geword het as Hy in Sy geestesoog gesien het die verskriklike ramp en ellende wat op hierdie stad wag, Hy het gehuil en dit sê klaar genoeg om te weet dat die hartseer ondraaglik sou wees.  Hulle sonde was:
  • Verwerping van die ware evangelie
  • Geestelike leiers staan teen die ware God
GOD SE STRAF

Hoe het God opgetree teenoor hierdie ongeregtigheid van Claudius en Herodus en ‘n volk wat Christus verwerp:
  • Droogte en hongersnood vir ‘n hele paar jaar, die hele land word gestraf
  • Oproer wat die stad Rome vir altyd verander het
  • ‘n Engel van God laat koning Herodus Agrippa aan ‘n pynlike siekte sterf en keiser Claudius word vermoor deur sy eie vrou
en teenoor Jode wat Jesus verwerp het in Jerusalem:
  • In die jaar 66nC het die Jode in opstand gekom teen die Romeine en die Romeinse soldate het die opstand onderdruk onder leiding van Titus, en in 70nC het hulle die verhongerde stad Jerusalem ingeneem, dit verpletter en afgebrand met 600 000 Jode wat gesneuwel het, party geskiedkundiges gee hierdie getal tot by ‘n miljoen aan as die wat aan siekte en hongersnood omgekom het ook ingereken word.

GOD SE GENADE
  • Profeet Agabus se waarskuwing oor die hongersnood het daartoe gelei dat Christene voorbereid  was en kon hulle mekaar bystaan en sodoende het die droogte op hulle geen effek gehad nie Handelinge 11:29
  • Jesus waarsku Sy kinders van die vernietiging van Jerusalem en in Lukas 21: 20-21 gee Hy vir hulle raad waarop om te let sodat hulle gereed kan maak en kan vlug as die vernietigende slag van Jerusalem sou kom.
  • God beloof altyd herstel.  Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is. Rom 8:28

VANDAG

Wat is aan die gebeur in ons land, wat gaan aan dat ons so genadeloos gebukkend moet gaan onder erge beproewings en swaarkry?  Deur profesieë word ons land se sondes so deur God uitgewys:
  • Mense is hoogmoedig.
  • Hulle word verlei deur Satan.
  • Hulle pleeg skaamtelose dade.
  • Geld het hul mag geword.
  • Mense het hul geloof verloor in God.
  • Hulle draai hul rug op die ware God en begin ander gode aanhang.
  • Geweld is die antwoord op hul probleme.
  • Ons verset ons teen Hom.
  • Die gereg het in ‘n lagwekkende sirkus verander.
  • Valse leerstellings het die orde van die dag geword.
  • Ons land minag Jesus.
  • Ons is ongehoorsaam aan God.
  • Ons vertrou nie meer op Hom nie.
  • Moord het ‘n alle daagse gebeurtenis geword.
  • Mense val terug in Ou Testamentiese gebruike en verlaat Jesus se leringe.
  • Almal jaag mag na.
  • Kwaad doen word as ‘n grap gesien.
  • Ons oordeel ons medemens asof dit ons reg is.
  • Seksuele sondes het deel van ons kultuur geword.
  • Mense jaag net plesier na.

GOD SE STRAF

Jy kan redeneer met sommige mense tot jy blou in die gesig is, hulle sal nie glo dat hulle optrede sonde is nie. God noem ons sondes een vir een op, Hy kom waarsku ons voor die tyd om hierdie dinge te los en as die mens nie gehoor gee nie dan kom straf Hy ons met dit wat oor ons geprofeteer is:
  • Droogte.
  • Ons planne sal nie tot uitvoering gebring kan word nie.
  • Hongersnood.
  • Ons kinders word verstrooi oor die Aarde.
  • Ons sal verneder, bespot en vervloek word deur buitelanders.
  • Vrees, selfs die dapperste mense onder ons sal met vrees gevul wees.
  • Emosionele swaarkry (Depressie, stres).
  • Oorlog.
  • Velde sal vol dorings word en lande in soutpanne verander.
  • Buitelanders sal ons land inneem.
  • Buitelanders sal ons skatte en rykdom vat.
  • Pessiektes.
  • Ons mense sal treur en huil oor hul ellendes.
  • Stortreëns en kragtige winde.
  • Rowers sal ons land vernietig.
  • Oeste lewer niks op nie, dit sal wegdroog.
  • Huise sal afgebreek en verwoes word, ons vestings sal vernietig word.
  • Sal kos moet invoer van ander lande.
  • Heidene sal ons vertrap.
  • Plante langs riviere sal opdroog.
  • Opstande wat baie skade bring.
  • Ons berge verwelk en vlaktes word soos wildernisse.
  • Landerye en plase word vernietig.
  • Ons arbeid sal te vergeefs wees.
  • Harde wrede, onsimpatieke leiers.
GOD SE GENADE

Dit is iets wat ons sukkel om raak te sien in ‘n land waar moord, verkragting, roof en korrupsie ons heeltemal verblind.  Maar kom ons kyk hoe kom Hy en wys aan ons dat Hy nogsteeds in beheer is, dat Hy ons sal red omdat ons berou en spyt getoon het oor ons sondes.  Dat Hy beloof het om vir ons vernuwing en herstel te bring as ons sal terug draai en Hom weer aanroep tot Koning oor ons land en mense.
  • Profete verkondig vernuwing oor ons land aan, mense wat niks eers van Suid-Afrika weet of ken nie profeteer herstel oor ons, nuwe politieke skuif, nuwe leiers en nuwe Staatspresident word al vir ‘n hele paar jaar oor ons geprofeteer nie net deur ons eie mense nie maar ook deur uitlanders.  
  • Oral in die land staan nuwe boodskappers (profete) vir God op, iets wat nie geken was in ons land nie.
  • Samekomste deur geestelike leiers word byeengeroep om ons land se mense in ootmoed voor God te bring.  Ons kom op ons knieë en smeek God om vergifnis. 
  • In 2014 begin die Demokratiese Alliansie ‘n nuwe politieke skuif in ons land aan die gang sit. (politieke verander wat oor ons geprofeteer is, hierby word nie bedoel dat DA verkiesings gaan wen nie maar net dat nuwe seisoen begin is) Die begin van die einde vir die onderdrukker het aangebreek.
  • Instansies wat teen God staan is besig om te sneuwel, SAUK, Vals Media, Spur (met hul afgodsbeelde). WAARSKUWING : ORGANISASIES WAT EENS GOD SE DOEL UITGELEEF HET EN WAT WEGBREEK AS GEVOLG VAN LIBERALE DRUK SAL SWAAR ONDER GOD SE HAND LEI.
  • Leiers se donker dade word in die lig ingebring, hulle onderduimse gekonkel word aan die kaakgestel.
Wat die vyand van ons kom steel het deur moordenaars, verkragters, brandstigters, plundelaars, korruptes en rowers gaan God vir ons kom terug gee.  Ons is beroof vir dekades van die goeie en God gaan dit stop.  Wat God se kinders deur die jare gesaai het gaan nou ge-oes word, die bose kragte wat gebruik was om Suid-Afrika te vernietig sidder want hulle weet hul einde het aangebreek. Die omkeer vir ons land het reeds begin en die Liberales, die Elite, die Ateïste, valse Media en Godloënaars sal nie bereik waarvoor hulle so hard werk nie. Die oorwinning sal na die Leër van God kom

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking