05 Julie 2017

Die pad vir verandering in ons land het alreeds begin



Ek word bewus van God wat langs my staan maar nie die kenmerkende Jesus nie, dit vat my 'n rukkie om te besef dat dit God die Vader is, niks van Hom is sigbaar nie net Sy hand wat Hy uitsteek na my.  Hy is baie groot. Ek stap saam met Hom en stelselmatig verander die omgewing sodat ek weet ons is in die Hemel.  Daar wys Hy vir my om na Jesus te stap wat vir my wag, ek sluit by Hom aan en saam stap ons tot daar 'n engel voor ons kom staan, dis weer 'n engel met 'n goue gordel om sy kleed maar nie veel van hom is verder sigbaar nie.  Hy stap voor ons uit en in stilte volg ons hom. 

  • (Ons dink altyd dat God die Vader ons verlaat het maar Hy stap hier op die Aarde saam met ons, Hy kom af en kom besoek ons, Hy maak êrens met dit wat aan die gebeur is, nie net in elkeen van ons se lewe nie maar ook  in volke en lande sin).

Ons staan stil vir ‘n baie, baie lang ruk, Jesus se oë is gesluit, ek kry die idee dat ons vir iets wag.  Ek sukkel om my konsentrasie te behou maar bly geduldig wag.  Jesus tel later my hand op en plaas dit gevou oor Sy arm dat ek op Sy bo-arm met my kop kan rus.  Na die gewag begin ons uiteindelik vorentoe loop en meteens is dit helder lig om ons waar ons deurgestap het in ‘n oopte in met iets wat lyk soos wasem wolke wat ‘n ent van ons alles omhul.  En dan bevind ons, ons  op ‘n groot stoep/balkon wat uitkyk oor 'n deel van die Hemel, dis 'n pragtige tuin wat voor ons uitgestrek lê met alles wat skoon en oop is, al die wolke om ons is nou weg.

  • (Dis hoe ons voel, ons wag vir ons deurbrake, ons word moeg maar bly nogsteeds moedig by God staan en wag vir antwoorde, ons verstaan nie, maar rebelleer ook nie, is net geduldig want ons weet God sal op die einde alles vir ons duidelik maak).

Ons kyk oor die grasperke en Jesus wys dat ek op die horison moet konsentreer.  "n Kragengel en een op 'n perd is vaagweg te sien en soos hulle nader kom kan ek sien dat die perd wit is, hulle kom omtrent so 500m van ons tot stilstand maar die helderheid om hulle is nie vir my baie duidelik nie.  Die engel wat by ons staan beweeg af soontoe en vir 'n baie lang tyd staan hy met die engel wat op die perd gery het en gesels. Hy kom terug gestap en gee verslag aan Jesus.

  • (Ons mense se gedagte fokus net op die dinge wat ons kan sien en kan hoor hier op Aarde maar die geesteswêreld is elke minuut van elke dag druk besig om God se opdragte uit te voer, engele voer ‘n oorlog wat ons salig onbewus van is.  God laat baie deurskemer hoe hulle vir ons werk en hoe geweldig baie hulle doen om God se Koninkryk hier op Aarde nogsteeds te laat leef. Hier in Suid-Afrika is profesieë een na die ander wat gebring word oor God wat Sy engele stuur om ons by te staan, ons moet net geduldig wag dat God se plan tot uitvoer gebring sal word).

Jesus draai na my toe en wys dat ek saam met Hom moet stap.  Ons stap deur dieselfde gebou terug maar via 'n ander roete, dit is weer mistig of wasemend soos ons aanstap, ek glo die rede hiervoor is dat ek nie die binnekant van die plek mag sien nie.  Ons loop uit oor 'n grasperk en kom by 'n waterfontein wat ek al baie in vorige geleenthede besoek het, uit.

  • (Ons weet nie alles nie en verstaan ook nie hoekom nie, God laat ons nie alles sien nie of ons kan nie van alles sin maak nie maar dit maak nie saak watse pad ons loop nie alles sal nooit 100% vir ons duidelik wees nie maar daar waarheen God ons land lei sal ons vrede, geluk, saligheid en algehele tevredenheid beleef).

Ons loop verby die waterfontein, ek is ingehak by Jesus, Hy loop maar my voete is vasgenael op een plek, ek kan glad nie my voete beweeg nie, ek konsentreer en fokus so veel ek kan maar ek kry nie my een voet voor die ander een gesit nie.  So sukkel ek totdat ek besef dat God iets hierdeur vir my wil wys. As ek dit snap dan is my voete los en ons sweef dan half oor die groen gras tot waar ons by ‘n ander deel van die hemel kom.

  • (Ons is  in ‘n groef vasgevang  waaruit ons sukkel om te kom.  Omstandighede buite ons beheer kortwiek ons om elke hoek en draai, alhoewel ons oë op God gevestig is bly ons volk ‘n magtelose produk van dinge wat ons  vaspen, maar tog as ons besef dat God in beheer is, as ons besef dat God ‘n plan het, dat Hy ons nie sal los nie, dan word ons vry, dan verlos ons onsself van die greep wat Satan oor ons gevange gehou het, hy wat ons laat glo dat ons land en sy mense nooit weer sal herstel nie.  Ons word losgemaak deur ons eie denke, ons word bevry omdat ons die lig en die waarheid begryp en verstaan).

Soos ons beweeg raak Jesus se gestalte heeltemal onsigbaar, ek is bewus dat ek by Hom ingehak is maar ek kan Hom glad nie sien nie, ek ignoreer dit eers maar dis vir my vreemd dat ek Hom nie kan sien nie maar tog beweeg ons vorentoe. Die lig om ons is ook skemer, dis half donker half lig, as ek om my kyk is dit lig maar as ek vir Jesus kyk is dit donker.  Ek besef dan dat God nog 'n simboliese betekenis bring.  Dan breek die lig oral deur en ek sien Jesus hier langs my, alhoewel ons nogsteeds in die hemel is met hierdie pragtige groen grasperke en helders skoon lig is daar meteens voor ons 'n afgrond, dis nie vreesaanjaend nie dis asof die hemel net ewe skielik opgehou het en die begin van eintlose dieptes van pragtige blou strek voor ons.

  • (Ons verloor God in die proses met ons wêreldse dinge, ons bly gefokus op Hom maar ons luister te veel na die dinge wat die wêreld verkondig .  Ons kan ‘n gevoel beleef van Godsverlatendheid alhoewel Hy ons nooit sal los nie.  God se beloftes op ons land lyk vaag en donker, Sy profesieë van ‘n beter Suid-Afrika lyk vir ons duister.  Mense wil eerder kyk na wat die wêreld vir hulle wys, na wat mense voorspel en uitlig, dit skyn helderder as dit wat God ons wys in die Gees dit is grys en vaag.  Maar dank die Vader ons Geestelike deurbrake kom, ons land sal ontwaak, ons sal die lig van God sien en ons sal Hom beleef helder en duidelik. Nuwe beginne, nuwe horisonne, nuwe hoop vir ons in hierdie land).

Dis 'n pragtige hemel blou wat voor ons strek wat dan ingeneem word met 'n grys storm wat oor ons woed, dis wind en woeste wolke wat dwarrel en ruk om ons.  Die storm raak donker maar duur nie lank nie, dit trek verby en alles is weer rustig.  Die helder blou rustige atmosfeer vou ons weer toe.

  • (Ons beleef ‘n Christelike herlewing, ons ondersteun mekaar en deel die dinge wat saak maak vir God.  Ons staan op vir die regte dinge in Jesus se Naam, ons land is weer oop met ‘n mooi hemelblou toekoms wat voor ons lê, maar temidde van hierdie herlewing en vernuwing is daar storms om ons, dit ruk en pluk om ons rond maar dit doen niks aan ons nie, ons bly standvastig  en kan alles met die krag van Jesus trotseer. Ons sal nie gebreek word nie)

Ons draai terug en beweeg weer oor die groen grasperke, ons sit ons voete neer op sagte digte gras wat effens meegee onder ons voete.  Ons stap 'n hele ent en tree op spier wit marmer

  • (Nuwe begin, helderheid, skoonheid, waarheid, onskuld.  Heiligheid - 'n nuwe volk wat ontwaak het)

dan op grys marmer

  • (Kleur van as - Ons land het berou, on kom tot inkeer en is spyt)

dan op swart marmer

  • (Ons gaan verligting ervaar maar nogsteeds swaar trek.  Ons sal die houe wat uitgedeel word hanteer).

Jesus stap alleen oor die gras verder en kom die engel op die perd tegemoed wat nou vir ons wag, hulle gesels en Hy kom terug gestap met 'n wit koevert in Sy hand wat Hy aan my oorhandig. Ons stap na 'n plek waar ons rustig op 'n bank gaan sit, ek maak die koevert oop en haal 'n wit kaartjie uit.  Op die voorkant van die kaart is in goue syfers gedruk 2014 en as ek dit oopmaak verskyn 'n regeringswapen in die middel bo en onder dit staan die woord DA. 

  • (Engele werk al ‘n geruime tyd om dinge van veranderinge te weeg te bring. In 2014 om presies te wees het ons nuwe begin al deur geskemer, ‘n begin van ‘n nuwe politieke swaai. Talle profesieë het al deurgekom van ‘n nuwe omkeer, dit het alreeds begin.  Ek wil net duidelik maak dat hierdie glad nie dui dat ons volgende verkiesing gewen gaan word deur die DA of dat hulle leier ons volgende president is nie, hulle het net die proses van verandering begin.  Hierdeur het God net kom benadruk dat die verandering alreeds aan die gebeur is en mag Hy vir ons deur Sy gekose mense presies kom wys wat ons polities te wagte kan wees.  Mag Hy ons uit liefde die pad vorentoe wys dat ons gereed kan wees vir ons nuwe leier wat Hy al baie beloof het.)

OPSOMMING
God is in beheer 
Christene wag vir die deurbrake, ons bly getrou aan Hom 
Wag geduldig dat God se plan vir ons land tot uitvoer gebring kan word 
Ons hoef nie alles te verstaan of sin van te maak nie 
Ons voel in die duister oor alles wat om ons gebeur
       Ons is magteloos onder omstandighede buite ons beheer
Ons beleef ‘n gevoel van Godsverlatenheid 
Ons land beleef wel ‘n herlewing maar ter selfde tyd woed daar storms om ons 
Ons land het nuut begin, ons het ontwaak 
Ons het spyt en toon berou, ons het tot inkeer gekom 
Maar die stryd vorentoe sal nie maklik wees nie 
Ons verandering tot vernuwing het reeds begin, hou net moed SA!

1 opmerking:

  1. In May 2011 after the election I heard the following words in my sleep. DAVIDIC/REIGN RULE FOR SOUTH AFRICA. these words were repeated many times through the night. I asked The Holy Spirit who must I vote for? He
    told me to vote DA though I was not for them. I asked Him why because they are for abortion. He God said 'It would be like throwing your vote into a well if you vote for any other.'

    AntwoordVee uit