03 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë): HEMELLIGAME



Amos 5:18 “Hoekom wens julle die dag van die Here moet gou
kom? Daardie dag sal dit donker wees, daar sal nie lig wees nie.

Openbaring 6 (Finale uitstorting van toorn oor die mensdom op oordeelsdag, die ontbinding van elemente)
  • Die son het donker geword, en die maan het rooi geword soos bloed. Die sterre in die lug het op die aarde geval. (Ontwrigting van hemelligame)
Openbaring 16 (Die oordeelstoneel)
  • Die vierde engel het sy bak (skale van grimmigheid) op die son uitgegooi. En God het gesê die son mag die mense brand met vuur. (Is hierdie dalk aardverwarming) Die son was baie warm en dit het die mense baie seer gebrand.
  • (Wie ook al weier om gewaarsku te word deur die basuine van oordeel word vernietig deur die skale/bakke. En dan volg Armageddon)
Openbaring 21
  • Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan …. (As Jesus gekom het, sal alles vernietig word en alles sal nuut gemaak word)
  • Die stad het ook nie die son en die maan nodig om dit te verlig nie, want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is sy kandelaar. (Die ligte wat God geskep het is nie meer nodig nie).
Matteus 24 (“en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?”)
  • “En nadat mense die gelowiges verdruk het, sal dit nie lank wees nie, “dan sal die son donker word en die maan sal nie skyn nie. Die sterre sal uit die lug val en alles in die lug sal skud. “Dan sal mense ’n teken in die lug sien wat sal wys dat Ek, die Seun van die mens, kom.
  • Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar My woorde sal altyd waar wees.”
2 Petrus 3  (Wat sal gebeur wanneer die Here weer kom)
  • Op daardie dag sal dit baie hard raas en dreun, en die hemel sal verdwyn.
  • Die sterre in die lug sal smelt en verdwyn.
  • daardie dag sal die hemel en die sterre verbrand en smelt en verdwyn. Maar ons wag vir die nuwe hemel en nuwe aarde wat God belowe het, daar sal mense altyd doen wat God wil hê.
Lukas 21 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Daar sal vreeslike dinge gebeur, en daar sal tekens in die lug wees, tekens wat ’n mens bangmaak.
  • “Daar sal wonderlike dinge gebeur met die son en die maan en die sterre. Die mense op die aarde sal baie bang word, want alles sal deurmekaar wees.
  • Ja, God sal die hemel skud en alles wat daarin is. Dan sal almal vir My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom, en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen.
  • Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees
Markus 13 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • “In daardie tyd, nadat die ander mense die gelowiges verdruk het, “sal die son donker word en die maan sal nie skyn nie. (In Genesis word die son en maan geskape, in die einde word hulle vernietig)
  • Die sterre sal uit die lug val en alles in die lug sal skud.
  • Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees.”
Jesaja 24  
  • Die maan en die son sal ophou skyn wanneer die Here koning word op Sionsberg en in Jerusalem. Hy sal vir die leiers wys Hy is die Koning. (Wanneer Jesus Sy voete op Sionsberg neersit sal alles vernietig word, Sy lig sal dan die enigste wees)
Jesaja 66
  • Die Here sê ook: “Julle nageslag en julle naam sal altyd by My wees, soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek sal maak.
Joël 2
  • Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
  • En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
  • Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom (Die dag van die Here verwys na die oordeelsdag).
Joël 3
  • Die dag van die Here is naby, die dag wanneer Hy die mense sal oordeel. Die son en die maan sal donker word, die sterre sal nie meer skyn nie.
Handelinge 2
  • En Ek sal wondertekens gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde: bloed en vuur en rook. Die son sal heeltemal donker word, en die maan sal word soos bloed. Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.
Amos 5
  • Dit sal baie sleg gaan met mense wat wens die dag van die Here moet gou kom. Hoekom wens julle die dag van die Here moet gou kom? Daardie dag sal dit donker wees, daar sal nie lig wees nie.
  • Dit sal wees soos wanneer iemand vir ’n leeu vlug en dan teen ’n beer vasloop, of wanneer iemand in sy huis kom en met sy hand teen die muur druk, en dan is daar ’n slang wat hom byt. Dit sal donker wees op die dag van die Here, dit sal nie lig wees nie.
  • Daardie dag sal swart wees, daar sal niks lig wees nie.” (Net ‘n bewys dat die hemelliggame nie meer daar sal wees nie, die enigste lig sal die wees wat deur Jesus uitgestraal sal word).
Sefanja 1
  • Op daardie dag sal dit baie donker wees…
Sagaria 14
  • Daardie dag sal die son nie in die oggend begin skyn nie, en dit sal nie koud wees nie. Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking