Openbaring 6
- Ek het gekyk en toe sien ek daar kom ’n swart perd (Ekonomiese onderdrukking en armoede as gevolg van onreg aan gelowiges)
- Iemand sal vir een goiniks koring of vir drie goiniks gars een silwer geldstuk moet betaal. (Kos sal duur word). En julle moet versigtig wees, moenie die olyf-olie en die wyn mors nie. (Kos sal skaars word, dit laat mens dink aan Open 13 – dat die wat nie die merk dra nie, nie sal kan koop of verkoop nie, dan dui hierdie waarskuwing op gelowiges).
- Mense sal min kos hê om te eet.
- Op baie plekke sal daar hongersnood wees.
- …en die mense sal min kos hê om te eet.
- Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind. (Kos gaan min word a.g.v peste wat oeste vernietig)
- Voor ons oë is ons kos weggevat; blydskap en gejuig het uit die huis van ons God verdwyn (In die huis van God is brood en wyn nodig om nagmaal te vier, hier word gewys dat dit so sleg sal gaan dat self hierdie sakrament wat gemeenskap tussen God en die mens is, in gedrang sal kom).
- Tot U, o Here, roep ek, want ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ’n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking