Watse effek gaan
natuurrampe op die Aarde hê met naderende
koms van Jesus
Openbaring 6 (Ontstellende beeld van vrees, wanhoop, verwarring en ontsteltenis vir goddeloses met hierdie finale oordeel)
- ’n Groot aardbewing.
- Die lug (hemel) het verdwyn, elke berg en eiland het verdwyn, hulle was weg.
- Toe kom daar baie rook uit die gat. En die son en die lug het donker geword van die rook.(Rook stel verleiding, misleiding, sonde, droefheid, morele duisternis, vernedering voor)
- Uit die rook het daar sprinkane gekom. God het vir hulle gesê hulle mag nie die gras op die aarde vreet nie, ook nie enige iets wat groen is nie, ook nie die bome nie (hulle mag nie die natuur vernietig nie.)
- Op dieselfde tyd was daar ’n groot aardbewing (einde, die finale oordeel),
- Toe was daar weerlig en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n aardbewing en groot stukke hael het geval. (God se finale oordeel oor goddeloses)
- Die tweede engel het sy bak op die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos dié van ’n lyk, en elke lewende organisme wat in die see is, het doodgegaan.
- Die derde engel het sy bak op die riviere en waterfonteine uitgegooi. Ook dit het bloed geword (Hierdie twee bakke laat mens dink aan Ou Testament geskiedenis waar die water ook bloed geword het wat dui dat God voortdurend die see en riviere gebruik om mense tot inkeer te bring).
- Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. (Wanneer die vloek op die lug val, sterf die lewe op Aarde).
- Daar was ook ’n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is. Die aardbewing het die groot stad, Babilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is verwoes. (Dit is verby, die oordeelsdag het aangebreek)
- Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het. (Die koninkryk van alle kwaad word vernietig, hael wat van die hemel val, - God se oordeel).
- …..Die see was ook nie meer daar nie. Toe sien ek die Nuwe Jerusalem, kom af uit die hemel, van God af. (As Jesus gekom het, sal alles vernietig word en alles sal nuut gemaak word)
- Daar sal ook aardbewings op baie plekke wees. Hierdie dinge is die begin, julle sal dan begin om baie swaar te kry.
- Dit is ook God wat gesê het dat die hemel en die aarde wat nou daar is, nog daar moet wees en dat Hy dit sal verbrand op die oordeelsdag wanneer Hy die sondaars vir altyd sal laat sterf.
- Wanneer die Seun van die mens kom, dan sal dit wees soos wanneer ’n weerligstraal alles lig maak, van die een kant van die lug tot by die ander kant. (Die son en maan sal nie meer bestaan nie, God alleen sal lig gee)
- Maar die dag toe Lot uit Sodom weggegaan het, het daar vuur en swael uit die hemel gereën en dit het alles verwoes. So sal dit ook wees die dag wanneer God vir die mense sal wys wie is die Seun van die mens.
- Die branders van die see sal so wild word dat die mense nie sal weet wat gebeur nie. Mense sal sterf omdat hulle bang is, omdat hulle sal weet dat vreeslike dinge in die wêreld sal gebeur.
- Daar sal groot aardbewings wees,
- Daar sal aardbewings op baie plekke wees
- Kyk, die Here gaan die aarde verwoes. Hy gaan die hele voorkoms van die aarde verander en sy inwoners verstrooi.
- Die aarde lê dor en droog as gevolg van die droogte. Die hemel en die aarde ly saam.
- Daarom tref ’n vloek nou die aarde en sy inwoners. Die mense dra die gevolge van hulle dade. Net ’n paar bly oor nadat ’n vuur alles verbrand het .
- Ja, en dit sal baie reën, en die aarde sal bewe. Die aarde sal stukkend breek, die aarde sal stukkend skeur, die aarde sal heen en weer skud, die aarde sal loop soos ’n dronk mens
- Hy sal kom in vuur en stormwinde. Hy is kwaad en Hy sal sy vyande straf en hulle brand. Die Here sal kom in vuur om al die mense te straf.
- Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. “Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval. Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar ’n groot aardbewing kom in die land Israel. Alles sal bewe voor My: die visse, die voëls, die diere, die klein diertjies wat op die grond rondkruip, en al die mense in die land. Die berge sal val, die rotse sal val, elke muur in die land sal omval.
- Ek sal die land Magog en die lande by die see aan die brand steek. Daardie mense dink hulle is veilig, maar hulle sal weet dat Ek die Here is.
- Ek het die boodskap vir die bene gebring soos die Here vir my gesê het. Terwyl ek dit gedoen het, het ek iets gehoor. Dit was ’n aardbewing. En toe kom al die bene na mekaar toe, elke been het gekom na die been wat by hom pas. (Opstanding)
- ’n Dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ’n talryke en magtige volk, wat van ouds sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.
- Voor hom uit verteer ’n vuur, en agter hom brand ’n vlam;
- En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. (Voortekens wat die dag van die Here vooruit sal loop)
- Die hemel en die aarde sal bewe, maar die Here sal sy volk beskerm.
- En Ek sal wondertekens gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde: bloed en vuur en rook.
- Die groot dag van die Here is naby,… Op daardie dag sal die stormwinde waai. Op daardie dag sal dit baie donker wees. Op daardie dag sal daar donderwolke wees.
- Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar ’n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was.
- Daardie dag sal daar uit Jerusalem vars water kom. Een helfte van die water sal na die Dooie See vloei en die ander helfte na die Middellandse See. Die water sal vloei in die somer en in die winter. Die Here sal koning wees oor die hele aarde.
- As die mense uit al die lande op die aarde nie na Jerusalem kom om te buig voor die Koning nie, dan sal hulle lande nie reën kry nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking