19 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) WAT BEMOEDIGING BRING

Openbaring 14
  • Toe het ek ‘n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja, sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.” (Hulle wat nou sterwe sien van aangesig tot aangesig die Here, die arbeid wat jy ingesit het in God se Koninkryk sal beloon word)
Openbaring 21
  • God sal al die trane van hulle oë afvee! Hulle sal nooit sterf nie! Hulle sal nooit huil en kla nie! Hulle sal nooit seerkry nie! Want die ou dinge het verbygegaan!” (‘n Mooi prentjie wat vir ons geskilder word, iets om na uit te sien).
Matteus 24
  • Maar as iemand tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God hom red.
2 Petrus 3
  • Julle moet probeer om nie dinge te doen waaroor julle skaam sal moet wees nie, en julle moet in vrede lewe.
  • Julle moet ook weet dat ons Here geduldig is omdat Hy mense wil red. (Mens wonder baie keer hoekom God so lank vat om rekenskap te eis maar deur Sy geduld word mense gered vir Sy Koninkryk).
1 Tessalonisense 4
  • Vriende, ons wil graag hê dat julle moet weet wat sal gebeur met die gelowiges wat gesterf het. As julle dit weet, dan sal julle nie huil en treur soos die heidene wat niks het wat hulle kan hoop nie.
  • Wat ons nou vir julle sê, het die Here Jesus vir ons gesê. Wanneer die Here Jesus weer kom, dan sal dit nie met ons wat nog lewe, beter gaan as met die mense wat klaar gesterf het nie.
  • Dan sal ons die Here Jesus in die lug ontmoet, en so sal ons altyd by die Here Jesus wees. Julle moet hierdie dinge vir mekaar sê, sodat julle nie huil en treur nie.
Daniël 12
  • Maar in daardie tyd sal God jou volk red. Hy het hulle almal se name in Sy boek geskryf.
  • Dit sal goed gaan met die mense wat geduldig wag totdat 1 335 dae verbygegaan het.
Lukas 21
  • Maar julle sal nie verlore gaan nie, nie een haar van julle kop sal verlore gaan nie.
  • As julle aanhou glo, dan sal julle die ewige lewe kry.”
Romeine 8:18
  • Ons kry nou baie swaar, maar ek weet God sal eendag vir ons iets gee wat baie beter is. Hy sal vir ons iets gee wat baie wonderlik is, en ons sal dit sien. Want God het alles gemaak, en alles wag en hoop dat die dag sal kom wanneer God vir almal sal wys wie sy kinders is.
Jesaja 66:10 Nuwe Jerusalem
  • Julle wat lief is vir Jerusalem, julle almal wat oor die stad huil en treur, julle moet vrolik en bly wees, want Jerusalem is soos ’n vrou wat haar kinders aan haar borste laat drink en hulle veilig laat voel.
  • Ja, die Here sê: “Ek sal kom, Ek sal dit goed laat gaan en al die duur en mooi dinge van die volke vir Jerusalem gee. Dit sal soos ’n vol rivier na die stad kom.
  • Soos ’n seun veilig voel by sy ma, so sal Ek julle veilig laat voel. Julle sal veilig wees in Jerusalem. Julle sal sien dit gebeur met julle en julle sal bly wees, julle sal nuwe lewe kry soos groen gras.
  • Hulle sal julle familie bring uit al die volke. Hulle sal kom op perde en oorlogkarre en dra-stoele en muile en kamele. Hulle sal kom na my gewyde berg, na Jerusalem.
  • Al die mense sal elke Nuwemaan-fees en elke Sabbatdag kom om voor My te buig. Wanneer hulle weer uit die stad gaan,

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking