21 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) OOR DIE WEDERKOMS EN HEMELVAART

Openbaring 11
  • En die twee getuies het in ’n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het. (God blaas lewe in Sy kinders en saam opgeneem).
  • Die volke was kwaad, maar nou het U kwaad geword! Ja, dit is nou die tyd wanneer U die mense moet oordeel, die mense wat gesterf het. Dit is nou die tyd wanneer U die profete moet beloon. Dit is nou die tyd wanneer U almal moet beloon,  grootmense en kinders. Dit is nou die tyd wanneer U die mense moet doodmaak wat die aarde  verwoes. (Dan kom die oordeel)
Openbaring 14
  • Hy sal hulle seermaak met vuur en swael. Die vuur wat hulle seermaak, hou aan om altyd te brand, en hulle kan nooit rus nie, nie in die dag nie en ook nie in die nag nie.
  • Dit was die engel wat regeer het oor al die vuur. Hy het vir die engel met die sekel geskree en gesê: “Dit is nou die tyd om die mense te straf! Die mense op die aarde is soos druiwetrosse. die druiwe is ryp.”
Matteus 7:22  (Die koms van Jesus)
  • Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in U Naam gepreek en in U Naam duiwels uitgedryf en in U Naam baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik Mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.
Matteus 24
  • In die hele wêreld sal mense hierdie goeie boodskap bring, die boodskap dat God Koning is. Al die volke sal dit kan hoor. Daarna sal die einde van die wêreld kom.”
2 Petrus 2:9 
  • Maar die Here weet dat Hy die mense sal red wat Hom dien, Hy sal hulle red wanneer hulle baie swaar kry, en Hy sal die mense wat verkeerd lewe, aanhou straf totdat die oordeelsdag kom.
1 Thesalonisense 4
  • Wanneer die Here Jesus kom, dan sal Hy hard roep en sê wat moet gebeur.
  • ’n Groot engel sal hard roep, en die trompet van God sal blaas.
  • Die Here Jesus self sal uit die hemel kom, en die mense wat gesterf het en wat in Christus glo, sal eerste weer lewe.
  • Daarna sal God ons wegvat, ons wat nog lewe en wat oorgebly het op die aarde. Hy sal ons en die mense wat gesterf het en wat weer lewe, saam wegneem tot in die wolke.
  • Dan sal ons die Here Jesus in die lug ontmoet, en so sal ons altyd by die Here Jesus wees.
1 Tessalonisense 5 Jesus se koms
  • Vriende, dit is nie nodig dat ons vir julle moet skryf en sê presies wanneer en hoe die Here sal kom nie. Julle weet baie goed dat die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag kom.
  • Die mense sal glad nie kan wegvlug nie.
  • Dit maak nie saak of ons nog lewe en of ons al klaar dood is wanneer Hy weer kom nie. Hy het gesterf om ons te red, daarom sal ons ook saam met Hom lewe.
Daniël 2
  • Jy het ook gesien daar breek ’n stuk klip af van ’n groot klip en dit breek die yster en maak dit fyn. Jy het gesien die klip breek ook die brons, die klei, die silwer en die goud, en dit was nie ’n mens wat die klip afgebreek het nie. Koning, die Groot God wys nou vir jou wat later sal gebeur. (Alles sal vernietig word)
Daniël 12
  • Baie mense wat nou in hulle grafte slaap, sal wakker word.
  • Party mense sal altyd lewe, en God sal party mense vir altyd verneder en haat.
Lukas 21
  • En die dag wanneer God Koning sal word, sal dan vir julle te skielik kom. Dit sal wees soos ’n vangstrik wat skielik ’n voël vang. Ja, dit sal skielik gebeur met al die mense wat op die aarde woon.
Markus 13
  • “Dan sal almal My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees.
  • Dan sal Ek my engele stuur en Ek sal al die mense bymekaarmaak wat Ek gekies het. Ek sal hulle bymekaarmaak van die ooste, die weste, die noorde en die suide, van die een kant van die aarde tot by die ander kant.”
Jesaja 24  
  • Daardie dag sal die Here almal in die hemel straf (Bose engele) en ook al die konings op die aarde, almal wat dink hulle is sterk.
Jesaja 27:12 Oordeelsdag
  • Maar, mense van Israel, eendag sal die Here julle bymekaarmaak van die Eufraat-rivier tot by Egipte-spruit. Hy sal julle optel soos ’n mens koring-are optel, Hy sal een na die ander optel, nie almal saam nie. Daardie dag sal iemand die groot ramshoring blaas. Al die mense van Israel wat oral in Assirië en Egipte is, sal kom en hulle sal voor die Here buig op die gewyde berg in Jerusalem.
Jesaja 35
  • Almal sal sien dat die Here die Koning is, hulle sal sien dat ons God kom, hulle sal die lig rondom Hom sien.
  • Dan sal die blinde mense weer kan sien, en die dowe mense sal weer kan hoor. Dan sal lam mense soos ’n takbok spring, en stom mense sal sing, want in die woestyn sal daar fonteine wees, en riviere wat vol water is.
  • Daar sal ’n pad wees, en die mense sal die pad noem  Gewyde Pad.” Onrein mense en dwase sal nie op hierdie pad loop nie, net mense wat reg lewe, sal daar loop. Leeus en ander wilde diere sal nie op die pad loop nie. Die Here het mense gered, en net hulle sal daar loop.
  • Die Here het sy mense vrygemaak, en hulle sal sing wanneer hulle in Sion kom. Hulle sal vrolik en bly wees, hulle sal nie swaarkry en huil nie.
Jesaja 66
  • en die vuur sal aanhou om hulle te brand. Almal wat hulle sien, sal bewe en bang wees.”
Esegiël 37 (Ook Opstandingsvisioen)
  • Ek het gevoel die Here sit sy hand op my. Hy het sy Gees gestuur om my uit die stad te bring en Hy het my neergesit in ’n vallei. Die vallei was vol bene van mense wat dood is. Die Gees het gesê ek moet rondom die bene loop en die bene was baie droog.
  • “Jy moet my boodskap bring vir hierdie bene, jy moet vir hulle sê: Droë bene, julle moet hoor wat sê die Here: Luister, Ek sal asem in julle laat kom, en julle sal lewe. Ek sal spiere aan julle sit, Ek sal vleis oor julle laat kom en Ek sal vel oor julle sit. Ek sal asem in julle gee, en julle sal lewe.
  • Ek het die boodskap vir die bene gebring soos die Here vir my gesê het. Terwyl ek dit gedoen het, het ek iets gehoor. Dit was ’n aardbewing. En toe kom al die bene na mekaar toe, elke been het gekom na die been wat by hom pas. En terwyl ek kyk, het daar spiere aan die bene gekom, vleis het die bene toegemaak, en daar het ’n vel oor die bene gekom. Maar daar was nie asem in hulle nie. Toe sê die Here vir my: “Mens, jy moet my boodskap bring vir die wind, jy moet my boodskap bring en jy moet vir die wind sê: Die Here, sê: Wind, jy moet kom van die noorde en die suide, die ooste en die weste en jy moet in hierdie dooie mense blaas sodat hulle kan lewe.”
  • Ek het die boodskap gebring soos die Here vir my gesê het, en toe kom daar asem in die bene. Hulle het begin lewe en hulle het regop gestaan. Die Here het vir my gesê: “Mens, hierdie bene is die hele volk Israel. Hulle sê: ‘Ons is soos droë bene, ons kan niks meer hoop nie. Daar kan nie meer iets gebeur wat goed is vir ons nie.’ Daarom, jy moet my boodskap vir hulle bring, jy moet vir hulle sê: Die Here, sê: My volk, Ek sal nou julle grafte oopmaak en Ek sal julle laat uitkom uit julle grafte. Ek sal julle laat teruggaan na die land Israel. Ek sal julle laat woon op julle eie grond, en julle sal weet dat Ek die Here is.
Joël 1
  • Ag, die dag! Want naby is die dag van die Here, en hy kom soos ’n verwoesting van die Almagtige.
Joël 2
  • En die Here verhef Sy stem voor Sy leërmag uit; want geweldig groot is Sy leër. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
  • En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.
Joël 3
  • Die dag van die Here is naby, die dag wanneer Hy die mense sal oordeel.
Sagaria 14
  • Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom.
2 Timoteus 4 Christus Jesus kom weer.
  • Hy sal vir almal wys dat Hy Koning is en Hy sal die mense oordeel, die mense wat nog lewe en die mense wat klaar gesterf het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking