17 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) OOR DIE KERK

Openbaring 11 (Die ontnugtering wat die ware kerk moet verduur)
  • Maar nadat die twee (God stuur sy sendelinge twee-twee uit) getuies God se boodskap gebring het, sal die dier (die antichristelike wêreld) uit onderwêreld kom, en hy sal oorlog maak teen die twee getuies. Hy sal hulle oorwin en hy sal hulle doodmaak (kerk sterf evangeliese bedeling kom tot einde Mat 24:24 sal deur vals profete en leraars oordonder word, die kerk soos wat ons dit geken het sal vernietig word)… En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê (beteken dat die kerk midde-in die wêreld dood is, sy stem het stil geword) En die mense wat op die aarde woon. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry. (kerk sal nie meer invloedryk en kragtig wees nie, hulle woorde sal nie meer mense beïnvloed nie).
  • Maar ná drie en ’n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, (die getuies staan op in samehang met Christus se werderkoms) en hulle het weer gelewe en almal wat hulle gesien het, was baie bang. En die twee getuies het in ’n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het (Hemelvaart).
  • Op dieselfde tyd was daar ’n groot aardbewing (einde, die finale oordeel), en dit het een tiende van die stad verwoes (die werk van vernietiging begin). Die ander mense het baie bang geword en hulle het die God van die hemel geprys. (die vooraand van die oordeel, mense sal met lippe God aanroep nie met hart) Die tweede swaarkry is verby!
  • En die deure van God se tempel in die hemel het oopgegaan, en ’n mens kon die verbondskis in die tempel sien (werklike intieme verhouding tussen God en die mens – versoening)
Openbaring 16
  • Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier (rivier van goddelose wêreld) uitgegooi. Sy vloei het opgedroog (die weg word gereed gemaak dat  die antichristelike magte die aanval op die kerk kan maak) om ’n pad gereed te maak vir die konings wat van die ooste af kom.
  • Toe merk ek op dat uit die bek van die draak (Satan) en uit die bek van die monster (Antichristelike regerings) en uit die bek van die vals profeet (Antichristelike godsdienste) drie onrein geeste kom, net soos paddas. (Satanies, helse idees, planne, projekte, metodes ens wat uit die hel gebore is om die finale oorlog teen God en Sy kerk te beplan)
Matteus 24 (“en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?”)
  • Daar sal baie vals profete kom en hulle sal vir baie mense verkeerd leer.
  • Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie, (geestelike bedrieërs) want baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is die Christus!’ En hulle sal baie mense bedrieg
  • Mense sal die gelowiges verdruk (By gelowiges word bedoel die kerk van Jesus of Christene, hier is dit duidelik dat Christene deel gaan wees van die verdrukking).
  • Jesus het gesê: “Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. (Valse leerstellings inbring in plek van ware evangelie). Dit sal staan in die gewyde plek. (Die antichris sal homself oprig, m.a.w. dit wat heilig is word onheilig, lees 2 Thes 2).
  • Daar sal ook vals profete kom en hulle sal groot tekens wys en wonderwerke doen. God het mense gekies, en die vals profete sal probeer om ook daardie mense verkeerd te laat doen. Maar die vals profete sal dit nie regkry nie.
  • Jesus het gesê: “En nadat mense die gelowiges verdruk het, sal dit nie lank wees nie, “dan sal die son donker word en die maan sal nie skyn nie. Die sterre sal uit die lug val en alles in die lug sal skud.
2 Petrus 2
  • Die sondes van die vals leermeesters: Hierdie vals leermeesters praat verkeerd, maar hulle is nie bekommerd daaroor nie. Hulle dink hulle is beter as ander mense. Daarom is hulle nie bang om slegte dinge te sê oor die engele nie.
  • En hierdie vals leermeesters is soos diere wat nie verstand het nie, diere wat gebore is sodat mense hulle kan vang en doodmaak. Daarom praat die vals leermeesters sleg oor dinge wat hulle nie verstaan nie. (Mens gaan glad nie kan deurdring tot hierdie valse leermeesters nie, jy gaan teen ‘n muur vaspraat).
  • Hulle geniet dit om ook in die dag fees te vier en om te veel te eet en te drink.
  • Hulle soek altyd vroue wat seks wil hê met hulle, hulle wil altyd meer en meer sonde doen.
  • Party mense se geloof is nie sterk nie, die vals leermeesters wil daardie mense verlei. Hulle wil altyd meer en meer dinge hê (geldgierig) Die Here sal hulle vervloek.
  • baie lief vir geld en daarom het hy verkeerde dinge gedoen om die beloning te kry. (Verwys na Bileam).
  • Hierdie vals leermeesters is soos fonteine wat droog is, daar kom nie water uit nie (niks vrugbaars kom uit hul hande, dit droog op, nou sien jy hulle dan is hul weg) Hulle is soos miswolke, ’n stormwind waai hulle weg. (Kerke gaan opskiet soos paddastoele en oor ‘n rukkie loop hulle dood).
  • Hulle dink hulle sê baie belangrike dinge, maar hulle woorde beteken niks. Hulle wil mense verlei om ook slegte dinge te doen, mense wat probeer om weg te kom van mense wat verkeerd lewe.
  • Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak.  Die vals leermeesters het voorheen die vuil dinge van die wêreld gedoen, maar hulle het dit gelos omdat hulle ons Here en Redder Jesus Christus goed leer ken het. Maar toe het hulle weer die vuil dinge begin doen en hulle het slawe geword van daardie vuil dinge. Wanneer dit gebeur, dan is hulle nog slegter as wat hulle voorheen was. (Hulle dink hulle geloof het hulle gered)
2 Tessalonisense 2  Die antichris (Let net op dat daar ‘n Antichris is sowel as Antichriste)
  • Die wetteloosheid werk inderdaad alreeds in die geheim, (Antichris werk al van vroegste tyd om gelowiges te vernietig) maar net totdat die een wat dit terughou, uit die weg geruim is – dán sal die wettelose op die toneel verskyn (wanneer evangelie aan almal oor die wêreld bekend is, sal die Antichris tot voorskyn kom).
  • Hy sal egter deur die asem uit die Here Jesus se mond doodgemaak en deur die glans van sy koms vernietig word. Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens (Antichris) se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke. Sy koms sal ook gepaardgaan met allerhande bose misleiding van dié wat verlore gaan. Hulle gaan verlore omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle verlossing aanvaar het nie.
  • Daarom stuur God ’n kragtige dwaling na hulle sodat hulle die leuen glo. Só sal almal veroordeel word wat nie die waarheid geglo het nie, maar die kwaad gekies het. (Baie beweer dat dit die Moslems is maar net so baie glo dat die die Illuminati is)
Daniël 11 (Dui op Armageddon)
  • Sy leër (Die koning van die Noorde /’n mag of vors) sal kom en die vesting van die tempel besoedel. Hulle sal die daaglikse offer beëindig. (Diening aan Christus). Hulle sal die gruwelike ding wat alles verwoes by die tempel oprig (Valse leerstelling inbring in plek van ware evangelie).
  • Hy sal dié prys wat die verbond met God verwerp het. Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is. (Maar tot op die einde sal ware gelowiges sterk staan).
  • Die koning (van die Noorde) sal doen net wat hy wil. Hy sal homself aanstel en dink dat hy belangriker is as al die gode. Selfs teen die God van die gode sal hy verwaande dinge kwytraak. …. Hy sal hom nie steur aan die gode van sy voorouers of die gunsteling god van die vroue nie. Hy ontsien geen god nie, want hy ag homself bo al die gode. (Hy stel hom hoër as God) Hy sal eerder die god wat hom beskerm, dien. (Die koning van die Noorde is nie een spesifieke land nie maar is ‘n godsdientige groep) Dit is ’n god wat sy voorouers nie geken het nie. (‘n Nuwe tendens wat niemand geken het nie)
  • Dié god sal hy vereer met goud en silwer, met edelstene en duur geskenke. (Hier is dit duidelik dat die koning van die noorde ‘n vors is wat een of ander geloof aanhang). Met die hulp van hierdie vreemde god sal hy versterkte vestings aanval. Hy sal eer gee aan dié wat hulle aan hierdie god onderwerp. Hy sal hulle aanstel om oor baie mense te regeer en hulle beloon deur aan hulle grond te gee.
Daniël 12 (lees ook Matt 24 hierbo)
  • Die koning sal sê die priesters moenie elke dag offer nie. Hy sal ook iets in die tempel sit wat vir God baie kwaad sal maak en wat alles sal verwoes.
Markus 13 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Mense sal die gelowiges verdruk
  • Jesus het gesê: “Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan op ’n plek waar dit nie moet wees nie. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken.
  • Daar sal ook vals profete kom en hulle sal tekens wys en wonderwerke doen. Hulle sal probeer om die mense van God verkeerd te laat doen. Maar God het hulle gekies, daarom sal die vals profete dit nie regkry nie. “Julle moet oppas! Ek het dit alles vir julle gesê voordat dit gebeur.” Die Seun van die mens sal weer kom
Joël 2 (Bonatuurlike gawe in die kerk)
  • En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. (Met die aanbreek van die nuwe tydperk, ontvang enige mens ongeag wie of wat hulle is, hierdie besondere gawe.  Die gevolg van hierdie is dat alle mense toegang kan hê tot die Here se bonatuurlike openbarings).
Handelinge 2: 16 (Sien uiteensetting hierbo)
  • Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die profeet Joël gepraat het:
  • “God het gesê: “Dit sal só wees in die laaste dae: Ek sal my Gees gee vir al die mense: Julle seuns en julle dogters sal profeteer.
  • Julle jongmanne sal visioene sien wat die Here vir hulle wys, en julle ou manne sal drome droom.
  • Ja, in die laaste dae sal Ek my Gees gee vir elke man en vrou wat vir My werk, en hulle sal profeteer.
1 Timoteus 4 
  • Die mense wat daardie dinge vir die gelowiges leer, is skynheilig en hulle vertel leuens. Hulle wil nie weet wat reg is en wat verkeerd is nie.
  • Hierdie mense sê mense moenie trou nie en hulle moenie party soorte kos eet nie. Maar God het al die soorte kos gemaak sodat mense die kos mag eet en vir Hom dankie kan sê daarvoor. Elke ding wat God gemaak het, is goed, en as mense vir God dankie sê vir die kos wat hulle van Hom kry, dan mag hulle al die soorte kos eet.
  • Hy wil al die mense red, spesiaal die mense wat in Hom glo.
  • Jy moet aanhou om vir hulle te sê hoe hulle moet lewe en jy moet aanhou om vir hulle te leer. Jy moet dit doen totdat ek kom. Jy moet aanhou om die genadegawe te gebruik wat jy gekry het. Die Here het hierdie genadegawe vir jou gegee. Die profete het dit gesê, en die ouderlinge het hulle hande op jou gesit.
2 Timoteus 3
  • Maar jy moet weet dat dit sleg sal gaan in hierdie laaste dae van die wêreld.
  • Hulle sal nie vir God wil dien nie,
  • hulle sal nie lief wees vir God nie.
  • Dit sal miskien lyk of hierdie mense vir God dien, maar hulle sal nie lewe soos mense wat vir God dien nie. JY MOET WEGBLY VAN DAARDIE MENSE. Want dit is daardie soort mense wat vals is wanneer hulle in huise inkom en wat dan die vroue alles laat glo wat hulle vir hulle leer, die vroue wat graag enige iets glo.
  • Hulle is mense wat nie meer reg kan dink nie, hulle geloof beteken niks. Maar hulle is dwase en hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie. Almal sal kan sien dat hulle dwaas is, soos almal ook gesien het dat Jannes en Jambres dwaas is.
2 Timoteus 4 (Hou aan om die waarheid te verkondig)
  • Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.
  • Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking