14 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) WAT ONS WAARSKU

Openbaring 9 (Ons word gewaarsku van ‘n oorlog wat groot verwoesting en vrees gaan bring wat deur Satan homself gelei gaan word).
  • Die sprinkane lyk soos oorlogsperde (oorlog). Op elke sprinkaan se kop ’n goue kroon (oorwinning), mensgesigte: vrouehare, leeu tande, yster harnasse, (goeie verdediging) vlerke raas baie- soos oorlogkarre en perde wat oorlog gaan maak, skerpioen sterte en angels (vrees en wanhoop) waarmee hulle mense steek. Die skerpioene kan hulle sterte vyf maande lank gebruik om die mense seer te maak. (stroop mense van lig, ware geregtigheid, heiligheid, vreugde, vrede, wysheid, begrip) Die sprinkane se koning is die engel van die onderwêreld. (satan) Sy Hebreeuse naam is Abaddon en sy Griekse naam is Apollion (verwoester). Die eerste swaarkry is verby
Openbaring 18 (God waarsku die mense om weg te bly van die wêreld se plesier, anders gaan ons ook saam gestraf word)
  • Toe het ek gehoor dat Iemand in die hemel sê: “My volk, julle moet uitkom uit daardie stad! Dan sal julle nie sonde doen saam met die mense van die stad nie, en God sal julle nie saam met hulle straf nie!
Matteus 24 (Jesus is self aan die woord hier)
  • Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. (Valse leerstellings inbring in plek van ware evangelie). Dit sal staan in die gewyde plek. (Die antichris sal homself oprig, m.a.w. dit wat heilig is word onheilig, lees 2 Thes 2 hier onder). Die profeet Daniël het daaroor geskryf. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken. Wanneer dit gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug. (Wat sê Jesus hier: vlug eerder weg van hierdie mense af, moet hulle nie probeer teë staan nie). Iemand wat op die dak van sy huis is, moenie wanneer hy afklim, eers iets in die huis gaan haal nie. En iemand wat op die koringland werk, moenie eers omdraai huis toe om sy klere te gaan haal nie. Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat ’n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Julle moet bid dat julle nie in die winter of op ’n Sabbatdag sal moet vlug nie. (Volgens Daniël sal dit die koning van die Noorde wees wat hierdie gruwel sal veroorsaak – die koning van die Noorde is ‘n sterk mag of vors  ‘n globale oorheersende mag)
  • Julle moet luister, Ek het dit alles vir julle gesê voordat dit gebeur. En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ dan moet julle nie daarnatoe gaan nie. En as hulle vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in ’n kamer!’ dan moet julle dit nie glo nie. Wanneer Ek, die Seun van die mens, kom, dan sal dit wees soos wanneer die weerlig van die ooste tot in die weste skyn.
  • Wanneer iemand (Engel Migael) die groot trompet blaas, dan sal Ek my engele stuur en Ek sal al die mense bymekaarmaak wat Ek gekies het.
  • Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur (verdrukking, sonsverduistering, maan word dof, sterre val, ontwrigting van hemelligame) dan moet julle weet die Here is naby, Hy sal gou kom.
  • Ek, die Seun van die mens, sal kom wanneer julle dit nie verwag nie.”
2 Tessalonisense 2
  • Laat niemand julle op enige manier mislei nie. Die Dag van die Here sal nie aanbreek voordat die opstand eers gekom en die wettelose mens (Antichris), die mens wat vernietiging bring, na vore getree het nie. Hy sal hom verset teen alles wat God genoem word en hom verhef bo alles wat ’n voorwerp van aanbidding is. Sy doel is om in die tempel van God te gaan sit en voor te gee dat hy self God is. (Baie beweer dat dit die Moslems is maar net so baie glo dat die die Illuminati is)
  • Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke.
2  Petrus 3
  • Maar die dag van die Here sal kom wanneer niemand sal dink dat dit sal gebeur nie. Daardie dag sal kom soos ’n dief wat kom wanneer niemand dink dat hy sal kom nie.
  • God sal al hierdie dinge so laat verdwyn, daarom moet julle ook julle hele lewe aan God wy en daarom moet julle Hom dien.
2 Tessalonisense 5 (Woord van bemoediging vir gelowiges)
  • Ons moet die oorlogklere aantrek wat God vir ons gee: Hierdie klere is ’n harnas en ’n helm. Die harnas help ons om aan te hou glo en om lief te wees vir ander mense. Die helm help ons om aan te hou hoop dat God ons sal red wanneer die Here Jesus Christus weer kom.
  • Daarom moet julle mekaar help om nie moedeloos te word nie en om sterk te wees, soos julle al klaar doen.
Daniël 12 (Die ware Christene sal nie afstaan van hulle geloof nie)
  • Baie mense sal rein en skoon en goed word, maar die slegte mense sal sleg bly. Nie een van die slegte mense sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan.
Lukas 17
  • Wanneer die Seun van die mens kom, dan sal dit wees soos in die tyd toe Noag gelewe het.
  • In die tyd toe Lot gelewe het, was dit ook so.
  • As iemand daardie dag op sy huis se dak sit, dan moet hy nie afkom om sy goed in die huis te red nie. So ook, as daar iemand in die koringland is, dan moet hy nie omdraai nie. Julle moet onthou wat met Lot se vrou gebeur het. Elkeen wat daardie dag sy eie lewe probeer red, sal dit verloor, maar elkeen wat daardie dag sy lewe verloor, sal dit red. (Mense gaan voor keuses gestel word, kies vir Jesus om jou lewe te behou en jy sal gered word of kies teen Jesus en probeer so jou lewe red en jy sal dit verloor vir ewig – onderdrukking gaan baie erg wees)
  • Die dissipels vra toe vir Jesus: “Here, waar sal dit alles gebeur?” Jesus het vir hulle gesê: “Mense sal dit weet, soos hulle weet ’n dooie liggaam is daar waar aasvoëls bymekaarkom.” (Lees die tekens van die tye)
Lukas 21 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Maar voor al hierdie dinge gebeur, sal die mense julle vang en hof toe vat in die sinagoges, en hulle sal julle in die tronk gooi. Hulle sal julle ook hof toe vat voor konings en goewerneurs omdat julle aan My behoort. Dan kan julle vir hulle van My vertel (God sê duidelik dat gelowiges dit nie maklik gaan hê nie, ons gaan vir enige rede in tronke gestop word maar indien dit gebeur, gebruik daardie tyd om mense in gevangenis van God te vertel, Christene sal swaarkry tot die einde toe, tot Jesus se koms).
  • Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, dan moet julle weet die tyd is naby wanneer God Koning sal wees. Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, (gelowiges) sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur. (Gelowiges sal nogsteeds met die eindtyd daar wees - Die Israeliete wat tot bekering kom, sal die Here Jesus sien en Hom prys.)
  • “Julle moet oppas, julle moenie julle geld mors en dronk word en bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie, want dan sal julle vir God vergeet.
  • Julle moet altyd gereed wees. Julle moet bid dat julle krag sal hê om weg te vlug van al hierdie dinge wat gou sal gebeur. Julle moet bid dat julle gereed sal wees wanneer die Seun van die mens julle sal oordeel.”
Markus 13 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Maar julle, julle moet wakker en versigtig wees, want die mense sal julle na die hof toe vat. Hulle sal julle met swepe slaan in die sinagoges. 
  • Mense sal die gelowiges verdruk
  • Julle sal iets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan op ’n plek waar dit nie moet wees nie. (Sien beskrywing bo Matt 24)
  • As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd kan aanhou lewe nie. Maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak om die mense te help wat Hy gekies het. Wanneer iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of ‘Kyk, daar is Hy!’ dan moet julle hom nie glo nie, want daar sal mense kom wat vals is en wat sê hulle is die Christus.
  • Niemand weet wanneer die Seun van die mens weer sal kom nie “Niemand weet op watter dag en hoe laat in die dag Ek sal kom nie. Die engele in die hemel weet nie, ook nie Ek, die Seun, nie. Net die Vader weet dit.
  • Julle moet wakker en gereed wees, want julle weet nie wanneer daardie dag sal kom nie.
Jesaja 35 (Uiteindelik sal God oor al die slegte mense oordeel, uiteindelik sal net die goeie mense saam met God leef, voorwaar iets om na uit te sien).
  • “Julle moet sterk wees, julle moenie bang wees nie. Kyk, julle God sal kom, Hy kom om die vyande te straf omdat hulle slegte dinge aan julle gedoen het. Julle God kom en Hy sal julle red.”
Joël 2 (Oproep tot bekering voor dit te laat is.)
  • Sy voorkoms is soos dié van perde. Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vuurvlam wat die kaf verteer. Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek. Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle  verander nie van pad nie. En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid. Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ’n dief. 
1 Timoteus 4  (Duidelik gee God baie ruimte en tyd vir mense om tot bekering te kom, vir ons is dit ondraaglik en onverstaanbaar maar vir God is dit nodig omdat Hy niemand tot verderf wil verdoem nie, Hy gaan elkeen genoeg kans gee).
  • Hy wil al die mense red, spesiaal die mense wat in Hom glo.
2  Timoteus 3 (Wees gewaarsku ons gaan bitter swaar kry onder slegte mense: ekonomies, geestelik, liggaamlik)
  • Maar jy moet weet dat dit sleg sal gaan in hierdie laaste dae van die wêreld.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking