DEEL 1: ARMAGEDDON
As mens
Henog se boek lees kan baie dinge ingetrek word by die Bybelse profesieë oor eindtydoorloë, Henog was ‘n profeet wat in die
hemel opgeneem is en sy boek was vir 500 jaar deel van die Bybel gewees en vir
honderd plus jare het daar twis gekom oor die boek en is dit op die einde uitgehaal.
Dus kan hierdie profesieë wat hy weergee verseker as korrek en
van pas beskou word. ‘n Oorlog met ‘n magtige globale weermag word beskryf in Henog
57:
- Henog 57:1-2 Daarna het dit gebeur dat ek ‘n menigte waens gesien het en mense wat daarop ry, en hulle het gekom op die winde van die ooste en van die weste tot in die suide. En die geraas van hulle waens is gehoor, en terwyl die verwarring voortduur, het die heiliges van die hemel daarop kommentaar gelewer; en die pilare van die aarde is uit hulle plekke geskuif en die geluid daarvan is van die een kant van die hemel tot aan die anderkant gehoor, alles in een dag. (‘n Massiewe aardbewing) Hulle sal almal neerval en die God van die Geeste aanbid. (Elke knieg sal buig).
Watter ander Bybelhoofstukke
verwys na Armageddon?
- Open 16:14 en hulle was die geeste van duiwels. Die drie geeste het tekens (mislei die mense) gedoen en hulle het na al die konings op die aarde gegaan en gesê die konings (Globale mag) moet saamkom om oorlog te maak op die belangrike dag, die dag van God, God wat alles kan doen.
- Open 16:16 Die drie onrein geeste (Satan beheerde stryd) het die konings bymekaargebring by die plek Armageddon. (Die finale aanslag van Satan teen God, maar God oorwin).
Hierdeur kan
afgelei word dat daar ‘n oorlog gevoer sal word op die dag van God, - Armageddon
‘n plek wat verwys na waar God Sy vyande verslaan, in die geskiedenis en ook op
die laaste slag.
Nog 2 hoofstukke wat dieselfde openbaring beskryf as Henog 57
is:
- Sagaria 6:1 Ek het weer ‘n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper (God se troon). 5 En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan …. 6 Die strydwaens met die swart perde gaan noord, … 8 Kyk die wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen! (Die wat noord gaan het na Babilonië gegaan om God se laaste oordeel te voltrek).
In Sagaria weerspieël die strydwaens as God se laaste oordeel en in Henog is die
waens wat van alle rigtings kom ‘n fisiese laaste oorlog.
- Joël 3:9 Sê aan die nasies: “Sonder julle af vir oorlog! Roep julle dapperste soldate op! Laat die krygsmanne uittrek vir die aanval! 11 Al julle nasies van die omringende omgewings, kom gou! Kom bymekaar in die Josafatlaagte.” Here, bring u soldate af daarheen! (Lande word bymekaar gemaak vir ‘n oorlog maar dit gaan eintlik ‘n “hofsaak” wees waar die Regter hulle gaan oordeel). 14 Derduisende mense wag in die laagte in afwagting vir die uitspraak. Dit is hier waar die Dag van die Here binnekort sal aanbreek. (As gevolg van die mense se oorweldigende sonde wag hulle in afwagting vir die oordeel) 16 Die Here sal brul uit Sion, uit Jerusalem sal Hy bulder. Die hemel en die aarde sal begin skud. …
In Joël kan ons
sien net soos met Henog dat die laaste oorlog een sal wees waar soldate byeen
sal kom vir ‘n veldslag en dan sal God staan op die Sionsberg met ‘n hewige
aardbewing.
In Henog 100
beskryf hy ‘n oorlog waar soldate teenmekaar sal baklei, ‘n hewige geveg waar baie
bloed sal vloei en wat ook aandui dat dit die laaste oorlog is met God se
oordeel wat volg. In Openbaring 14 beskryf Johannes ook hierdie selfde beeld,
maar let op dat dit ook op Sionsberg sal plaasvind.
Henog
100
|
Openbaring
14
|
1 En in daardie dae sal daar een
plek wees waar die vaders en hulle seuns saam vernietig sal word, en broers,
die een saam met die ander, sal doodneerslaaan totdat hulle bloed in strome
vloei.
|
|
2 Want ‘n man sal nie sy hand
weerhou om sy seuns en sy seuns se seuns te verslaan nie, en die sondaar sal
nie sy hand weerhou van sy geëerde
broer nie. Van dagbreek tot sononder
sal hulle mekaar doodmaak. Die perd
sal tot by sy bors in die bloed van die sondaars loop, en die strydwa sal tot
sy volle hoogte oorstroom word. In
daardie dae sal die engele neerdaal in die geheime plekke, en bymekaarmaak
almal wat die sonde neergewerp het, en die Allerhoogste sal op daardie dag van
Oordeel opstaan om ‘n groter oordeel oor die sondaars te voltrek.
|
20 En die parskuip is buitekant die
stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die
perde, tweehonderd myl ver. (Voltrekking van die oordeel)
|
Hierdie
oorlog word voltrek met Jesus op die Sionsberg
|
Nog ‘n oorlog
word deur Henog beskryf wat die einde aandui met ooreenkomste uit Joël 2 en
Daniël 11
Henog 91
|
Joël 2
|
Daniël 11
|
1. BLAAS die basuin op Sion
|
45 Hy sal sy tent opslaan tussen
die Middellandse See en die heilige berg. (Sionsberg) Daar sal hy aan sy einde kom. Niemand sal hom kan help
nie.”
|
|
5. Want ek weet dat geweld sal toeneem
op die aarde, en ‘n groot slagting sal
op die aarde voltrek word, en alle ongeregtigheid sal tot ‘n einde kom.
|
2. ’n Magtige leër
verskyn skielik oor die heuwels soos die lig van die dagbreek! Hoe geweldig
groot en magtig is hulle nie! Niemand het nog ooit so iets gesien nie, en
niemand sal ooit weer so iets sien nie.
|
40“Aan die einde
van die tyd sal die koning van die suide hom aanval. Die koning van die
noorde sal teen hom uitstorm met oorlogwaens, met ruitery en ’n baie groot
vloot. Hy sal by lande kom en soos ’n golf oor hulle spoel
|
9. Al die afgode van die heidene sal
verwyder word en die tempels sal met vuur verbrand word, en hulle sal dit van
die hele aarde af verwyder, en die heidene sal in die oordeel van die vuur
gewerp word…
|
3. Voor die leër brand vuur en agter volg ’n
brandende vlam. Voor hulle lê die land soos die Tuin van Eden, maar agter die
leër is ’n verlate verwoesting gelaat. Niks kan hulle ontsnap nie.
|
|
8. In daardie dae sal geweld van sy
wortels afgesny word, en die wortels van ongeregtigheid saam met bedrog, en hulle sal onder die
hemel uitvernietig word.
10. Die regverdiges sal opstaan uit hulle
slaap uit, en wysheid sal opstaan en aan hulle gegee word.
11. En daarna sal die wortels van
ongeregtigheid afgesny word, en die sondaars deur die swaard vernietig word…
(God gaan die wortel van kwaad vernietig).
|
||
6. Angs oorweldig die mense; hulle gesigte is
bleek van vrees. 7 Die
dapper soldate storm vorentoe, soos opgeleide manskappe klim hulle oor die
mure. Hulle marsjeer doelgerig vorentoe, niks laat hulle van hulle koers
afwyk nie. 8 Hulle stamp
nooit teen mekaar nie, elkeen bly op sy regte plek. Hulle bars deur die
verdediging, geen wapen kan hulle stop nie. 9 Hulle oorval die stad en hardloop op die mure. Hulle val die
huise binne, en klim soos diewe deur vensters.
|
41 Hy sal deur
die mooi land van Israel trek en baie sal doodgemaak word. Edom, Moab en die
grootste deel van Ammon sal egter van hom gespaar bly. 42
Hy sal baie lande verower. Egipte sal ook nie
vrykom nie
44“’n Berig uit
die ooste en die noorde sal hom dan ontstel. Hy sal woedend uittrek om baie
te gaan vernietig en dood te maak.
|
OPSOMMING: DIE OOREENKOMS MET HENOG SE VISIOEN
EN DIE EEN VAN JOëL EN DANIëL IS DAT AL DRIE ‘N MAGTIGE MILITêRE MAG BESKRYF. DIE OORLOG IS DIE FINALE EEN MET GOD SE
OORDEEL WAT VOLG, DIE SOLDATE WAT HIER GETOON WORD IS VREESLOOS EN ALLES WORD
VERNIETIG. MET GOD WAT REGVERDIGHEID SAL LAAT GESKIED.
TEN LAASTE: HIER KAN GESIEN WORD DAT DIE
LAASTE OORLOG / ARMAGEDDON SAL PLAASVIND WANNEER JESUS OP DIE BERG VAN SION
SAL VERSKYN, DIT SAL ‘N HEWIGES STRYD WEES MET AARDBEWINGS EN KOSMIESE MAGTE
BETROKKE, WAAR GOD SELF OOK GAAN INGRYP EN DAN DIE FINALE OORDEEL SAL FEL.
DEEL 2: 3DE WêRELD OORLOG
Henog het
vir ons ‘n goeie aanduiding kom gee oor die laaste oorlog maar oor die een wat sal plaasvind teen
die eindtyd Christene het hy niks van geskryf nie, die ander plekke waar ons
kan lees van so ‘n oorlog is in Sagaria 14, Esegiël 38/39 en Openbaring 20.
- Sagaria 14
3. Maar dan sal die
Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het. (Hierdie sal 'n oorlog wees waar God rekenskap sal kom eis van
lande wat teen Israel staan)
4. Die Here sal daardie dag staan op die
Olyf-berg wat oos van
Jerusalem is …. Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom
kom…. (Nie dieselfde plek as die Sionsberg met die laaste oorlog nie, maar God
self sal die aanvoerder van hierdie oorlog ook wees)
- 6 -11 Hier word die verskil getoon (waar eindtydgebeure met donkerte beskryf word), word hier lig beskryf, met Jerusalem wat gelig sal word uit sy swak posisie en waar God voorspoed en oorwinning sal verseker.
12. Die Here sal die
volke swaar straf wat oorlog gemaak het teen Jerusalem. Die vleis van hulle liggame sal vrot
word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge
sal vrot word in hulle monde. (Die wat kom om teen Israel te veg sal
God plae gebruik om soldate te straf, hulle sal so deur God verslaan word).
13-15 Dieselfde sal
gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die
vyande se kamp is. Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak, hulle
sal mekaar gryp en doodmaak.
16. Die mense van die
volke wat oorlog gemaak het teen Jerusalem, sal nie almal dood wees nie. Al die
mense wat nog lewe, sal elke jaar na Jerusalem kom en hulle sal buig voor die
Koning, die Here wat oor alles regeer. (Na hierdie oorlog wanneer al vyandige magte vernietig is
sal ‘n groot deel van die wêreld tot bekering kom en na Jerusalem
stroom vir aanbidding. Die evangelie loop al vir duisende jare maar hierdie
oorlog gaan een wees wat God sal gebruik om mense weer tot inkeer te bring en
sodoende baie tot bekering sal kom).
- 20-21 Menigte sal God eer en loof en Jerusalem sal gesien word as plek van aanbidding
OPSOMMING: GOD SáL NOG OP DIE EINDE, DIE NASIES
VERNIETIG EN UIT JERUSALEM REGEER, ALMAL WORD AANGESPOOR OM UIT TE SIEN NA DAARDIE
DAG WAT NOG MOET KOM, (waar Hy dan op Sionsberg sal verskyn) WEES
GEREED. DIE WAT NIE GEREED IS NIE SAL SWAAR GESTRAF WORD. DIE WAT KOM MET DIE 3DE WêRELD OORLOG OM
JERUSALEM EN CHRISTENE OOR DIE WêRELD TE VERNIETIG SAL HARD GESLAAN WORD, SOOS WAT HY OOK BAIE IN VERLEDE
GEDOEN HET (HIERDIE OORLOG SAL ‘N BLOEDIGE GEVEG WEES – SOLDATE SAL TEEN MEKAAR DRAAI) MAAR
ALMAL GAAN NIE DOOD WEES NA DIE OORLOG NIE, M.A.W. DIS NIE DIE LAASTE OORLOG NIE. WANNEER DIE VYAND SE MAGTE VERNIETIG IS
SAL DIE RES VAN DIE WêRELD ‘N
GELEENTHEID KRY OM TOT BEKERING TE KOM EN GOD SAL AANBID WORD. MENSE MOET UITSIEN NA DIE NUWE JERUSALEM, ‘N
BEMOEDIGING VIR DIE TOEKOMS.
Waar word hierdie
ook vermeld waar soldate deur peste/plae geteister word en teen mekaar draai, asook dat daar vrede sal wees en God die oorlog gebruik om mense tot bekering te
bring.
Sagaria 14 | Esegiel 38/39 | Openbaring 20 |
Gog en Magog oorlog teen Israel |
8 Hy sal dan
daarop uit wees om die nasies tussen die vier hoeke van die aarde, die Gog en Magog, te verlei en om hulle te
monster vir die oorlog. (Verlei lande vir die finale aanslag teen kerk)
9 Hulle het toe van oor die hele breedte van die
aarde af opgetrek en die laer van hulle wat aan God toegewy is, en die geliefde
stad (Nie net kerk nie maar ook om Jerusalem te vernietig) omsingel. |
|
16 Uiteindelik sal die vyande van Jerusalem wat die plaag oorleef het, elke jaar optrek na Jerusalem toe om die Koning, die Here, die Almagtige, te aanbid en om die Huttefees te vier. |
Oorlog om mense tot bekering te bring
16 Jy sal die
land soos ’n wolk toemaak. Dit gebeur in die verre toekoms. Ek gaan jou teen my
land bring terwyl almal kyk, Gog, sodat die nasies sal sien hoe Ek myself as
die Heilige deur jou openbaar.
39:7“So sal die mense van Israel My leer ken as die
Heilige. Ek sal nie dat hulle my verder ontheilig nie. En die nasies sal ook
besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel. |
|
4. Die Olyfberg sal middeldeur skeur en so sal ’n vallei wat van oos na wes loop, gevorm word, want die een helfte van die berg sal noord skuif en die ander helfte van die berg sal suid skuif |
God gaan die natuur teen vyand gebruik
18 Daardie dag, as Gog die land Israel
binneval, sal Ek baie kwaad word, sê die oppermagtige Here. 19 In my brandende woede belowe Ek dat
daar ’n groot aardbewing in die land Israel sal wees
39:
6 Ek
gooi vuur op Magog en al sy bondgenote wat veilig langs die kus bly. Dan sal
hulle besef dat Ek die Here is. |
9. Daar het egter vuur van die hemel af op hulle afgekom en hulle verteer. |
13 13 Op daardie dag sal hulle paniekbevange raak. Die Here sal hulle tref met ’n groot verwarring. Hulle sal mekaar te lyf gaan. |
Soldate gaan teen mekaar draai
21.
Elkeen sal teen sy broer baklei |
|
Die 12. Here gaan al die nasies wat teen Jerusalem veg, met ’n plaag tref. Hulle sal soos wandelende lyke word terwyl hulle vleis wegvrot. Hulle oë sal wegkrimp in hulle oogkasse en hulle tonge sal wegvrot in hulle monde |
Pessiekte sal dood veroorsaak
Dan
straf Ek jou met siekte en dood. |
|
Die oordeelsdag moet nog kom
39:8
Die
oordeelsdag kom nader, sê die oppermagtige Here. Dit sal gebeur net soos Ek
gesê het. |
DIE GOG EN MAGOG OORLOG IN ESEGIëL 38/39 WORD UITGEBEELD AS EEN
MAGTIGE MILITêRE AANSLAG OP
ISRAEL EN CHRISTENE WAAR GOD DIE OORLOG VIR HULLE GAAN BAKLEI. MAAR AS ONS SIEN HOE
OPENBARING DIE OORLOG BESKRYF, IS DIT DUIDELIK DAT DIT DIE LAASTE AANSLAG VAN
SATAN IS OM DIE KERK SOWEL AS JERUSALEM TE PROBEER VERNIETIG.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking