15 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) MENSLIKE GEAARDHEID

Matteus 24 (“en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?”)
  • Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie,(geestelike bedrieërs sal toeneem, ek voel jammer vir die mense wat dink hul valse leering is korrek, maar intussen bedrieg hulle almal).
  • Dan sal mense julle vir ander mense gee (verraaiers, jy sal niemand meer kan vertrou nie), en daardie mense sal julle verdruk en doodmaak
  • Al die volke sal julle haat omdat julle aan My behoort.
  • Dan sal baie mense ophou om in My te glo. (Afvalligheid)
  • Hulle sal mekaar verraai en hulle sal mekaar vir die vyand gee. Hulle sal mekaar haat.
  • Meer en meer mense sal nie doen wat God se wette sê nie,(geestelike wetteloosheid) en daarom sal die liefde van die meeste mense min word. (Geen geloof anders as die 3 Enige God sin sal in liefde kan staan nie, as jy teen God staan, is jy vir Satan en by hom kan geen liefde gevind word nie).
3  Petrus 3
  • Hulle sal sê: “Die Here het belowe dat Hy weer sal kom, maar hoekom het Hy nog nie gekom nie? (Spotters)
  • My vriende, julle weet klaar dat hierdie dinge later sal gebeur. Daarom moet julle baie goed oppas, want daar is mense wat nie gehoorsaam is aan die wette van God nie.
2  Tessalonisense 2
  • Daar sal baie mense wees wat nie meer na God se wette luister nie.
  • Hulle leier sal iemand wees wat glad nie na God se wette wil luister nie. (Hoe nader ons aan die einde kom hoe meer goddelose leiers sal daar wees).
  • Hierdie leier sal teen alles wees wat God doen.
Lukas 21 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie. Baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is die Christus!’ Hulle sal ook sê: ‘Die regte tyd het nou gekom.’ Maar julle moet hulle nie glo nie. (Bedrieërs)
  • of hulle is ongehoorsaam aan hulle regerings. (Wet ongehoorsaamheid)
  • Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort (Haters)
Jesaja 24
  • Die mense sal die land verwoes en hulle sal mekaar se goed vat, want die Here het gesê dit moet gebeur. (Diewe, plunderaars)
  • Die mense  verraai mekaar, hulle hou nie op om mekaar te verraai nie (Verraaiers)
  • Maar my gemoed is swaar. Ek is ontnugter, want oral is bedrog aan die orde van die dag en oneerlikheid kraai koning (Vertaling uit Die Boodskap)
Timoteus 4 
  • Maar die Heilige Gees sê baie duidelik dat party mense in hierdie laaste dae van die wêreld sal ophou glo. Dit sal gebeur omdat hulle luister na bose geeste wat vir hulle verlei, en hulle doen dinge wat duiwels vir hulle leer. (So baie van ons gaan telleurgesteld staan want mense wat gelowiges was sal afvallig word, magtelose gevoel dink ek wat gaan heers, die duisternis sal baie lig verdoof).
2 Timoteus 3
  • Mense sal selfsugtig wees en hulle sal baie lief wees vir geld.
  • Hulle sal lief wees om te spog en hulle sal hoogmoedig wees.
  • Hulle sal slegte dinge sê van ander mense,
  • hulle sal ongehoorsaam wees aan hulle ouers en hulle sal ondankbaar wees.
  • Hulle sal nie vir God wil dien nie,
  • hulle sal vir niemand lief wees nie en hulle sal met niemand vrede wil maak nie.
  • hulle sal doen wat hulle wil doen,
  • hulle sal wild wees,
  • hulle sal niks wil doen wat goed is nie.
  • Hulle sal verraaiers wees,
  • hulle sal nie dink voordat hulle iets doen nie,
  • hulle sal dink hulle is wonderlike mense - hoogmoedig,
  • hulle sal lief wees om te doen wat vir hulle lekker is, (selfgesentreerd)
  • Al die mense wat aan Christus Jesus behoort en wat wil lewe soos God wil hê, sal swaarkry, en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking