Oorloë was nog
altyd met ons maar ‘n oorlog word bestem vir die
eindtyd teen
Christene en ‘n oorlog waar God lande
bymekaar maak om
hulle te oordeel – Armageddon.
Openbaring 9
- Vier engele losgemaak.(Bose gevalle engele - oorlog) God het hierdie engele gereed gehou tot op hierdie tyd, tot op hierdie dag, hierdie maand, en hierdie jaar, sodat hulle een derde van die mense moet doodmaak.
- Die soldate op perde was miljoene: Die soldate het rooi, blou en geel harnasse gedra. Die perde het leeukoppe. Daar het vuur en rook en swael uit die perde se bekke gekom (oorlogsvoertuie, wapens). God het die mense gestraf (om hulle tot inkeer te bring). Die vuur en die rook en die swael wat uit die perde se bekke gekom het, was die drie strawwe van God, dit het een derde van die mense doodgemaak.
- God het gesê die dier (Antichristelike regerings) mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen (Gelowiges se liggame mag vernietig word maar nie hulle siele nie).
- (Oor die geskiedenis van die mens was daar Antichris oorloë maar op die einde sal daar ook 'n defnitiewe een wees wat duisende gelowiges sal dood - Daniël 11
- Die engel het sy sekel oor die aarde geswaai en hy het die druiwetrosse afgesny. Hy het dit in die groot parskuip gegooi. Die parskuip was buite die stad, en die engel het die druiwe in die parskuip getrap. Die bloed het by die parskuip uitgevloei. Dit was so diep dat dit tot by die perde se tome gevloei het. Die bloed het 1 600 stadioi ver gevloei (My gedagte rondom Openbaring 14 is die eindoordeel van God wat hier uitgebeeld word maar dat dit wel gepaard sal gaan met 'n bloedige oorlog, spesifiek die oorlog van Joël 3).
Openbaring 17 (Ook nog 'n verwysing na Antichris oorloë)
- Hulle sal saam met die dier regeer (regerings sal help om kerk te vernietig). Hulle dink almal dieselfde en hulle doen alles wat hulle kan om die dier te help. Hulle sal oorlog maak teen die Lam, maar die Lam sal hulle oorwin, (oorlog word gevoer nie teen lande nie maar teen God, Hy sal Koning wees op die einde, Hy sal oorwin)
- Julle sal hoor daar is oorlog, naby julle of ver van julle. Pasop, julle moenie skrik wanneer julle dit hoor nie. Hierdie dinge moet gebeur, maar dit is dan nog nie die einde van alles nie.
- Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land veg.
Daniël 11 (Nie dieselfde een as Esegiël 38/39 nie) (Armageddon)
- Later sal die koning van die suide oorlog kom maak teen die koning van die noorde. Maar die koning van die noorde sal oorlogkarre en soldate op perde en skepe bring en hulle sal soos ’n watervloed deur die lande vloei. (‘n Sterk militêre mag). … op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei…. En hy sal sy hand uitsteek teen die lande (dis ‘n globale mag)
- En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg. (Sal ‘n ryk mag wees).
- Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik (wat ookal die gerugte is, hy vrees vir sy koninkryk en oorlewing, wat hom ‘n vernietigende vors maak) daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
- En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie. (Maar op die einde sal hierdie vors tot ‘n val kom met niemand om hulle te help nie, ons weet dis die einde wat die volgende hoofstuk volg met die koms van Jesus) (Net raaisel: Is hierdie koning van die noorde dalk die illuminati? - Hierdie oorlog duur oor 'n lang tydperk en kom ook ten einde met Jesus se koms).
- (Daar is mense wat glo dat die wegraping gaan kom voor die Antichris oorlog, dan is die vraag: Hoekom het almal dit eens dat daar wel ‘n Antichristelike oorlogvoering gaan wees maar volgens die wegraping-voor-verdrukking-leerstelling sal dit nie teen Christene gevoer word nie maar teen die Jode, nou hoekom ‘n Anti-christen oorlog voer as daar nie Christene gaan wees nie?)
- Jesus het vir hulle gesê: Julle moenie skrik wanneer julle hoor daar is oorlog nie, naby julle of ver van julle. Hierdie dinge móét gebeur, maar dit is nog nie die einde van alles nie.
- Ek sal jou uit jou land laat kom saam met al jou soldate, jou perde en jou manne wat op perde ry. Hulle dra almal mooi klere en elkeen hou ’n skild en ’n swaard in sy hand. (Dis ‘n uitspattige mag wat geen tekort aan geld sal hê nie, goed toegerus en gespesialiseerd).
- Daar is baie volke saam met jou, ook Gomer en Bet-Togarma, hulle kom van ver uit die noorde, met al hulle soldate. Jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is, sal baie wees, julle sal die land toemaak soos ’n wolk.” (Hy sal ‘n leier wees wat ander lande sal oproep tot oorlog m.a.w. hy sal mag hê om beheer uit te oefen oor ander lande, koalisieleier)
- Dan sal jy na ’n land gaan wat van oorlog herstel het. Daardie land se mense is bymekaargemaak uit al die nasies om op die berge van Israel, wat lank verlate gelê het, te bly…. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Die dag as my volk in vrede leef, sal jy jouself gereed maak. Dan kom jy met al jou ruiters en soldate van jou land af in die verre noorde, jy en baie ander nasies. (Profesieë toon dat die Israeliete van oor die wêreld weer sal terugkeer na Israel, daar sal vrede wees in Israel, niemand sal hierdie aanval op hulle verwag nie)
- Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis sal vra: ‘Het jy kom plunder? Het jy jou soldate bymekaargemaak om die vee weg te dryf en die besittings te vat, die goud en silwer as buit weg te dra? (Daar sal lande wees wat “Gog” se optrede sal bevraagteken, hulle motiewe is om te plunder, te steel, moor en te vat wat hulle wil omdat hulle glo Israel is kwesbaar en swak)
- Jy sal die land soos ’n wolk toemaak. Dit gebeur in die verre toekoms. Ek gaan jou teen my land bring terwyl almal kyk, Gog, sodat die nasies sal sien hoe Ek myself as die Heilige deur jou openbaar. (As Gog toeslaan sal die oorlog Gog laat besef dat die Here die heilige is en die ander nasies tot die erkenning bring dat die Here God is).
- In my brandende woede belowe Ek dat daar ’n groot aardbewing in die land Israel sal wees. Die vis, voëls en diere, alles wat beweeg en al die mense sal voor My bewe. Berge sal omgegooi word, kranse sal inmekaarstort en mure sal omval. Ek stuur ’n swaard teen Gog op my berge, sê die oppermagtige Here. Elkeen sal teen sy broer baklei. Dan straf Ek jou met siekte en dood. Ek stort wolkbreuke, hael, vuur en brandende swael uit oor jou en jou soldate en die baie nasies saam met jou. So wys Ek hoe groot en heilig Ek is. Baie nasies sal My leer ken. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is. (God gaan ingryp en hom verslaan met ‘n kosmiese oorlog, soldate sal teen mekaar draai, mens kan hier aanneem dat die lande wat gekom het om te help teen mekaar sal staan, siekte sal ook deur God gebruik word om baie te dood).
- Jy sal sterf op die berge van Israel, jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is.
- Die mense wat deur die land wil gaan, kom daar verby. Maar wanneer die graf daar is, dan sal die mense nie meer daar kan verbygaan nie. Hulle sal die plek noem ‘Die vallei van Gog se soldate.’
- Die manne wat die bene moet begrawe, sal dit sien en hulle sal dit gaan begrawe in die vallei van Gog se soldate.
- Julle sal die perde en die manne van die oorlogkarre eet, ook die soldate en almal wat oorlog gemaak het.
- Daarom het Ek my gesig weggedraai van hulle en Ek het hulle vir hulle vyande gegee, sodat hulle almal in oorlog gesterf het.
- Die Here het dit gesê: “Julle moet gereedmaak en julle moet gaan oorlog maak. Roep die soldate, al die soldate moet kom en hulle moet gaan oorlog maak. ’n Man wat nie sterk is nie, moet ook sê: ‘Ek is ’n soldaat!’
- Derduisende mense wag in die laagte in afwagting vir die uitspraak. Dit is hier waar die Dag van die Here binnekort sal aanbreek. Die son en maan sal verdonker. Die sterre sal nie meer skyn nie. Die Here sal brul uit Sion…
- Die groot dag van die Here is naby, dit is baie naby, dit kom gou. Dit sal ’n baie slegte dag wees, en die soldate sal skree. Op daardie dag sal die Here kwaad wees.
- Hulle sal kom en hulle sal die sterk mure en die hoë torings van die stede aanval.
- Al die volke van die aarde sal probeer om oorlog te maak teen Jerusalem, maar daardie dag sal Ek die perde laat skrik.
- Dan sal die leiers van Juda dink: Die mense van Jerusalem kan so goed oorlog maak omdat die Here hulle help, die Here wat oor alles regeer.
- Dit sal lyk of die Engel van die Here voor hulle loop. “So sal Ek daardie dag begin om al die volke dood te maak wat altyd kom oorlog maak teen Jerusalem.
- Maar dan sal die Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het. Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, en die Olyf-berg sal oopskeur.
- Die mense van Jerusalem sal veilig daar woon, en die vyande sal nie weer die stad verwoes nie. Die Here sal die volke swaar straf wat oorlog gemaak het teen Jerusalem. Die vleis van hulle liggame sal vrot word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge sal vrot word in hulle monde. Dieselfde sal gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die vyande se kamp is. (Party mense glo dis 'n atoombom, maar ek glo dat dit eerder verwys na 'n pessiekte ).
- Ook die mense van Juda sal oorlog maak teen Jerusalem. Maar die mense van Jerusalem sal die goed van al die ander volke rondom hulle bymekaarmaak en vat: baie goud en silwer en klere. Die mense van die volke wat oorlog gemaak het teen Jerusalem, sal nie almal dood wees nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking