06 Oktober 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) OOR STRAF/SWAARKRY VAN DIE MENS



In daardie tyd sal mense baie swaar kry. Tot vandag toe het niemand
so swaar gekry nie, van  die begin af toe God alles gemaak het, tot nou
 toe.  Niemand sal weer so swaar kry nie

Openbaring 6 (Die vrees wat hierdie goddeloses oorval met die laaste oordeelsdag is verskriklik)
  • Die konings, belangrike mense, generaals, ryk mense, die wat oor ander regeer, die slawe en die wat nie slawe is nie, hulle almal het gaan wegkruip in grotte en tussen die rotse op die berge. Hulle het vir die berge en rotse gesê: “Julle moet op ons val, (vrees!) Ons wil nie hê dat God ons moet sien nie. Ons wil nie hê dat die Lam ons moet straf nie
Openbaring 9
  • Hulle mag net die mense seermaak wat nie God se merk op hulle voorkoppe het nie God het vir die sprinkane gesê hulle mag doen wat skerpioene op die aarde doen. (pynig die mens), vyf maande lank, maar hulle mag nie daardie mense doodmaak nie. Wanneer dit gebeur, dan sal die mense wens dat hulle sterf, maar hulle sal nie sterf nie.
  • Die eerste swaarkry is verby, maar daar kom nóg twee tye wanneer mense sal swaarkry! God het die mense gestraf (om hulle tot inkeer te bring).
  • Die perde het hulle bekke en hulle sterte gebruik om mense seer te maak. Hulle sterte was soos slange, hulle sterte het koppe gehad en dit het die mense seergemaak.
Openbaring 13
  • Ja, die mense wat aan God behoort, moet geduldig wees wanneer hulle swaarkry, hulle moet aanhou glo! (Gelowiges se liggame sal vernietig word maar nie hulle siele nie, hou moed!). Oral waar jy ‘n valse invloedryke “godsdienstige” (iemand wat leiding neem vir kerk, bv die pous) kry sal hy nie antichristelike regerings of bedrywighede teenstaan nie!
  • Die dier het die merk vir mense gegee sodat niemand iets kon koop of verkoop as hy nie die merk het nie. (Die dier is gedurig besig om die kerk te vervolg en gelowiges sal verdruk en verstoot word, hulle is diegene wat uitgedruk word veral met handeldryf en met die eindtyd sal hierdie teenstand teen Christene vererger en ondraaglik wees.  Ongelowiges ontvang ‘n merk, gelowiges ontvang ‘n seël – dit gee ons moed).
Openbaring 14
  • ’n Derde engel het gekom. Hy het hard geskree en gesê: “God sal die mense straf wat die dier (die wêreld) en sy beeld aanbid, die mense wat die dier se merk op hulle voorkoppe of op hulle hande het! Hy sal hulle straf en Hy sal vir hulle die beker van swaarkry laat drink. (Terwyl mense aanhou om Satan te volg sal hulle swaar gestraf word).
  • Die mense wat aan God behoort, moet geduldig wees wanneer hulle swaarkry, (volhard in beproewings) hulle wat doen wat God se wette sê en wat aanhou om in Jesus te glo. En ek het die stem gehoor.
  • Hy het hard geskree vir die Persoon wat op die wolk sit en gesê: “Dit is nou die tyd om die mense te straf! (Finale oordeel) U moet hulle straf soos wanneer ’n mens koring afsny. Die oes op die aarde is ryp!” En die Persoon wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde geswaai en Hy het afgesny.
Openbaring 16
  • Die vyfde engel het sy bak op die troon (middelpunt van antichristelike regerings) van die monster uitgegooi, en sy koninkryk is in duisternis gedompel. Die mense het hulle tonge begin byt van die pyn. (Die wat die bose volg sal alles verloor op die einde, dit sal “nag” word vir hulle, nie net fisies nie maar ook in hul besighede/bedrywighede ens. Hulle sal alle hoop verloor)
  • Ek het gehoor Hy sê vir die sewe engele: “Julle moet gaan en julle moet die sewe bakke op die aarde gaan uitgooi, my straf is in daardie sewe bakke!”
  • Die sewende engel het sy bak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die troon sit, het hard gepraat. Hy het uit die tempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!”
  • God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde (afgodsdiens) gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die beker van swaarkry gegee om te drink. (Al die swaarkry wat op die mens kom verdien hulle die bloed wat hulle vergiet sal God vir hulle gee om te drink Open 16:6)
Matteus 24 (“en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?”)
  • Hierdie dinge is die begin, julle sal dan begin om baie swaar te kry.
  • Mense sal die gelowiges verdruk
  • In daardie tyd sal mense baie swaar kry. Tot vandag toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak. As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd aanhou lewe nie.
  • En die volke van die aarde sal huil en treur. Almal sal My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen
2 Petrus 3 (Wat sal gebeur wanneer die Here weer kom)
  • In die laaste dae van die wêreld sal daar mense kom wat baie sal spot met ander mense. Hulle sal spot en hulle sal die slegte dinge doen wat hulle graag wil doen
  • Die mense wat spot, sal hierdie dinge sê, want hulle wil nie onthou dat die hemel lank gelede klaar daar was en dat die aarde uit die water gekom het nie.
1 Thesalonisense 5
  • Die mense sal sê: “Daar is nou vrede en ons is veilig,” en dan sal dit skielik baie, baie sleg gaan met daardie mense. (Net as mense dink die lewe is lekker dan oorval hulle ondergang hulle)
Daniël 11
  • Tydens daardie vervolging sal hulle darem ’n bietjie hulp van baie mense kry. Ongelukkig sal sommige mense wat hulle kom help, se motiewe nie heeltemal suiwer wees nie. Party van die goeie leiers sal doodgemaak word. Dit alles sal die volk net sterker en meer vasberade maak om voluit vir God te leef. Hierdie vervolging sal aanhou tot die tyd kom wat God bepaal het.
Daniël 12
  • “In daardie tyd sal Migael kom. Hy is die groot engel wat jou volk moet beskerm. Die mense sal in daardie tyd baie swaar kry, die volke het nog nooit so swaar gekry nie.
  • Ek het gehoor die man met die linne-klere hou sy twee hande op na die hemel en hy vra die God wat altyd lewe om sy getuie te wees. Die man het gesê: “Drie en ’n half jaar lank. Die wonderlike dinge sal ophou wanneer die gewyde volk klaar swaargekry het.”
Lukas 21 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Mense sal baie swaar kry.
  • Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat.
  • Vyande sal Jerusalem verwoes en die gelowiges verdruk
  • Want dit sal ’n tyd wees wanneer God die mense van Jerusalem sal straf, sodat alles kan gebeur wat in die Ou Testament geskryf is
  • Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat babas verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Want die mense in die land Judea sal swaarkry, God sal dan begin om hulle swaar te straf.
  • En hulle sal ander mense vang en wegvat na al die ander volke van die wêreld. Ander mense sal in Jerusalem kom woon en hulle sal die stad ontwy. En al hierdie dinge sal aanhou totdat die tyd kom wanneer die Here die volke sal straf.”
Markus 13 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Mense sal die gelowiges verdruk
  • Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat ’n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Julle moet bid dat hierdie dinge nie in die winter gebeur nie.
  • In daardie dae sal mense baie swaar kry. Tot nou toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak.
Jesaja 24   (‘n Swaar donker prentjie wat vir die mense in die eindtyd geskilder word)
  • Daarom sal dit sleg gaan met die mense in die land, die Here sal hulle straf.
  • Al die mense sal huil, die mense wat altyd vrolik was nadat hulle wyn gedrink het.
  • Daar sal nie meer vrolike musiek van tamboeryne en liere wees nie. Die mense wat feesgevier het en geraas het, sal stil wees. Hulle sal nie meer wyn drink en sing nie, en die bier sal bitter smaak.
  • Die stad sal net ’n hoop klippe wees, daar sal nie mense woon nie, die huise sal tóé wees, niemand sal daar kan ingaan nie.
  • Op die strate sal die mense huil omdat daar nie wyn is nie. Niemand sal vrolik wees nie, niemand op die aarde sal vrolik wees nie. Alles in die stad sal verwoes wees, die poorte sal stukkend lê.
  • Julle wat op die aarde woon, julle sal baie bang word, julle sal in vang-gate val en hulle sal julle met vangnette vang.
Jesaja 66 (Maar vir die wat die swaarkry veroorsaak, sal God vergelding van neem)
  • Almal sal sien die Here is by sy dienaars, maar Hy is kwaad vir sy vyande. Die Here sal sy vyande straf Ja, julle moet kyk, die Here sal kom. Hy sal kom, Hy sal sy oorlogkarre bring en Hy sal kom.
Jeremia 30 (Israel sal dit die moeilikste van almal vind)
  • “Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so ’n dag nie, hulle kry swaar , maar Ek sal hulle red.”
Joël 3
  • Ek sal die volke straf wat naby woon. Dit is nou die tyd om hulle te straf. Daar is baie slegte mense vir wie Ek sal straf! (die vernietiging en straf van vyand bring besef van veiligheid by Sy kinders) Daar sal baie mense wees, baie mense, op daardie plek waar die Here die mense sal oordeel.
  • Niemand sal in Egipte kan woon nie. Edom sal ’n woestyn word, niks sal daar kan lewe nie, want die mense van Egipte en Edom het wrede dinge gedoen aan die mense van Juda, hulle het die mense van Juda vermoor. Maar in Juda en Jerusalem sal altyd mense woon. Ek sal die mense straf wat Ek nog nie gestraf het nie. Ek sal hulle straf, want hulle het mense  vermoor, en Ek, die Here, sal in Jerusalem woon.” (Oneheil tref vyande)
2 Timoteus 3
  • Al die mense wat aan Christus Jesus behoort en wat wil lewe soos God wil hê, sal swaarkry, en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking