AS SIEKTE EN
PESTE MENSE NIE TOT INKEER SAL BRING NIE WAT SAL?
Openbaring 16
- Die eerste engel het gegaan en hy het sy bak op die aarde uitgegooi. Toe het daar lelike en slegte sere gekom op al die mense wat die merk (Gelowiges ontvang 'n seël) van die dier het en wat sy beeld aanbid. (Vir gelowiges is hierdie beproewings van die vlees nooit skale van grimmigheid nie maar dit tas net die aan wat Satan volg, m.a.w. gelowiges weet hoekom hulle swaarkry en hoekom dinge met hulle gebeur en hulle hanteer dit met die leiding van die Heilige Gees Rom 8:26-28) (Ongelowiges gaan bitter swaar kry, gelowiges het God wat vir hulle genesing kan bring).
- Die vyfde engel het sy bak uitgegooi op die troon (middelpunt van antichristelike regerings) van die dier. God se straf was in die bak. Toe het dit donker geword op al die plekke waar die dier koning was, en die mense op daardie plekke het so baie pyn gehad dat hulle almal hulle tonge stukkend gebyt het. Hulle was kwaad omdat hulle pyn en sere gehad het, en hulle het vir God gelaster, die God van die hemel. (Die wat Satan volg sal swaar straf verduur)
- Ek sal nooit huil en treur nie!’ Daarom sal Ek haar op een dag baie maal straf: Sy sal pes kry. (Die wie hulle harte op die wêreld plaas sal ook haar strawwe kry)
- Baie mense sal siek word en sterf.
- Ek sal pes en dood, reën-storms en hael stuur om hom te straf (God sal siekte, pes en die kosmos inspan teen Gog se mag).
- Ja, die Here sê: “Julle seerplekke word nie gesond nie, julle sal miskien daarvan sterf. Almal sê julle is skuldig, niemand help julle nie, julle seerplekke word nie gesond nie. Almal wat lief was vir julle, het vir julle vergeet, hulle soek julle nie. Want Ek het julle geslaan soos ’n vyand,
- Die vleis van hulle liggame sal vrot word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge sal vrot word in hulle monde. Dieselfde sal gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die vyande se kamp is. Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak. (As ons Esegiël lees kan hierdie dalk geinterpreteer word as ‘n pessiekte, maar baie glo dat hierdie ook kan verwys na ‘n atoombom aanval).
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking