30 September 2016

EINDTYDVOORSPELLINGS (PROFESIEë) WAT WAARSKU VAN MOORD EN DOODSLAG

             Jesaja 24:20 Die sonde van die aarde sal te swaar wees om te dra. Die aarde 
                                                          sal val en nie weer opstaan nie.
  
Mense word vermoor en doodgemaak van die begin af maar dit sal ons nie ontneem word in die einde van dae nie, inteendeel dit sal erger wees as nog ooit te vore, die wêreld vervolg die kerk tot op die einde. Dis die pad wat die kerk moet stap na die ewige heerlikheid

Openbaring 6
  • God het vir hom (die een op die rooi perd) gesê hy mag die vrede van die mense op die aarde wegneem sodat hulle mekaar sal doodmaak.  God het vir hom ’n groot swaard gegee (Godsdienstige vervolging, die rooi perd volg die wit een- d.w.s. wanneer Christus Sy verskyning maak, ongeag watter tydperk, volg die swaard, lees ook Matt 10:34)
  • Die doderyk het saam met hom gegaan. God het vir Dood en vir die doderyk gesê hulle mag ’n kwart van al die mense op die aarde doodmaak met oorloë en honger en pes en wilde diere. (die grys/groen perd – dood deur siekte, pes, honger en oorlog maar die grense van hierdie ellende is vasgestel deur God. Lees ook Eseg 14:21 – Let op na die volgorde van hierdie na oorlog kom hongersnood, dan pes so asof dit oordele is wat mekaar volg).
  • Die mense het daardie gelowiges doodgemaak omdat hulle geglo het wat God sê en omdat hulle vir ander mense vertel het wat hulle glo. (Christene wat onthoof of doodgemaak word omdat hulle kinders van God is. Maar soos ons sien moet hierdie dienaars wag tot almal wat op hierdie manier moet sterf voltallig is, dan sal God Hom wreek. Interessant is dat hier genoem word dat wanneer hierdie getal vol is sal die oordeel kom, m.a.w. oordeelsdag word uitgestel tot die laaste een wat bestem is om so te sterf, gesterf het).  
Opebaring 13 
  • God het gesê die dier uit die aarde (Valse godsdienste) mag die beeld  van die dier uit die see (Antichristeike regerings) laat lewe. Die beeld kon toe praat, (God laster) en as mense nie die beeld wou aanbid nie, dan het die dier hulle laat doodmaak. (Vervolgers van Christene – Antichriste, gelowiges se liggame mag vernietig word maar nie hulle siele nie).
Openbaring 17
  • Ek het gesien dat die vrou (hoer) dronk is, (die wêreld word dronk van misleiding deur seksuele verleidings) want sy het die bloed gedrink van die mense wat aan God behoort, die mense wat gesterf het omdat hulle in Jesus glo. (Net nog ‘n teken dat Christene tot die einde van die wêreldgeskiedenis uitgemoor sal word).
Matteus 24 (“en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?”)
  • Dan sal mense julle vir ander mense gee (verraaiers), en daardie mense sal julle verdruk en doodmaak.
Daniel 11 (Die koning van die Noorde blyk ‘n vors of gesamentlike mag te wees wat net voor die wederkoms globale vernietiging te weeg sal bring.)
  • Hy sal deur die mooi land van Israel trek en baie sal doodgemaak word. …Hy sal woedend uittrek om baie te gaan vernietig en dood te maak. (‘n Woedende, vernietigende vors wat alles en almal sal vertrap wat in sy pad staan)… ’n Berig uit die ooste en die noorde sal hom dan ontstel. Hy sal woedend uittrek om baie te gaan vernietig en dood te maak. (Is hierdie koning van die noorde dalk die illuminati/New Age?).
  • Hy (die koning van die noorde) sal dié wat reeds die rug vir God gedraai het, met vleitaal aan sy kant kry, maar die mense wat God dien, sal sterk staan teen hom. Van die verstandige leiers sal aan die volk die regte leiding gee. Maar ook hulle sal vir ’n tyd lank doodgemaak, verbrand, beroof en in die tronk gegooi word. …. Party van die goeie leiers sal doodgemaak word.
Lukas 21 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat. Hulle sal party van julle ook doodmaak.
  • Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat babas verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Want die mense in die land Judea sal swaarkry, God sal dan begin om hulle swaar te straf. Die vyande sal party mense van Judea doodmaak.
Markus 13 (Vraag aan Jesus oor eintyd)
  • Een broer sal ’n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal ’n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal opstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak.
Jesaja 24   (Jesaja praat van die dag wat die Here die mense sal straf, maar die tyd wat hierdie oordeelsdag vooraf gaan sal daar min mense op die aarde oor wees).
  • Daarom sal die mense in die land minder word en daar sal min mense oorbly.
Jesaja 66 (Oordeelsdag)
  • Die Here sal sy vyande straf Ja. Die Here sal kom in vuur om al die mense te straf. Hy sal hulle doodmaak met Sy swaard. Hy sal baie mense laat sterf.
Esegiel 38 (Die oorlog van alle oorloë)
  • Dit het die Here gesê,  “Gog se soldate sal mekaar doodmaak. (Op die einde sal die een wat kom om God se kinders dood te maak teen hulleself draai)
Sagaria 14 (Wanneer hierdie gebeur sal die Here op die Olyfberg staan)
  • Die vleis van hulle liggame sal vrot word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge sal vrot word in hulle monde….. Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak, hulle sal mekaar gryp en doodmaak.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking