24 Oktober 2016

ARMAGEDDON

  •  Al die dele wat verwys in die Bybel na die eindtyd of laaste oorlog speel af rondom die berg Sion.
  • ‘n Geweldige sterk militêre mag wat sal optrek vir oorlog, alhoewel daar weerstand teen hierdie mag sal wees sal dit glad nie ‘n doeltreffend poging wees nie. God sal hierdie mag toelaat Hy sal in beheer wees van alles omdat Hy die mense sal mobiliseer na die oordeelsoomblik toe. Bloed, vuur en rook dui op ‘n geweldige oorlog. Dit sal die grootste militêre byeenkoms van die ganse geskiedenis wees. Baie bloed sal vloei en natuurlik sal Israel weer die middelpunt van hierdie oorlog wees, daar sal wel lande wees wat aangeval gaan word, wat sal ontkom uit sy greep.  Hierdie mag sal vat wat hulle wil hê en met geweld sal lande onder hulle gewerp word. As enige iemand probeer om hulle teë te staan sal die gevolge rampspoedig wees.  ‘n Oorlog wat verseker nie in ‘n kort tyd sal afspeel nie maar oor jare sal verloop.  En dan eindig die oorlog in ‘n hofsaak met God as regter. Hierdie mag sal verslaan word om nooit weer op te staan nie, dan is dit die einde.
  • Na die aanloop van hierdie oorlog het die antichris ook hier ‘n groot rol te speel, hulle sal die weg voorberei om die kerk sy laaste doodskoot te probeer gee, satan, regerings, valse godsdienste alles dinge uit die hel gebore en aangevoer om God te vernietig. Die Antichriste sal in elke groot oorlog wat in eindtye gaan voorkom ‘n rol speel.
  • Natuur word ingespan, aarbewings, son en maan word donker – net soos wat God die aarde seën met reën net so seën Hy die mense met Sy Gees wat Hy uitgestort het, die natuurverskynsels is alles dinge wat die koms van Jesus vooraf gaan, weerligstrale, donderweer, tsunamies, swaar hael en sterre wat nie meer sal skyn nie.
  •  Oordeel  - God gaan wel mense kans gee om tot bekering te kom maar op die einde oordeel Hy finaal en met woede.
  • Vrede, almal sal vry word wat die Here aanbid, Jerusalem sal erken word as die stad van God, ‘n nuwe plek waar God dan tot oorvloed sal voorsien.
Open 16
Open 14
Joël 2
Joël 3
Sag 6
Daniël 11
12Die sesde engel het sy bak uitgegooi op die groot Eufraat-rivier. God se straf was in die bak. Al die water van die rivier het opgedroog, en toe was die pad gereed vir die konings wat van die Ooste kom. (Die pad word gereed gemaak vir die antichris)
1En ek het gekyk en gesien die Lam staan op Sionsberg! Saam met Hom was daar 144 000 mense. Die Naam van die Lam en die Naam van die Vader was op hulle voorkoppe geskryf.
1Julle moet die ramshoring
blaas en hard skree
op my gewyde berg Sion.

1Die Here sê:
“In daardie tyd sal Ek dit weer goed laat gaan in Juda en in Jerusalem. 2Ek sal al die volke
bymekaarmaak
en Ek sal hulle vat na die Josafat-vallei.
Daar sal Ek die volke straf oor wat hulle gedoen het
aan my volk, die Israeliete wat aan My behoort. (God gaan nou die nasies oordeel oor al die verkeerd wat hul oor God se kinders gebring het)
1Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het vier oorlogkarre gesien. Die  oorlogkarre het tussen twee berge uitgekom. Die berge was van koper. 2Voor die eerste oorlogkar was rooi perde, en voor die tweede oorlogkar was swart perde. 3Voor die derde oorlogkar was wit perde, en voor die vierde oorlogkar was grys perde.
40“Later sal die koning van die suide oorlog kom maak teen die koning van die noorde. Maar die koning van die noorde sal oorlogkarre en soldate op perde en skepe bring en hulle sal soos ’n watervloed deur die lande vloei. 41Hy sal in die pragtige land kom en hy sal baie mense doodmaak. Maar hy sal nie die land Edom vat nie, ook nie die land Moab en die land van die Ammoniete nie.
13En ek het drie onrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die draak en die dier en die vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas 14en hulle was die geeste van duiwels. Die drie geeste het tekens gedoen en hulle het na al die konings op die aarde gegaan en gesê die konings moet saamkom om oorlog te maak op die belangrike dag, die dag van God, God wat alles kan doen. (3 onrein geeste is antichristelike godsdiens, antichristelike regerings en Satan)
7Die engel het hard geskree en gesê: “Julle moet vir God respekteer, want Hy gaan nou die mense oordeel!
2Dit sal daardie dag
baie donker wees,
die wolke sal swart wees. Die sprinkane
sal soos baie en sterk soldate
oral op die berge wees en hulle sal alles donker maak.
Soos die lig in die oggend oor die berge kom, so sal die sprinkane oral op die berge  wees Daar was nog nooit so baie sprinkane nie en daar sal nooit weer so baie wees nie. (2 simboliese betekenisse – oorlog en vernietigende plaag)
7Nou sal Ek my mense laat terugkom van die plekke waarnatoe hulle gegaan het
toe julle hulle verkoop het. Ek sal julle straf oor alles wat julle met my volk gedoen het. 8Ek sal julle seuns
en dogters verkoop
aan die mense van Juda, en hulle sal julle seuns en dogters verkoop
aan die mense van Skeba, die volk wat ver van hier woon.”
Die Here het dit gesê. (God sal dat geregtigheid geskied oor Jerusalem lees ook Jes 60:14)
5Die engel het vir my gesê: “Die oorlogkarre kom van die Here van die hele aarde, (Oordeel, straf) en nou gaan hulle na die noorde, die suide, die ooste en die weste. 6 Die kar met die swart perde gaan na die land in die noorde, en die kar met die wit perde gaan ook daarnatoe. Die kar met die grys perde gaan na die land in die suide.” 7 Die grys perde wou oral op die aarde gaan, en die engel het gesê: “Gaan! Gaan oral op die aarde!”
Hulle het toe na al die plekke op die aarde gegaan. 8Die engel het vir my geskree en gesê: “Kyk, die oorlogkar wat na die land in die noorde gaan, neem die Gees van die Here (oordeel) saam na daardie land.”
42“Die koning van die noorde sal baie lande vat, en hy sal die land Egipte ook vat. 43Die koning van die noorde sal al Egipte se mooi goue en silwer goed vir homself vat (Sal ‘n houvas op baie land he). Hy sal ook die mense van die land Libië en die mense van die land Kus oorwin.
15Ja, die Here Jesus het gesê: “Ek sal weer kom! Ek sal kom soos ’n dief kom, niemand  sal weet wanneer Ek kom nie. As jy gereed is wanneer Ek kom, dan is jy ’n gelukkige mens! Ja, jy moet gereed wees!
19Die engel het sy sekel oor die aarde geswaai en hy het die druiwetrosse afgesny. Hy het dit in die groot parskuip gegooi. Die parskuip beteken dat God baie kwaad is vir die mense en dat Hy hulle baie swaar sal straf. 20Die parskuip was buite die stad, en die engel het die druiwe in die parskuip getrap. Die bloed het by die parskuip uitgevloei. Dit was so diep dat dit tot by die perde se tome gevloei het. Die bloed het 1 600 stadioi ver gevloei.
3Waar die voorste sprinkane vreet,
lyk dit of ’n vuur alles afbrand,
en wanneer die agterste sprinkane
weggaan, dan is die veld so kaal soos wanneer dit afgebrand het.
Voordat die sprinkane kom, lyk die veld soos ’n baie mooi tuin, en wanneer hulle weggaan, dan lyk die veld soos ’n woestyn. Niks kan daar lewe nie. Daar bly niks oor nie.
9Julle moet vir die volke skree en sê:
“Julle moet gereedmaak
en julle moet gaan oorlog maak. Roep die soldate, al die soldate moet kom en hulle moet gaan oorlog maak 10 …’n Man wat nie sterk is nie,
moet ook sê:
‘Ek is ’n soldaat!’ (Die oorlog eindig in ‘n hofsaak met God as die Regter)


44Maar dan sal hy slegte nuus kry uit die ooste en die noorde. Hy sal skrik en kwaad word en teruggaan om baie mense dood te maak. 45Hy sal sy tente opslaan tussen die Middellandse See en die mooi berg waar die tempel staan. Maar hy sal daar sterf, en niemand sal hom kan help nie.”
16Die drie onrein geeste het die konings bymekaargebring by die plek Armageddon. Armageddon is ’n Hebreeuse naam.

4Die sprinkane lyk soos perde, hulle hardloop soos vinnige perde.
5Hulle raas soos wanneer oorlogkarre oor die berge jaag,
hulle raas soos wanneer kaf in ’n vuur brand, soos wanneer baie soldate aankom om oorlog te maak.
11Die volke wat daar naby woon,
moet gou maak en bymekaarkom,
en die Here moet sy soldate bring.(Straf en oordeel oorlog)
12Die volke moet na die Josafat-vallei kom, want daar sal Ek die regter wees.Ek sal die volke straf wat naby woon.


17Die sewende engel het sy bak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die troon sit, het hard gepraat. Hy het uit die tempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!”

6Al die volke bewe
wanneer die sprinkane kom,
almal skrik,
en hulle gesigte word bleek.
7Die sprinkane hardloop
soos soldate wat kom oorlog maak,hulle klim bo-oor die stad se mure.
Elkeen gaan reguit vorentoe,
hy draai nie links of regs nie.
13Dit is nou die tyd om hulle te straf. Die volke is soos koring wat ryp is.
Bring die sekel
en sny hulle af!
Trap die druiwe,
want die parskuip is vol, dit loop oor.
Daar is baie slegte mense vir wie Ek sal straf!



18Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is.

8Hulle stamp nie teen mekaar nie,elkeen loop op sy eie pad. Die mense gooi baie sprinkane
met klippe dood, maar die ander sprinkane staan nie stil nie.(Sal weerstand kry maar dit sal niks help) 9Hulle hardloop in die stad in, hulle hardloop oor die mure, hulle klim teen die huise op, hulle klim soos diewe deur die vensters.
14Daar sal baie mense wees, baie mense, op daardie plek waar die Here die mense sal oordeel. Die dag van die Here is naby, die dag wanneer Hy die mense sal oordeel. 15Die son en die maan sal donker word, die sterre sal nie meer skyn nie.
(die oordeel, let op hier word dit donker in Sag 14 wat 3deW oorlog uitbeeld bly dit lig)


20En al die eilande en die berge het verdwyn. 21Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het

10Wanneer die sprinkane kom,
dan bewe die aarde
en skud die hemel.
Dan word die son
en die maan donker,
en die sterre skyn nie meer nie.


16Die Here sal hard praat uit Jerusalem,
so hard soos ’n leeu wat brul. Die hemel en die aarde sal bewe, maar die Here sal sy volk beskerm. Die Israeliete sal veilig wees by Hom.
17Dan sal julle weet dat Ek, die Here, op Sionsberg woon.
Ek is julle God die Here, en Sion is my gewyde berg.ees.
Vyande sal nooit weer deur die stad gaan nie.”




11Dit is die Here self wat die sprinkane bring.
Die sprinkane is sy soldate,(God is in beheer van die hele proses) en Hy roep hulle om te kom.
Hulle is baie soldate en hulle is sterk,en hulle almal luister na Hom.Ja, die dag van die Here is ’n vreeslike dag!
12 – (God rig beroep op mense om tot bekering te kom)
18“In daardie tyd n,
daar sal baie wyn en melk wees, dit sal teen die berge en die heuwels afloop. ….. 21Ek sal die mense straf
wat Ek nog nie gestraf het nie.
Ek sal hulle straf, want hulle het mense vermoor, en Ek, die Here,
sal in Jerusalem woon.”




15Julle moet die ramshoring blaas op Sionsberg. Julle moet ’n dag aan die Here wy, en almal moet op daardie dag vas. Julle moet al die mense roep om bymekaar te kom. (Bekeer julle)





20Die sprinkane het julle aangeval
soos julle vyande
wat altyd van die noorde kom. Maar Ek sal die sprinkane wegvat,
ver weg van julle.Ek sal hulle wegjaag na ’n droë land. Niks kan daar lewe nie. Die sprinkane wat voor is, sal in die Dooie See val, en die sprinkane wat agter is, sal in die Middellandse See val. Hulle sal vrek en stink.” (God beloof herstel)





Wanneer dit alles gebeur het, dan sal Ek my Gees gee vir al die mense.
Julle seuns en julle dogters sal profete wees. Die ou mense en die jong mense sal droom en sien wat later sal gebeur.
29Ek sal in daardie tyd my Gees ook vir slawe en slavinne gee. 30Ek sal vir die mense tekens wys. (Jesus het hierdie verhouding kom hestel – die voortekens wat die dag van die Here voorafgaan met reën op aarde stort Hy ook sy Gees uit)





Daar sal bloed op die aarde wees,
en vuur en rook in die lug. 31Die son sal donker word,
en die maan sal rooi word. Dan sal die dag van die Here
kom, die groot en verskriklike dag.aAlmal wat nog lewe, sal vry word in Jerusalem,
op Sionsberg.” (Bloed vuur en rook dui op oorlog maar ook op verskyning van die Here Gen 15:17 tekens van heil en nie onheil)



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking