25 Oktober 2016

3DE WêRELD OORLOG

  •  Daar is ‘n beroep op almal om uit te sien na die dag van die Here, (Sagaria doen hierdie beroep op mense om hulle hoop te gee omrede daar nog 'n groot oorlog wag (Armaggeddon) waar God op Sionsberg sal staan.)
  •  As die 3de wêreld oorlog uitbreek staan God op die Olyfberg en verslaan Sy vyand – hier sal mense nie baklei vir grond, vir mag of vir hulpbronne nie, hulle hoofdoel gaan wees om God en Sy vervolgers uit te roei. Hierdie oorlog staan teenoorgesteld van die een op die Sionsberg (Armaggeddon).  Met die 3de wêreldoorlog is die son en maan nie donker en duister nie maar hier is dit lig met geen oordeel wat volg nie.
  • God sal oorlog voer teen die wat optrek teen Israel en Hy sal Sy hemelse leërmag gebruik soos wat Hy gedoen het in Jesaja 37:36. Dit sal een geweldige groot globale militêre mag wees wat vir ‘n tydperk hulleself sal voorberei en gereed kry, om tot die aanval oor te gaan met verrigtinge wat ‘n aanloop sal neem. Die fokuspunt sal wees om Israel te vernietig, waar hulle in ‘n staat van vrede sal leef, Jode sal terug gekeer wees in Israel en rustigheid sal heers en dan sal hierdie globale mag onverwags opstaan met arrogansie en hoogmoed om te vernietig nie uit edele attensies nie maar om te vat, te heers en God se kinders te vernietig. ‘n Mag wat kom om te plunder, te vertrap uit eiewaan gedryf deur haat. Dis ‘n oorlog waar soldate teen mekaar sal draai en pessiekte  mens en dier sal uitdelg, selfs hulle tuislande waar hulle vandaan kom sal swaar deurloop onder “vuur” (miskien burgeroorloë wat die uitbeelding gee van vuur en swael soos ander plekke noem, of vuur uit die hemel sal op hul lande kom soos Openbaring 20 noem). Al die lande sal nie die optrede van die globale mag goedkeur nie en hulle uitspreek teen die onsinnige optrede. Die oorlog gaan nie so goed uitdraai vir die aanvallers nie met God se kinders wat as die oorwinnaars sal uitree, die globale sterk mag word verslaan en word ‘n nekslag toegedien met geweldige groot verliese nie net van lewens nie maar ook van toerusting en wapentuig. Dis ‘n oorlog waar God die eer sal kry, iets wat die aanvallers gekom het om te vernietig.
  • God sal selfs die natuur inspan om die vyand te verslaan met aardbewings, reën en hael, self vuur word beskryf maar dit kan gesien word as vuur uit oorlogsvoertuie of uit hemel.
  • Na afloop van hierdie oorlog sal daar voorspoed vir die lande wees wat God aanneem en straf vir die wat nogsteeds hul rug op Hom gaan draai. Dis nie ‘n oorlog waar oordeel volg nie maar wel waar God, Sy leërmag en Sy vervolgers as oorwinnaars sal uittree. Baie sal tot bekering kom en God sal die erkenning en vereering kry wat Hom toekom.
  • Mens kan nie hierdie oorlog  bespreek sonder om Openbaring 20 in ag te neem nie omdat hier ook gepraat word van die Gog en Magog met ‘n hele paar ooreenkomste as met die in Esegiël 38/39. Johannes openbaar dat die verwysing hier van Gog en Magog ‘n aanslag is wat uitbeelding gee aan die werke van Satan oor die geskiedenis heen teen Christus en teen Christene maar dus kan ons vertrou dat hierdie geskiedenis ook ingetrek word in die eindtyd waar die oorloë wat in die toekoms gaan afspeel  ook Antichris aanslagte sal wees. Net soos in die laaste oorlog – Armaggeddon,  sal hierdie een ook aangevoer word deur die Antichris beplan uit die hel teen God en teen Christene.
Sagaria 14
Esegiel 38

Esegiel 39

Openbaring 20
1Die dag van die Here is baie naby. (Almal moet geduldig wag en uitsien na die dag van die Here)   Alles wat die ander volke gevat het uit Jerusalem, sal terugkom. Die mense in die stad sal besluit wat elkeen moet kry.
Ek het gehoor die Here sê vir my: 2“Mens, jy moet jou gesig draai na Gog van die land Magog. Hy is die hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal. Jy moet my boodskap vir hom bring. 3Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Gog, hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal, Ek is nou jou vyand.  (God sal aanvoerder wees van die oorlog)
1“En jy, mens, jy moet my boodskap bring teen Gog. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Gog, hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal, Ek is jou vyand. 2Ek sal jou laat omdraai, Ek sal jou lei en Ek sal jou laat kom van ver uit die noorde, Ek sal jou op die berge van Israel bring. (God is aanvoerder)
8 Hy sal dan daarop uit wees om die nasies tussen die vier hoeke van die aarde, die Gog en Magog, te verlei en om hulle te monster vir die oorlog. (Verlei lande vir ‘n aanslag en mobilisering teen kerk en christene)
9 Hulle het toe van oor die hele breedte van die aarde af opgetrek (‘n Globale mag gaan teen God, kerk en Christene staan) en die laer van hulle wat aan God toegewy is, en die geliefde stad omsingel. (Nie net kerk nie maar ook om Jerusalem te vernietig)  
2Die Here sal al die volke bymekaarmaak om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle sal die stad oorwin en hulle sal die goed uit die huise vat en die vroue verkrag. Hulle sal die helfte van die stad se mense vang en wegvat. Die ander helfte van die mense sal in die stad bly.
3Maar dan sal die Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het. (God sal weer oorlog voer teen die lande wat teen Israel staan
4Ek sal jou laat omdraai en Ek sal ysterhoeke in jou kakebene steek. Ek sal jou uit jou land laat kom saam met al jou soldate, jou perde en jou manne wat op perde ry. Hulle dra almal mooi klere en elkeen hou ’n skild en ’n swaard in sy hand. 5Daar is manne uit die lande Persië, Kus en Put saam met hulle, elkeen het ’n skild en ’n helm. 6Daar is baie volke saam met jou, ook Gomer en Bet-Togarma, hulle kom van ver uit die noorde, met al hulle soldate (‘n Groot militêre mag)
3Dan sal Ek jou boog uit jou linker-hand slaan en Ek sal jou pyle uit jou regter-hand laat val. 4Jy sal sterf op die berge van Israel, jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is. Ek sal jou vir die roofvoëls en die wilde diere gee om op te vreet. 5Jy sal in die veld val, want Ek het dit gesê.” (Die globale militêre mag sal die oorlog verloor)
9. Daar het egter vuur van die hemel af op hulle afgekom en hulle verteer. (God gebruik natuur teen vyand).
4Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, (As God hierdie oorlog voer sal Hy op die Olyfberg staan)
7Jy moet gereedmaak en wag, jy en al jou soldate wat by jou bymekaargekom het, jy moet saam met hulle wag. 8Eendag, wanneer dit die regte tyd is, dan sal Ek vir jou sê wat jy moet doen. (Maak jou gereed, sweep julself op, berei voor vir die groot oomblik) 
6“Ek sal die land Magog en die lande by die see aan die brand steek. Daardie mense dink hulle is veilig, maar hulle sal weet dat Ek die Here is. (Hulle eie lande sal skade lei)

Een helfte van die berg sal beweeg na die noorde toe en die ander helfte sal beweeg na die suide toe. Dan sal daar ’n groot kloof wees, van oos na wes. 5Die kloof sal wees tot by die stad Asal. Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar ’n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was.  (Aardbewing)
Jy sal kom na ’n land wat amper weer reg is ná die oorlog. Die berge van Israel was ’n baie lang tyd verwoes, maar daar is nou mense wat bymekaargekom het uit baie volke. Ek het gesê hulle moet uitkom tussen die ander volke, en hulle dink hulle is veilig. (Israel sal aangeval word wanneer daar vrede in hul land is, baie mense sal terug gekeer wees na Israel)
7Ek sal vir my volk Israel wys dat Ek die heilige God is. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die ander volke sal weet dat Ek die Here is, die Heilige God van Israel. 8Luister, dit kom, dit sal gebeur, dit is die dag waarvan Ek gepraat het.” (God sal op einde geeer word)

Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom. (God se leërmag sal ook betrokke wees net soos in Jes 37:36)
9Maar jy sal soos ’n stormwind kom en jy sal hulle aanval. Jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is, sal baie wees, julle sal die land toemaak soos ’n wolk.” (Groot wêreldmag teen Israel)
“Die mense wat in die stede van Israel woon, sal uitgaan. Hulle sal vuurmaak en die wapens verbrand: die skilde, die pyl en boë, die stokke en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank vuurmaak met al die wapens. 10Hulle sal nie hout in die veld gaan haal of bome afkap in die bos nie, want hulle sal vuurmaak met die wapens. Hulle sal die goed terugvat wat die vyande voorheen gevat het, hulle sal alles terugvat wat die vyande wou wegvat.” (Israel tree as oorwinnaars uit)

6Daardie dag sal die son nie in die oggend begin skyn nie, en dit sal nie koud wees nie. 7Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur. (Die teenoorgestelde van wat gebeur by koms van Sionsberg waar alles donker sal wees)(Die NLV gee dit so:Op daardie dag sal daar geen lig wees nie, ook nie koue of ryp nie. Tog sal dit aanhoudend dag wees! Net die Here weet hoe dit kan gebeur! Daar sal geen normale dag of nag wees nie, want teen die aand se kant sal dit steeds lig wees) (Jes 30:26 word ook so dag beskryf as God herstel bring)
10Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daardie dag sal jy dink wat jy wil doen en jy sal planne maak om slegte dinge te doen. 11Jy sal dink: Ek sal hierdie oop land aanval, ek sal kom by hierdie mense wat dink hulle is veilig, hulle dink niemand sal hulle aanval nie. Daar is nie mure om die stede waar hulle woon nie, daar is nie poorte wat hulle kan toesluit nie. (Oorlog aangevoer deur arrogansie en hoogmoed)
11“Daardie dag sal Ek vir Gog ’n plek in die land Israel gee. Sy graf sal daar wees. Dit sal in die vallei oos van die Dooie See wees. Die mense wat deur die land wil gaan, kom daar verby. Maar wanneer die graf daar is, dan sal die mense nie meer daar kan verbygaan nie. Hulle sal die plek noem ‘Die vallei van Gog se soldate.’ 12Die volk Israel sal sewe maande lank die dooie mense begrawe. Hulle sal dit doen om die land te reinig. (Die magtige weermag wat almal gedink het is onoorwonne word ‘n nekslag toegedien)

8Daardie dag sal daar uit Jerusalem vars water kom. Een helfte van die water sal na die Dooie See vloei en die ander helfte na die Middellandse See. Die water sal vloei in die somer en in die winter. 9Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Hy alleen sal die Here wees, en almal sal net vir Hom aanbid. 10Die hele land sal ’n gelyk veld word, van die stad Geba tot by die stad Rimmon, suid van Jerusalem. Maar Jerusalem sal hoog op dieselfde plek bly, (Jerusalem sal gelig word in sy posisie, NLV gee dit so: Jerusalem, sal een groot plein word, maar Jerusalem sal gelig word tot sy oorspronklike posisie en sal bewoon word)                         van die Benjamin-poort tot by die plek waar die eerste poort was, van die Hoek-poort en die Gananel-toring tot by die koning se parskuipe. 11 Die mense van Jerusalem sal veilig daar woon, en die vyande sal nie weer die stad verwoes nie. (‘n Oorlog waar God oorwin en voorspoed verseker)
12Ek sal hulle goed vir my vat, ek sal alles vat wat hulle het.
“Jy sal oorlog maak teen die stede wat verwoes was en waar nou mense woon. Jy sal oorlog maak teen die mense wat bymekaargekom het uit die ander volke, die mense wat nou vir hulleself skape en bokke en ander goed bymekaarmaak. Hulle woon in die land Israel, die belangrikste plek op die aarde
(‘n Mag wat kom om te plunder en te vertrap en vernietig uit eiewaan en haat)
13Al die mense van die land sal die dooie mense begrawe, en wanneer Ek wys dat Ek die Koning is, dan sal almal die mense van hierdie land respekteer.” (Israel sal gerespekteer word en God sal die eer kry)

12Die Here sal die volke swaar straf wat oorlog gemaak het teen Jerusalem. Die vleis van hulle liggame sal vrot word terwyl hulle nog lewe, hulle oë sal vrot word in hulle kop, en hulle tonge sal vrot word in hulle monde. 13-15Dieselfde sal gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die vyande se kamp is. (God bring pessiekte op die vyand)
13Die mense van die lande Skeba en Dedan, die handelaars van die land Tarsis en al sy leiers sal vir jou vra: ‘Het jy gekom om daardie mense se goed vir jouself te vat? Het jy jou soldate bymekaar laat kom om alles te vat wat daardie mense het? Wil julle hulle silwer en goud wegdra, wil julle hulle skape en bokke en hulle ander goed vat, wil julle alles vir julleself vat?’ (Almal sal nie die oorlog goedkeur nie en motiewe bevraagteken)
14-21 wys hoe goed die vyand sal verslaan

Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak, hulle sal mekaar gryp en doodmaak. (Soldate draai teen mekaar)
14Mens, daarom moet jy my boodskap vir Gog bring. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy sal weet wanneer my volk in hulle land woon en dink hulle is veilig, 15en dan sal jy uit jou woonplek kom, jy sal ver uit die noorde kom. Jy sal kom saam met die mense van baie volke. Dit is manne op perde, dit is ’n baie groot leër, baie soldate. 16Jy sal kom en jy sal my volk Israel aanval, julle sal wees soos ’n wolk wat die land toemaak. (Israel leef in vrede, groot globale mag sal teen hulle optrek)
25Die Here, Hy wat Here is, sê: “Maar nou sal Ek dit weer goed laat gaan met die nageslag van Jakob, Ek sal weer goed wees vir die hele volk Israel, Ek sal wys dat Ek lief is vir my heilige Naam (Israel kom tot bekering en daarom sal God hierdie oorlog vir hulle voer)

Maar die mense van Jerusalem sal die goed van al die ander volke rondom hulle bymekaarmaak en vat: baie goud en silwer en klere. (Jerusalem sal as oorwinnaars uittree)
Dit sal gebeur wanneer dit die regte tyd is. Ek sal jou laat kom om my land aan te val, sodat die ander volke sal weet wie Ek is, hulle sal sien Ek gebruik jou om te wys dat Ek die heilige God is.” (God sal die oorlog toelaat sodat die wêreld na die oorlog kan sien wie regtig in beheer is)


16Die mense van die volke wat oorlog gemaak het teen Jerusalem, sal nie almal dood wees nie. Al die mense wat nog lewe, sal elke jaar na Jerusalem kom en hulle sal buig voor die Koning, die Here wat oor alles regeer. Hulle sal ook die Hutte-fees vier. (Dis nie die laaste oorlog nie geen oordeel van God wat hier nie volg maar wel bekering van volke)
7Die Here, Hy wat Here is, sê: “Gog, Ek het lank gelede oor jóú gepraat toe Ek my dienaars, die profete van Israel, gestuur het. Hulle het in daardie tyd my boodskap gebring en gesê dat jy my volk sal aanval. 18Daardie dag, wanneer Gog in die land Israel kom, sal Ek baie kwaad word.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. (God sal uit woede optree)


17As die mense uit al die lande op die aarde nie na Jerusalem kom om te buig voor die Koning nie, dan sal hulle lande nie reën kry nie. Hy is die Here wat oor alles regeer. 18As die mense van Egipte nie kom nie, dan sal die Here hulle straf soos Hy al die ander volke straf wat nie gekom het om die Hutte-fees te vier nie. 19So sal die Here die mense van Egipte en al die ander volke straf as hulle nie kom om die Hutte-fees te vier nie. Hulle sal nie reën kry nie. (God bring seën na die wat Hom aanneem en straf op die wat Hom verwerp, na die oorlog)
19“Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval. Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar ’n groot aardbewing kom in die land Israel. 20Alles sal bewe voor My: die visse, die voëls, die diere, die klein diertjies wat op die grond rondkruip, en al die mense in die land. Die berge sal val, die rotse sal val, elke muur in die land sal omval. 21Ek sal sê almal op my berge moet oorlog maak teen Gog.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. (Aardbewing)



20Daardie dag sal die mense skryf op die klokkies aan die perde se tuie. Hulle sal skryf: “Gewy aan die Here.” Die potte in die tempel sal gewy wees, soos die bakke by die altaar. 21Al die potte in Jerusalem sal gewy wees aan die Here wat oor alles regeer. Almal wat wil offer, sal kom en hulle sal party van die potte vat. Hulle sal die vleis vir die ete-offers in die potte kook. Daar sal nie weer iemand in die tempel wees wat goed koop en verkoop nie. (Menigte sal God eer en loof en Jerusalem sal gesien word as plek van aanbidding)
“Gog se soldate sal mekaar doodmaak. (Soldate sal teen mekaar draai)



22Ek sal pes en dood, (God bring pessiekte op die vyand) reën-storms en hael stuur om hom te straf. (Natuur word ingespan) Ek sal vuur en swael op hom laat val soos reën. (Oorlogwapens of natuurverskynsel) Dit sal ook val op sy soldate en op die baie mense van ander volke wat by hom is. 23Ek sal vir al die volke wys dat Ek ’n groot en ’n heilige God is. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking