07 Junie 2016

Bestaan profete vandag nog



Daar is geweldige uiteenlopende persepsies van wat mense glo profesie is. Jy kry kerke wat glo dat profesie net vertroosting, bemoediging en stigtelikheid is, maar hulle gee wel erkenning aan die gawe van onderskeiding. Dan kry jy kerke wat profesie ook sien soos bo genoem maar by die gawe van onderskeiding (wat gewoonlik saamloop met profesie) aanvaar hulle net die onderskeiding van die mens se gees,(maw waar jy byvoorbeeld kan onderskei tussen goed en kwaad) hulle verwerp die konsep van in die geestesrealm beweeg en kan onderskei tussen demoniese geeste en engele. 

Die oomblik wat jy noem dat profesie juis voorspelling is, is die oomblik wat jy teenkanting kry, maar die woord profesie beteken om te voorspel, dit impliseer om die boodskap wat God bring te voorspel vir die toekoms, dis bemoediging, vertroosting, stigtelikheid en waarskuwings wat God bring vir dit wat nog moet gebeur. Die Engelse beskrywing van die woord gee 'n goeie begrip van sy betekenis: synonyms:prediction, forecast, prognostication, prognosis, divination, augury

Joh 16:13 “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig”.

Daar hoef glad nie visoene of drome betrokke te wees nie, dis net eenvoudig 'n boodskap wat oorgedra word vir tye wat kom, vir 'n individu, land, volk maak nie saak nie. Maar by die gawe van onderskeiding van geeste is iets wat God vir ons kom gee om in die Gees te kan inbeweeg, hetsy om onderskeid te tref tussen geeste of om onderskeid te tref van 'n mens se gees - om hierdie beter te verstaan gaan lees hier op die blad die deel wat handel oor die gawe van onderskeiding van geeste. Ek glo dat profetiese mense op een of anders stadium in hul lewe toegerus sal word deur die Heilige Gees in die gawe van onderskeiding, indien hulle dit nie van die begin ontvang nie.

So in lig van bogenoemde, as jy my vra of profetiese mense vandag nog bestaan sal ek JA antwoord. Bitter min mense wil glo dat God nog vandag gebruik maak van profete, iets wat gesien word as ‘n uitgediende amp. 'n Profetiese persoon wat in die amp van profeet staan is mense wat uitverkies is deur God, hulle lewer 24 uur diens in 'n kerk, dit is hulle werk waartoe God hulle geroep het. Dan kry jy profetiese mense wat ook in die bediening is maar hulle tree nie noodwendig op in diens van 'n kerk nie. En laastens is daar mense wat net die gawe van profesie uitleef deur te stig, troos en bemoedig vir die toekoms (hulle sal bv 'n bybelvers kry wat God vir hulle gee om oor te dra sodat iemand bemoedig kan word). 

Wat noem jy hierdie bonatuurlike dinge wat met ons Christene gebeur? Hoe verduidelik jy aan ‘n medige gelowige dat jy goed ervaar wat menslik nie verstaan of verduidelik kan word nie? Goed wat in die Geestelike realm gebeur wat geen mens kan verduidelik behalwe God nie.
God neem jou na plekke toe, Hy wys mense uit, Hy laat jou in die gees bonatuurlike dinge ervaar en as jy in die Bybel lees hoe profetiese mense dinge vertel of hoe hulle dit ervaar het dan besef jy net dis presies hoe ons dit vandag ook nog beleef. 
Nee, nee, nee sê die wat glo profetiese mense bestaan nie meer nie, jy ervaar nie hierdie goed van God nie, jy ervaar dit van Satan af.  Eish! dan wil ek lag, met ander woorde die gawes wat die Bybel van praat word afgemaak as alledaagse natuurlike vermoëns van Satan en nie gawes wat God skenk nie. Alles wat bo-natuurlik gebeur vandag word nie meer toegeskryf as Gods wonders nie of gawes nie maar eerder as universele magte wat by mense teenwoordig is en geen eer wat God toekom nie.  

Hierdie bonatuurlike vermoëns waarvan mense praat, hoe is dit moontlik dat God hierdie vermoëns aan mense gegee het in die Ou Testament en dat hulle ‘n lyn kom trek deur die Nuwe Testament waar party die bestaan toeëin net tot en met Johannes die doper se tyd, ander sê weer nee, dit het bestaan tot en met Paulus se tyd of  ± ‘n eeu na Christus se geboorte. Toe om een of ander onverklaarbare rede het God dit goedgedink om hierdie bonatuurlike gawe tot niet te maak, alhoewel Paulus hoofstukke afsonder om mense bewus te maak van hoe die gawe werk en hoe belangrik hierdie gawe vir die kerk is. Sou Paulus hier bedoel het dat hierdie hoofstukke dan net is vir die mense van sy tyd en nie vir die kerk wat gevolg het nie? Glo mense regtig dat alles wat hy gee rakende die gawes moet die kerk koester en gebruik, behalwe die gawe van profesie.

Nou sit ons hier vandag almal gelowige kinders van God wat ons glad nie ophou met die okkulte nie, ons dra boodskappe oor na ander mense via drome, visioene of selfs engele en ons word gesien as nuttelose, uitgediende laste van die kerk.  Ons word bespot, beledig en geminag, ons word uitgelag as lae uitvaagsels wat valsheid en valse leerstellings verkondig, ons ken blykbaar nie die Bybel nie, ons is demonies en moes eerder dood gegooi geword het met klippe.

Hier onder volg ‘n tabel van hoe vandag se profetiese gawe uitgeleef word tesame met die gawe van onderskeiding van geeste, in vergelyking met dit wat in die Nuwe sowel as Ou Testament aangeteken is met enkele aanhalings uit Bybel.
VANDAG
NUWE TESTAMENT
OU TESTAMENT  
Siener van Rensburg, Billy Graham, Mark Taylor, Hank Kunneman, ens.

Anna, Elisabet, Jesus, Johannes die doper,  Agabus, Barnabas, Simeon, Lucius van Sirene, Manaen, Saulus (Paulus), ens
Samuel, Elia, Elisa, Miga, Amos, Hosea, Jesaja, Jeremia, Esegiël, ens.
EIENSKAPPE VAN VANDAG SE PROFETIESE GAWE

NUWE TESTAMENT
OU TESTAMENT  
Profeteer/voorspel
Mat 24, Hand 11,21,27, 2 Tes 2:2-3
1 Kon 17:1, Jes 11:10-11, Eseg 38, 39, Sag 14
Ervaar interne sowel as eksterne visioene of drome.
Hele Openbaring is in visioene,
Gal 1:12
Gen 15:1, Num 12:6, 1Kon 3:5, Dan 2:11
Besoek Hemel of Hel.

2 Kor 12:2, Open 21, Hand 7:55-60
Jes 6:1
Ontmoed God in die Gees
Hand 7:55-60, 1Kor 14:32
Eseg 3:23, Deut 34:10, Gen 17:1
Hoor die geheimenisse van God.
Joh 16:13, 1Kor 14:24-25
1 Sam 9:16
Voorspellings. (Persoonlik, droogtes, hongersnood, Tsunamies, oorlog ens)
Hand 11:28, Hand 27:9, Open 11:5-6, Hand 21:10
1 Kon 17:1, Eseg 38,39
God laat ons Sy pyn en hartseer voel.
Dissipels het God se pyn self beleef Luk 19:41
Jer 9:3
Bemoedig en inspireer
1 Kor 14:1,31
Deut 28:1-14
Ontvang inspirasie van die Heilige Gees.
2 Pet 1:20-21, Luk 2: 25-29
Sag 4:6 (In OT het net gesalfdes van God Heilige Gees ontvang).
Dra waarskuwende, pynlike boodskappe oor sodat mense moet bekeer.
Op 2:21-22
Deut 28, Lev 26, Jer 25:11
Mense sal profeteer in laaste dae voor Jesus se koms en in Sy kerk
Hand 2:17-18, 1Tes 5:19-20, 1Kor 12:28
Joël 2
Die gawe sal nooit verdwyn nie
Luk 1:17, Mat 17:11-13, Mat 23:34
Joël 2
God werk deur sintuie: Gehoor, sig (sieners), gevoel, reuk
Verskillende tipe profete
1Kron 29:29, 2 Kron 9:29, 1 Sam 16:22

Hoekom sal die Bybel en Jesus ons waarsku teen vals profete in die laaste dae (Mat 24:11, 1Joh 4:1, Mar 13:22, Hand 20:29-31) as dit geen toepassing op ons het vandag nie? As daar waarskuwings is teen valse profete dan MOET daar mos ware profete wees!  Maar blykbaar volgens sommige mense het die vermoëns wat Satan kom gee om vals profete na vore te bring (asook psychic’s en mediums) nie opgehou nie, ons sit nog vandag met hierdie bose praktyke wat ons mense se siele hel toe vat en selfs Christene wat eerder gaan luister wat hierdie okkultiese begeesterdes te sê het as om na die bonatuurlike Gawe van God wat deur ware profete gelewer word te gebruik, min wetende dat Satan God kom naboots en sy krag gebruik om mense toe te rus om die geesteswêreld te kan betree. Mense verstaan dat Satan hierdie vermoëns besit en aan psychic's en mediums gee maar hulle weier om te glo dat God bonatuurlike gawes skenk en so die eer van God ontneem. 

Net soos wat God in die OT profete gebruik het om Jesus se koms te profeteer net so leer die Bybel ons ook dat God mense sal stuur wat sal profeteer om die 2de koms van Jesus ook gereed te maak Open 11:3. 

En Ek sal aan my twee getuies (die kerk) gee dat hulle, met sakke bekleed,duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.” God sal aan hierdie profetiese mense baie mag gee :6 “Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil”.

As daar ‘n profeet van die Here onder julle is, maak Ek My aan hom bekend deur visoene en praat Ek met hom in drome. Maar met my dienaar Moses is dit anders … Met Hom praat Ek direk en persoonlik.” (Num. 12:6-8).

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking