05 Mei 2016

Gawe van onderskeiding van geeste

Daar is twee tipe geeste teenwoordig: Die menslike gees en die in die geestesrealm – demone en engele.
MENSLIKE GEES
Die menslike gees het God vir ons gegee, Gen 2:7.
Dis die gees wat ons verstand en begrip gee Job 32:8, 18.
Dis die gees wat van jou maak wat jy is Job 33:4.
Net jou gees weet wat in jou gedagtes aangaan 1 Kor 2:11.
Die dag as jy tot sterwe kom sal jou liggaam tot stof keer maar jou gees sal terug gaan na die Een wat dit vir jou gegee het Pred 12:7.
Met die sonde van Adam het die mens geestelik gesterf en sal ons nie die dinge van die gees verstaan voordat ons nie Jesus aanvaar het nie Efes 2:1-5, Kol 2:13, 2 Kor 4:16, Rom 8:16.

Wat is ons gees?
Filosofie (die skoling wat jy ontvang het wat jou gemaak het wat jy is)
                        -     jou kennis
-          Jou realiteit
-          Jou denke
-          Jou geloof
-          Jou leerstellings
-          Jou idologieë
-          Jou waardes
Siel (dit wat jy voel en beleef teenoor jouself en ander)
                        -     Jou handeling
-          Jou gevoelens
-          Jou wese
-          Jou hartseer
-          Jou gewete
-          Jou emosies
-          Jou passie

HOEKOM HET GOD ONS ‘N GAWE KOM GEE OM ‘N ONDERSKEID TE MAAK IN GEESTE
Die eerste afdeling gaan oor om hierdie gawe te gebruik om tussen die menslike gees te kan onderskei, met ander woorde om tussen goed en kwaad, leuen of waarheid te onderskei, rus daar ‘n seën van God op die persoon, is daar iets waarmee God guns aan hulle wil bewys. Met hierdie gawe kan jy onderskei waarmee die Heilge Gees mee besig is in die persoon se lewe en wat op hierdie stadium in hul lewe aangaan en of is daar demoniese kragte bedrywig.

Die tweede afdeling is om te kan onderskei tussen die geeste in die geestesrealm, om ‘n onderskeid te kan maak tussen demone, engele, God en Satan, onderskei of daar enige demoniese werkinge is en of engele teenwoordig is nie net in ‘n persoon nie maar in omgewings, geboue, kerke of enige plek waar jy beweeg of jouself bevind.  Dis ‘n gawe om God se gees te sien in alles, mense, plekke, situasies die geestelike realm is meer werklikheid as ons wêreldse realm.  Onderskeiding van geeste is in die gebied waar dinge geestelik gebeur.

HOE WEET JY AS JY DIE GAWE HET
Baie mense het al gepraat van jou sesde sintuig, dis net daai iets ekstra wat jy het om agter die waarheid te kan kom, hierdie gawe werk wel op al jou sintuie- jy sien in die gees, jy hoor dinge wat ander mense glad nie hoor nie, byvoorbeeld jou wekker is stukkend en die volgende oggend word jy met ‘n stem wakker gemaak, ‘n stem wat baie duidelik hoorbaar was maar ‘n klank waarop jy nie jou vinger kan plaas nie. Jy sal reuke optel wat die teenwoordigheid van God bevestig, mense tel selfs die reuk van dood op. Die gawe gee jou ‘n gevoel wat jy beleef wat nie verklaar kan word nie dit is iets wat jy werklik waarneem, dis ‘n gevoel van iets wat nie pluis is nie, voorgevoelens. Jy sal dadelik weet as iemand vir jou lieg, die Heilige Gees waarsku jou oor dit wat nie pluis is nie, God gee ons die gawe om te weet hoe om op te tree, wat om te verwag, hoe om te bid omdat Hy ons voorberei op dit wat kom omdat Hy weet wat in die Geestesrealm aan die gebeur is en Sy wil is dat ons dit moet weet

HOE KAN EK DIE GAWE ONTVANG EN UITLEEF
Vra vir God vir die gawe en weet dat Hy jou daarmee sal toerus Mat 7:11
Maak jou gees en siel stil sodat  die Heilige Gees deur jou kan werk, selfs dat jy daai stil stem van God duidelik kan hoor.
Vra vir God vir die gawe van onderskeiding sodat Hy vir jou in elke lewenssituasie die geestelike realm kan openbaar in alle opsigte en fasette.
As jy toegerus word met die gawe is dit iets wat dadelik in werking tree, dis nie iets waarvoor jy hoef te wag om te gebeur nie, jy hoef nie eers woord of openbaring van God te ontvang om op te tree nie.
Groei in hierdie gawe net soos wat jy in al die ander gawes groei en dis belangrik dat jy in albei fasette van hierdie gawe moet groei.
Sluit aan by ‘n kerk wat hierdie gawe erken, want daar is niks meer vervullend om dit uit te leef tussen mense wat die waarde daarvan waardeer nie, baie kerke glo dat die Bonatuurlike gawes nie meer op vandag van toepassing is nie, baie glo nie aan geestelike oorlogvoering nie want hulle glo dat Christus dit alreeds oorwin het.  Maar dis nogsteeds aktief en Satan is nou meer bedrywig as ooit te vore. Efes 6:12

VERKEERDE GEBRUIK VAN DIE GAWE
As jy enige iets negatiefs optel by ‘n persoon (bv pornografie of mishandeling) moet dit nie gebruik as ‘n lat om hulle mee te slaan nie.
Dit gaan nie oor suspisies nie of om die sleg in alles te soek nie, of om die negatiewe dinge uit mense te haal nie, dit moet altyd gaan om God se liefde oor te dra, jy moet Jesus verteenwoordig.
Wees vinnig in jou gebed en stadig in jou optrede in dit wat jy dink jy hoor, sien of voel,  wag vir wysheid en woord van God hoe om negatiewe dinge in mense te benader moenie dadelik optree nie.
Mense wat die gawe gebruik, sal weet wat die Heilige Gees doen en verwag of dit demone of engele betrokkenheid is en of dit die gees van ‘n mens self is.

VERSKIL TUSSEN ONDERSKEIDING VAN GEESTE EN PROFESIE
As jy weet wat die woord profesie beteken sal jy verstaan waaroor profesie gaan, profesie is om vooruit te spreek, om te voorspel, dinge wat God vir ons bring wat in die toekoms gaan gebeur, drome droom en visioene ontvang wat op die toekoms gerig is maar dit is ook om ander te bemoedig of gerus te stel vir die toekoms, om vir mense bewus te maak van God se plan vir hulle lewe vorentoe.  Profesie is altyd toekomsgerig.
Engelse vertaling van die woord spreek dit mooi uit:
Noun: prophecy, plural noun: prophecie – a prediction of what will happen in the future (prediction, forecast, prognostication, prognosis, divination, augury)

As ek meer insig kan gee oor die verskil hier kan ek dalk ‘n verduideliking gee van hoe ek dit in my eie lewe ervaar het. As jy sien hoe sommige mense werk wat die gawe van onderskeiding het dan sal jy optel dat hulle dadelik openbarings kan maak, hulle kan op die plek onderskeiding doen of boodskappe gee, dis iets wat ek nie kan doen nie. As mense na my kom dra ek alleenlik boodskappe oor (profeteer) wanneer ek eers met God gekonsulteer het, dit kan oor tydperk ook wees, dit is vir my moeilik om onderskeiding te tref tussen die mens se gees, maar ek onderskei wel vinnig en maklik in die Geesterealm tussen die bose en Goddelikheid, iets wat ek glad nie kon verstaan het nie, maar vandag besef ek dit is omdat ek nie gegroei het in hierdie, wat ek noem - tweede deel van die onderskeiding gawe nie.

Dit is hoekom jy baie profetiese mense kry wat voorspellings akkuraat kan gee party sonder visioene of drome, hulle kan openbarings maak sonder dat hulle in die gees hoef in te beweeg, die rede hiervoor is omdat hulle die gawe van profesie het om te voorspel maar nog nie die gawe van onderskeiding bemeester het nie of selfs dit nog nie ontvang het nie. 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking