26 April 2016

Is jou lewensdroom 'n nagmerrie



Every great dream begins with a dreamer, always remember, you have within you the strength, the patience, and the passion to reach for the stars to change the world.  Harriet Tubman … Moet dit nie eerder lees: “ …GOD gives you the strength, the patience and the passion to reach for the stars to change the world” nie.  Dit laat my dink aan die gedig van William Henley “Invictus” waar hy presies Satan se geaardheid beskryf, ek wil … ek kan… ek moet, doen jou eie ding want jy het nie God nodig nie, wees jou eie kaptein en bepaal jou eie lot. Maar die mense vergeet dat die Vader die skepper van die Hemel is en die wat daar toegelaat word is die wat Sy Seun Jesus die Kaptein van hul lewe maak.  Is dit nie eerder waarna ons moet streef in die uitvoering van ons lewensdrome nie?

  • Hoekom realiseer ons lewensdrome nie?

  • Hoekom staan ons planne stil om dinge tot uitvoer te bring?

  • Hoekom gebeur alles nie soos wat ons dit beplan nie?

  • Is ons motiewe suiwer?

  • Kry ons innerlike krag van die regte bronne af?

  • Wat is die keuses wat ons maak om ons drome tot uitvoering te bring?

  • Stagneer ons “droom” of is daar voortuitgang, is daar groei?

Hierdie is die vrae wat God my mee gekonfronteer het, ek glo daar kan nog baie hierby gevoeg word maar is dit nie maar die kernvrae wat mens altyd vir jouself afvrae as dinge nie tot uitvoering kom nie.

Ek sit vir ‘n paar aande agtermekaar en kyk na videos op youtube “Kitchen nightmares” aangebied deur Gordon Ramsay, ek sit partymaal en huil saam die mense as hulle beskryf hoe hul lewensdroom besig is om in die drein af te gaan, dis erg om te sien hoe hulle spaar- pensioengeld in die niet verdwyn, Ramsay doen uitstekende werk om hierdie mense op te tel, te rig of leiding te gee, hy ruk hulle vloekend en skreeuend die werklikheid in. Maar helaas, bitter min van hulle oorleef, as mens gaan soek wat die uiteinde was en of hulle die mas kon staande hou dan sien mens teleurgesteld dat die restaurante wel gesluit is, dan besef mens wat die hartseer is van die verlies van drome wat die wêreld op hul knieë bring.

Speel sonde enige rol in die vernietiging of gebrek tot uitvoering van ons drome?

Is asof Psalm 38 mens net wil ruk tot werklikheid. Dawid skryf: “Niks in my is heel nie omdat ek sonde gedoen het….Ek bely dat ek verkeerd gedoen het, ek voel sleg oor my sonde.” Hier het siekte Dawid tot inkeer gebring met die besef dat sonde ons kan vernietig en ons kan breek dat daar niks van ons oor bly nie. “My kind, jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie, moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek op dit wat jy sondig nie, Hy dissiplineer juis die vir wie Hy lief is, Hy tug elkeen wat Hy as Sy kind aanneem” Heb 12:5-6.
Gaan ons einde ook so goed wees soos Dawid sin wat vasgehou het aan God en dat sy anker gevestig was in die hulp van sy Vader of gaan ons hulp soek in mense en wêreldse ideologieë.

God sal as gevolg van sonde ‘n einde bring aan ons planne (Jer 19:7) Hoe baie gebeur dit dat ons, ons drome tot werklikheid wil forseer sonder dat ons God raadpleeg, ons spring weg en bid dat God ons planne moet seën in plaas daarvan dat ons eers moet wag vir God se seën en dan planne tot uitvoer bring.  Ons kan planne maak oor wat ons wil doen, maar dit is die Here wat sê wat sal gebeur, die Bybel is baie duidelik hieroor, jy moet vir die Here vra wat jy moet doen, dan sal jou planne slaag, as ons verkeerd doen dan sal ons swaarkry (Spr 16).

Nou wil ek ook jou aandag vestig om dit wat regtig saak maak vir God, ek weet ons lewe op Aarde moet lekker wees, dit is wat God vir ons in gedagte het, God wil ons drome tot uitvoering bring, Hy wil dat ons, ons tyd nou moet geniet terwyl ons lewe sodat ons eendag ook kan sê dat God goed was vir ons en dat ons bo-normale guns en genade van Hom ontvang het, MAAR elke mens leef, en elke mens sterf….. dis die pad wat elkeen van ons loop, geen mens word hierdie roete ontsien nie, dis elkeen se eindbestemming, die einde is die dood.

God vra is dit die moeite werd om ‘n lewensdroom na te jaag ten koste van ons lewe na die dood. Die lewe moet eintlik net gaan om ons voor te berei vir die hiernamaals. Ons geloof in Jesus is al wat moet saak maak en vir God is mense wat nog nie tot bekering gekom het nie se hoofdoel, om hulle die evangelie te laat verstaan, dit sal God se hart verbly om mense van die hel te red deur ons woorde en dade om mense tot ander insigte te laat kom.

Vurig moet ons wees om die mense wat God op ons pad bring tot Sy eer te laat draai, ons moet mense laat verstaan waaroor die evangelie gaan, maak Jesus bekend soos wat ons Hom ervaar, versprei die Woord, God het mens geword, beklemtoon Sy wonderwerke nie net uit die Bybel uit nie maar ook daar waar dit vandag gebeur. Maak Jesus bekend deur Sy name en deur Sy opstanding. Dit gaan op die ou end vir God net oor ons gees, die res is ‘n bonus. Moenie dat dit vir jou gaan oor die lewe nou en hoe om jou planne tot uitvoering te bring nie maar eerder oor jou eie redding en die mense wat God op jou pad bring.
Verkondig die evangelie ongeag teenkanting.  Moenie guns probeer wen nie, doen eerder wat God verwag.  Moenie na mense se eer streef nie. Werk hard om onafhanklik te wees en moenie vir ander ‘n las wees terwyl jy jou drome verwesenlik en die evangelie versprei nie.  Leef tot eer van God omdat Hy ons roep om in Sy koninkryk in te gaan.  Mense gaan probeer verhoed dat evangelie oor gedra word, veral vandag waar ons leef in die eindtye, waar Christene vervolg word vir alles denkbaar moontlik. Ons word verhoed om te verkondig, ons word verhoed om die waarheid te spreek omdat dit polities verkeerd is, maar weet dat die wat sondig se sonde hulle gaan inhaal en God se oordeel gaan hulle tref.  

Wat wil God deur hierdie vir ons kom sê:

  •  Doen wat God van jou verlang terwyl jy jou droom uitleef.

  • Moenie dat jou lewensdroom jou dryf tot sonde en afvalligheid nie.

  •  Wag tot God jou planne seën voordat jy handel.

  •  En dra altyd ten koste van alles die evangelie uit.

1 opmerking:

  1. Speel sonde enige rol in die vernietiging of gebrek tot uitvoering van ons drome?

    AntwoordVee uit