President Jacob Zuma. (Photo: GCIS) |
'n Man wat in die tronk was sal tot staatspresident verkies word. (Jacob Zuma) God laat toe dat hy ryk word, dat hy geeer word en baie sal besit, maar hy sal dit nie vir lank geniet nie. Hy verryk homself. Leiers sal in die tronk opgesluit word en hulle sal hulle straf uitdien vir dit waaraan hulle skuldig bevind word.
Leiers en ‘n staatspresident sal van hul trone gelig word, hulle gaan vrees ervaar. Sonder leiding en die regte raadgewers kom ‘n volk tot ‘n val.
‘n Staatspresident gaan woedend word vir raadgewers, leiers en alles wat nalatenskap is van 'n vorige bedeling sal nutteloos wees vir hom, hy gaan hulle tot niet maak of van ontslae raak. Hierdie is 'n oproep tot hernuwing, draai terug na God toe voor dit te laat is.
‘n Leier wat die land van ons verwoes het en wat bloed op sy hande het sal oneervol te sterwe kom, niemand sal sy naam in gedagtenis hou nie want hy sal as ‘n skurk bestempel word. Na aanleiding van hierdie gebeure sal daar baie vrees onder mense wees, ‘n gevoel van magteloosheid sal heers. Julle was so gelukkig in die posisies wat julle was. Wat het nou daarvan geword?
Die tyd is gereed, daar sal leiers wees wat op vlug sal slaan, maar hulle sal gevang word.
Jacob Zuma gaan baie vyande kry, hy gaan in onguns val maar die waarheid oor hom sal uitkom. Jacob Zuma het homself vir die wind afgesloof. Hy het geen respek vir sedelikheid nie hy gee ook glad nie om of die vrou wat hy wil hê aan iemand anders behoort nie. Die leiers in die land vra nie na God om hulp nie. Maar mense sal nogsteeds hulle nie bekeer van hulle toordery, onsedelikhede of stelery nie.
Daar sal wel ‘n tyd kom wanneer die gereg diewe sal inhaal, hulle sal kry wat hulle verdien vir hulle verdrukking en uitbuiting dit geld ook vir hoë amptenare, ministers en leiers.
Ons regering se adviseurs is dwaas hulle raad vir die president is dom en verkeerd. Hulle spog oor hulle eie slimheid.
‘n Staatspresident sal sterf. Daarna sal ons land in vrede leef, en sal daar vir ons volk goeie transformasie plaasvind
Die staatspresident moet misdade verafsku. Sy regering sal hulle berus op regverdigheid.
Die Staatspresident wat God se gesag gaan kom afdwing sal die land se mense regverdig oordeel en armes met geregtigheid hanteer. Hy sal die verdruktes met geregtigheid oordeel, behoeftiges red en verdrukkers verpletter. Regverdiges sal floreer tydens sy bewind en sal voorspoed in oorvloed ontvang tot aan die einde van sy tyd. Die armes sal hy verlos en lewens sal vir hom kosbaar wees. Mag hy lank leef!
Aan alle mense en self aan die Staatspresident hoor wat God vir julle wil sê: “Klim van julle trone af. Trek julle rouklere aan en gaan sit op ‘n ashoop. Moenie glo wat mense vir julle sê nie. Moet hulle nie glo nie. Ek sal inderdaad self vir julle wys hoeveel julle vir My moet ly, kyk, Ek kom gou!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking