28 Oktober 2015

Gebed vir Suid-Afrika

Ons vas vandag, hier volg gebed vir ons land en ons mense:

Ons land het hoogmoedig geword en selfverryking is al waarna elkeen streef. Ons land se mense word maklik mislei deur Satan. God help ons asseblief om ons te distansieer van slegte gedrag en valsheid. Vader vergewe ons dat ons openlik sondig sonder om skaam te wees daaroor, kwaadpraters word nie verag nie en dwase word nie reg gehelp nie. Vader help ons land om berou te toon oor ons sondes dat ons liefde teenoor U nooit sal afkoel nie.

Maak nie saak hoe swaar U ons land tref nie die land hou aan om teen U te sondig. Geld het al geword waarvoor ons mense leef, Satan het ons land verlei met rykdom, skatte, weelde en mag. Vader help ons om U alleen te eer en respek te toon, die jongmense het weggedraai van U en hang rykdom as sekuriteit aan. Vader ons pleit by U dat hierdie dwaasheid van aardse rykdom vir ons nie meer belangrik sal word nie.
Ons land het te veel ongelowiges, daar is te veel mense wat glo dat U nie siekte kan genees nie. Daar is te veel mense wat U en U wette verlaat het en wat agter ander gode begin aanloop het, help ons Vader om terug te draai na U. Ons nasie het U verruil vir afgode, die aanvalle op ons mense het ondraaglik geword, help ons land Vader om tot bekering te kom. U vra hoe is dit moontlik dat SA so gou hul rug op U gedraai het? Vergewe ons Vader! Die mense het in verset gekom teen U, laat mense na Jesus terugkeer en dat ons ons sal onderwerp in nederigheid.

Ons regsuitsprake het 'n klug geword Vader en ons huise word met onreg gebou, alle reg word in die land geminag, niemand is meer wetgehoorsaam nie. daar waar reg moet wees is onreg. Valse christene wat deur Satan mislei word het te veel in ons land geword, self Christene hou hulle op met verkeerde dinge, dwaalleringe en valse verkondigings het alledaags geword. Kerke het begin om leuens te verkondig, daar het te veel mense geword wat mag kry van die prins van die bose wat deur hierdie valsheid geeste uitdryf.
Ons het Suid-Afrika se Heilige Een geminag en ons self van Sy hulp afgesny. God het gepraat maar ons het nie geluister nie, Hy het geroep maar ons het nie geantwoord nie. Ons vertroue het min geword en ons mense het op vlug geslaan.

Vader ons land is vol moordenaars en ons mense dink U sien dit nie raak nie en dit het ons land in 'n vervloekte land laat verander wees ons genadig Vader en kom ons tot hulp.
Seksuele sonde word skaamteloos gepleeg, mense loop agter liggaamlike begeertes aan, hoere het op ons straathoeke rond begin staan, die sedelose vrou het ons volk verslaaf met pornografie en betowering. Dronk partytjies en plesier het al geword waarna ons uitsien, help ons volk Vader om rein en skoon voor U te kom leef, help ons om weer vroom en heilig te word.

In Jesus se naam vra ons vir genade en vergifnis, vergewe ons Vader en help ons om soos Jesus te word, in Christus se naam vra ons dit nie omdat ons dit verdien nie maar uit U genade alleen. Amen

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking