1.
Psalm 83 oorlog
Ps 83: 5-9 Hulle sê: “Kom
ons maak hulle almal dood sodat hulle nie meer ’n volk is nie en sodat niemand
die naam Israel sal onthou nie.” Ja, hulle besluit almal saam oor hulle planne,
hulle maak ’n ooreenkoms, en die planne wat hulle maak, is teen U. Die vyande
is die
- Edomiete (Palestinian Refugees and Southern Jordanians),
- die Ismaeliete (Saudi Arabians),
- die mense van Moab (Palestinian Refugees and Central Jordanians)
- en die Hagreërs (Egyptians),
- die mense van Gebal (Northern Lebanese)
- en Ammon (Palestinian Refugees and Northern Jordanians)
- en Amalek (Arabs South of Israel),
- die Filistyne (Palestinian Refugees and Hamas of Gaza Strip)
- saam met die mense wat in Tirus (Hezbollah and Southern Lebanese) woon.
- Die mense van Assirië (Syrians and perhaps Northern Iraq is included) is ook saam met hulle,
- hulle help die kinders van Lot (Moab and Ammon) en maak hulle sterk.
Die
rede hoekom ek glo hierdie oorlog van Ps 83 is alreeds gevoer, is die
ooreenkomste wat daar is met die lande, hier onder genoem, waar teen Israel oorlog gemaak het in
1947 – 1949:
- Egypt
- Syria
- Jordan
- Iraq
- Saudi Arabia
- Lebanon
- Palestyne
foto - www.zionism-israel.com |
2. Vredesverdrag
Baie mense glo
dat Israel een of ander vredesverdrag sal sluit met die lande om hom en dat
Israel in vrede sal leef voor die oorlog gaan uitbreek -
- Eseg 38: 8: …. ‘n land toe gaan wat herstel is na oorlog en waar baie mense weer tussen ander volke uit bymekaargebring is, …. Die mense is tussen die volke uit teruggebring en hulle woon almal veilig.
- :11 Jy sal dink: ek gaan die land wat so oop lê, aanval. Die mense woon so onbesorg en rustig, hulle woon in stede sonder mure en sonder poorte met sluitbalke.
- :14 Jy sal weet wanneer my volk sonder kommer oor hulle veiligheid in die land woon…
Die gevoel hier
is dat die Israeliete veilig is, laat mens glo dat hulle in vrede sal leef met
sy buurlande en dat daar een of ander ooreenkoms aan gegaan sal word om hierdie
vrede te bewerkstellig. OF dit kan beteken dat Israel gerus en tevrede voel oor
hul staat van verdediging, dat hulle gerus is dat niemand hulle veiligheid sal
kan indring nie.
Maar die vraag is
wat sal die rede wees wat aan gevoer sal word om Israel met ‘n oormag te wil
kom vernietig?
foto - jfjfp.com |
3. Oorlog
teen Gog en Magog: Eseg 38:39 – (3deWêreld oorlog)
…draai na Gog van
die land Magog …die volke Mesek en Tubal… die lande Persië, Kus en Put … Gomer
en Bet-Togarma - (Rusland, Iran, voormalige Sowiet unie state, Oostelike
Europa, Turkeye, Sudan, Libya)…
39:11 Daardie dag
sal Ek vir Gog ’n plek in die land Israel gee. Sy graf sal daar wees. (Gog
verwys na ‘n persoon, ‘n leier wat deur die bose beheer word).
Maar
daar gaan lande wees wat nie saam gaan stem met die optrede van Magog nie,
hulle bevraagteken die optredes:
- 13: Die mense van die lande Skeba en Dedan, die handelaars van die land Tarsis en AL SY LEIERS sal vir jou vra…
- Engelse vertaling gebruik die woorde: “AND ALL THEIR YOUNG LIONS”.
- Skeba en Dedan is die kleinseuns van Abraham volgens Genisis 25:6 waar hulle geïmigreer het na vandag se Saudi Arabië.
- Saudi Arabië is een van die min Islamitiese lande wat teen Rusland staan dit wil voorkom asof hulle saam met die ander “young lions” (westerse lande) teen hierdie mag sal wees.
- Maar Israel staan alleen, met die “young lions” wat net op die kantlyn dinge dophou. God alleen sal Israel help.
God
gaan hierdie oorlog vir Israel baklei, hierdie lande wat gaan optrek teen
Israel gaan teen mekaar te staan kom en mekaar self uitwis. Groot natuurrampe
gaan voorkom, wat baie van die soldate gaan dood en wat ‘n groot impak op die
wêreld gaan hê.
·
18: Daardie dag, wanneer Gog in die land
Israel kom, sal Ek baie kwaad word.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here
is. 19 “Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval.
Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar ’n groot aardbewing kom in die land
Israel. 20 Alles sal bewe voor My: die visse, die voëls, die diere, die
klein diertjies wat op die grond rondkruip, en al die mense in die land. Die
berge sal val, die rotse sal val, elke muur in die land sal omval. 21 Ek sal sê
almal op my berge moet oorlog maak teen Gog.” Dit het die Here gesê, Hy wat
Here is. “Gog se soldate sal mekaar doodmaak. 22 Ek sal pes en dood, reën-storms en hael
stuur om hom te straf. Ek sal vuur en swael op hom laat val soos reën.
Dit sal ook val op sy soldate en op die baie mense van ander volke wat by hom
is. 23 Ek sal vir al die volke wys dat
Ek ’n groot en ’n heilige God is. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
God is nou hierdie mense se vyand, God self lei hulle in die oorlog in: 2-7: Ek is nou jou vyand. 4 Ek sal jou laat omdraai en Ek sal ysterhoeke in jou kakebene steek. Ek sal jou uit jou land laat kom saam met al jou soldate, jou perde en jou manne wat op perde ry. Hulle dra almal mooi klere en elkeen hou ’n skild en ’n swaard in sy hand. 5 Daar is manne uit die lande Persië, Kus en Put saam met hulle, elkeen het ’n skild en ’n helm. 6 Daar is baie volke saam met jou, ook Gomer en Bet-Togarma, hulle kom van ver uit die noorde, met al hulle soldate. 7 Jy moet gereedmaak en wag, jy en al jou soldate wat by jou bymekaargekom het, jy moet saam met hulle wag.
God het genoeg
gehad, die wêreld het lank genoeg Hom onteer, tyd van afrekening het begin.
In
die Bybelse tyd was dit ondenkbaar om so groot leërmag te hê maar vandag sluit
lande ooreenkomste en is dit nie ongewoon om soveel soldate te beleër nie. Hierdie slegte bose engele wat leiers in hul
mag sal hê sal gebruik word om een derde van die wêreld se bevolking uit te
wis. Verwoestende oormag met duiwelse oorspong.
± 2 Biljoen mense wat sal sterf in hierdie oorlog.
foto - www.youtube.com |
4. Ooreenkomste met eindtyd gebeure
Sagaria 14
|
Openbaring 21
|
Openbaring 22
|
Oorlog teen Jerusalem
|
||
Die Here sal staan op die Olyfberg
|
||
Engele sal saam God wees
|
||
Son sal nie skyn nie
|
Daar was nie son nie
|
|
Sal nie koud wees nie
|
||
Daar sal nie dag of nag wees nie
|
Daar was nie son of maan nie
|
Daar sal nie nag wees nie
|
Dit sal lig wees al is dit aand
|
Jerusalem was vol lig
|
|
Vars water vloei
|
Water vloei uit die troon uit
|
|
Water sal in somer en winter vloei
|
||
God alleen sal regeer
|
||
Die volke sal leef in die lig
|
||
Mense wat leef sal na Jerusalem kom
|
Die konings sal na die stad kom
|
|
Mense sal veilig woon
|
Die poorte sal nooit toe wees nie
|
|
Die mense wat se naam in die boek
geskryf is sal in Jerusalem ingaan
|
||
Jerusalem sal goud, silwer en klere
bymekaar maak
|
Rykdom van die nasies sal na
Jerusalem gebring word
|
foto - rapturewatcher.wordpress.com |
5.
Waar pas die Moslems in, die
Antichris?
Dit
is ontstellend om te sien hoeveel Christelike kerke vandag die Moslemgeloof
omarm (Chrislam) en verkondig dat Islam en Christene dieselfde god aanbid,
selfs die Rooms Katolieke kerk ondersteun die idee en die pous beaam dat
Christene en Moslems dieselfde hiernamaals sal deel.
Maar
Moslems aan die ander kant glo glad nie hierdie siening nie en geniet net die
verval van die Christene, hulle wag dat die Christene onder die valse profeet
(pous?) verenig moet word en dat ‘n globale Islamitiese geloof tot stand moet
kom. Islam beveel sy volgelinge om die
dood te maak wie nie hul geloof aanneem nie.
Die vals profeet sal voorkom asof hulle (hy) Goddellike kragte het en
sal almal bedrieg om die Antichris te volg.
Openbaring 13
|
Openbaring 19
|
Openbaring 20
|
|
Laster God
|
|||
Maak oorlog teen Christene en wen hulle
|
Maak oorlog teen God
|
||
Regeer oor die wêreld
| |||
Wêreld aanbid hom
|
|||
Hulle werk saam met die valse profeet (pous)
|
Satan, antichris, vals profeet werk saam en is in die hel gegooi
|
||
Die vals profeet progageer die antichris
|
Vals profeet laat mense dinge glo wat nie waar is nie
|
Satan sal mense dinge laat glo wat nie waar is nie
|
|
Die antichris sal ‘n nederlaag ondervind (mense sal dink dit is
die einde van hulle)
|
|||
Mense wat nie hul god aanbid nie word doodgemaak
|
Maak mense dood wat 3 Enige God aanbid
|
Christene se koppe word afgekap
|
foto - www.refiningtruth.com |
Die
argument dat hierdie gebeurtenisse al was, of dat hier van Babilonië, Mede of
Persiese ryke ensovoorts gepraat word, is die vraag dan: Is ons geskiedenis
vandag dan nie deel van die dier uit die see nie, word ons gelowiges nie vandag
deur enige iemand vervolg nie? Stipuleer die Bybel nie reeds uit dat die
vervolging op die einde, feller sal wees as ooit in die geskiedenis nie?
As
ons hierdie dinge lees dan besef ons net hoe naby ons aan ons einde is en dat ons in Openbaring leef, dan kan
ons verstaan hoekom daar soveel geskrifte of artikels opkom wat mense waarsku
oor die einde. Baie mense ruk ook sekere
tekens en aanduidings uit verband uit en saai paniek met hul bewerings maar as
mens die feite agter mekaar het en die tye en gebeurtenisse dophou dan kan mens
nie anders as om opgewonde te raak oor die nabye koms van ons Christus nie.
Laaste gedagte: Die volgende stap wat
vir ons ‘n aanduiding in die regte rigting is, is die vrede in Israel. Ek persoonlik dink dat ons volgende groot oorlog die een teen die Antichris gaan wees waar Rusland en Amerika ISIS saam gaan beveg. Let op na die Russiese magte wat nou optrek
na die Midde Ooste maar wees versigtig om hierdie as die Magog oorlog (3de Wereldoorlog) te sien
want die lande betrokke is nie die wat in die Magog oorlog beskryf word
nie. Laat ons die media dophou en sien
hoe hierdie dinge voor ons afspeel.
Laaste gedagte: Die volgende stap wat vir ons ‘n aanduiding in die regte rigting is, is die vrede in Israel. Let op na die Russiese magte wat nou optrek na die Midde Ooste maar wees versigtig om hierdie as die Magog oorlog te sien want die lande betrokke is nie die wat in die Magog oorlog beskryf word nie. Laat ons die media dophou en sien hoe hierdie dinge voor ons afspeel.
AntwoordVee uit