20 Maart 2015

Die Verbondsark is gevind, is Jesus se koms naby?

Ek kry 'n kort visioen van God waar Hy my die Ark wys, Sy opdrag: Gaan ondersoek hierdie - DIE TYD IS MIN.    JESUS SE KOMS IS NABY                                                                   

                                                                    AGTERGROND

Die Verbondsark is ‘n kis wat beskryf word in Eksodus 37 waar die wette en die 10 Gebooie van Moses in gebêre was. Volgens die Nuwe Testament in Hebreërs het die Ark ook Aäron se staf, ‘n houer met manna en die eerste Torah rolle wat deur Moses geskryf is bevat.  In Konings word genoem dat in die tyd van Koning Salomo die Ark twee tablette en die wette van Moses in gehad het.  Dit word die verbondsark genoem omdat God beloof het dat as hulle Sy wette  gehoorsaam wat in die Ark geberg is sal Hy hulle seën maar as hulle dit verwerp sal hulle vervloek wees.

Die deksel was baie belangrik. In Psalm 99:1 lees ons dat die Here bo-oor die gerubs sit. As Moses na die tabernakel gegaan het om met die Here te praat, hoor hy die stem van die Here: Die stem het van die deksel af gekom tussen die twee gerubs uit. Die Here sê self vir Moses: Daar sal Ek jou ontmoet. Ek sal met jou praat van die deksel af tussen die twee gerubs uit wat op die ark met die getuienis is. Al my bevele vir die Israeliete sal  Ek jou van daar af gee (Eksodus 25:22)

http://powerpointparadise.com/blog/2013/03/ron-wyatts-deathbed-confession-of-finding-ark-of-the-covenant-its-guardian-angels/

                                                                DIE KRAG VAN DIE ARK

Dit wil voorkom asof die Ark ‘n jaar nadat Israel uit Egipte is gebou is, teen die voete van die Sinai berg. God het deur die Ark vir die mense ‘n visuele getuienis gegee sodat hulle kan glo.

•    Die kis was vir die Israeliete soos Jesus vandag vir ons is, dit was hulle alfa en omega, Eli het van skok gesterf nie omdat hy gehoor het sy seuns is dood nie maar omdat die Ark gebuit is. (1 Sam 4:18)

•    Die water het opgehou vloei en het ‘n damwal gemaak by die Jordaan rivier toe die Leviete daar deur is (Josh. 3:15–16; 4:7–18). 

•    Die mure van Jerigo was geskud tot op die grond net deur ‘n geskree van ‘n leermag nadat die Ark om die stad gedra is.  (Josh. 6:4–20).  

•    Die Filistyne buit die ark en neem dit na Asdod en plaas dit langs Dagon in sy tempel. Die volgende dag ontdek hulle dat Dagon vooroor geval en op die grond gelê het –voor die ark van die Here. Hulle maak weer vir Dagon staan, maar die volgende dag gebeur dieselfde ding. Hierdie keer het sy kop en twee hande afgebreek. (1 Sam 5)

•    Ussa sterf as hy aan die Ark raak. (2 Sam 6)

•    70 Sterf omdat hulle na die Ark kyk, wat geglo is uit nuuskierigheid en nie eerbied nie. (1 Sam 6: 19)

•    3 Stede: Asdod, Gat en Ekron se mense is met sere en muispeste oorval omdat die Ark nie by hulle gehoort het nie. (1 Sam 5)

•    Dit het vrees gebring onder ander volke (1 Sam 4:6-7)

•    Toe die inwoners van Bethsemesh dit by geleentheid nie reg hanteer het nie, het meer as 50,000 gesterf (1 Sam.6:19).

http://www.workersforjesus.com/josh5-7.htm

                                                         WAT HET GEBEUR MET DIE ARK

Bespiegelings oor wat moontlik kon gebeur het.

1.    Dat Babiloniërs Jerusalem en die tempel vernietig het, hulle die goud herwin het en die res van die ark vernietig het. (Jeremia was profeet in hierdie tydperk).

2.    Dat Nebukadneser dit saam geneem het, terug Babilon toe.

3.    Die Israeliete dit versteek het. (MEES WAARSKYNLIKSTE) (http://wyattmuseum.com/radar-locates-an-entrance/2011-326). (http://wyattmuseum.com/inside-the-ark-of-the-covenant/2011-322)

4.    Dit in Etiopië by ‘n Zionistiese kerk (Maria van Sion) versteek word in Aksum.

5.    Dit in Suid-Afrika / Zimbabwe onder die Lemba groep is wat afstam van Joodse priesters. http://m.news24.com/nuus24/Afrika/Nuus/Afrika-Jode-mag-die-Verlore-Ark-he-20110210

6.    Dat die ark versteek is in Ierland op ‘n koppie genaamd Tara. http://www.cryaloud.com/ark_covenant_jeremiah_ireland.htm

Kom ons volg bietjie hierdie inligting na om te sien wat alles al vasgevang is oor die bewerings en wat ons kan glo as die waarheid:

                                               DIE ISRAELIETE VERSTEEK DIE ARK

Daar word in die Apokriewe boek Makkabeërs 2 vertel hoe Jeremia die ark geneem het en dit versteek het in ‘n grot en dat die plek versteek sal bly tot God Sy kinders bymekaar sal maak en genade sal bewys en Hy hierdie weer openbaar sal maak net voor Jesus se verskyning.

Waar is die vraag, sou hy die Ark versteek het? Onder die tempelberg waar die Rotskoepel staan wat nou die tuiste van die Moslems is? Of in Ierland soos die legendes dit daar so oorvertel? Of onder Golgota?

Ron Wyatt  het ‘n rare ondekking gemaak nadat hy onder Golgota die Ark ondek het, maar Ron en sy 2 seuns het eers die 3 gate ondek waarin die kruise was wat dui daarop dat een Jesus sin is met 'n Romeinse munt wat nog versteek gelê het in een gat. In een van hierdie gate was 'n groot kraak wat vermoedelik veroorsaak is deur 'n aardbewing.  Op die stadium wat Ron onder die grotte rond gesoek het na die Ark het 'n klein Arabiese man hom gehelp om in die gate rond te snuffel waar Ron nie kon inpas nie, om sodoende na groter kamers te soek.  Op een van hierdie klein openinge het die man deur 'n tonnel gesukkel en vreesbevange uit gekom en geskree: : "Wat is daar binne ", met Ron verbaas kon die man net antwoord dat hy niks gesien het nie maar dat hy nooit weer terug daarin gaan nie. Nodeloos om te noem dat die man daar weg is om nooit weer terug te kom nie. Hierdie was 'n aansporing vir Ron met die wete dat hy op die regte spoor is en dat hy verseker dit gaan ondersoek. Hy het 'n steenkis ondek wat gekraak is en soos hy sy flits in die kraak afskyn het hy 'n goue voorwerp gesien wat hom dadelik laat besef het dat dit die Ark was. Maar daar was ‘n vreemde bruin vloeistof op die Ark. Soos hy die spoor volg van die vloeistof het dit van bokant die grot se plafon gekom. 21 Voet bokant hom was die gat waarin die kruis van Jesus gestaan het. Met God wat die aarbewing veroorsaak het is die rots geskeur en die deksel wat die Ark verseël het gebreek sodat die bloed van Jesus reg op die Ark te lande gekom het.   Dit het aan die lig gekom met die toets van hierdie bloed dat daar net een menslike ouer was. Die bloed het net 24 chromosome bevat waarvan 23 vroulik was en Een manlik, (God die Vader sin).  God die Vader het 600 Jaar voor Jesus se kruisiging geweet dat Jesus die plek van die Ark kom inneem en het dit hier reg onder Jesus, onder Golgota versteek, en as ‘n mens die betekenis van die Ark verstaan sal ons verstaan hoekom Jesus die plek van die Ark kom inneem het.

Hier is die ander items wat ondek is in die grot, in Ron se woorde self: “The objects he saw in that chamber that he feels confident in identifying are: the Ark of the Covenant in the Stone case; the Table of Shewbread; the Golden Altar of Incense that was in front of the veil; the Golden Censer; the seven-branched Candlestick holder, (which didn’t have candles but had tiny, bowl-like golden oil lamps which are built into the tips of the candlestick); a very large sword; an Ephod; a Miter with an ivory pomegranate on the tip; a brass shekel weight; numerous oil lamps; and a brass ring which appeared to be for hanging a curtain or something similar. There are more objects, but these are all Ron could positively identify. All of these objects were covered by the dry-rotted dark-colored animal skins, then dry-rotten wooden timbers on top of the skins, and finally the large rocks piled over everything. On the back of the Ark is a small open cubicle which still contains the “Book of the Law” and is presumably the one Moses, himself, wrote. Ron found the Scrolls, written on animal skins, to be in perfect condition.

Luister gerus na hierdie video om bogenoemde beter te verstaan, dis net 12 minute lank.  https://www.youtube.com/watch?v=pUM2KZahkC8

Die Ark is nog nie uitgebring nie maar soos ons verstaan sal dit gedoen word net voor Jesus se 2de koms. Daar moet nog ‘n hele paar dinge gebeur voordat die tyd hiervoor reg is.


http://wyattmuseum.com/radar-locates-an-entrance/2011-326

                                                                  DIE ARK IN ETIOPIë

Kom ek begin hier om te noem dat daar beweer word dat ‘n namaaksel van die Ark gemaak is om die Ark te beskerm teen die wat dit wil buit of vernietig.  Om hierdie bewering te staaf kan ons lees in Jer 3:16 waar Jeremia sê dat daar ‘n tyd sal kom dat niemand sal vra waar die kis is of niemand sal ‘n ANDER kis wil maak nie, of selfs in 2 Kron 35: 3 beveel Koning Josia dat die Leviete die Ark in die tempel van Salomo moet gaan sit maar julle hoef dit nie op julle skouers te dra nie. Huh!! Dit was dan opdrag van God dat die Ark altyd op die skouers gedra moet word ….. was Josia dalk hier bewus dat dit ‘n namaaksel is. Josia sou verseker nie teen God se wens gegaan het nie. (Josia was koning in tydperk 641/640 tot 610/609 vC)

Sommige geleerdes glo dat die verbondsark tot onlangs in Ethiopië was.   Dit was glo een van die redes waarom Italië, Ethiopië in 1935 binnegeval het.  Hulle wou die verbondsark buit.  
Nou hoe kom die Ark in  Etiopië uit: Die Ethiopiese tradisie lui dat koning Salomo tydens die koninging van Skeba se besoek (2 Kron.9) ʼn seun, Menelik, by haar verwek het.   Nadat hy gespeen is, het sy hom na Salomo teruggestuur om in die paleis groot te maak en in die Judaïsme onderrig te word.   Toe Menelik 19 jaar oud was, is sy moeder oorlede waarna hy met die verbondsark en ʼn aantal vrywillige Jode na Ethiopië vertrek het.

Omdat Jerusalem 4000 km van Ethiopië is en Menelik die Ark heelwaarskynlik nooit weer sou sien nie, het Salomo vir hom ‘n namaaksel laat maak om saam te neem.  
Die nasate van Menelik het hulself die Huis van Israel genoem en staan vandag as die Falasha Jode bekend.   Hierdie vorstehuis het tot in die 20 ste eeu in Ethiopië regeer.   Die Ethiopiese vorstegeskiedenis maak van ʼn koninging Judith melding wat teen 950 nC in Ethiopië regeer het.   Die Islamiete het die land twee eeue later verower.

Die Joodse vorstehuis het in 1558 weer aan bewind gekom, ʼn bewind wat tot en met 1974 geduur het toe die vorstehuis van keiser Haile Selassi tydens ʼn Kommunistiese staatsgreep omver gewerp is.   Selassi wat homself die Leeu van Juda genoem het, is in 1975 oorlede.
Israel het altyd goeie betrekkinge met wyle keiser Haile Selassi gehad en Ethiopië dikwels van tegnici voorsien.   Nadat die hele Jerusalem in 1967 in Joodse besit gekom het, is Selassi gereeld oor die verbondsark gepols en versoek om dit na Jerusalem terug te stuur.   Hy het egter geglo dat die tyd daarvoor nie ryp was nie en dat God hom ʼn duidelike teken sou gee.



http://www.nowoezone.com/Ark_of_the_Covenant.htm

                          HOEKOM HET GOD SOVEEL WAARDE AAN DIE ARK GEHEG

Openb 11:19 Toe het  God se tempel, wat in die hemel is,  oopgegaan, en Sy verbondsark wat in Sy tempel is, het sigbaar geword…. God het die verbondsark aan die Israeliete gegee as ‘n kosbare besitting en hier waar die Ark in die Hemel gesien word is simbolies om God se verbondskinders te kom bemoedig, dat Hy nie Sy kinders vergeet het nie.  Openbaring 11 gaan oor die blaas van die sewende trompet wat handel oor die laaste oordeel op Aarde. Die laaste oordeel waarin alles vernietig sal word.

“En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in diè dae, spreek die HERE, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van die HERE nie.  Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie” (Jer.3:16)

As die Ark dan so belangrik vir die Israeliete was, het ons dan nie ook ‘n Ark vandag nodig nie? Die antwoord is nee, want ons het ‘n Hoëpriester wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God (Hebreërs 4:14). Ons het nie meer ‘n hoëpriester nodig wat een maal per jaar die Allerheiligste binnegaan en bloed teen die Ark sprinkel nie. Toe Jesus die laaste asem aan die kruis uitgeblaas het, het  die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur (Matteus 27:51). Ons het nou direkte toegang deur Jesus Christus ons God. Hy praat nou direk met elkeen van ons persoonlik en die Ark is nie meer nodig om net met een gesalfde persoon van Hom te praat nie. Sy brood voed ons, Sy staf lei ons, Sy liefde red ons, Sy bloed was ons skoon en Sy Woord beskerm ons.

Dit maak eintlik nie saak waar die verbondsark tans is nie.   Dat dit binnekort ʼn beduidende rol gaan vervul, is seker.  Volgens Joodse oorvertllings sal die onthulling van die Ark die Jode aanspoor om die Derde Tempel te bou.   Dit was immers die doel van die tabernakel sowel as die Eerste Tempel - om ʼn tuiste vir die verbondsark te wees. https://www.indiegogo.com/projects/build-the-third-temple--3
http://www.lamblion.com/articles/articles_jews10.php
Is die Ark se ondekking ‘n aanduiding dat die eindtye naby is? En dat dit weer in ‘n tempel sal staan?

Luister na onderstaande video en besluit self of Ron Waytt die waarheid praat
https://www.youtube.com/watch?v=9ubKUip6pz0

https://zionsgate.wordpress.com/2014/01/06/the-true-ark-of-the-everlasting-covenant/

OPSOMMING
1.  Fillistyne buit Ark 2800vC. Maar bring dit terug na Israel.
2.  Salomo bou tempel 833 vC met die Ark in die tempel.
3.  Dit wil voorkom asof die Ark nie die hele tyd in die tempel gebly het nie omrede Koning Josia die Ark (of miskien 'n namaaksel daarvan) terug laat plaas het in tempel om en by 640 - 610 vC.
4.  Jeremia begin profeteer dat tempel en Jerusalem plat gemaak gaan word  tussen tydperk 600 -525vC.
5.  Babilonieers neem Jerusalem in 430vC.
6.  Nebukadneser kom terug 425vC en maak alles plat, die tempel ingesluit. Hy buit alles wat waardevol is in die tempel maar daar word glad nie genoem dat die Ark deel was hiervan nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking