18 Februarie 2015

Sjinese in Suid-Afrika

Eerstens, ek weet dat alle Sjinese nie voorbedagte rade het om net munt uit Suid-Afrika te slaan nie maar God het hierdie kom wys omrede die grootste gros Sjinese se bedoelinge nie edel is nie.

God stap met my die pad deur ‘n myn vanaf ‘n pragtige landskap van watervalle en mooi natuurskoon. Ons kom op ‘n vreemde manier die myn van onderaf in. Dit is netjies, skoon en die personeel is gelukkig en lyk of hulle goed na om gesien word. Die masjienerie wat gebruik word is van die beste in die wêreld en die leiers in die myn kom goed klaar met die grondpersoneel.

Die prentjie verander egter as ons met die skag opgaan en van die myn stap na die admin geboue alhoewel alles nog skoon en netjies is met goeie afwerkings is die kantoor personeel strak en emosieloos in dit wat hulle doen, deur die bank behalwe vir die swart ontvangsdame is almal Sjinese. Dit wat ek in die kantore sien waarmee die mense hulle mee besig hou is nie goed waarmee Godvresende mense hulle mee ophou nie. Drank, pornografie, dobbelgeld ens. word gewys omdat God hierdeur wil wys dat wêreldse dinge hierdie mense beheer en dat Hy geen plek in hulle lewens het nie, wêreldse gebruike waar mag en geld die groot god is, is hulle dryfveer.

Ek gaan nie alle detail deurgee soos wat God dit gewys het nie maar alles kom daarop neer dat daar agteraf gekonkel word met hoë amptenare in die regering, die hoogste lyn in die kabinet is bewus van alles wat aangaan nie net in Suid-Afrika nie maar in die hele Afrika.

HIER IS DIE KRISES WAARMEE ONS SIT.

As daar gevra word hoekom Suid-Afrika toelaat dat Sjina in ons land moet belê dan word die volgende redes gegee:

1.    Sjina help Suid-Afrika om hulle millennium ontwikkelings doelwitte te behaal deur om in infrastruktuur, ekonomiese en ontwikkelingsprojekte betrokke te raak.
Hoe ver is hierdie nie van die waarheid af nie. Sjina se beleggings is eintlik goed gestruktureerde uitleningsprogramme. Huidiglik is Sjina die voorste bank wat lenings verskaf in die hele Afrika en waarvan ons Standard bank alreeds 20% aan Sjina behoort.

2.    Sjina wil Suid-Afrika se probleme oplos deur gesamentlike oplossings te bied.
Dis ‘n valse verklaring volgens Congo Forum omrede 95% van al Sjina se programme in Afrika ‘n klousule in het wat stipuleer dat alle infrastruktuur programme vereis dat 70% van die personeel Sjinees moet wees en alleenlik 30% gebruik sal maak van plaaslike werkers.

3.    Sjina help Afrika ontwikkel deur werkskepping.
Dit is redelik waar dat Sjina help met werkskepping maar dis algemene kennis dat Sjina hulle goedkoop produkte stort in Suid-Afrikaaanse markte wat die res van die Suid-Afrikaners uit besigheid uit forseer omdat hulle nie die belaglike goedkoop pryse wat die Sjinese opdis kan meet nie.

4.    Sjina staan nie vir kolianisme nie.
Sjina bou paaie asof dit uit die mode gaan en op die voorgrond hiervan is die mynindustrie wat deur Sjinese oorgeneem of deur hulle befonds word en hulle het maniere nodig om al die grondstowwe uit Afrika te kry (en ons almal weet wat die toestande van die paaie in Afrika is).   Volgens hulle sal die resultaat ‘n vinnige kontinentale transformasie hê met die potensiaal om onderwys en gesondheidsdienste te verbeter en om Afrikane met mekaar te konnekteer en natuurlik, om hierdie te bereik word geen  natuurlike habitatte gespaar nie. Lees gerus hierdie artikel: http://fightforrhinos.com/tag/mining/  (Vandat Sjinese in Afrika ingekom het, het die uitwissing van renosters en olifante geweldig toegeneem)

Deur hierdie paaie word minerale (olie, hout, steenkool, koper ens) by tonne uit Afrika vervoer en Sjina kry al die voordeel daaruit waar hulle hierdie produkte onder die markprys aan die wêreld bied. Sjinese bou woongebiede uitsluitlik net vir hulself met Chinatowns wat soos sampioene opspring deur die hele Afrika.  Kan julle sien hoe neem hulle stadig die infrastrukture oor en eis grondgebied op en dit is presies wat kolianisme is.

DIS HOE HULLE TE WERK GAAN:
Die Sjinese beleggers maak ooreenkomste met die regering om te kan myn en sodoende maak hulle kabinetsakke met biljoene rande vol. Sjinese begin inbeweeg in stede sowel as afgeleë gebiede.  Hulle begin konstruksie maatskappye (wat ek glo belastingvry is) begin koper-, steenkool myne, bou hotelle, restuarante alles in die naam van werkskepping. Bou selfs hospitale en skole. Volgens SAinfo reporter and SAnews.gov.za  het die regering in Februarie 2014 bekend gemaak dat 43 nuwe hospitale en 213 klinieke gebou gaan word in die volgende 5 jaar, is hierdie regtig iets waartoe ons regering in staat sal kan wees sonder die hulp van Sjina?

Die res van die wêreld staan natuurlik bekommerd en toekyk hoe Sjina die wêreldmark omgooi, Afrika en Sjina is mekaar se grootste uit,- en invoer vennote.  

Maar mense begin notisie neem en sien die ongebalenseerde werksverhoudinge en hoe Sjina alleenmandaat neem oor natuurlike hulpbronne, die ontgunde skatte opeis in ruil vir sogenaamde werkskepping en ontwikkeling.  Sjinese bring kennis en vaardighede maar deel dit glad nie om sodoende ongeskooldes te kan oplei nie, hulle neem ons primêre grondskatte en verkoop dan aan ons terug gefabriseerde produkte.

Terug na die vision: Jesus stap na ‘n plek in die Uniegebou waar daar waarskynlik vroeër jare konferensies gehou is, ek kry die gevoel dis ‘n deel wat vandag nie meer baie gebruik word nie lyk of die ou bedeling se dinge hier geberg word.  Die mure hang vol van ou portrette met vorige staatspresidente op: F.W. de Klerk, P.W. Botha, H.F. Verwoerd, net ‘n paar wat ek kan onthou wat ek gesien het. Jesus staan by elkeen ‘n rukkie stil dan trek Hy ‘n stoel uit en ek gaan sit langs Hom, Hy plaas ‘n swaard op die tafel met ‘n pen langs dit. Wat weeg die swaarste? Hierdie is simbolies dat alles vandag met die pen gewen word en dan vra Hy ek moet Jeremia 10 en Psalm 89 gaan lees. 

Wat het in ons land verkeerd geloop dat ons grondgebied opgeëis word deur volksvreemde mense?

HOEKOM LAAT GOD DIT TOE….Jeremia 10: Julle moenie doen soos die heidene nie. Julle moenie bang wees vir tekens in die lug nie, want die heidene is bang daarvoor. Die dinge wat die heidene doen, is soos wind. Die heidene is dom en dwaas, want hulle gode kan vir hulle niks leer nie. Maar die Here is die ware God wat lewe, Hy is Koning vir altyd, en al die mense op die aarde bewe wanneer Hy kwaad is. Julle moet vir die heidene sê daardie gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie, sal verdwyn van die aarde af. Here, ek weet ’n mens kan nie self besluit oor wat met hom sal gebeur en hoe dit met hom sal gaan nie. Here, gee vir ons die straf wat ons moet kry, maar U moenie so kwaad wees dat U niks van ons laat oorbly nie.
  • Wat is die boodskap wat God hier vir ons bring: Onchristelike gebruike laat mense na vreemde gode gryp maar die dinge wat hulle doen is soos die wind.  Hulle is dom en dwase mense wat nie raad by die Lewendige God vra nie maar wat hul wend tot afgryslike voorvader geeste en wat ander lande se gelowe begin aanhang omdat hulle dit in ons land inbring. Maar vir die wat weet, vir die wat God ken is ons bewus tot wat Hy instaat kan wees, mense moet sidder as Hy genoeg gehad het van hul ongehoorsaamheid en Sy woede op hulle gaan losbreek. Op die einde sal ons God oorwin en sal Hy oorwinnaar wees oor die hele Aarde en sal al die nietige gode verdwyn. 
…..Psalm 89 (Soos wat ek dit verstaan volgens uitleg vir ons bedoel): Here, ek wil altyd sing en sê dat U elke maal doen wat U belowe het, ek wil vir elke geslag leer dat U altyd dieselfde bly. U het gesê: “Ek het ’n verbond gemaak met die man wat Ek gekies het.  Here, dit gaan goed met ’n volk wat weet hoe om vir U te juig en wat  naby U kan lewe.  Lank gelede het U verskyn aan die mense wat in U glo, en U het gesê: “Ek het besluit dat Ek ’n belangrike man sal help. Ek het iemand van die volk gekies en Ek het hom belangrik gemaak.  Ek sal hom beskerm en hom sterk maak. Sy vyande sal hom nie kan bedrieg nie, niemand sal hom verdruk nie. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God, die Rots wat my red.’ En Ek sal vir hom sê hy is vir My so belangrik soos ’n oudste seun. Ek sal altyd vir hom doen wat Ek belowe het, Ek sal nooit my verbond met hom breek nie.

…..Maar: As ’n persoon van sy nageslag ophou om te doen wat Ek wil hê en nie lewe soos Ek sê nie, dan sal Ek hom straf omdat hy opstandig is. Ek sal hom laat swaarkry omdat hy sonde doen.  Maar Ek sal nie ophou om vir hom te doen wat Ek belowe het nie.  My verbond sal vir My belangrik bly, Ek sal nie verander wat Ek gesê het nie. Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde, U het hom weggestoot, U het hom gelos. U het  gemaak of U nie ’n verbond met u dienaar gemaak het nie, U het sy kroon op die grond laat val, en dit het vuil geword. U het al die mure om sy stad laat afbreek, U het sy sterk mure laat verwoes.  Almal wat daar verbykom op die pad, vat die goed in die stad, die volke daar naby spot en lag vir die koning. U het sy vyande laat wen teen hom, U het al sy vyande bly gemaak. U het sy eie swaard stomp gemaak, hy kon nie wen en bly staan in die oorlog nie. U het hom laat ophou om koning te wees, U het sy troon omgegooi, dit lê op die grond. U het hom gou oud laat word, U het hom alles laat verloor. Here, hoe lank wil U nog maak of U dit nie weet nie? Altyd?

Hoe lank wil U kwaad bly en ons laat brand soos in ’n vuur? U het altyd gedoen wat U belowe het, hoekom doen U dit nie nou ook nie? Hoekom het U nie dieselfde gebly soos U belowe het nie? My Here, U moet daaraan dink dat mense vir my, u dienaar, gespot het. Ek het gehoor hoe al die volke my spot. Here, die mense wat my spot, is u vyande, hulle het vir my, u gesalfde, gespot oral waar ek gaan.

Julle moet die Here altyd prys.
  • Wat is die boodskap uit Ps 89 vir ons: As ons die Drie Enige God aanbid beloof Hy dat dit goed sal gaan met ons. Hy sal altyd vir ons doen dit wat Hy aan ons belowe het.  Maar as mense ophou om God se wil te doen SAL Hy ons straf en laat swaarkry. God het ons kroon op die grond laat val en dit het vuil geword, ons mure wat ons gebou het is afgebreek en verwoes. Alles word van ons weggevat, ons word uitgelag en gespot.  Ons word vertrap deur mense wat ons as hulle vyand sien.  Ons wapens beteken niks ons kan nie terug baklei nie. Ons is van die troon gelig dit lê op die grond. Ons het alles verloor. Here hoe lank wil U nog maak of U nie hierdie goed sien gebeur nie? Hoe lank nog voor U gaan kom ingryp en ons kroon weer kom optel. Ons troon weer regop sit en afstof? 
Boeddha Tempel in Bronkhorstspruit

…..As Jesus Sy hande op ‘n houtkruis plaas bid Hy vir ons land en vra dat al die Christene moet bid vir ons Suid-Afrika, ons moet nie die Sjinese haat nie, ons moet hulle nogsteeds behandel soos wat Jesus dit sal doen, ons moet liefde openbaar en waar ons kan die evangelie verkondig maar ons gebede moet wees dat hierdie waansin van korrupsie en onedele bedoelings moet einde kry en dat ons, ons land sal skoon hou van Boeddhistiese invloede wat inkom saam met hierdie volksvreemde mense.  Hou op om openlik te sondig en nie eers skaam te wees daaroor nie, draai terug na God toe sodat Hy ons land weer kan kom oorneem en kan kom herstel sodat ons 'n land van vrede kan beleef.

God is baie duidelik dat ons geen buitelander moet sleg behandel of moet laat swaar kry nie: Lev 19:33 “Wanneer ’n vreemdeling by julle in die land woon, dan mag julle hom nie laat swaarkry nie. 34 Die vreemdeling moet vir julle wees soos ’n Israeliet, jy moet lief wees vir hom soos jy lief is vir jouself...

Kyk ook gerus hierna:  https://www.youtube.com/watch?v=rS2HNV87LHQ

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking