Ek beweeg agteruit saam Jesus deur die donkerte van die nag, alles swiep by ons verby tot ons te staan kom op ‘n geboude pilaar. Dis stil om ons en iets aan die nag laat ‘n rilling teen my ruggraat afloop. Die plek waar ons staan is hoog teen ‘n koppie geleë maar ek eien die plek, dis ‘n bekende baken hier in Pretoria-Oos. Elke keer as ek verby hierdie huis ry en dit sien waar dit uitgekerf lê teen die horison laat dit my dink aan ‘n ou kasteel wat uit toring bo sy omgewing. ‘n Donker plek waar mens nooit lig sien brand nie, ‘n gebou wat nie lank terug opgekom het nie en baie mense aan die wonder het.
As ek om my kyk sien ek dat ons op ‘n groot balkon staan en soos ons afbeweeg na die vloer toe kan ek die koue swart leiklip voel onder my voete. Jesus stap voor my uit en maak ‘n swaar glasdeur oop wat ons lei na ‘n ruim, duursaam afgewerkte vertrek. Die vloere is donker maar het geen meubels in nie en alhoewel die plek mooi op die oog is, is daar iets omtrent hierdie plek, wat my koud laat.
Ons loop traplangs na ‘n vlak benede ons, by die reling staan Jesus stil en as ek by Hom aansluit sien ek hoe die figure op die grondvlak duideliker word waar ‘n dowwe lig hulle afets teen die mure. ‘n Swaar donker hout tafel is die enigste meubelstuk wat in die vertrek staan. Die mense wat rondom die tafel sit hou hande vas en ‘n demoon loop op en af en wag vir die regte oomblik om af te handel dit waarvoor hy gekom het.
As die medium in ‘n brabbel taal begin praat gly die demoon met ‘n donker fors haar liggaam in en laat die medium in ‘n diep stem haar woorde uit spoeg en haar liggaam is totaal in beheer van die bose karakter. Ek wat ook maar mens is, voel die vrees wat my beetpak as hierdie toneel voor my afspeel en voel die teenwoordigheid van die bose wat my soos ‘n nagmerrie intrek. Dan word ek bewus van God wat hier langs my staan en kalmte spoel oor my as ek my stywer teen Hom vastrek.
Hier reg voor ons teen die reling kom ‘n donker figuur op, ek kry die gevoel dat dit Satan self is, hy hang in die lug met ‘n swart mantel oor sy breë skouers gegooi. Hy is ‘n sterk, krag figuur wat mag en gesag met vrees afdwing. Met arms voor sy liggaam gevou kyk hy Jesus stip in die oë maar het geen impak op hierdie Man wat vorstelik langs my staan nie. Geen vrees het Jesus vir hierdie donkermag nie en geen houvas kan hy uitoefen op ons Verlosser nie.
As ek nog so vir hierdie donker mag voor my kyk besef ek ewe skielik dat ek alleen staan en het nie bewus geword dat Jesus al die trappe af begin stap het na die onderste vlak toe nie, my bene kry lewe soos min as ek agter Hom aan hardloop en Sy hand vasgryp in hierdie plek waar geen mens sonder God wil wees nie.
Ons stap uit op ‘n ander balkon en kyk oor die strate wat nou ‘n warboel van bedrywighede is. Langs my staan ‘n vrou wat ook aan my bekend is, een wat ek weet haar ophou met okkulte. Sy strek haar hande uit oor die huise en besighede onder haar en spreek vloek woorde (cursing) uit oor die hele area.
Jesus wys my waarheen om te kyk sodat ek kan sien wat gebeur en watse houvas hierdie woorde op mene se gedrag kan hê. Ek sien skurke wat mense aanval, hulle handsakke gryp, hulle karre besteel en selfs ook winkels beroof, vandaliste wat net daarop uit is om skade te berokken, hulle gee nie om waar of hoe hulle dit doen nie. Ek merk ‘n vrou op wat ‘n kruisie om haar nek dra, een wat ‘n Jesus kind is maar wat ook aangeval word deur ‘n skurk wat haar hangertjie en handsak met geweld by haar afneem.
Die huise aan die onderkant van ons is ‘n slagveld soos wat mense baklei en mekaar sleg sê. Die woorde wat uit hulle monde kom is walglik en dit sny deur mekaar se harte. Die geringste ding laat mense opvlam in woede en daar waar veronderstel is om liefde te wees is net hartseer en pyn. As gevolg van die ondraaglike omstandighede wat mense emosioneel vernietig is die laaste uitweg vir hulle selfmoord. Hierdie okkultiese vloeke wat oor almal uitgespreek word sypel in soos gif wat gesproei word oor onkruid maar ook oor die goeie vrug.
Ons stap terug by ‘n ander deur in, by ‘n vertrek wat leeg en koud is en die prentjie voor my is skokkend en walglik. Ek staan sprakeloos as ‘n vrou gemeenskap met ‘n man het terwyl ander om hulle staan en toekyk. Ek vervul myself met afgryse as ‘n demoon in ‘n man verander en seksuele omgang met die vrou het. Ek staan en kyk na die toneel en sien die jong meisies wat hierby betrokke is, ek druk my kop in Jesus se bors, wat met Sy rug teen alles gedraai staan en begin bitterlik te huil omdat ek weet dat hierdie kinders, boere meisies en seuns is wat vasgevang word deur die leuens van Satan. Trane van teleurstelling en bejammering teenoor hierdie onskuldige jong volk wat hul lewens offer aan 'n afryslike euwel, my gesig druk ek eerder in Jesus se arms en die werklikheid sleur my mee tot die besef dat ons Afrikanervolk ingetrek is by die okkultiese bedrywighede van die bose. Mooi jong manne en meisies gooi hulle lewens weg ter wille van donker plesier en is soekend na mening in hul lewens omdat hulle verwerp word deur die wat hulle moet lief hê en omdat hulle nie van kleinsaf die pad van die evangelie geloop het nie. My volk word mislei deur die leuens van Satan.
Met my kop teen Jesus se skouer nog vasgedruk en my trane wat teen Sy kleed afloop draai Hy my om en hou my net vas tot ek stil en rustig geword het. Hy vat my hand en loop met my terug na die vertrek waar die mense besig was om geeste op te roep. ‘n Vrou sit om die tafel maar sy is vreesbevange, sy is vasgevang in hierdie web en weet nie hoe om daar uit te kom nie. Sy vrees vir haar lewe en is gekluister in hierdie donker hoël van walglikheid, sy kan nie uitkom nie, sy kan nie wegbreek nie omdat sy glo Satan gaan haar vernietig. Naby hulle staan ‘n swart vrou rond met naels en hare van iemand wat sy wil betower. Afwagtend dat ‘n hekse “spell” op iemand anders geplaas moet word.
HOEKOM KOM WAARSKU GOD ONS HIERTEEN
In die westerse samelewing is die okkultiese bedrywighede besig om al hoe meer gewilder te raak en Suid-Afrika is ongelukkig nie hier uitgesluit nie. Vloeke, begoëlings en betowerings (spells) is aan die toeneem omdat mense al hoe meer bedwelmend raak deur onskuldige bedrywighede. Daar word ‘n magiese, mistirieuse en romantiese beeld geskep rondom hierdie donker praktyke wat veral die jeug vasvang. Die jong kinders wat soekend is, wat nie uit ‘n standvastige huishouding kom nie, wat meestal verwerp is en wat op soek is na mense of groepe wat hul kan inneem of geliefd laat voel, is ‘n groot vangs vir Satan. Goth het ‘n aantrekkingskrag geword wat min van hulle kan weerstaan.
Satan is soekend na verlore siele soos nog nooit tevore nie, hy weet sy tyd op aarde word min en die finale uur het vir hom aangebreek (Op 20:8). Hy loop soos ‘n brullende leeu rond opsoek na iemand om te verslind. (1 Pet 5:8) Hy lief dit om te spog met wat hy kan doen en gebruik toorkuns as ‘n groot lokmiddel om mense te beïndruk en te wen vir sy verdoemende koninkryk.
Goëlary of soos in engels “Illusionist” word deur baie mense gesien as net pret of onskuldige vermaak. Ja, dit is ook diegene wat kulkuns doen met kaarte of voorwerpe waar vlugtige handbewegins ons oë verblind. Maar moenie alle truuks afmaak as onskuldig nie, hoe langer hierdie kunstenaars betrokke is in dit wat hulle doen hoe meer word hulle ingetrek in die kloue van Satan en sy aanloklike toorkuns. Tot dit kom by ‘n punt waar bose geeste betrokke raak en die kunstenaar net dieper en dieper sak in die donkerte van boosheid. En hierdie bose geeste is maar al te gretig om hul vaardighede aan die gehoor te laat wys. Hulle laat mense na hul asems snak as voorwerpe rond beweeg of gedagtes “gelees” kan word en wat verstaan word as spesiale vaardighede of vermoëns van die mens, is inderwaarheid bo-natuurlike invloede van demone.
VERSKILLENDE WERKINGE VAN DIE OKKULTE
Die grootste lokmiddel is die van Psychic’s en Mediums:
Om die verskil te verstaan moet ons kyk watter verskille is daar tussen hierdie paranormale vermoëns:
- Mediums, dien as kanale vir kommunikasie met die ander kant, afgestorwenes. Hulle kan intern of ekstern die demone waarneem. Verskillende maniere word hier gebruik, naamlik:
- Om in ‘n trans te gaan (‘n demoon neem die liggaam van die persoon oor en kommunikeer deur die stem).
- Ligte staat van oorgawe – Hulle ontvang inligting via ‘n demoon maar is tenvolle by hul bewussyn, is die mees algemeenste in gebruik. Hier kan ook voorwerpe soos kaarte of kristal balle gebruik word.
- Reiki – Hande oplê, genesing waar demonies energie deur die persoon vloei na die ontvanger toe.
- Psychic’s doen besigtiging deur voorwerpe en maak voorspellings daar deur, hulle maak nie kontak met geeste van die ander kant nie behalwe as hulle ook optree as mediums, maar besit paranormale vermoëns. Verskillende Psychic’s:
- Clairaudience – (Helderhoorendheid) ekstra sensitief met klank, maar wanneer hulle optree as mediums kan hulle fisies geeste hoor met hul gesels, kan ook klank optel deur meditasie.
- Clairvoyance – (Heldersiende) bonatuurlike inligting ontvang deur sig. (Soos eienskap van 'n siener).
- Clairsentience – Werk op instink, gevoel. Bonatuurlike data ontvang deur gevoel of bewuswording, maar as hul optree as mediums kan hul ook geeste se emosies waarneem. Die sogenaamde sesde sintuig gee hul ‘n sterk vermoë vir onderskeiding.
- Clairscent – bonatuurlike prikkeling deur reuk. Hulle kan ‘n sekere reuk soos byvoorbeeld tabak optel wat dan deurgegee word na die kliënt en word ‘n spesifieke dooie persoon daarmee geassosieer.
- Betowerings of vloeke. Okkultiese mense is baie lief om betowerings “spells” oor mense te plaas, maar om dit te kan vermag moet hulle inskakel in die geesteswêreld om ‘n magiese efek te ontlont wat gepaard gaan met ‘n ritueel. En vloeke aan die ander kant is vernietigende woorde wat oor mense uitgespreek word wat die doel het om te-vernietig, -beheer, -terroriseer of selfs om te dood. Die vloeker maak staat op gesproke woorde wat geuiter word met haat en woede, en met blywende gevolge.
- Seksuele omgang met demone. Hierdie gebeur of mens dit wil glo of nie, dis ‘n werklikheid soos wat die bestaan van Satan ‘n ware feit is. Demone neem die vorm van mans of vrouens aan en het gemeenskap met mense tydens ‘n okkultiese ritueel. Ek wou graag uitbrei op hierdie onderwerp maar hoe skryf mens oor die grusaamheid van hierdie dade, ek wou navorsing gedoen het hieroor via die internet maar kon myself nie so ver kry om te gaan lees wat alles hier gepaard gaan nie. Wat ek net wil noem is dat dit gebeur, ek het dit gesien in die gees soos julle dit hierbo gelees het en dat ons boerevolk nie by hierdie boosheid uitgesluit is nie.
- Heksery, Toordery: ‘n Werklikheid in die swart kulture vir baie eeue al, iets wat vreemd is vir ons en wat oorgespoel het na ons hedendaagse afvallige volk toe. Voodoo soos genoem in sommige kulture kan ‘n groot impak op ons lewens hê as ons nie die wapenrusting van God elke dag dra nie. Deur naels, hare, kledingstukke enige iets wat verbind kan word met die persoon wat gehaat word kan hekse vloeke uit spreek oor die persoon en hul lewe hel maak. Moet nie hierdie dinge afmaak as bangmaak stories nie, daar is vele verhale wat vertel word deur sendelinge wat in Afrika bedien wat gesien het waartoe hierdie hekse in staat kan wees.
Christene is nie immuun of buite die invloed van Satan nie, en dit kan op ons neerkom net so hard soos dit op ongelowiges die geval is en dit as gevolg van ons eie nalatigheid:
- Afgodery: Enige geloof waar die ware God misken word.- Voorvader geeste aanbidding, Boeddhisme, Rooms Katolieke, Islam, Hindoeïsme, Judaïsme en selfs Agnostisisme.
- Okkultiese bedrywighede: Halloween feesvierings, Sterrevoorspellings, Ouija borde, oproep van geeste, towery, Reiki genesing en selfs die harde werklikheid van satanaanbidding, Okkultiese rekenaar en TV speletjies.
- Seksuele sonde: Prostitusie, Hoerery, Voorhuwelikse seks, Homoseksualisme, Pornografie, Pedofilie.
- Ongehoorsaamheid aan God: Leuens, teenstand, versoekings, verleidings, onvergewingsgesindheid, haat, gulsigheid, jaloesie, om net ‘n paar te noem.
Satan kry vandag te veel aandag, nie eers in die OT kry hy soveel aandag as wat mense vandag hom gee nie. Net in 3 plekke word daar in die OT gepraat van hom Job1,2, Sag 3, 1 Kron21. Nou hoekom het dit geword dat mense vandag so vrees het vir 'n mag wat nikswerd is, iets wat nie alomteenwoordig of alwetend is nie. Of erger dat mens 'n wese wil aanbid wat nie eers 'n god is nie.
Die goeie nuus is dat, om hierdie demoniese werkinge op ons lewens te breek verbasend maklik vir Christene is omdat ons onder die beskerming van Jesus se bloed staan. Vloeke het net krag waar mense wat getoor word deel gehad het iewers in hul verlede met okkultiese of bose bedrywighede of self waar voorouers van hulle daarmee te doen gehad het. Maar die teenoorgestelde is ook waar, vloeke het geen of min waarde oor Godvresende mense, Spr 26:2 getuig hiervan: “Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan ‘n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie.
Ons is nie aan die beheer van Sataniese magte uitgelewer nie, want die Here Jesus het gekom, sodat Hy ons geestelik “kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld” (Gal. 1:4) en sy koninkryk in ons harte kan vestig. Ons bevind ons egter nog steeds fisies in ‘n bose en vyandige wêreld waarin ons die volle wapenrusting van God moet opneem sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:11-17). Let wel die wapens wat ons moet opneem is op God gerig en nie op Satan nie. Martin Luther het ons geleer dat die stryd moet nie wees teen die duiwel nie maar om ons besig te hou met God.
Bid elke dag dat geen vloek wat uitgespreek word oor jou en jou huisgesin enige effek op julle sal hê nie en bly waaksaam, spreek altyd die waarheid, wees altyd bereidwillig vir God, staan sterk in geloof, weet dat jy 'n verloste is en staan sterk met die Bybel in jou hand.
Hier is ‘n skakel wat gevolg kan word om uit te vind of jou kind betrokke is met okkultiese bedrywighede. http://www.okcupid.com/tests/the-st-mary%27s-church,-gothic-test
Baie dankie vir 'n insiggewende stukkie inligting, mens wonder baie hoekom dit in SA gaan soos wat dit gaan maar is nooit bewus van die dinge wat in die donker aan die gebeur is nie. Iets waarvoor ons moet bid vir ons kinders
AntwoordVee uit