In die hiernamaals is misterieuse dinge waaroor
die Bybel baie min vertel. Die Bybel bevestig wel dat God Sy Gees oor mense sal
laat kom wat vir ons insig in drome en visioene sal bring. (Hand 2:16-17) Maar
hierdie kan ook deure oopmaak na dinge wat onbybels is en daarom moet ‘n mens versigtig
wees oor die waarheid deur God geopenbaar. Weet ook, om te versigtig te wees en
mense te waarsku teen hierdie gawe, onbybels is.
As die vraag is gaan ongelowiges se kinders hel toe en gelowiges sin hemel toe? Moet dit geantwoord word met: "Kinders wat nog nie kan kies tussen reg en verkeerd of tussen goed en kwaad nie, maak dit nie saak waar hul gebore word nie want die ouers bepaal nie die lot van die kind nie. Die kind kon nog nie 'n keuse maak om Jesus te verwerp nie. Die Skrif erken ook dat kinders onskuldig is, wat hulle onderskei van die sonde (of ongelowigheid) wat hul volwasse ouers doen en dat die besluite wat hul ouers maak nie op hulle geplaas kan word nie. Dit staan uit in Esg 18:20 ... 'n Seun sal NIE die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie.
As die vraag is gaan ongelowiges se kinders hel toe en gelowiges sin hemel toe? Moet dit geantwoord word met: "Kinders wat nog nie kan kies tussen reg en verkeerd of tussen goed en kwaad nie, maak dit nie saak waar hul gebore word nie want die ouers bepaal nie die lot van die kind nie. Die kind kon nog nie 'n keuse maak om Jesus te verwerp nie. Die Skrif erken ook dat kinders onskuldig is, wat hulle onderskei van die sonde (of ongelowigheid) wat hul volwasse ouers doen en dat die besluite wat hul ouers maak nie op hulle geplaas kan word nie. Dit staan uit in Esg 18:20 ... 'n Seun sal NIE die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie.
As ons Eks 20:5, 34:7, Num 14:8 en Deut 5:9 lees, sien ons dat God hier sê dat Hy reken kinders en kleinkinders die sondes van hul vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag. Sonde kan tot in komende geslagte gestraf word, kinders ly vir sondes wat hul ouers gedoen het. As ons sonde doen terwyl ons leef word hierdie sonde nie deur God ligterlik opgeneem nie en sal die straf daarvoor op geslagte wat volg kom. Maar wanneer ons sterf word elkeen van ons apart geoordeel op ons sondes en kan ons nie deur God veroordeel word op die sondes van ons ouers en anders om nie, die juk wat ons dra op Aarde as gevolg van ons ouers se sondes is swaar maar dit gaan nie veroorsaak dat ons in die hel gegooi word omdat hulle gesondig het nie want elkeen gaan verantwoording doen vir hul eie optredes en keuses, ongeag hoe klein die kind is.
Baie mense wend hulle tot Mat 15:28, (gelowige ouers) waar die ouer se geloof veroorsaak het dat hulle kind gesond gemaak
is, omdat die kind nog nie die vermoë besit om self te besef waaroor
geloof gaan nie. Met ander woord die rede wat aangevoer word dat die kind gesond gemaak is, is geloof. Maar as hierdie tot rede verskaf word wat dan van die
ongelowige pa in Joh 4:53. wat tot bekering gekom het toe God hul seun genees het. Dan kry ons 1 Kor 7:14 waar EEN gelowige en EEN ongelowige ouer is, hier kan egter met
gerustheid verstaan word dat die kind deur hierdie een ouer se geloof geheilig
word met ander woorde, as jy deel is van God se familie en jou baba word
gebore, sien God die baba as deel van Sy familie en val hy onder God se seën. Maar
hier gaan dit ook oor geloof wat die ouers gekies het, waarby die kind nog nie
deel van kan wees nie, die kind hoor albei gelowe aan, hy word groot gemaak met albei leerstellings maar God se seën sal met hom wees omrede hy 'n gelowige ouer het.
Die vraag is: As die gelowige se kind, die ongelowige se kind of die gelowige/ongelowige egpaar se kind gesterf het waarheen sou die kind gegaan het?
Die vraag is: As die gelowige se kind, die ongelowige se kind of die gelowige/ongelowige egpaar se kind gesterf het waarheen sou die kind gegaan het?
Ons word in sonde gebore
Romeine 5:18-19 Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring. Omdat een persoon aan God ongehoorsaam was, het baie mense sondaars geword. Net so sal baie deur die gehoorsaamheid van hierdie één, ander Mens tot regverdiges verklaar word. (Word 'n mens nie 'n sondaar deur eie keuse nie?)
Hoe sien die Bybel kinders
- As onskuldig: Jer 19:4-5..... Julle het op die plek baie onskuldige bloed vergiet, ....en julle seuns as brandoffers vir Baal verbrand.
- Kan nie kies tussen reg en verkeerd nie: Deut 1:39 Julle babatjies.... en julle kleuters wat nou nog niks weet nie.
- Kan nie kies tussen goed en kwaad nie: Jes 7:16 Maar voordat die seuntjie weet om die verkeerde te verwerp en die goeie te kies.
- Dat hulle in die hemel is wanneer hulle te sterwe kom: Job 3:16-17 Waarom was ek nie maar 'n misgeboorte wat sonder meer begrawe is nie, 'n doodgebore kind wat nooit die daglig gesien het nie? Dan sou ek daar gewees het waar die goddeloses nie meer kwaad stook nie, waar die wat gedaan is, rus vind.
VISIOEN (Oor 'n tydperk ontvang 13 - 29 Augustus 2014)
Ek en Jesus staan in die Hemel waar ‘n engel ons
tegemoet wag. Ons stap saam met hom in
die rigting waar die pilare is. Alles om
ons is wit en soos ons aanstap raak die wolke voor ons weg, ons stap ‘n nuwe
deel van Hemel in waar groot wit houtdeure oopgemaak word, uit op ‘n groot
balkon.
‘n Muurtjie wat om die balkon gebou is keer dat ek
nie verder op die tuin kan uitloop nie, dis ‘n pragtige prentjie voor my, die
mooiste tuin is uitgestrek voor ons met lowergroen bome, dik groen gras en mooi
gevormde struike.
Jesus wys my waar ek moet kyk, ek sien duisende
mense wat plek, plek staan en gesels, ander loop rond en geniet net die ruimte
om hulle. En dan langs ‘n laning bome sien ek kinders (omtrent so 6, 7 jaar
oud) wat touspring, twee swaai die tou en een spring, ‘n hele groepie kinders
staan en wag hulle beurt af. By hulle staan engele wat saam met die kinders
speel, ‘n feestelike atmosfeer wat heers. ‘n Salig, vrede,- liefdevolle beeld
wat ek sien. As ek so na die beeld voor my kyk dink ek dis die lewe wat God van
die begin af vir ons in gedagte gehad het.
Ek draai na Jesus met ‘n vraag in my kop: “ Wat
gebeur met babas, fetusse wat sterf?”
Die engel loop voor ons uit, terug die gebou in oor
spierwit marmer vloere. Ons loop by ‘n deel in wat my verstom, ek staan verbaas
oor dit wat ek sien. Die hele massiewe groot vertrek hier voor my staan engele,
miljoene van hulle, elkeen met ‘n baba in hulle arms. Jesus is al doer ver
doenig met ‘n baba en vertroetel hulle terwyl ek nog oopmond staan. Ek loop
stadig deur hulle en voel hoe ‘n engel aan my raak en ‘n babaseuntjie in my
arms sit. ‘n Woelige mannetjie, wat skop en giggle, ‘n vriendelike kleine
mensie. Die engel maak sy naam aan my bekend, ‘n familienaam – iewers in my
voorgeslag het ‘n baba gesterf wat na die boerekryger vernoem is. Terwyl ek nog
met die baba in my arms loop gryp ‘n ander baba my in die verbygaan aan
my vinger vas. Sy handjie is klein om my wysvinger gevou in ‘n stewige greep.
Ek oorhandig die baba terug aan die engel en tel die kleintjie op wat my vinger
vashou. Die engel sit hom ook in my arms
en gee sy naam vir my – dis my boetie, die seuntjie wat my ouers verloor het as
baba op twee weke oud. Ek staan net met hierdie kindjie in my arms en is
dankbaar vir die oomblik wat God vir my gun saam met hom. (Ek weet dat hulle op ‘n stadium
volwassenheid sal bereik, maar nog is hierdie ‘n geheimenis vir wanneer en hoe dit
gebeur.)
Daar is ‘n vertrek binne hierdie vertrek waar Jesus
my nou heenvat. Ons stap die trappe op en nog ‘n deur word oopgemaak. Voor ons staan ‘n hout tafel met ‘n geopende
groot, dik, bruin leeromslag, boek op.
Die bladsye is in tabelle verdeel:
Bevrugtingsdatum
|
Naam
|
Geboortedatum
|
Sterfdatum
|
Ma
|
Pa
|
Beskrywing
|
Almal het ‘n bevrugtingsdatum, sommiges het name,
sommiges het geboortedatums, almal het sterfdatums, ‘n pa en ma. En by elkeen
is ‘n rede van sterfte en omstandighede opgeskryf onder beskrywing.
Die res van die vertrek word sigbaar vir my, is
soos ‘n groot biblioteek waarin ek staan, duisende donker hout rakke wat in rye
en rye staan word ontbloot en in elke rak staan dieselfde boeke gepak soos wat
voor my op die tafel lê.
Nog ‘n vraag aan Jesus: “Wat van aborsie baba’s”
Jesus wys my hoe engele hierdie baba’s uit
toilette, vullisblikke, ashope, ensovoorts, optel, selfs embrio’s word opgetel in spreekkamers waar
hulle self afgekom het of geaborteer is. Hierdie engele sit die ou stukkie arms
en beentjies waar hulle uitmekaar geskeur is weer bymekaar en bring hulle Hemel
toe waar hulle oorhandig word aan ander engele maar sodra dit in die hande van
hierdie engele kom word die fetus of embrio ‘n groter baba omtrent tussen een
en drie maande oud.
Daar was van elke nasie op Aarde babas in die
Hemel! Die vrae wat ek aan Jesus gestel het, het ek gevra met in gedagte van alle mense en nie net van gelowiges nie, dit wat God gewys het, het Hy op geen oomlik uitgelig dat die Hemel net beskore is vir gelowiges se babas of kindertjies nie, maar my gewys met dit wat ek verstaan.
Ek het vir baie jare geglo dat net gelowiges se
kindertjies ‘n plek in die Hemel sal hê maar ek is verstom oor die geheimenisse
wat God hier openbaar het. Sal mense hierdie stukkie inligting vat en dit koester, sal
hulle verbly wees oor die genade van ons Vader oor ons kinders. Mag dit so wees
dat elkeen wat hierdie lees sal glo en sal verstaan hoe God se liefde vir ons
werk.
Matteus 18: 3 Toe sê
Hy: “As julle nie wegdraai van julle sondige lewe en soos die
kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van
God ingaan nie: (Wat se sonde het babas en kindertjies)
10 “Maak seker dat julle nie op een van hierdie kleinstes neersien asof hulle
onbelangrik is nie. Besef julle dat die engele in die hemel wat
oor hulle waak, elke
oomblik in die teenwoordigheid van my hemelse Vader verkeer?”
Matteus 19: 14 Maar
Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle
keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis
bedoel vir almal wat soos
hulle is.”
Hoe ek die argument: Dat indien God onskuldige babas of kindertjies in die Hemel kan toelaat en nie onskuldige volwassenes wat nie geweet het van God nie, sien:
- Ek verstaan in Open 3:5 en 20:12 dat mense geoordeel gaan word volgens hulle dade en volgens hulle oorwinning in Jesus.
- Volwassenes het die verstand om te kan kies vir God of teen Hom. Die Bybel vertel ons dat God Homself aan mens toon deur die natuur Rom 1:20 asook in die harte van mense Pred 3:11.
- Die probleem is dat mense vol sonde is, ons verwerp hierdie kennis van God en rebelleer teen Hom Rom 1:21-23. En kyk wat gebeur in Rom 1:24-32 as mense God gedurig verwerp.
- Deut 4:29 sien ons dat as mense na die Here soek sal hulle Hom vind. God sal Homself bekend maak aan enige persoon, wat die opregte begeerte het, om Hom te ken.
God het reeds geweet voor die grondlegging van die Wêreld af wie 'n keuse vir Sy Seun Jesus Christus sou maak of nie en daarom kon Hy hulle naam voor die grondlegging van die wêreld in die boek van die lewe skryf. Open.13:8 en Open.20:15
AntwoordVee uitNiemand het op daardie stadium die geleentheid gehad om 'n keuse te kon maak nie, maar God het geweet watter keuse elke pesoon sou maak nog voor hulle die keuse gehad het of glad nie gehad het nie. God is almagtig en alwetend en ons as Sy skepsele kan Hom nie probeer analiseer of verstaan nie.
Die Woord van God leer my dat niemand na die Vader kom behalwe deur Jesus nie. As die woord sê niemand dan bedoel dit niemand.
Almal moet 'n keuse vir Jesus maak en God ken die antwoord nog voor die keuse gemaak is. Selfs al het daardie persoon nie die geleentheid gehad nie weet God watter keuse daardie persoon sou maak.
So dan glo jy aan die vooraf verkiesing of uitverkiesing?
AntwoordVee uit