14 Julie 2014

Waarskuwing - Natuurrampe (27/9/'11)


As gevolg van swaar ekonomiese laste wat kom word ons telkemale gewaarsku om versigtig te wees om skuld aan te gaan. Maar die visoen wat hier ontvang is bring ook vir ons ‘n prentjie van die natuur wat swaar gaan lei tot nadeel van ons mense: Ek en Jesus stap in vlak water in pik giet donkerte. Ons kom te stilstand voor ‘n houtmuur, wat ek glad nie kan sien maar net van bewus is, dit is nogsteeds baie donker. Die water begin geleidelik opstoot en ek begin ook baie benoud raak as die water by my skouers begin kom is ek al verby benoud maar amper paniekbevange, maar ek klou aan Jesus se arm en Sy rustigheid bring vir my kalmte. Die water stoot ver bo-kant ons koppe uit en ons staan nogsteeds voor die muur alhoewel ons onder die water is.  Jesus stoot die muur wat onsigbaar voor ons staan om en die water stroom weg.  Dan begin ons op die houtmuur loop wat al hoe styler en styler en styler word en dit is nogsteeds pik giet donker, ek kruip later hande viervoet op die houtmuur en dit gaan maar sukkel, sukkel om bo te bly. En dan is die muur weer regop voor my, Jesus klim die muur met gemak uit maar ek moet trap en vashou vir my lewe om by Hom te kan bly.  Hy wag vir my aan die bo-punt van die muur en steek Sy hand uit om my die laaste stukkie mee op te help. As ek bo kom en regop staan skyn die son en ‘n helder landskap lê voor ons.  Ons begin op sagte seesand loop wat eintlik baie lekker onder my voete voel, ons klim op ‘n tweede trappie van rooigrond, vir ‘n hele rukkie stap ons op hierdie trap van rooigrond.  Die derde trap is droë gebarste grond, die grond kraak onder my voete, die vierdie trap is met klippe besaai en ek sukkel om gemaklik oor die weg te kom.  Die laaste trap is groen, groen gras, sag onder ons voete en ‘n seën om op te kan loop na al die vorige trappe. Aag en dan as ons, ons voete weer neersit loop ons op droë langerige gras, maar darem skyn die son nog, die gras word skielik baie kort en maak my voete baie seer.  Dan is ons weer terug op droë grond maar hierdie keer is dit baie erg en baie baie droog, die grond maak groot barste en skille, dooie visse en diere lê bestrooi oor die aarde.

Die uitleg:
Donkerte – onseker bang tye
Vlak water – normale reënval
Water wat opstoot – oorstromings
Muur wat plat gedruk word – die muur wat onsigbaar is, is ‘n teken van ‘n geestelike skans, die muur staan voor ons volk en keer vir deurbrake, dit sal baie swaar en moeilik met ons gaan. Hierdie is swaar beproewing en is ook die oorsaak van die oorstromings, maar gelukkig vir ons kom druk God hierdie muur om.
Houtmuur – is ‘n mensgemaakte struktuur wat vir ons baie swaar tye gaan bring, industrieële, geestelike en finansieële swaarkry
Regop houtmuur – baie moeilike swaar tye, waarin ons moet voort beur , hou net moed
Die son skyn – God is ons genadig en bring vir ons lig in hierdie moeilike beproewings
Seesand – lekker tyd, vrede, voorspoed
Rooi grond – vrugbaarheid, volop kos, vrede, voorspoed
Droë grond – erge droogte
Klippe – swaarkry, ellende
Groen gras – voorspoed, welvaart, vrede
Lang droë gras – afplatting in ekonomie alhoewel dit nogsteeds goed sal gaan
Kort stekerige gras – droogte kring uit met kwaai beproewings
Droë gebarste grond – erger as vorige droogte
Dooie diere, visse – gaan 'n groot deel van die land lam lê

3 opmerkings:

  1. ek hoor jou. nou hoe kom ons uit die gemors. waar is ons leiers?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hoe? Maklik. Draai terug na Vader se Woord. Sy wette, gebooie en insettinge. Tot ons dit nie doen gaan die dinge al hoe erger word.

      Vee uit
  2. Inderdaad, Simon, waar is ons leiers! Hulle hou hulle op met alles behalwe met dit wat saak maak, as hulle ons land kan vat na God toe sal ons lewens soveel makliker wees.

    AntwoordVee uit