11 Julie 2014

SA, staan vas!

God sien ons ellende raak
Gaan verkondig aan mense, aan jou broers en volksgenote.  Hulle voel verlore en verstote, dit voel of daar vir hulle nie 'n plek in die land is nie.  Sê vir hulle dat hulle nie moet vergeet dat Ek vir Jesus na julle toe gestuur het nie. Hy is die enigste een wat in My heiligdom mag inkom. Laat hulle onthou dat Hy die een is wat die sewe seëls open. Maar gelukkig vir julle is daar mense onder julle volk wat in wit geklee is en by My sal wees omdat hulle dit waardig is.  Julle is mooi en sterk vir My, laat hulle onthou dat hulle alles,MAAR ALLES tot uitvoering kan bring deur Jesus. Dit voel nou of ellendes swaar op hulle druk maar sê vir hulle dat hulle moet bly waar hulle is, sê vir hulle, hulle moenie wêreldse dinge en plesier najaag nie. My kinders moenie langer hulle sake met My probeer regstel deur wetties te leef nie, maar hulle moet dit doen alleenlik deur hulle geloof in Jesus Christus.
Hierdie is gebring van onse Vader deur Jesus in die aand van 17 Junie 2012

1 opmerking:

  1. Hierdie mismoedigheid en neerslagtigheid word veroorsaak wanneer sommige engele nie hulle werk doen nie, omdat hulle nonsens aanjaag. Die werk is vir hulle gegee sodat hulle ook vergifnis en verlossing kan ontvang. En omdat hulle nalatig is met die mense wat aan hulle gegee is om te versterk en te versorg, word die mense in 'n kruitvat van depressie gedompel. ek het al 'n klaagskrif aan Elohym gerig hieroor want ek sien wat hulle doen.

    AntwoordVee uit