07 Julie 2014

SA, Daar's lig in die tonnel vir ons

Hou net moed
Die HG vat my waar ons op 'n pikgiet donker, swart vloer staan.  Ons loop vir 'n ruk op die vloer en tree dan op na 'n donker grys vloer, ons loop tot ons oortree op 'n ligte grys vloer en dan laaste tree ons op 'n spierwit vloer.  Soos ons op die vloere geloop het het die lig ook helderder en helderder geword.

Op die wit vloer staan ons stil en voor ons lê 'n spieël gladde wit oppervlakte wat 'n uitnodiging gee om op te kom dans maar ek moet eers wag om verder te gaan.  Dan hou die HG Sy hande uit en gooi gekleurde vlokkies op die spierwit vloer uit, dit smelt inmekaar en maak die mooiste reënboogkleure wat bymekaar inweef. (Die reënboog simboliseer God se beloftes aan ons)

Ons tree nou op hierde vloer en dit bring alles wat goed is uit my uit.  Liefde, vrede geluk ens. Maar wat sal die verskillende vlakke wees waarop ons geloop het beteken? wonder ek.  Dan laat die HG my omdraai en doer ver op die swart gedeelte kom massas mense aangeloop... volksgenote...hulle loop almal saam op hierdie pad af en die HG sê: "Die kleure van die pad simboliseer geloof. (Swart, houtskool, grys, wit) Die volk loop op  'n geloofspad.  Dit is donker nag vir ons nou, ons mense het van God weggedraai maar soos wat ons die toekoms gaan inloop gaan meer en meer mense die geloofspad begin loop en stelselmatig gaan dit beter en beter met ons volk begin gaan".  As die mense voor my stilstaan sien ek dat dit nie net Afrikaans sprekendes is wat in die groep is nie maar ook mense van ander tale, kulture en gelowe wat tot bekering gekom het, maar die grootste gros is Afrikaans sprekendes wat die ander ingetrek het en saam die pad gestap het.

2 opmerkings:

  1. 'n Donker tyd is wat vir ons afwag. 2017 is 'n jaar wat die begin punt van die Boer se smarte sal wees wanneer die donkerte om ons toeneem en die mense begin vlug uit stedes na veiliger plekke.

    AntwoordVee uit
  2. Dit is totaal en al teen Vader se wil vir die verskillende nasies om te meng op enige manier of in enige vorm. Daar gaan ñ omkeer moet kom soos in die dae van Nehemia...

    AntwoordVee uit