|  | 
| Julle sal op hierdie grond neerval wat julle, julle gode so liefderyk aanbid | 
Die HG vat my na 'n landery waar Jesus vir ons wag en stap oor die 
geploegde land tot by 'n veld.  Die HG wys my om Noord-wes te kyk.  Ek 
sien dat daar iets aan die beweeg is maar dis te ver om uit te kan maak 
presies wat.  Jesus sit 'n bril op my oë want as mens nie kan sien nie, 
het jy iets nodig om die sig duideliker te kan maak, en vir Hom is dit 
belangrik dat ek moet sien wat aan die gebeur is.   Dan sien ek swart 
mense wat opkom uit die gras uit, hulle dans in die rondte om 'n vuur.  
Party slaan tromme ander gooi dolosse maar almal is besig om gode aan te
 roep.  Soos hulle dans en trap op die grond word wapens (tradisionele 
wapens) onder die grond oopgeskop. Aanbidding van voorvader geeste
As
 ons omdraai en terug stap in die rigting waarin ons gekom het, raak-raak my hart aan vrees - Satan het 'n manier om hierdie mense op te 
sweep en tot moord aan te hits, hy het 'n manier om hierdie rituele in 
mense slagtings te laat ontaard.  Ek vra Jesus reguit: "Moet ek bang 
wees". Hy lig my hand op en antwoord: "Wie is die een wat jou hand 
vashou."
Jesus gee ook vir my Jesaja 2:16 om te lees. 
Dien julle afgode so veel as wat julle wil. God gaan julle sondes nie 
ignoreer nie, julle sal op hierdie grond neerval wat julle, julle gode 
so liefderyk aanbid, julle sal in hierdie stof wat julle opskop gegooi 
word. Julle kan planne beraam soveel as wat julle wil maar dit wat vir 
julle veronderstel is om rykdom te bring gaan vernietig word. Vrees gaan
 julle kele laat toetrek. As julle maar net die ware God 'n kans in 
julle lewe wil gee. 
Met die onlangse ANC 
eeufeesvieringe in Bloemfontein is Suid-Afrika  openlik aan 
voorvadergeeste toegewy. Die land het amptelik teruggesak in die 
heidendom waarin  dit tot en met die volksplanting in 1652 versink was! 
 Tromme en dreunsang het die lug gevul en ons president het 'n 
tradisionele  reiniging-seremonie by wyse van ’n rituele offer 
waargeneem.   ’n Bul  wat aan ’n boom vasgemaak is, is ten aanskoue van 
duisende jillende  feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies 
doodgesteek. 
Kyk en sien raak, sien en tree op, bid vir ons land want ons gaan nog baie swaar trek
 
 
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking