Ek en Jesus kyk deur my kamervenster, alles aan die buite kant word
platgemaak en ‘n landery met baie hoë mielies kom op. Ek en Jesus stap
in die rye mielies af, elkeen van ons in ‘n ry. Jesus gaan staan stil en
wys my om stil te wees en te luister. Ek hoor perde aangehardloop kom,
is nie gewone perde nie, hierdie perde word gebruik om oorlog mee te
maak en hulle kom teen 'n geweldige spoed aan, as hulle voor ons verby
hardloop los hulle ‘n spoor van vernietiging. Soos hulle deurtrek laat
hulle ‘n pad van diep spore deur die mielies.
My keel
trek eweskielik toe van vrees, my hart klop woes in my borskas, ek is so
bang dat ek nie kan beweeg nie. Alhoewel Jesus langs my staan voel ek
baie verlate en vreesbevange. Ek wil so graag agter Sy rug gaan staan om
weg te kom van hierdie gevoel van doodsbenoudheid maar Hy het al oor
die verwoeste pad begin stap en wag vir my aan die anderkant. Baie
versigtig en benoud stap ek ook die pad oor en as ek anderkant kom wys
Hy dat ek moet opkyk.
Spierwit duiwe kom oorgevlieg en
volg die pad van die perde. Jesus stap weer die pad terug maar ek skud
my kop en wys Hom dat daar nie ‘n manier is wat ek weer oor hierdie pad
gaan stap nie. Dis asof ek in ‘n nagmerrie vasgevang is. Die dood lê vir
my en wag op hierdie pad dit voel vir my of Satan net onder die grond
is en wag om my onder toe te trek die oomblik as ek my voete daarop gaan
sit. Ek skraap tog my moed bymekaar en stap baie stadig die pad oor.
Jesus sit sy arm om my as ek by Hom aansluit en soos ons terug loop deur
die mielies gee Hy die betekenis hiervan.
WAT BETEKEN DIT ALLES:
Alles wat platgemaak word in die middel van die stad en wat met
mielielande vervang word beteken dat die stad en die platteland gaan lei
onder dieselfde ellende, niemand gaan oorgesien word nie. Die perde wat
in volle vaart is, is oorlog wat ‘n verwoestende pad in ons land gaan
laat. Die wit duiwe is vrede as die oorlog verby is wag daar vir ons
vrede in die land. Satan gaan die dryfveer wees agter die oorlog dit
gaan sy toedoen wees dat hierdie land gedompel gaan word hierin, mense
gaan in ontsaglike vrees leef en hierdie benoudheid gaan ons twee maal
tref.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking