Ek het in ‘n argument
betrokke geraak met my broer oor verskillende vlakke van straf in die hel,
natuurlik glo ek dat daar verskil gaan wees en natuurlik glo my broer anders. En
natuurlik kon ons nie saamstem nie en elkeen glo maar nogsteeds wat ons glo en
nie een gee bres nie. Nou ja, hier is my siening:
- Mat 10:15, Mat 11:24, Luk10:14 – Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. (oordeelsdag). Daar wag ‘n swaarder las of oordeel op sekere mense as op ander – Die wat teen God staan gaan hel toe, die wat Jesus verwerp gaan hel toe maar hoekom sal die oordeel swaarder wees op sekeres as op ander? Kom ek noem dit anders, as daar nie genade vir sekere mense was nie sou Jesus dit nie eers genoem het dat dit draagliker sal wees nie, met draaglikheid dink ek nie Jesus bedoel dat die Vader harder gaan praat met sekeres as met ander met oordeelsdag nie, ek glo absoluut dat hier verwys word na die straf wat uitgedeel word op verskillende vlakke gaan wees.
- Mat 23:14 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn gebede op. Daarom sal julle swaarder straf ontvang. …. Hoe straf ‘n mens iemand swaarder in die hel as vir ‘n ander een, my beskeie opinie – deur verskillende vlakke van swaarkry.
Ek weet en glo dat as ons
sterf en ons het Jesus aangeneem gaan ons Hemel toe – finish en klaar. Maar as
God se oordeel vir die wat hel toe gaan swaarder rus op sekeres as op ander, is
die vraag dan nie outomaties, maar gaan ons nie in die Hemel ook vlakke van “seën”
ontvang nie. Sal die persoon wat dit sy missie maak op Aarde om God te leer ken
en Sy Koninkryk uit te brei ‘n beter plek in die Hemel kry as die persoon wat
net geglo het in Jesus sonder om te woeker vir Hom.
- 1 Kor 3:8 Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk.
- Ek weet dat almal van ons wat die Hemel ingaan alleenlik deur God se genade gered word. Ek weet ook dat God ons harte deur en deur ken en ons sal nie deur skeinheiligheid ‘n plek kan kry nie. Maar ek glo dat seëninge uitgedeel gaan word aan die wat meer gewoeker het as aan die wat niks vir God gedoen het nie. Seker mense gaan dit beter in die Hemel beleef as ander. As die gelykenis gelees word in Mat 25: 14-30 is dit nie wat hier verstaan word nie? – Die gelykenis handel oor wanneer Jesus gaan terugkeer en rekenskap gaan kom eis. Hier is dit duidelik dat die gelowiges wat getrou en met toewyding hulle dienste aan God en sy medemens lewer, beloon sal word. God beloon getroue werkers, mense wat geen vrug vir die koninkryk dra nie, moet nie verwag om net soos die getroues behandel te word nie.
- My broer se siening is dat ons almal ongeag hoe ons geleef het op aarde alleenlik deur ons geloof gered en veroordeel sal word. En dat ons almal een voor God se troon sal staan. Ek stem 100% hiermee saam maar ek glo ook absoluut dat ons beloon gaan word volgens ons werke en dat sommige gelowiges belonings gaan ontvang van die wie sin weggevat gaan word omdat hulle dit in die eerste plek nooit verdien het nie.
http://beyondstatic.blogspot.com/p/nostalgia_24.html
AntwoordVee uit'n Mooi en insiggewende woord wat ontvang is, wat juis hierdie niveaus verduidelik.
Baie dankie vir jou bydrae. :)