Face it do not fear it |
‘n Vrou is besig om verkrag te word en sy skree heeltyd:
“Jesus, Jesus, Jesus”...‘n Man word vermoor terwyl hy roep: “Vader help my”, en as sy familie
voor die oop graf staan, verstaan hulle nie hoekom God nie ingetree het nie,
hoekom het Hy toegelaat dat marteling en grusame moord op sy kind gebeur het.
Dis ons vrese vandag , dis hoe ons lewe is, geen rustigheid, geen kalmte, geen
ontspanning meer om ‘n braaivleis vuur nie, want alles het in vrees en angs
verander. Nie net dit nie, hoe geniet jy ‘n vakansie by die see as daar soveel
gerugte van Tsunami’s is, hoe stap jy deur kalm waters as die kans dat ‘n haai
of krokkedil jou gaan intrek in jou
agterkop ingebrand is, hoe waag mens dit buite in die maanlig as jy weet satan
se kinders loer om elke hoek en draai.
Vrees, vrees, vrees, h
Ongelowiges vra; is God bevoeg om hierdie dinge te kan stop?
As die antwoord ja is, hoekom doen Hy dit dan nie, as die antwoord nee is dan
is Hy glad nie ‘n magtige God nie en dit maak Hom inteendeel onwerklik. En
indien God wel bevoeg is maar maar dit nie wil doen nie, maak dit Hom ‘n
“jerk”.
Moenie
toelaat dat trauma, liggaamlike pyn of vrees jou siel kom doodmaak nie, die dop
waarin ons leef is net ‘n tydelike woonplek, as jy sterf in Hom gaan jy Hemel
toe en as jou moordenaar of verkragter sterf gaan God hom oordeel. En God sal
sorg dat die nodige tugtiging na sy kant toe kom. Hy gee om vir die bose mens
ook want Jesus het vir hulle ook gekom, God wil niemand in die hel sien nie, sy
bose dade wat hy saai sal hy oes en sy straf sal op hom en sy kinders kom net
soos wat dit op enige sondaar kom.
HOOR HIER!!! Jesus
self was vreesbevange, Hy het smekend vir Vader gevra om Sy planne te verander
sodat Hy nie meer die pad van pyniging hoef te stap nie, Hy het geweet dat erge
martelling en vernedering op Hom wag maar nogsteeds het Hy gesê
doen U wil en nie wat Ek wil nie! Dis
nie ons menslike natuur (die vrees) wat sonde is nie maar ons optrede en denke
rondom dit wat verkeerd is. Jesus as mens was bang, hoekom het Vader toegelaat
dat Hy hierdeur moet gaan? Sodat JY nooit weer bang hoef te wees nie, sodat JY
niks hoef te vrees nie, soos wat Hy alle sonde op Hom geneem het, het Hy alle
vrese ook op Hom geneem. Ons hoef niks meer te vrees nie, gee jou oor
aan God in tyd van nood, in tyd van grillerige benoudhede gee jou gedagtes
totaal oor aan Hom, wat gebeur sal gebeur met Sy toelaatbare wil !! Hy ken
vrees, Hy is daardeur en daarom weet Hy hoe om jou heel anderkant uit te kry. Jesus kon Sy vrese aanspreek omdat Hy vrede gehad het, "You cant speak peace if you do not have peace" - Joyce Meyer
Nou is die vraag, as alles God se wil is waarvoor moet ek
bid as onheil of vrees op my toesak? Vrees is menslik Hand 27:29 wat self sterk
gelowige mense benoud kan maak Luk 9:34, 1 Kon 19:3, Mat8:26 - 14:30, Joh 20:19 Maar God kom bemoedig ons Gen21:17, Hand 18:9,
Mat 14:27 (Moenie bang wees nie) en deur engele Luk 1:13,30, Hand 27:24.
As ek bang word sal ek:
- Net vertrou Psm 56:4, Psm 27:3 (Bly kalm dan sal Satan van jou wyk)
- Ek glo in Jesus daarom maak ek staat op Hom Mar 5:36
- Ek sal dapper wees Deut 31:8
- Ek sal my vrees onderdruk Psm 23:44
- Ek sal vashou aan Sy beloftes Jes 43:5
- Ek sal weet dat Hy teenwoordig is Joh 6:20, Hand 18:9
- Hy sal my red Psm 27:1
- Hy sal tussen beide tree Deut 2:22 – 20:2-3, 2Kron 20:15-17
- Ek sal gehoorsaam wees sodat ek onder God se guns kan wees 1 Sam 12:20-21
s God goeddink om trauma op my lewe te bring en dat Hy
toelaat dat die slegte met my gebeur, dan’s dit reg met my. Dat ek nie kwaad
sal wees vir Hom nie, maar inteendeel dat dit my eerder nader aan Hom sal
bring, soos wat dit vir Job gebring het.” Eric Liddell skryf: “I do not need
explanations from God. I simply believe Him and accept whatever comes my way.”
Ps 22 vra Dawid: My God, my God waarom het U my verlaat…. Laat ons eerder die lofgesange hoor van God wat kom help het in vers 22: U het my gebed verhoor! Laat God toe om jou gevegte te veg.
Gaan lees gerus hier waar God kom intree het en mense gehelp
het, soek eerder die blye boodskap en deel met ander hoe God Sy hand uitsteek
sodat almal die goeie nuus kan hoor.
Ek stem nie heeltemal saam met die artikel want dit gee 'n illustrasie van 'n dowe onbevoegde Vader wat terug sit en toelaat dat alles gebeur. Ek was al aan die kant van die vrees bevange persoon wat skree “Jesus, Jesus, Jesus” waar dinge met my gebeur het en ek die Vader eers moes vind om te kan besef waarom dinge gebeur het ...
AntwoordVee uit...en ek is nou aan die kant van die Vader waar ek aan Sy tafel eet en met Hom 'n verhouding het met Hom deur Sy Gees, en Sy beminde is.