"Hierdie is nie waarskuwings van wat vir ons wag nie, hierdie is ‘n bewys dat God ons alreeds verlaat het."
Jeremia 2: 10-11 … Het daar al ooit so iets gebeur, dat ‘n nasie sy gode verruil het, selfs al was hulle geen gode nie? Maar my volk het My, hulle magtige God, verruil vir gode wat nie kan help nie.
Hoekom het God Sy rug op Suid-Afrika gedraai?
Nommer een: Ons land het ander gode begin navolg, valse gode wat niks vir ons kan doen nie. Ons het van ‘n 90% suiwer christelike geloofsoortuiging (Protestant) geval na 70% waarvan 40% die ZCC is. ‘n Geloof waar mense glo dat om na God toe te bid moet jy deur Jesus gaan, en om by Jesus uit te kom moet jy deur voorvader geeste gaan. Hulle doop hul mense in hul leier, Lekganyane, se naam en glo dat hy ‘n medium is tussen hulle en God. ‘n Geloof wat heksery en toordery as ‘n vereiste sien. 15% van ons land glo glad nie aan enige geloof nie – mense wat net rondhang sonder God, sonder geloof. Los ons met die orige 15% wat Boeddhiste, Hindo’s, Islam en Joodse geloof aanhang. Dit gee ons ± 15 miljoen mense wat die ware God, Jesus Christus aanhang in ‘n land van 51 milj mense. ‘n Skrikwekkende en skokkende syfer.
Die land wat God ons kom gee het, het in sonde verval en is deurspek met bose en leuen geeste . En dan…. hierdie sogenaamde christene wat oorbly saam met die res, watse prentjie word geskep in die land, wat is die beeld wat ons uitdra na God toe en hoe ver van die waarheid af leef hierdie christene ook.
Hoeveel mense vandag wat JY ken leef openlik in sonde, is glad nie skaam om te erken dat hulle van God af weggedraai het nie, hulle het hulself soos die Bybel noem van die strome water van seën af kom sny. Twee sondes: Ons het van God weggedraai en ons het ons van God afgesny – ons is soos ‘n gebreekte put wat nie water kan inhou nie. En om alles te kroon het ons land opgehou om God te vrees.
Nommer twee: Ons kies om God nie te ken nie. Romeine 1:18, "God openbaar vanuit die hemel Sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk."
In Spreuke 1:24-31 kry ons soortgelyke uiteensetting. "Ek het geroep en julle wou nie luister nie, Ek het My hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie. Julle het My raad alles in die wind geslaan, julle wou julle nie laat teregwys nie. Daarom sal Ek lag as die ongeluk julle tref, Ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval, wanneer daar nood en kwelling oor julle kom. Die angs sal soos ‘n storm oor julle kom, die ongeluk sal julle tref soos ‘n orkaan. Dan sal julle My roep en Ek sal nie antwoord nie, julle sal My soek en My nie kry nie. Julle het ‘n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, julle het My raad verontagsaam en elke teregwysing van My geminag. Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg."
Ons land word vereenselwig met hierdie nare woorde, dis so deel van ons bestaan in SA. Dis wanneer God ons laat gaan en ons oorlaat aan ons eie vryheid.
Nommer drie: Ons kan nie ‘n meer duideliker uiteensetting kry as in Romeine 1 nie, nêrens gaan dit vir ons duideliker uiteengesit word wat met ons sal gebeur as ons God verlaat as reeds in hierdie gedeelte nie, presies die chaos wat in ons land tans aan die gebeur is, hierdie is nie waarskuwings van wat vir ons wag nie, hierdie is ‘n bewys dat God ons alreeds verlaat het. God het ons klaar uitgelewer. Drie maal word bevestig dat God ons sal uitlewer en die eerste wat gebeur is,
• Hy gee ons oor aan ons eie liggame, aan ons eie onsedelike drange. Een van die eerste tekens wat geken kan word in ‘n land wat God verlaat het is met sedelike verval. Mense begin alleenlik handel op hul passie van hul menslike begeertes, lus na liggaamlike behoeftes wat natuurlik lei na die vernietiging van huwelike, kindermishandeling, pedofiele, vuil en afskuwelike seksdrange. Plain en simple vrouens word lesbians en mans word homoseksueel. Wanneer jy ‘n beskawing vind wat pornografie aanhang, waar egbreuk ‘n lewenstyl is en waar die media ‘n groot rol speel om hierdie dinge goed te praat of aan te hits, dan moet jy weet, God het reeds Sy goed gevat en uitgestap en as homoseksualiteit of onsedelikheid ‘n algemene norm word in ‘n samelewing is daar alreeds ‘n baie diepe verval. Eerstens die hart, tweedens die liggaam en laastens die verstand.
• Slegte gesindhede: Mense se redenasie vermoë raak skokkend. Die morale wette wat God in ons harte kom skryf het word vervang met misplaasde gevolgtrekkings. Soos in vers 28 verduidelik word, mense wil God nie ken nie en gee Hy hulle oor aan hul eie verdraaide opvattings. Gedagtes word korrup, mense kan nie meer reg dink nie. Hulle volg alles wat verkeerd is na en verswak in dit wat deugsaam is. En wat volg uit pornografie, homoseksualiteit en ‘n vervalle kultuur? …..Boosheid … vers 29: ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers is, is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig. As leiers die verkeerde dinge doen dan beskerm die samelewing hulle omdat al die sondaars wat dieselfde dade verrig dan gemaklik voel, hulle hou van ‘n leier wat soos hulle is omdat dit wys dat hy aan dieselfde menslike verval deel het.
God verlaat ons omdat ons Hom eerste gelos het, God se genade word terug gehou en die samelewing word meer sedeloos, afvallig en verdorwe by die dag, hoekom? Ons ken die waarheid, God maak dit aan ons duidelik, ons weet Hy bestaan want Hy plaas alles wat ons wil weet van Hom binne ons bereik. God het Homself aan ons land openbaar, almal ken Hom of weet van Hom maar die mense het besluit om weg te draai van Hom af, evolusieleer, ateïsme. Mense verkies om God nie die eer te gee nie, hulle bring geen dank aan Hom nie. Dis nie dat mense God nie kan vind of erken nie, dis nie dat hulle nie die waarheid kan kry nie of die waarheid nie verstaan nie maar die probleem is mense WIL nie God erkenning gee nie, hulle WIL Hom nie ken nie.
Nommer vier: Mense glo die leuens van Satan:
• Evolusieleer: die mens het geen doel, geen Maker, geen aanspreeklikheid, ons leef in heelal waar die norm is “nobody times nothing equals everything”. Niemand is in beheer nie, niemand het ons op Aarde geplaas nie en ons is verantwoordelik vir niks en niemand nie. Ons het ons ontstaan van ‘n klip gekry, wat in iets ontwikkel het.
• Tweedens: "New Age" Geen goeie standaarde nie, geen waarheid, elkeen is geregtig om sy eie lewe te lei, alles solank jy gelukkig is, alles gaan oor jouself. Ons eie ek, almal kan hul eie lewe lei, in beheer wees van hul eie lewe, neem beheer, wees die persoon wat jy wil wees, jy het die krag om alles self te doen. Jy kan enige iets bereik wat jy wil, al het jy nie die talent ontvang nie, jy kan dit doen, jy is in beheer. ‘n Mensgemaakte vryheid in ‘n sondebelaaide samelewing. Selfgesentreerd wees: Voel goed oor jouself, wees wie jy is en as ander mense nie hou van hoe jy goed doen nie, is dit hulle probleem, solank jy gelukkig is.
• Derdens: Niemand is sleg of instaat om slegte dinge te doen nie, as hulle iets slegs doen dan moet daar ‘n rede wees hoekom hulle die keuses gemaak het, maw mense wil nie verantwoordelikheid neem nie, iemand anders moet die blaam kry, ’n gebrek aan hul selfbeeld.
• Vierdens: Jy het nie nodig om God die eer te gee nie want jy het alles op jou eie gedoen en uitgerig. Mense vertel hulself dat hul wys is maar intussentyd is hulle sotlik.
Nommer vyf: Geloof: Mense maak hul eie geloof op. Afgodery is die mens op sy laagste vlak, hulle begin rondtas in die donker en soek iets om aan te glo en dink dan hul eie gelowe uit. En hoe verder hulle van God dryf hoe meer glo hulle Satan se leuens, sodra mens in ander gelowe begin glo is jy die verste van God verwyder as wat ‘n mens moontlik kan wees. Hulle verruil die waarheid vir ‘n leuen en aanbid en dien ‘n mensgemaakte gedrog eerder as die Maker Homself. Die nuutste geloof tot ons moderne samelewing is Chrislam! Wat ‘n klug, wat ‘n leuen! Ons het God verlaat, en God het ons aan ons eie wense oorgegee.
Is daar hoop vir ons land?
Psalm 81. Kyk na vers 11-12. "Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee." Luister na My! Die sleutel is om na God te luister, om in Sy pad te stap wat Hy vir ons beplan. Die enigste hoop is om te luister en gehoorsaam te wees. Ons land het defnitief nie prekers nodig wat net daaglikse stukkies gee en mooi boodskappies oordra van hoe goed ons is nie, sogenaamde heuning om die mond smeer preke nie, wat ons nodig het, is dinamiese sprekers wat opstaan en ons skud dat ons wakker moet word, wat sonde aanspreek vir wat dit is en kragtig tot mense moet deurdring, skree dit van die kansels af, dat ons kan hoor.
Our Father, the Word comes to us with such clarity and power. Thank You for warning us. Thank You for the grace of confronting us with the truth. Help us, Lord, to be proclaimers of Your Word, the Word of the gospel that saves. It's not too late until Jesus comes we can keep preaching this Word, to the ends of the earth, across this nation and all the nations may Your people proclaim nothing but Your Word so that those under this wrath, this current wrath may be saved and escape the final and eternal wrath. May there be a great revival of Your Word and may people listen to it and obey it, to Your glory we ask these things. Amen. – John MacArthur.
Pragtige uiteensetting - soos altyd, 'n wonderlike bydrae. So gespreek van dinamiese sprekers - jy doen dit al! :)
AntwoordVee uitJohannes 6:44
Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Dankie Julie, my inspirasie van John MacArthur ontvang, met die hulp van die Heilige Gees dit in woorde vir ons mense omgesit.
Vee uitHi,
AntwoordVee uitEk will graag met jou meedeel dit wat ek verstaan aangaande die 'Corporate Annointing' van Suid-Afrika en waar dit begin het en wie eintlik die begunstigdes is. Dit het begin eintlik by die Boere in 1838 en die geloftes wat gemaak is en wat gebreek is, wat God se eie volk wa,s en dis waar die probleme begin het vir Suid-Afrika.