04 Augustus 2014

Nelson Mandela se dood 29/01/11

Sterf 05/12/2013
Jesus vat my na ‘n groot stadion toe. Mense kom die stadion ingestroom en die plek word vinnig stampvol mense, ‘n gelerige, mosterdkleurige kleur is oorheersend by die grootste groep mense voor my.  Dromslaners kom ingestap en agter hulle is cheerleaders/trompoppies en sierwaens soos wat in optogte gebruik word, skares juig. Kry die idee dis 'n opening seremonie van iets, Nelson Mandela sit in die gehoor dit lyk of hy koud kry want hy het ‘n dik swart jas aan. Hy staan op en waai vir die mense en die mense gaan mal. Hy bly nie lank nie, die verrigtinge is nog aan die gang toe hy hom ontrek daarvan, hy en sy vrou klim in ‘n swart deftige kar, hulle ry na ‘n lughawe toe.  Daar klim hulle in ‘n private vliegtuig en styg op. In die lug verloor die vliegtuig skielik hoogte en kom hard teen die grond neer, dit lyk meer vir my na ‘n noodlanding as na ‘n vliegtuig wat geval het.  Almal is nie dood nie maar Nelson Mandela het dit nie gemaak nie, ander vliegbemanning is ook dood, daar heers vrees en skok onder die mense wat oorleef het. ‘n Persoon probeer hartmassering op Nelson toepas maar dis tevergeefs, ‘n ander persoon is op ‘n selfoon besig.

UITLEG
  • Gelerig, Mosterdkleurige kleur -Simboliseer energie, verandering van seisoen, vuur.
  • Tradisionele dromslaners, sierwaens, trompoppies -  Heksery, toordery, afvalligheid, sedeloosheid, plesier, vreugde, fees.
  • Swart jas, Nelson wat koud kry - Omstredendheid gedompel, siekte en terselfde tyd mag, status.
  • Hy waai vir die mense - Hy groet.
  • Die verrigtinge is nog aan maar hy onttrek - Hy ontrek hom van die openbare oog.
  • Swart deftige kar - Nelson geniet aansien, mag, status.
  • Private vliegtuig - Nelson word privaat gehou of leef privaat in sy laaste dae, nie staat (publiek) nie.
  • Vliegtuig verloor hoogte en kom op grond neer - Vrees, skok, benoudheid omhul Nelson, omstredenheid
  • Het dit nie gemaak nie - Nelson sterf.
  • Ander vliegbemanning is dood - Mense sal sterf vir wat hulle glo 'n goeie saak is, hulle sal sterf vir hul leiers, vir hul politieke doelstellings.
  • Hartmassering toepas - Mense probeer Nelson aan die lewe hou.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking