Vir 'n paar sekondes het ek die hel beleef.
Ek staan langs
Jesus en Hy gee 'n tree vorentoe maar daar's niks onder ons nie, ons val
in 'n diepte af en met die hoogtevrees waaraan ek ly was die besef dat
daar niks onder my voete is nie oorweldigend. Ek begin Jesus smekend
aankyk met daardie gevoel wat 'n mens beleef as jy 'n Roller Coaster aan
vat, eers gedink aag dis nie so erg nie maar later begin bid dat dit
moet stop en toe begin gil nie omdat dit lekker is nie maar omdat ek
bang is.... Dit was presies dieselfde vrees wat my hier beetgepak het,
Ek het die gevoel gekry ek is besig om na my dood te val. En toe begin
ek bid, Jesus asseblief hierdie vreesgevoel raak te veel, asseblief
Jesus hier wil ek nie wees, ek beleef hierdie hoogtevrees gevoel
konstant, daar's niks wat dit beter maak nie, daar's niks wat dit stop
nie, die vrees bly en bly net teenwoordig.
Wat ek besef hierdeur
is, as jy bang is vir spinnekoppe, donkerte, hoogte, klein spasies, wat
ookal, jy gaan dit permanent elke oomblik voel en beleef in hierdie
plek.
As ons genadiglik weer terug is op moeder aarde
sê Hy: "Dit is hoe die mense voel wat in die hel beland, daar sal altyd
vrees wees, die hele tyd tot in ewigheid sal vrees hulle beetpak."
En
dan is 'n Wolk voor ons wat 'n vorm van trappe aanneem, ek begin sonder
om te dink of te vra die trappe klim, soos wat ek op beweeg staan
engele langs die pad, op 'n stadium is ons hoog bo alles en ek kyk af
maar geen vrees is in my teenwoordig nie, geen hoogtevrees nie en geen
benoudheid nie, Jesus loop reg agter my, Hy klim saam op. As ons bo kom
sien ek die hemel, alles is lig, skoon, helder en hemels, wat 'n mooi en
gelukkige plek om te wees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking