02 Junie 2014

Shell ontginning - Karoo

Ek staan saam met Jesus in die Karoo, dit is aand en alles is doodstil en rustig. Jesus wys my om op die horison te kyk - ek sien ‘n springbok rustig rondloop.  Jesus lig my hand op en hou my arm gestrek uit en wys dat ek deur my wysvinger en middelvinger moet kyk.  As ek deur die vingers kyk sien ek ‘n pragtige groen boom, daar skyn ‘n lig uit tussen sy blare maar dit is ‘n sagte glans wat die lig gee die strale van die lig skyn tot op die grond, die helder boom wat in daglig gehul is, is net sigbaar deur my vingers.  Ons stap tot by die boom wat nou ‘n massiewe groot boom is wat strek tot tussen die wolke, ek en Jesus lyk soos miere teen hom.  Ons gaan sit onder die boom en kyk die rigting in waaruit ons gekom het en daar waar ons eers gestaan het, wei nou skapies rustig.

Jesus lig weer my arm en wys dat ek weer deur my vingers moet kyk, ek sien nou die mooiste blouste hemellug, die wolke is spierwit en dit is ‘n pragtige mooi helder sonnige dag met hierdie wit wolke teeen die blou hemel.  Alles bly donker maar die beelde wat ek deur my vingers sien is helder daglig tonele.  Ons staan op en stap in ‘n Suidelike rigting tot by ‘n ou plaashuis wat so ± in 1930’s gebou is, die huis staan leeg alles is stowwerig as ons die huis binnestap is dit ook al wat gesien  word net stof, dik stof wat alles bedek, ek kan skaars deur die vensters kyk so vol stof is dit, ons stap weer uit en staan op die stoep.  Ek sien in die aandlig die boom aan my regterkant maar daar’s  niks lig wat nou uit hom skyn nie, hierdie massiewe groot boom lê nou ontwortel en daar is droë takke wat op die grond orals rond lê.  Die boom is dood.  En waar ek die pragtige blou hemel gesien het is daar nou net besoedeling, rookwolke wat alles vul, regtig nie ‘n mooi gesig om te sien nie.

Uitleg: Shell wat olie wil ontgin in die Karoo is nie God se wil nie, hierdie proses gaan die Karoo kom doodmaak, mense besef dit nie maar die Karoo is ‘n bron van lewe, dit is soos ‘n boom wat meer waarde het as wat enige mens aan kan dink, die Karoo is vir ons land ‘n bron van “lewe en lig”.  As ons gaan toelaat dat Shell voortgaan met hierdie ontginning gaan ons land en sy mense dit op die ou einde duur te staan kom, die Karoo gaan ‘n stadige dood sterf as gevolg hiervan.  Ek vra dat ons almal hierdie in ons gebede sal opdra aan God en sal vra dat Hy hierdie sal verhoed in ons land en dat ons betrokke sal raak om Shell te beveg hierin.
Dit gaan vir die mense wat voordeel gaan trek hieruit net oor die geld, die natuur, mense en land maak nie vir hulle saak nie, alleenlik hulle eie verryking en voordeel wat baat vind.

3 opmerkings:

  1. ek het die volgende van Hom af ontvang, gisteraand in 'n droom:
    http://herbergbulletin.blogspot.com/2014/06/die-nederige-word-verhoog-die-dorre.html

    en vandag, toe ontvang ek die volgende, wat aansluit by die bogenoemde:
    Haggai 2:9
    [9] Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê Elohym van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek Elohym van die leërskare.

    die Karoo sal nie besteel word nie, en nog minder sal Hy toelaat dat hulle Sy Berg besoedel.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie dat jy bevestig dat God nie hierdie sal toelaat nie, ek het nog 'n visioen ontvang van die Karoo sal dit later plaas. Die plek le na aan miljoene mense se harte

      Vee uit
  2. Hoe ver die magte van duisternes sal vorder in hul jag na mammon en die beheer oor mense, sal ons nie nou weet nie, maar aan die einde van die dag is daar heelwat visioene, drome, openbaring en getuienisse wie nou reeds bevestig het dat die hele Westelike deel deur al twaalf stamme van Israel, versamel regoor die aardbol, in die gebied gevestig sal word.
    Die hele Suidland vanaf Kaappunt tot by die ewenaar sal ook na die geweldige verskrikking skoongemaak en gesuiwer te word.
    Alles in die proses hang net af van hoe lank ons Vader nog gaan uitstel alvorens Hy die Ark se deur vir ewig gaan sluit en net die opregtes binne die Ark (Laer) in sy heerlikheid sal vertoef.
    Hier is die draad van drie getuienisse oor die Suidland, die Westelike deel van Afrika en waarop ons kan wag.

    https://www.facebook.com/groups/laastebasuin/666877366693781/

    of dit kan hier gevind word - https://www.youtube.com/watch?v=wzxqq-KUrsk

    AntwoordVee uit